Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

‘n Nuwe rol vir die kerk

with 53 comments

Prof. Christina Landman van UNISA skryf: “Die regering moet sy sekulêre houding verloor, en die kerke hul mitologiese praatjies – en saamwerk om die welsyn, gesondheid en moraliteit van die land te bestuur.”

Landman praat van “geloofsgemeenskappe” en laat my nekhare rys as ek president George Bush se Faith Based Initiatives daarin raakhoor.

Die staat dúrf nie sy “sekulêre houding” verloor nie. Godsdiens kan nie vertrou word om in ‘n bepaalde gereguleerde verhouding tot die staat te staan nie.

Ek dink die voorstel dat die kerke hul mitologiese praatjies moet verloor is ‘n prettige idee! Maar wat is ‘n kerk sonder ‘n bogstorie, altans, ‘n bepaalde stuk mitologie? As “God” nie geskep het nie en “Adam” nie geëet het nie en “Jesus” nie uit die dood opgestaan het nie en die “Heilige Gees” nie vaardig geword het nie en ons nie spoedig met die hele spul gaan verenig nie…wát is die kerk?

Ek skat só ‘n “Bultmanniaanse ontgemitologieërde kerk” is ‘n sosiale logistieke paradys – ‘n plek waar mense kan kos kry; Anti-Retrovirale medisyne; kondome; ‘n klop of twee op die longe; ‘n glimlag en ‘n sedelessie. En elke maand ‘n pensioengeldjie wat tydig gesteel sal kan word totdat die rowers genoeg sedelesse skrams gehoor het om op te hou steel. Maar sal die mense kerk toe kom as “God ” en “Jesus ” en die “Heilige Gees ” nie daar bymekaarkom om “Satan” op sy moer te gee nie? As “daai Angus-dude” nie vir hulle hoendervleis op die oortrommels gee nie?

Maar die koddigste van Landman se voorstel is dat die kerk met die bestuur van die land se moraliteit kan handgee.

Die kerk bestáán slegs as die voertuig van leuens: bo en behalwe die mitologie, dat die dood nie die einde is nie. Die kerk se opperste – “Goddelike”! – regverdigheid is die onregverdige teregstelling van ‘n onskuldige individu wat deur die “outeur van moraliteit” die rug toegedraai word. Kers gaan opsteek by die kérk oor moraliteit!? Behóéde ons!

Written by Nathan Bond

August 20, 2008 at 08:08

Posted in Religion must go!

53 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Irma, dit blyk of jy nou op ‘n ander blog moes gewees het en dit klink of jy “vreemde” tale magtig is. Einde van bespreking.

    Hans Matthysen

    December 18, 2008 at 22:55

  2. Liewe fokken moer! Just get it right. Kan ons net praat oor wat ‘n teorie (soos evolusie) is? Hier is ‘n definisie van ‘n teorie: “A theory is something evolved to fit the known facts. It is a successful theory if it survives the introduction of hitherto unknown facts. And it becomes an accepted theory if it can make accurate predictions about things or events that have not yet been discovered or have not yet occurred.” C Hutchins God is not great 85. Jissis, hoe fokken moeilik is dit??!! Hou op om idiots te wees. Die Bybel is nie ‘n fokken teorie nie, Evolusie is. End of fucking discussion.

    Irma

    December 16, 2008 at 19:59

  3. DW, ek is ‘n houer, wat vol water (evangelie) is en wanneer ek dit praktiseer, in my lewenswandel, word dit wyn. ‘n Mens kan nogal daaraan verslaaf raak en ander, kan my daad en praat, smaakvol vind en daardeur ook onder die invloed raak. Hoekom dink jy het daardie klomp, sommer net vir Jesus gevolg.
    Die vyf brode en twee visse, dink ek, is ‘n bietjie te gevorderd vir jou, aangesien jy nie so maklik begryp nie en daarom sal ons nie nou iets verder daarom sê nie.

    Hans Matthysen

    September 25, 2008 at 00:35

  4. DW, as jy nie in my antwoord kan agterkom, dat Simon die towenaar, nie Aberah kedabera, ens. trieks gedoen het nie, dan kan ek net aanneem, dat jy nooit ‘n begripstoets, op skool geslaag het nie. Jammer dat ek jou vermoens oorskat het.
    Wanneer ek bid, sê ek dankie en ek vra in nederigheid. In geen stadium is ek uitdagend nie.
    Ek sou dink, dat die Baalse Priesters, of is dit Profete, hulle is, wat weer verskonings gaan uit dink, wanneer sekere dinge nie realiseer, soos wat hulle verkondig het.

    Hans Matthysen

    September 25, 2008 at 00:16

  5. Hans Matthysen said, on September 11th, 2008 at 8:12 pm
    DW, as jy kyk hoe baie van hierdie sogenaamde “evangeliste” die mense betower en vir hulself skatryk maak, dan behoort jy te kan verstaan, watse soort towenaar Simon was. Dit wil voorkom of Camping een van die moderne “Simon die Towenaars” is.

    Hans

    Ek het jou gevra of Simon kon toor . Soos in Aberah kedabera , siem salla biem , –die stok is nou ‘n slang.

    Daar is egter ‘n moerse verskil tussen TOOR en TRIEKS en KAKPRAAT , en KAKPRAAT vir SOETKOEK opeet.

    Jy Hans , jy eet KAKPRAAT vir SOETKOEK op , so ook Johannes.

    Toor kom net in storie boeke voor – soos die storie van Moses in Egipte, soos in die storie boek wat ook bekend staan as die Bybel.

    Dalk ken jy ook die storie van ‘n ou ( ‘n gotte) wat vissies in baie visse getoor en brood in baie brode getoor het sodat baie mense kon eet. Nou Hans , dit is toor , of pleinweg KAKPRAAT as dit enigsens buite die lyne van stories aangebied word.

    Dink jy iemand kan water in wyn laat verander ? – is dit TOOR – dis eerder wat in Afrikaans genoem word – KAKPRAAT , as dit vir die waarheid aangebied word.

    Jy like jou TOOR stories baie , ne …. en dan is jou kop deurmekaar met spoke en 3 gotte wat een is , gods !!!!

    DW

    September 12, 2008 at 08:46

  6. DW! More.

    GREAT IDEE!!!!!!! Die oomblik wat jy ophou kak praat, doen ek dit ook. Per slot van sake, ek HAAT kakpraat. (Dis hoekom ek nie meer waansinnige, rasende, idiotiese, fucked-up Johannes Coetzee (die bru) se bydraes lees nie.)

    Wat jou uitdaging betref, daar is geen manier wat ek, of enige mens, ‘n altaar aan die brand kan bid nie. As ons dit sou kon reg kry, sal geen GELOOF in God meer nodig wees nie. Dan sou almal, die hele mensdom (jouself ingesluit) WEET dat daar ‘n God is. Waar daar net kennis is, kan daar nie sprake van geloof wees nie. Ons WEET 3 x 3 = 9. Ons hoef dit nie te glo nie.

    Wat my terugbring by my oortuiging wat ek al ‘n paar keer hier geskryf het:

    1. Ek baseer my geloof op ‘n God wat nie bewys kan word nie.

    2. Jy baseer jou ongeloof op wetenskaplike teorieë wat eweneens nie bewys kan word nie.

    3. Dit maak ons altwee ewe “dom” (of “slim”)

    4. As dit wat ek hier skryf, in jou boeke “kakpraat” is, laat dit so wees. Ten minste is ek in baie groter geselskap as jy.🙂

    Daan Van der Merwe

    September 12, 2008 at 08:37

  7. Daan Van der Merwe said, on September 9th, 2008 at 3:53 pm
    DW
    Calvyn en Luther het niemand vermoor nie.

    Mooi man , so het Hitler en Stalin ook niemand vermoor nie.

    Hans Matthysen said, on September 11th, 2008 at 9:34 pm
    DW, neem tog kennis, dat wanneer jy na die storie van Elia se altaar kyk, is daar ‘n geestelike boodskap daarin opgesluit en as jy vleeslik dink, gaan jy die punt mis.

    ….Hou op om so uitdagend te wees, want dit is die gesindheid van ‘n Goliat, wat jou nêrens sal bring,

    Ok , as ek so uitdagend is , wat doen julle Jesus kindertjies as julle tot hom bid ? Om siektes gesond te maak , vir beskerming en ens , ens.
    Dit lyk my jy kan alles van god – die gotte- in gebed vra – behalwe om ledemate te vervang en altare aan die brand te bid.
    Hans as jy werklik die Bybel so goed ken , wie was die Baal Profete ?

    DW

    September 12, 2008 at 08:26

  8. DW, neem tog kennis, dat wanneer jy na die storie van Elia se altaar kyk, is daar ‘n geestelike boodskap daarin opgesluit en as jy vleeslik dink, gaan jy die punt mis.
    Rom 8:5 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
    Rom 8:6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,
    Rom 8:7 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.
    Rom 8:8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;
    Rom 8:9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.
    Hou op om so uitdagend te wees, want dit is die gesindheid van ‘n Goliat, wat jou nêrens sal bring, wat die waarheid van die Bybel betref. Soek na die antwoorde in kinderlikheid en die openbaring van Christus, kan by jou ‘n werklikheid word. Elia het gebid by die altaar van die onbekende God en die vuurigheid van die Heilige Gees, het in sy lewe, sigbaar geword.

    Hans Matthysen

    September 11, 2008 at 21:34

  9. Johannes, die Konings van die aarde, waarna verwys word in Openbaring 17, is nie deel van die kerkstruktuur wat God, deur Jesus tot stand gebring het. Hulle naam was nooit in die boek van die lewe geskryf nie (vers 8). Ek gaan nou nie deur die hele Openb. 17 en 18, vir jou hier uitwys waar jy die pot mis sit nie. In beginsel is jy reeds van die pad af, wat dit betref.
    Jy verwys na God se genade; wat is God se genade (in kort asb.)?
    My antwoord op jou vraag oor die ou in erens in Afrika, China of India. Ek is nie erens in Afrika, China of India nie, ek is in Brakpan en in hierdie landstreek waar ek woon, doen ek die werk, wat God wil, dat ek sal doen. Mens is baie dom as mens die hele wêreld wil red en jou eie gaan verlore.

    Hans Matthysen

    September 11, 2008 at 20:51

  10. DW, as jy kyk hoe baie van hierdie sogenaamde “evangeliste” die mense betower en vir hulself skatryk maak, dan behoort jy te kan verstaan, watse soort towenaar Simon was. Dit wil voorkom of Camping een van die moderne “Simon die Towenaars” is.

    Hans Matthysen

    September 11, 2008 at 20:12

  11. Daan

    Kom ons stop die kakpraat en sit die geld waar ons bekke van oorloop.

    Ek rig hierdie uitdaging aan jou en alle ander god gelowiges soos bv. Johannes
    (Ek doen dit al die laaste 2-3 jaar , van die Doppers deur al die Susterskerke- sektes , die Sewende-dag Adventiste , die foking Pous , Apestole , Swembad duikers in die Baptiste kerke ens. Toets my claim by N Bond)

    Ek daag jou uit , om net soos in die tyd van Elia en die Baal Priesters ‘n altaar aan die brand te bid.

    Ek sal die altaar bring – ‘n rein lam ,klippe, droë hout ‘n kamera en video . Jy bid , ek sal afneem. Daarna plaas ons dit op YouTube en bewys jou god ……of bewys dat jou god ( gotte) net ‘n versinsel in jou verbeelding is.

    Het jy al gedink hoe ons sal die hele wêreld binne sekondes kan bekeer , vir satan ook . Dan is ons vissers van mense of so fokking iets . …….Of ons genees die wereld van kakpraat.

    Tot ou Johannes kan injoin met die gebittery as jy sukkel om die ding aan die brand gebid te kry. Jy weet Daan , moet nie bang wees nie , Elia was ook mos skrikkerig om die altaar aan die brand te bid. Boonop , sal jy in die Bybel lees dat god (die 3 gotte met respek) baie van die geur van braaivlies hou. So hulle- die 3 gotte – behoort geen probleem te hê met die opregte offer aan die brand gebed nie. Afterall , duidende Christene woord mos daaglik genees van siektes – vra maar vir Jannie – bid vir Ruben-gesond- Pelser of Isak –sien – jou- 5 min –na- die – dood- Burger. Of vir Moreletapark NG Kerk waar god self die koppie gelyk gestoot het waar die kerk tans staan.

    DW

    September 9, 2008 at 15:57

  12. DW

    Calvyn en Luther het niemand vermoor nie. Dis jammer dat jy net allerhande kak glo wat jy lees, maar as jy iets lees wat die waarheid is, glo jy dit nie. Alles wat jy lees waarmee jy saamstem, is reg en die skrywer is slim. Alles wat jy lees waarmee jy nie saamstem nie, is kak en die skrywer is dom.

    Ag nou ja………

    Terloops, ek sal nooit droom om soetkoek of enige iets anders aan jou te verkoop nie. Ek is nie ‘n evangelis nie.

    Daan Van der Merwe

    September 9, 2008 at 15:53

  13. Daan

    Terloops, volgens Wkipedia is daar in totaal net 38 000 verskillende Christen denominansies, waarvan die Katolieke by verre in die meerderheid is. In ag genome die Ortodokses en die Anglikane, blyk jou berekening van “34 000 Protestantse kerke” nie akkuraat te wees nie. (wat my nie verbaas nie.)

    Aag my fok , kom vertel ons dan hoeveel mense Calvyn en Luther vermoor het.
    Hoeveel Protestantse sektes het die laaste 100 jaar in die VSA opgespring?
    ( Behalwe Johannes sin)

    Verbasend dat die valse kerk so groot is , waar is die HG dan ?
    Daan jy weet fokol van jou tradisie af — soos in FOKOL.

    johannes coetzee said, on September 9th, 2008 at 8:57 am
    DW probeer in jou kar in die aande vanaf 19h30 op AM 1197khz inskakel, dan

    Johannes , verstaan my mooi , jy is gefok in jou kop , ek weet sekte-lede soos jy floreer op kritiek , maar fok , jy vat die koek. Jy is fokking gefok in jou kop.

    DW

    September 9, 2008 at 14:59

  14. johannes coetzee said, on September 9th, 2008 at 8:57 am
    DW probeer in jou kar in die aande vanaf 19h30 op AM 1197khz inskakel, dan

    Johannes , verstaan my mooi , jy is gefok in jou kop , ek weet sekte-lede soos jy floreer op kritiek , maar fok , jy vat die koek. Jy is fokking gefok in jou kop.

    DW

    September 9, 2008 at 14:54

  15. My fok Daan , as jy dink ek is ‘n doos sê dit . Ek voel fokkol wat jy van my dink.
    Ek dink weer jy is ‘n godioot ( verleen van Nathan)

    Jy praat kak glo in kak en wil dit as soetkoek verkoop — nie by my nie my china.

    DW

    September 9, 2008 at 14:51

  16. Dankie dat jy sommer die vraag aan my gestel self beantwoord het. Daan jy tree op soos Paulus voordat God hom gered het, hou op om teen die prikkels te skop…! Daai “arme barbaar” is klaar gered bru…! Jy nie my vraag behoorlik gelees nie. Lees weer, vir jou gerief herhaal ek die vraag sommer hier..

    “Gestel daars ‘n persoon wat in sy modderhuis erens in Afrika, China of Indië na die radio uitstendings van Family Radio luister en deur God gered word, na watter kerkinstelling sal jy hom durf waag neem…?”

    Net die feit dat jy die “arme barbaar” na jou kerk toe wil vat “na” sy redding gee my alreeds koue rillings… As God die “arme barbaar” gered het, wat kan jou kerk verder bydra tot sy die saligheid wat hy van God ontvang het…? Jy het seker al die volgende interessante Skrifgedeelte raakgesien…?

    (Mat 23:15) Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ‘n kind van die hel, twee maal erger as julle self.

    Daan moet dit nou asseblief nie persoonlik opneem nie, dis nie teen jou as persoon gemik nie. Ek kan verstaan hoekom daai OT dudes Jesus gekruisig het….

    johannes coetzee

    September 9, 2008 at 09:14

  17. DW probeer in jou kar in die aande vanaf 19h30 op AM 1197khz inskakel, dan word die program OPEN FORUM uitgesaai. As jy ‘n radio het wat AM opvang moet jy asb net nie naby enige rekenaar of fleurecent ligte wees nie, ook nie onder enige betongebou….

    Hulle “stream” gelyktydig op die International 2 link by http://www.familyradio.com

    Hoop jy kry die stasie… wie soek sal vind. Kry nou die stasie dan kan ons saam k*k praat. Dis immers beter as om “kerk” te praat…?

    johannes coetzee

    September 9, 2008 at 08:57

  18. DW

    Natuurlik verkondig die Katolieke nie God se woord reg en suiwer nie! As hulle het, was daar nooit ‘n hervorming nodig nie.

    By AL die verskillende Protestantse denominansies van die kerk word God se woord reg en suiwer verkondig.

    Terloops, volgens Wkipedia is daar in totaal net 38 000 verskillende Christen denominansies, waarvan die Katolieke by verre in die meerderheid is. In ag genome die Ortodokses en die Anglikane, blyk jou berekening van “34 000 Protestantse kerke” nie akkuraat te wees nie. (wat my nie verbaas nie.)

    Daan Van der Merwe

    September 9, 2008 at 08:29

  19. Daan

    ******Ek sal hom ONMIDDELLIK na die naaste kerk, enige kerk, neem waar God se woord REG en SUIWER verkondig word.

    Waar word god se woord REG en Suiwer verkondig ?

    By watter een van die 34 000 verskillende Protestantse kerke word die woord REG en SUIWER verkondig , verkondig die Katolieke ook god se woord REG en Suiwer?

    Johannes

    As die Wegraping nie op jou datums plaasgevind het nie , gaan Family Radio op die 23 Oktober nog uitsaai?

    Fok hoe tune ek in op die Stasie , ek wil hulle baie graag luister.
    (Nee my liewe fok Johannes , kakpraat – jy ken van daardie ding — eish )

    DW

    September 9, 2008 at 07:44

  20. Johannes

    Toe die voorhangsel egter op Vrydag 1 April 33 AD finale van bo tot onder oopskeur sou God finaal met die Ou Testamentiese Kerkstruktuur klaarmaak…””””””””

    1 April – natuuuuurlik , Jy is gevang met April’s fools day.

    DW

    September 9, 2008 at 07:32

  21. Johannes

    Moenie my vraag kunstig ontwyk nie. Ek wag vir ‘n antwoord. Of moet ek aanvaar jy weet dat jy besig is om kak te praat?

    Daan Van der Merwe

    September 8, 2008 at 22:06

  22. Johannes

    Ek het jou gevra dat as daar teen 22, 23 of selfs 24 Mei 2011 geen wederkoms was nie, waar gaan jy staan m.b.t. God en sy Woord? Antwoord my en dan antwoord ek jou. Of laat ek jou sommer nou antwoord.

    As die onsamehangende gebabbel wat jy hier kwyt raak te wyte is aan Family Radio, wee die arme barbaar in sy modderhuis as hy na die kak luister. Ek sal hom ONMIDDELLIK na die naaste kerk, enige kerk, neem waar God se woord REG en SUIWER verkondig word.

    Ek sien uit na jou antwoord.

    Daan Van der Merwe

    September 5, 2008 at 18:31

  23. Hans soos wat God die volk Israel as “uitverkore volk” (wat niks anders as die Ou Testamentiese kerkstruktuur was nie) tot standgebring het, het Hy die strukture wat deur Hom ingestel was, Self afgebreek vanwee hulle “hoerery” en hardheid van hart.

    Die Nuwe Testamentiese Kerkstruktuur is ook deur God tot stand gebring. Hulle sou egter presies dieselfde pad as die Ou Testamentiese kerkstruktuur stap en dien die patroon (“pattern”) van die Ou Testamentiese Kerkstruktuur as ‘n voorbeeld van die pad van “geestelike hoerery” wat Nuwe Testamentiese Israel sou stap.

    Hans Israel van ouds wou telekmale wanneer Israel in ‘n geveg of oorlog teen ander nasies betrokke geraak seker wees dat God in hulle “midde” is. Wanneer hulle soms stert tussen die bene voor hulle vyande moes vlug, moes hulle na die tyd hoor dat God nie in hulle “midde” was nie. Hoekom was hulle soms daarvan oortuig dat God in hulle “midde” is, net om na die pakslae agter te kom dat God nie in hulle “midde” was nie. Hoekom? So het dit vir 1440jaar met die God se “uitverkore volk” gegaan vanaf die Eksodus 22 Maart 1447VC tot en met die geboorte van die verwagte Messias op 2 Oktober 7VC (10 Tishri… die dag van Versoening).

    Toe die voorhangsel egter op Vrydag 1 April 33 AD finale van bo tot onder oopskeur sou God finaal met die Ou Testamentiese Kerkstruktuur klaarmaak… en het Hy in Sy verlossingsplan voortgegaan met die totstand bring van die Nuwe Testamentiese Israel. Vir die daarop volgende 1955jaar sou Hy hierdie instelling wat deur Hom totstand gebring en opgerig was as “voertuig” gebruik. Maar vanwee die “hoerery” van die Nuwe Testamentiese Israel sou God volgens Sy fyn uitgewerkte verlossingsplan die dag bereik wat Hy hulle vanwee hulle “hoerery” en “hardheid van hart” ook sou uitspuug. In Openbaring 17 en 18 verklaar hy hierdie instelling tot die moeder van die hoere….!

    Soos dit die geval met Israel van ouds was en hulle nie wou aanvaar dat God met hulle “klaargemaak” het nie, sit hulle nou nog voor die “klaagmuur” en kerm…! Dit terwyl die Messias alreeds ‘n eerste keer gekom het, en die tyd vir Sy wederkoms op 21 Mei 2011 bitter naby is…!

    So min as wat die Ou Testamentiese kerkstruktuur die wou aanvaar dat God nie meer in hulle “midde” is nie, netso min sal die Nuwe Testamentiese Israel (kerke en kerkstrukture) dit aanvaar dat God (die Heilige Gees) nie meer in hulle “midde” is nie….! Hoe is dit moontlik dat die OT kerk so “blind” en “doof” kon wees, vir dieselfde rede(s) as wat die NT kerk ook vandag “blind” en “doof” is.

    Maar daarvoor het ons God se genade nodig om dit “in te sien”. Wat my veral onrustig stem is dat selfs die “nie christene” raaksien dat die God van die Bybel nie meer in die “midde” van die NT kerkstrukture is nie, en met hulle die “spot dryf”….!

    Ek gaan dieselfde vraag vir jou ook vra wat ek aan Daan gevra het, en wat hy kunstig ontwyk het. Gestel daars ‘n persoon wat in sy modderhuis erens in Afrika, China of Indië na die radio uitstendings van Family Radio luister en deur God gered word, na watter kerkinstelling sal jy hom durf waag neem…?

    johannes coetzee

    September 5, 2008 at 11:55

  24. ….sorry dit was vir Hans

    DW

    September 5, 2008 at 07:05

  25. Johannes

    Kon Simon regtig toor ?

    DW

    September 5, 2008 at 07:04

  26. Johannes, die Bybel getuig van die kerk wat God, deur Jesus Christus, daar gestel het en waarsku ons, teen die Simon die Towenaars en die Huurlinge. Ek dink dat jou aanval is in werklikheid teen laasgenoemdes en wat God tot stand gebring het, is nie deel daarvan nie.

    Hans Matthysen

    September 4, 2008 at 21:39

  27. Ja Daan.

    Mag liewe Jeeesus en die ander 2 gotte jou dominee nog lank spaar.

    DW

    September 4, 2008 at 18:22

  28. Dis JOU opinie, DW. En dis ‘n kak opinie en jy weet dit.

    Daan Van der Merwe

    September 4, 2008 at 08:04

  29. Daan

    Wel as die doom ‘n gly vang in wat Angus sê praat hy kak. Angus en jou doom praat van die selfde gotte. Dus jou doom is ook ‘n kakprater , miskien met ‘n ander sousie op die kak. Maar kakpraat bly kakpraat , maak nie saak watse sous jy daarop gooi nie.

    Johannes

    Baie dankie dat hier skryf , jissis maar ek like dit wat jy sê . Moet asb net nie verdwyn nie, behalwe as jy nou weggeraap is in 2011 . Ek hoop regtig nie dat jy jou datums verkeerd het en die wegraping vind voor 2011 plaas nie . Jy het die ander Christen nog so baie te vertelle oor hulle gotte . Jy maak skoon ou Anus Angus se naam kak.
    As jy ooit ‘n roadshow wil hou , hou my ingedagte , fok ons kan moelas maak – baie .

    Johannes , jy bring my elke dag terug na site toe. Baie dankie. Fok maar ek sal dit like om met jou te kuier . As jy ooit hier in Joeies se omgewing kom kry my tel. nommer by Nathan en kom kuier , fok , ek nooi sommer vir Nathan ook om te kom.

    Pssss – jy se : Ek dink dis maar ‘n kwessie van tyd of Hans sal in gehoorsaamheid aan die opdragte uit die Bybel agterkom dat die kerk as instelling “‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls” geword het… en daar wegvlug.

    Jissis , maar jy sê dit mooi – “”””””””‘n woonplek van duiwels …. versamelplek van allerhande onrein en haatlike voëls ….. en daar wegvlug”””””

    Foket maar ons taal is darem mooi .

    DW

    September 3, 2008 at 21:21

  30. Einde Mei, of issit nou einde Oktober 2011, sal daar wel ‘n rede wees waarom Sy Allerheiligstegeit sy wederkoms uitgestel het. Daar’s áltyd ‘n rede. Maar die rede word eers ná die keerdatum “geopenbaar”.

    As die godsdiens nie so dônirs gevaarlik was nie sou dit die allerbeste komedie gewees het!

    En die heel beste van “God” wees is dat jy kan opfôk nes jy wil; die gelowiges sal jou áltyd vergewe! (Wie’t gisteraand se “South Park” oor Tourette Sindroom op MNET gesien? Fók!)

    Nathan Bond

    September 3, 2008 at 13:02

  31. Johannes

    Ek verstaan werklik nie. Gestel daar was op 21 Mei 2011 nie die wederkoms nie. Ook nie op 22 of 23 Mei nie. Waar gaan jy op 24 Mei 2011 staan m.b.t. God en Sy Woord?

    Daan Van der Merwe

    September 3, 2008 at 12:45

  32. Daan

    Ek het hom geantwoord. Mag dit nooit ooit in my gedagtes opkom om die Bybel (en daarmee die Woord van God en dus die God van die Woord) te verloën nie. Mag God my bewaar daarvan.

    Daan kan ek jou ‘n vraag vra..? Gestel daars ‘n persoon wat in sy modderhuis erens in Afrika na die radio uitstendings van Family Radio luister en deur God gered word, na watter kerkinstelling sal jy hom durf waag neem…?

    johannes coetzee

    September 3, 2008 at 10:05

  33. Johannes, ek wèèt.

    Ek het voormelde vraag gevra voordat jy verduidelik het dat jy nie ‘n Christen is nie, maar ‘n Bybeliet. Dis fine. As jy nie ‘n Christen is nie, pla jou gedrag en dit wat jy hier skryf, my net so min as dit wat DW hier skryf.

    Ek sien jy het nog nie Nathan se uitdaging m.b.t. 21 Mei 2011 aanvaar nie. Of het ek dit gemis? Hopelik besef jy dat as jy die uitdaging aanvaar, en daar op 22 Mei 2011 geen wederkoms en/of aardbewing was nie, jy die Bybel, die Woord van God en daarom God self verloën?

    Daarom wil ek jou nie uitdaag nie, Johannes. Ek kan net hoop dat jy nie op 22 Mei 2011 die Bybel en God sal verwerp nie, want soos jy hier te kere gaan, sal jy nooit teruggaan kerk toe nie.

    Daan Van der Merwe

    September 2, 2008 at 12:39

  34. Daan

    Hansie is seker slim genoeg om agter te kom dat ek net sy “been trek”. Ek het niks teen Hans nie (ek bedoel dit opreg). Ons verskil met mekaar sonder om elk sy eie kerk te stig (soos dit gedurende die kerk-era die geval was, en sekerlik vandag steeds die geval is). Hans gebruik ten minste nog die Skrif as sy bron van gesag om sommige van sy (kerk se) standpunte te ondersteun. Ek merk egter toenemend dat selfs Hans agterkom die kerk as instelling hom liederlik in die steek laat… al wil hy dit nie aldag prontuit erken nie.

    Ek dink dis maar ‘n kwessie van tyd of Hans sal in gehoorsaamheid aan die opdragte uit die Bybel agterkom dat die kerk as instelling “‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls” geword het… en daar wegvlug.

    (Openb 18:2) En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,

    Daan …. dalk jy ook? Wie weet?

    johannes coetzee

    September 2, 2008 at 12:00

  35. Dankie Daan en Johannes, mens moet mooi kyk waar mens jou pêrels gooi.

    Hans Matthysen

    August 28, 2008 at 20:18

  36. Johannes

    Hoekom verwys jy na Hans Matthysen as “Hansie slim”? Het hy jou al ooit te na gekom?

    Is jy seker jy is ‘n Christen? ‘n Christen is een wat glo dat Christus vir sy sondes aan die kruis gesterf het. ‘n Christen weet dat hy hierdie verlossing nie verdien nie, maar dat hy dit uit genade van God gekry het. ‘n Christen lei dan ‘n lewe van dankbaarheid deur aan God se gebooie gehoorsaam te wees. God se gebod is dat ons hom lief moet he en ook ons naaste soos onsself.

    Dit beteken, Johannes, dat jy jou naaste, waarvan Hans een is, moet behandel soos jyself behandel wil word. Sal jy daarvan hou as Hans jou neerhalende byname gee? As jy eerlik “ja” se, is dit goed. As jy eerlik “nee” se, moet jy selfondersoek doen want dan is jy nie aan God gehoorsaam nie. Dit impliseer dan ook dat jy nie opreg dankbaar is vir jou verlossing nie wat natuurlik ‘n erntsige vraagteken oor die opregtheid van jou geloof plaas.

    Dink gerus ernstig en diep hieroor na, Johannes. En as jy jou Christenskap ernstig opneem, sal jy hierdie dinge insien en vir Hans om verskoning vra.

    Daan Van der Merwe

    August 22, 2008 at 22:36

  37. DW

    Goeie vraag, lyk my Hansie slim gaan my uithelp!?

    johannes coetzee

    August 22, 2008 at 11:14

  38. Daan

    Joe Thloloe
    SA Press Ombudsman
    Cell: 083 791 1792
    Landline: 011 484 3618/2
    Fax: 011 484 3619
    pressombudsman@ombudsman.org.za

    Kla!

    Nathan Bond

    August 22, 2008 at 08:24

  39. Op die voorblad van Beeld verskyn die volgende berig: “Bulle moet die knie buig voor Angus Buchan. – Bl 5”

    Ek was reeds halfpad na my kar toe om Silver Lakes toe te ry en Victor Matfield se kakebeen af te slaan (nee, “Daan Van der Merwe” is nie ‘n skuilnaam vir “Chuck Norris” nie), toe ek besluit het om eers die berig op bl. 5 te lees.

    Gelukkig word berig dat die wedstryd tussen die Bulle en Griekwas wat op 27 September op Absa stadion in Kimberley sou plaasvind, verskuif om plek te maak vir Angus.

    Het iemand vir my die ombudsman se adres waar ek ‘n klagte kan indien vir misleidende verslaggewing?

    Terloops, toegang tot Angus is gratis maar ‘n “liefdesoffer” (my aanhaling), sal opgeneem word.

    Daan Van der Merwe

    August 22, 2008 at 06:11

  40. DW, wil jy regtig die antwoord weet op die vraag wat jy Johannes gevra het?

    Hans Matthysen

    August 21, 2008 at 21:32

  41. DW

    Ek het jou gister om verskoning gevra vir my beledigings aan jou, en ek gaan my bes doen om nie weer dieselfde fout te maak nie.(Dit is, om jou nie weer te beledig nie)

    Volgens Nathan is jy ‘n wyse man en ek wil dit graag glo, maar uit al dit wat jy hier kwytraak, is jou wysheid ‘n baie latente eienskap. Ek se dit met alle verskuldigde respek.

    Ek het destyds gese dat jy vol haat en verbittering is. Jy het dit ontken en geskryf dat jy ‘n minagting vir die kerk, alle predikante, priesters en pastore het. Jy het by ‘n latere geleentheid geskryf dat hulle almal op die brandstapel as swendelaars verbrand behoort te word.

    Dis hierdie tipe stellings wat wys dat jy, net soos Johannes Coetzee, nie rasioneel dink nie. Anders as Johannes, wie mal gebore is, (of toe hy twee jaar oud was op sy kop geval het) laat jy toe dat jou haat, bitterheid, veragting of watse emosie ookal, jou redelike denke beinvloed.

    Ek noem twee (van vele en vele) voorbeelde:

    1. Ons predikant is ‘n baie goeie predikant in alle opsigte. (Hy vang nog ‘n groter gly in Angus as jy) Hy is baie, baie slim en het 6 jaar lank studeer om predikant te word. Hy het op hierdie oomblik niks (hy is 58 jaar oud) behalwe sy meubels en klere. Hy bly in die gemeente se huis en hy ry met die gemeente se kar. Hy kon net sowel 6 jaar lank medies geswot het en dan sou hy vandag skatryk gewees het. Hy kon selfs net 5 jaar regte geswot het. Dan was hy vandag ‘n senior advokaat wat nog baie meer geld as ‘n mediese dokter maak.

    Klink dit vir jou na ‘n swendelaar wat verdien om verbrand te word?

    2. In die 19de eeu het Ds Dirk Van der Hoff as jong proponent na die ZAR (Transvaal) gekom om om te sien na die geestelike versorging van die Voortrekkers. Hy het sy vriende en familie in Nederland agtergelaat, ten volle bewus dat hy hulle waarskynlik nooit weer sou sien nie. (Dit was lank voor (SAL en KLM). Die Voortrekkers het nie geld gehad nie en Ds Van der Hoff het nie ‘n SENT gekry nie. Die Voortrekkers het gesorg dat hy nooit honger ly nie en dat hy altyd klere en ‘n goeie slaapplek het.

    Klink dit vir jou na ‘n swendelaar wat verdien om verbrand te word?

    So DW, kry eers jou emosies onder beheer sodat jy rasioneel kan dink en sinvol kan argumenteer en dan kan ons weer kommunikeer.

    Daan Van der Merwe

    August 20, 2008 at 19:41

  42. Johannes

    dankie oor die “”

    kan jy nou versie ontleed – Hierrie eene —

    1Jo 5:7
    For there are three that bear record in heaven, the Father, the Word, and the Holy Ghost: and these three are one.

    Was dit altyd deel vanni Bybel?

    DW

    August 20, 2008 at 19:37

  43. Nathan

    Ek het die hele middag by ‘n uitgewer deurgebring. Ons het na al Johannes Coetzee se bydraes gekyk en die uitgewer is werklik opgewonde!

    Hy is oortuig dat as ons al hierdie bydraes publiseer onder die titel “Ballade vir ‘n Waansinnige, Totaal Versteurde, Erge Neurologies Gestremde Idioot”, daar ongetwyfeld ‘n blitsverkoper op die horison is, waaruit daar natuurlik ‘n fortuin te maak is.

    Aangesien hierdie letterkundige juwele op jou blog verskyn, is jy die wettige houer van alle regte, kopieregte en publikasieregte ingesluit. Ek is seker dat jy en die uitgewer maklik op tatieme aan jou verskuldig as teenprestasie vir jou sessie van voormelde regte, tot ‘n vergelyk sal kom.

    Oorweeg asseblief hierdie aanbod en laat weet my gerus ter gelegenertyd van jou besluit. Dit is nie so dringend nie, aangesien elke dag meer publikasiemateriaal oplewer.

    Daan Van der Merwe

    August 20, 2008 at 18:35

  44. DW

    “evolusie” is in “”

    “sommer”

    johannes coetzee

    August 20, 2008 at 16:10

  45. johannes coetzee said, on August 20th, 2008 at 11:23 am
    Nathan

    dit klink of jy lidmate vir jou “evolusie” geloof probeer werf.

    .

    Johannes , hoekom sit jy geloof in “” ?

    DW

    August 20, 2008 at 15:55

  46. Daan , vir Protestante kom daar so ‘n kaksmakie in die mond as iemand van die Katolieke Kerk praat – veral lofsang. Art 28 en 29 van die NGB gaan juis hieroor , en dan het die Doppers op hulle website ook in geen onduidelike taal gesê wat hulle van die Katolieke dink nie. (As jy wil weet hoekom het die Doppers die link verwyder het vra my)

    Calvyn – die heilige koei van die Gereformeerdes en natuurlik die “vader van Protestante” M Luther se hande is net so rooi van die brandstapel as die Katolieke se kloue. Ten minste het die Katoliek die guts gehad om hulle donker verlede te erken.

    Terwyl jy nou so “navorsing doen “oor Calvyn , sluit sommer vir Luther en sy beroemde 95 leerstellings in en dan kyk jy sommer hoe het ver die pagan Augustinus ( Kerkvader ) se kanker in vandag se Gereformeerde tradisie trek.

    Kyk of jy die ooreenkoms tussen Augustinus en die verklaring — http://www.ngkerk.org.za/documents/Sexpo.pdf —-kan kry.

    Ooooo ja en moet ook nie vergeet om te soek hoeveel mense se koppe al gewaai het omdat hulle gese het die 3 gotte wat een is , is ‘n spul kak.
    Hier is nog ‘n tip – as jy wil weet – soek die oorsprong van die volgende teks.
    1Jo 5:7
    For there are three that bear record in heaven, the Father, the Word, and the Holy Ghost: and these three are one.

    Johannes

    Kan jy my ook uithelp met vanwaar bg. teks vandaan kom. ( Ek belowe jou dit kom nie van liewe Jeeeesus af nie)

    (Jissis maar Christene is fokking dof)

    DW

    August 20, 2008 at 15:47

  47. Nathan en Daan

    klink soos ‘n monoloog

    donder wat bliksem bulder

    die twee is saam

    en sien mekaar

    deur een se oog

    Waarlik, ja, julle is die regte mense,

    en saam met julle sterf die wysheid uit!

    johannes coetzee

    August 20, 2008 at 14:43

  48. Mmmmmm

    DW, al lyk dit soms nie so nie, is ‘n baie wyse bliksem. Die skerpste ouens sien jy gewoonlik nie dadelik raak nie.

    Nathan Bond

    August 20, 2008 at 13:13

  49. Nathan

    Baie dankie. Jou woorde beteken vir my baie. As dit by “dink” kom, vereenselwig ek my 100% met Descartes se beroemde woorde.

    Ek bevestig graag weer dat ek hierdie blog baie geniet, juis omdat dit my weer laat dink en veral om verder te lees oor verskeie onderwerpe.

    So was ek ‘n paar weke gelede geskok deur dit wat DW oor Johannes Calvyn aan my voorgehou het. Al wat ek tot toe nog van Calvyn geweet het, is wat ek in die boeke van Proff AD Pont en SP Engelbrecht gelees het. Ek het nog nooit van Michael Servetus gehoor nie.

    Ek het op websites ingegaan en artikels deur pro-Calviniste en anti-Calviniste gelees, die een so subjektief (en daarom onbetroubaar) soos die ander. Ek het ook op die Wikipedia Free Encyclopedia ingegaan en, so glo ek, ‘n meer objektiewe weergawe van Calvyn se aandeel in Servetus se dood gekry.

    Daan Van der Merwe

    August 20, 2008 at 13:01

  50. Johannes

    Vir “lede” en “dissipels” is ek skeitbang. Nie lank nie of jy moet die bliksems voer. Ek werf niemand nie. Maar as jy nie wil dink nie en net “God” as ‘n “argument” het neem ek jou nie ernstig op nie. Hoe’t Aquinas gesê: “Passop vir die ou wat net een boek het.”

    Nathan Bond

    August 20, 2008 at 11:41

  51. Nathan

    dit klink of jy lidmate vir jou “evolusie” geloof probeer werf. Is daar ‘n tak in nelspruit, ‘n telefoon no…? Hoeveel ape is al lidmate?

    Jou aanhaling “…praat ek nie graag met jou nie.” klink amper soos “kerklike opsig en tug” … “hou net aan dink” klink nie alleen paternalisties nie maar ook fantasties. Tot watter staat van twyfel moet ‘n mens verval voordat ‘n mens kwalifiseer vir lidmaadskap…?

    Het jy al agtergekom dat die “ware ape” nooit oor hulle geloof twyfel nie, om nie eers van terugpraat of debat voer te praat nie. Nou wil jy nog twyfel byvoeg…!? Dit sal enige volbloed opreg geteelde aap na sy ontbrekende chromosome laat verlang.

    Ek dink ons staan op die punt van die volgende “evolusie-sprong” , na ‘n generasie met “24 chromosome”, die volgende “big bang”, die volgende “link”…. ‘n geslag wat vir die volgende 13miljoen jaar na die vorige missinglink in die volgende heelal gaan rondsoek.

    ‘n nuwe “geslag” … ‘n geslag salig onbewus daarvan dat daar ooit so iets soos ‘n kerk, of ‘n ding soos “godsdiens” was. En hier in die laaste van laaste dae ontdek die mees uitgelese teoloog van ons tyd antie christina dat die “kerk” ‘n nuwe rol behoort te kry. Dit het my onwilligkeurig aan die volgende Skrifgedeelte laat dink…

    2Pe 2:22 Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.

    Nou verstaan ek nie, ons het sopas uit die Skrif ontdek dat kerk-era ten einde geloop het. Ons het sopas van die hout juk, die yster juk en al wat ‘n kerk juk is ontslae geraak en sy wil ons weer inspan! Dis net die ape uit die vorige “generasie” wat daarvoor kan val…!

    Ek is uiteindelik vry. Vry van die juk van slawerny…!

    Aan God(e) al die eer.

    Die God(e) van die Bybel.

    Alle eer en heerlikheid en sterkte en rykdom en wysheid aan die God wat in 11013VC volgens Genesis 1:3 gesê het : “Laat daar lig wees! En daar was lig.”

    Die God(e) wat in (Gen 1:26) gesê : “Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.”

    Ek het gepoog om so min as moontlik “teksies” aan te haal…! Ek ontbreek egter aan eie woorde om ‘n ware “transformasie” te beskryf. Ek wens Darwin kan net vir ‘n oomblik weer vanuit sy amoeba gedaante ‘n vlinder raak sodat hy kan sien hoe sy gemeente gegroei het, en hoe hy uiteindelik erfgenaam geword het van ‘n kerkgemeenskap sonder God. ‘n Kerkgemeenskap wat op die punt staan om hulle nuwe (uitgediende) rol te ontdek…!

    Wag… ek dink ek is besig om nou vir jou gemeentelede te werf…!

    2011-groete

    johannes coetzee

    August 20, 2008 at 11:23

  52. Daan

    Ek geniet jou bydraes. Dankie! Ek’t nog altyd skaak gespeel met mense wat my op my moer gee; muurbal – toe ek nog “lean ‘n mean” was – teen mense wat my gereeld geklop het.

    Wat is nou eintlik die punt om net te gesels met mense met wie jy heeltyd saamstem?

    Ek verskil op vele vlakke en gebiede van jou, maar ek bespeur die bereidwilligheid by jou om evidence te oorweeg. Dít, Daan, is vir my voorop. Vóórop! Of jy nou gelowig is of nié, as jy gevolgtrekkings maak – absolute gevolgtrekkings! – op onvolledige en bevooroordeelde data praat ek nie graag met jou nie.

    Hou net aan dink. En as dít nou paternalisties klink vra ek om verskoning. Hou net aan dink; hou net aan twyfel. Twyfel is die naaste wat iemand aan geloof kán kom.

    Nathan Bond

    August 20, 2008 at 10:02

  53. Ek moet sê ek het die artikel van Prof Landman geniet.

    Wat ek nog meer geniet het, was die link na “hoendervleis op die oortrommels”. Ek het die hele tyd gesit en giggel terwyl ek dit gelees het. Ek was nie daarvan bewus dat daar reeds weer ‘n Angus saamtrek na Loftus vir Jesus was nie.

    Ek het vroeër melding gemaak van die handjievol Angus volgelinge in ons gemeente, en dat dit verlede Donderdagaand tydens die ouderlingevergadering aangespreek sou word. Drie van die ouderlinge is inderdaad Angus volgelinge. Daar is eenparig besluit dat dit vreemd opval dat ‘n Calvinis die behoefte het om sy godsdiens charismaties te beoefen, maar solank die Angus manne dit buite ons gemeente hou, moet hulle maar aan gaan.

    Daan Van der Merwe

    August 20, 2008 at 09:40


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: