Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

God gaan jou kandelaar vat!

with 18 comments

Ek het op 2 Augustus in “Beeld-briewe oor ‘God’” geskryf oor ene “Denker” se brief in Beeld – “Bestaan God of is dit breinspoel?” Daar was natuurlik wye reaksie op Denker se brief, maar vanoggend se “Al jou antwoorde kry jy in Bybel” van “Geredde Christen” van Elisras, vat die koek… by wyse van spreke: “Arme Denker, ek dink nie jy weet wat ‘n Bybel is nie. Word wakker, anders gaan God jou kandelaar verwyder.”

God beter mý kandelaar uitlos.

Written by Nathan Bond

August 5, 2008 at 08:21

Posted in Religion must go!

18 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. DW, kyk na die voorskrifte, volgens die Bybel, onder Heilige Gees en ek seker jy sal kan sien waar en hoe ek die Heilige Gees ontvang het.

    Johannes, ons redding is in Christus, waarop jy nog wag. Dus is ek nie so seker, dat jy kan aanspraak maak, dat jy die Heilige Gees ontvang het nie. God stort Sy Gees oor alle vlees en tog het alle vlees nie Sy Gees in ontvangs geneem nie. Ons het ‘n mate van die Heilige Gees nodig, waardeur ons gered kan word. Ek sien jy verwys na dele van die Heilige Gees, watter deel reken jy, het jy. Neem ook in ag, dat daar is die gees van dwaling, m.a.w. mense sal dink hulle het wat nodig is, net om op die ou end uit te vind, dat hulle al die tyd gedwaal het.

    Hans Matthysen

    October 11, 2008 at 12:24

  2. Hans

    Een vraag aan jou. As God iemand wederbaar het, beteken dit dat sodanige persoon ‘n nuwe Gees het, maw die Heilige Gees. Watter deel van die Heilige Gees het so ‘n geredde dan nog nie ontvang nie…?

    johannes coetzee

    September 19, 2008 at 08:58

  3. Hans

    Reg so man ,

    Se my asb – waar het jy die HG gekry en hoe?

    DW

    September 19, 2008 at 07:41

  4. Johannes, daardie vers gaan oor die geloof en staaf nie, dat jy die HG ontvang het nie. Dit wys ook nie hoe jy die HG gekry het nie. Volgens Hand. 19 v 2, is daar gelowige mense, wat nog nie die HG in hulle besit het. Mens kan nie somer net reken, dat mens die HG het nie. Jy moet weet wat die HG is en hoe dit in mens se besit kan kom. Sou jy die HG in jou besit gehad het, sou jy dit in die Bybel kon bevestig.

    DW, hierdie besprekingspunt is tussen myself en Johannes en ek wil aan jou voorstel, dat jy die gesprek volg, indien jy belangstel.

    Hans Matthysen

    September 18, 2008 at 20:43

  5. DW

    Dankie vir die link. Mooi was nog nooit lelik nie.

    Daan Van der Merwe

    September 18, 2008 at 13:41

  6. Hans Matthysen said, on September 18th, 2008 at 12:28 am
    Johannes, waar het jy die HG gekry en hoe? staaf dit met die Bybel

    Hans ,waar het jy die HG gekry en hoe? staaf dit met die Bybel.

    As jy ‘n bietjie onder die gees wil kom sal jy dit hier kry , ‘n ware parra-dys , http://www.mavericks.co.za/
    .

    DW

    September 18, 2008 at 10:39

  7. By wedergeboorte….!

    (Rom 10:17) Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

    Nie in die kerkstruktuur nie.

    johannes coetzee

    September 18, 2008 at 09:38

  8. Johannes, waar het jy die HG gekry en hoe? staaf dit met die Bybel.

    Hans Matthysen

    September 18, 2008 at 00:28

  9. Ja dis 3 gotte wat een is maar 3 is wat een is maar 3 is wat 1 is, wat 1 is wat 3 is .

    Johnny ,dit lyk my of jy twyfel in jou kakpraat stories, hoekom sê jy die volgende : Soms wens ek ek het die “geloof” van iemand soos jy … net in die “reverse” …!

    (PPPPPSSSSSSSSSSsssssst geen vir my ‘n lekker lang antwoord met baie versies asb.)

    DW

    September 16, 2008 at 13:29

  10. DW

    Van die Heilige Gees (of van die bestaan van die ander 2 gotte soos jy na Hulle verwys) kan ek jou nie oortuig nie. Ek glo dat die Heilige Gees jou van Sy bestaan kan oortuig. Jy glo dit nie….! So dis seker tot hier waar ons gesprek oor hierdie onderwerp kan gaan.

    Soms wens ek ek het die “geloof” van iemand soos jy … net in die “reverse” …!

    johannes coetzee

    September 16, 2008 at 09:52

  11. DW kry vir jou ander kerk!

    Daniel

    September 15, 2008 at 21:51

  12. AS JY EEN HET!

    Daniel

    September 15, 2008 at 21:50

  13. Johannes , waarvan moet jy gered word?
    Jy is reg , die HG issi inni Kerk nie , so ook nie op jou radio stasie nie , en so ook nie in die heelal nie , want die HG ( een van die een gotte) bestaan net in jou verbeelding.

    DW

    September 12, 2008 at 14:50

  14. Hans wat laat jou die indruk kry dat iemand wat nie meer deel is of lidmaat is van ‘n kerkstruktuur dat hy sommer ook sonder die Heilige Gees is…? Gaan alle christene wat lidmate is van ‘n christen kerkstruktuur of gemeente gered word..?

    Dis juis die “mystery” van Babilon wat God vir ons in Sy Woord die Bybel vir bykans 2000jaar verborge gehou het. Alhoewel dit in gelykenistaal geskrywe is praat God van haar as die moeder van die hoere, dit staan op haar voorhoof geskrywe. Die KJV het dit vir ons pragtig in HOOFLETTERS gedruk….!

    (Openb 17:5) And upon her forehead was a name written, MYSTERY, BABYLON THE GREAT, THE MOTHER OF HARLOTS AND ABOMINATIONS OF THE EARTH.

    Hans wie is hierdie “moeder van die hoere” wat ‘n verborgenheid sou wees….?

    johannes coetzee

    September 12, 2008 at 10:55

  15. Johannes, jy sê die Kerk era is verby, dus is jy nie deel van die sewe gemeentes (church in die engelse Bybel). Ek moet dus nou daarvan aflei, dat jy ontbreek aan die Heilige Gees, omdat jy nie wil luister nie en vind jy jou nou dus verwyder van die sewe gemeentes.
    So terloops, hoe, waar, wanneer en deur wie, het jy die “kandelar” of “Heilige Gees” gekry?
    Nathan, mense het nou melding van die kandelaar gemaak, maar ek weet nie of hulle weet waaroor dit gaan nie. Dit wil voorkom of party mense dink dit is hul lewe en ander dink dit is die Heilige Gees.

    Hans Matthysen

    August 5, 2008 at 22:58

  16. Aggenee fok Johannes

    Jissis maar ek like dit om JOU te lees. Kom skryf nog meer , asb man , die tyd raak min en meer as 3 miljard mense moet nog gered word.
    Skryf Johannes , skryf ,skryf , skryf sommer sulke lang stukke , magtig ma dis lekker om jou te lees.

    DW

    August 5, 2008 at 18:38

  17. Soos ek gesê het ……

    Daan Van der Merwe

    August 5, 2008 at 12:16

  18. God het die kandelaar wat Hy op Pinkster dag 22 Mei 33 AD aan die nuwe testamentiese kerk as instelling toevertrou het, presies 1955jaar later, op 21 Mei 1988 gevat.

    Vir nou meer as 20jaar is diegene wat hulself nog onder die gesag van enige kerkstruktuur bevind besig om Satan (wat hom as ‘n engel van die Lig voordoen) te aanbid. Van daardie waterskeidingsdag af, sou die vloedgolf van valse leringe die christen kerke begin oorspoel, en daarmee saam die vloeke waarvan ons in Deutr lees hulle begin oorval.

    (Deu 28:15) Maar as jy nie luister na die stem van die HERE jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.

    Die voorbereidingsproses vir die finale oordeel het reeds op 21 Mei 1988 begin. Dit sou nêrens anders begin as juis by die “huis” (kerke en kerkstrukture) van God nie…

    (1Pe 4:17) Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?

    Die einde van hierdie voorbereiding tot finale oordeel gaan op 21 Mei 2011 wees, waarna die finale oordeel oor die res van die wêreld op 21 Oktober 2011 wees.

    Diegene wat deur God gered is kan genadiglik nooit ooit weer hulle “kandelaar” verloor nie…! Dit vraag is het Hy aan jou die kandelaar gegee…?”

    (Mat 7:22) Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?

    “Geredde christen” klink nogal seker van hom/haarself. Wie sal tog weet behalwe God Self. Oor een ding moet ek egter met “geredde christen” saamstem, die Bybel is die finale gesag. Ons moet nie die gesag van die Bybel met die gesag wat God aan die kerkstruktuur gegee het met mekaar verwar nie. Die kerk as instelling sal vir lewe en dood (tot op 21 Mei 2011 en selfs daarna tot op die laaste dag 21 Oktober 2011) hulle ou kandelaarkies vasklou…. dit terwyl God Sy kandelaar (die Heilige Gees) alreeds in 1988 gevat het.

    Die Bybel se ink mag dalk oud wees, die nuus bly egter vars en lewend. Koerante daar teenoor se ink mag dalk vars wees, maar die nuus is verrot en morsdood.

    johannes coetzee

    August 5, 2008 at 10:43


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: