Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Godsdiens ág vroue!

with one comment

André van Niekerk beroep hom wrágtág op die Bybel om die Christelike geloof se “respek” vir vroue aan te dui. (Geloof en vroue, Beeld – waar ánders ?)

Weliswaar moet hy diép myn en boor hy ‘n arm aar in Rosemary Ruether raak: “Jesus Christus se kernboodskap was dat die ‘Koninkryk van God’ naby gekom het. Vir die vroegste Christelike gemeenskappies beteken dit die ‘eindtyd’, waarin mans en vroue weer gelyk sou wees, het aangebreek. Vroue is as volwaardige mense gerespekteer.”

Vertel my nóg een, tóé!

Adam en Eva… en Lilith, die stoute. Die bloedskande van die familie Adam. Die hemelwesens en die dogters van die mense. Simson en die meisie van Timna… en Delila. Die Leviet en sy byvrou… en die verkragters van Gibea… en “staan op, vrou, dat ons kan vertrek.” Mooi meisies uit die geledere van die verslane vyand en lyflike genot tot vervelens toe… en dan vryheid – smyt haar uit. Abraham, die stamvader, en Sara… en Farao… en Hagar. Lot, geredde van god, en sy wellustige dogters. Rut wat 26kg gars by Boas se voete lossuig. Dawid, ‘n man na god se hart en Batseba… en kaaldans in die strate… en Mikal… en Abisag. Ahasveros en Ester, wat ‘n ganse nasie losslaap. Die swanger, verloofde Maria en Josef wat so feudaal vir die Heilige Gees moet terugstaan. Jesus en Maria met die los hare en die salfies. Paulus en sy hou-jou-mond, wees-op-jou-plek, vir-mans-gemaakte vroue.

Vroue, in die Bybel, is halfwas mans; broeikaste; currency; speelgoed.

“Ons het die Heilige Gees nodig om in te sien wat Jesus se boodskap oor die ‘Koninkryk van God’ vandag vir geslagsgelykheid beteken”?

Gegewe wat die “Heilige Gees” die “Kerk” oor, byvoorbeeld, gays wysmaak deesdae, moet die “Heilige Gees” liefs bekhou.

Dink Christen apologete werklik almal vreet hulle kak vir soetkoek op!?

En wanneer gaan Media24 in Aanbidding besef nie ál sy lesers se toontjies krul oor liewejiesis soetsappigheid uit “geleerde” penne nie!?

Godsk!

Written by Nathan Bond

August 10, 2008 at 18:33

Posted in Religion must go!

One Response

Subscribe to comments with RSS.

  1. Nathan, het jy ‘n vrou en respekteer jy haar of dink jy sy verdien nie respek nie?
    Wat Adam tot Paulus en die Heilige Gees betref, blyk dit dat jy ook niks verstaan en jy sukkel om dit te hanteer. ‘n Belese mens soos jy, moet mos als kan verstaan en as jy nie kan nie, dan is dit seker ‘n klomp twak. Dit kan seker nie iets waardevol wees nie?
    Christus is vir my ‘n wins en blykbaar vir jou ‘n steen des aanstoots. Die Bybel wys ons, dat met ‘n bietjie geloof, kan ons berge versit. Nathan, draai net om, weg van gelowe en spits jou aandag op dinge waarin jy kundig en talentvol is, sodat jy nuttig vir die samelewing kan wees, en die berg is agter jou.

    Hans Matthysen

    August 13, 2008 at 22:10


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: