Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Evolusie kelder teologie

with 13 comments

Dit is vanjaar – op Woensdag, 20 Augustus – presies 150 jaar dat die evolusieteorie die eerste maal gepubliseer is.

Die evolusieteorie verdelg die Genesisverslag oor die “Skepping” en die ganse Geloofsmaatskappy.

In ‘n Huldeblyk aan Charles Darwin en Alfred Russel Wallace spreek ek die hoop uit dat godsdiens oor die volgende 150 jaar verder sal erodeer sodat mense aan die verdommende kettings van geloof kan ontsnap.

Hierdie huldeblyk is ook my openingstandpunt in die debat oor evolusie waartoe ek ingestem het.

Written by Nathan Bond

August 17, 2008 at 17:46

Posted in Religion must go!

Tagged with , ,

13 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Nathan, ek stem saam dat die Bybel baie keer, deur onkundigheid, verkeerd gebruik word en veral teenoor die wetenskap.

    Hans Matthysen

    August 28, 2008 at 21:07

  2. Johan

    Ek stel dit aan jou dat dit evolusie – by uitnemendheid! – is wat bevestig dat alle mense dieselfde voorvader het; dat die sukses van ‘n spesie afhang van sy vermoë om suksesvolle nasate te produseer in ‘n omgewing wat die suksesvolle nasate ondersteun. As Darwin ‘n sosiale boodskap gehad het, meen ek dít was die boodskap.

    Om die Bybel – of die een of ander “heilige boek” te gebruik om jou vooroordele te regverdig is ‘n dom ding om te doen. Een van die eerste goed wat die wetenskap ‘n mens leer is dat hóé jy wil hê iets moet wees glad nie saak maak nie. Rasse vooroordeel is nie wetenskaplik verantwoordbaar nie en geen persoonlike vooroordeel – van ‘n gelowige of andersins – kan dit verander nie. Ons enigste hoop is om te gaan waar die evidence lei.

    Nathan Bond

    August 22, 2008 at 16:34

  3. “The Preservation of Favoured Races in the Struggle for Life”

    “are the Europeans more advanced, enlightened, educated, civilised and richer and better placed on the whole than the natives”

    Klink vir my die selfde. Ewe rasisties.

    So is Charlie en Dr Steyn nou albei reg of albei verkeerd?

    Johan

    August 22, 2008 at 15:15

  4. Hans

    Wanhoop is elke maar beter as valse hoop.

    Nathan Bond

    August 21, 2008 at 22:33

  5. Nathan, jammer vir jou want jou hoop is maar ashoop.
    Ek moet egter met jou saam stem oor Kent Hovind se DVD.

    Hans Matthysen

    August 21, 2008 at 22:26

  6. Toemaar Pieter dis nie jy nie. Not 2 worry…

    johannes coetzee

    August 21, 2008 at 14:26

  7. Johannes

    Wie de sot is dirki?

    Pieter Nortje

    August 21, 2008 at 12:40

  8. Pieter

    jys nie dalk daai jeffreys dude op wie dirki die rug gekeer het nie…?

    johannes coetzee

    August 20, 2008 at 14:48

  9. Hi Nathan,

    Ja soos enige pil het dit in die begin maar n bitter smaak, seker omdat ons as kinders vertel is dat medisyne lekker is, ek onthou goed hoe my ma vir my Marimba Jam gegee het vir hardlywigheid en dit was so vrek sleg ek wou iemand anders se broek vuil maak!
    Maar namate ek goter geword het het dit beter en lekkerder geraak, want dit het die maagpein en my buik los gemaak, dit was salig, n ou se maag en stert spiere kan net soveel druk hanteer.

    Ek myself sluk ook pille vir my Bi-Polar, en in die begin was dit maar bitter en sleg, maar na twee jaar se gebruik is dit nou al so lekker soos smarties, ek kou dit sommer!

    So is die GOSPEL, n ou se sonde en mense wat jou snaaks uitkyk as jy die 1ste keer jou voete in die kerk sit, maak jou seer en siek voel, weens minderwaardigheid, en die “ek is n wurm” gevoel, maar hoe meer jy van die GOSPEL sluk ,eet ,drink, dink, aanvaar, dan word dit sommer lekker, so lekker soos n stokkie lekker.

    Maar dit is iets wat ek niemand kan van oortuig nie, dit is die HEILIGE GEES se werk.

    Van fossile ken ek maar min van, ek weet van n paar wat in ons kerk sit,en nog in die wereld is waarvoor ek bid sodat hulle net kan warm word en begin brand vir die HERE.

    Groete uit Jeffreys,

    Pieter.

    Pieter Nortje

    August 20, 2008 at 10:08

  10. Pieter
    Die “Gospil” is helemaal te verregaande vir my smaak.
    Evolusie kan máklik verkeerd bewys word. Die bekende bioloog J B S Haldane het lank gelede reeds gesê: “Haasfossile in die pre-Kambriese periode!” Al wat nodig is, is om ‘n fossiel op die verkeerde plek te kry. So eenvoudig soos dít. Maar dít het nog nóóit gebeur nie.
    Dit behoort ‘n mens te laat dink, meen ek.

    Nathan Bond

    August 19, 2008 at 17:22

  11. Hi Nathan,

    ek is nou nie n baie geleerde outjie nie, het maar net matriek, en dit ook maar deur geskuur, my pa het altyd gesê 40 is deur en 41 is dwarsdeur!

    maar ek sluk maar swaar aan die evolusie pil, ek sluk maar eerder THE GOSPEL, maar dit is lekker om met mense te kommunikeer oor onderwerpe wat in goeie debatte ontaard,

    Groete uit Jeffreys,

    Pieter.

    Pieter Nortje

    August 19, 2008 at 14:22

  12. Pieter
    Ek het Hovind se DvD-reeks. Ek lees wyd en ek oorweeg ook die teenkant se argumente. As jy meen Hovind maak sin… nouja, dan weet ek nie so mooi nie.
    Ek dink dat die uitspraak in die Kitzmiller et al. v Dover Area School District et al. hofsaak Intelligente Ontwerp op sy plek sit. Daar is nie juis debat oor die soort snert wat Hovind en ander kreasioniste verkoop moontlik nie.

    Nathan Bond

    August 19, 2008 at 12:27

  13. As jy wil stuur ek vir jou n kopie van Kent Hovind se DVD reeks oor creation science, warin hy Darwin, en al die ander geleerde idiote se teorie oor evolusie na n aap storie laat lyk,

    laat my weet, jy het my epos adres,

    pieter.

    Pieter Nortje

    August 19, 2008 at 11:52


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: