Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Die betroubaarheid van die Bybel

with 9 comments

Deelnemers haal heelwat tekste aan op hierdie blaaie en ek meen, opdat dit mý blog is, dat ek ‘n soort van ‘n verpligting het – ‘n morele, of ‘n etiese verantwoordelikheid – om die aanhalers van “Die Boek” te wys op die aard van “Die Boek”:

Ons het nie die oorspronklike “Nuwe Testament” (NT) nie. Nie net het ons nie die oorspronklike NT nie, ons het nie eens kopieë van die oorspronklike NT nie. Om die waarheid te sê, ons het nie eens kopieë van kopieë van die oorspronklike NT nie. Ons het ook nie kopieë van kopieë van kopieë van die oorspronklike NT nie. Die kopieë wat ons wel het, is baie lank ná die oorspronklike gemaak. En met “baie lank” bedoel ek eeue later – honderde jare later. Kopieë van kopieë van kopieë van kopieë van kopieë van kopieë van… Hándgeskrewe kopieë. Van handgeskrewe kopieë. Van handgeskrewe kopieë. Oor die eeue heen en deur politieke en leerstellige agendas en gevegte heen. En die kopieë wat ons het verskil van mekaar – op derduisende plekke. Daar is meer verskille tussen die kopieë as wat daar woorde in die NT is! (Dit is feitelik korrek, hierdie hoeveelheid verskille – ek maak dit nie op nie; dis nie beeldspraak nie.)

Die spesialis tekskritikus Bart Ehrman sê: “Dis nogals moeilik om te weet wat die woorde van die Bybel beteken as ons nie eens weet wat die woorde ís nie.”

Om ewige waarhede in die NT raak te sien is nie net lagwekkend nie, dis pervers.

Written by Nathan Bond

August 25, 2008 at 18:22

Posted in Religion must go!

Tagged with

9 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Daar is dit toe ook!! Die Suid-Afrikaanse regstelsel is in sy kannon in. Daar is gister ‘n Hofbevel uitgereik wat die KERK gelas om ‘n MOFFIE om verskoning te vra!!!!!!!!!!! Die kerk!!!!!!!! Die kerk vra NET vir Yahweh om verskoning!!!!!!!!!!! Ek wens wyle oom Johnny Calvyn het nog gelewe. Ek sou die moffies vang en hy sou hulle verbrand.

    Buckie en sy magtige seuns het nog ‘n groter job as wat ek gedink het.

    Nie net het die regering die stryd teen misdaad verloor nie, die regstelsel is ook in sy moer in. Ek moet my twee broers in Kanada gan join.

    Voor ek tussen moffies en kriminele bly, bly ek eerder saam met daai twee goddelose bliksems!

    Daan Van der Merwe

    August 29, 2008 at 06:11

  2. Hi, ek moet nou maar verskoning vra omdat Johannes die Bybel ongeloofwaardig maak en wil julle net daarop wys, dat dit eintlik sy vertolking daarvan is, wat ongeloofwaardig is. Ek het hom al op ‘n paar dinge gewys en hy reageer nie daarop nie. Hy slaan ‘n onsinnige rigting in en is blykbaar nie in staat, om oor dit wat mens hom wys, te debateer nie. Hy is ook blykbaar nie in staat, om dit te bevraagteken nie.
    Jesus het die twaalf se verstand geopen om die skrifte te verstaan en al gaan mens tëologie studeer, op Universiteit of waar ook al, sal mens nie die skrifte verstaan soos God wil, alvorens een se verstand, deur een wat gestuur is, geopen is, soos in die geval van die twaalf. Wat die verskillende vertalings betref, is baie daarvan dogmatiese vertalings en is dus onbetroubaar. Die Bybels wat ek verkies om te lees, gaan ek na met die woord vir woord, interlinear vertaling, uit die oorspronklike teks.

    Hans Matthysen

    August 28, 2008 at 20:10

  3. DW die sommetjies is reg ek het vir myself gaan sekermaak, gaan check dit self by die links wat ek voorheen vir jou gegee het. Jy sal hierdie boodskap toenemend begin hoor namate ons nader aan die einde kom.

    What a question…? Nathan ek dink nie eers daaraan nie.

    (Dan 3:17) As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos;

    (Dan 3:18) maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.

    johannes coetzee

    August 28, 2008 at 08:35

  4. Johannes

    Is jy doodseker dat jou datums reg is .

    Ek soek nie verskoning op die 23 Oktober 2011 nie.

    Kyk net weer of jou sommetjies reg is .

    DW

    August 27, 2008 at 16:04

  5. Johannes

    Jy sê: “21 Mei 2011 is naby genoeg om te sien wie reg en wie verkeerd was…?”

    Kan ek dus aanvaar dat as ek en jy beide lewe – hier op hierdie blou-groen rotsie – op 22 Mei 2011 ( of is dit nou 23 Oktober 2011?) jy sal erken dat die Bybel onbetroubaar is?

    O, ek wou nog sê, jy beter daai Soute in London gaan waarsku dat al hulle harde werk en al die miljarde wat hulle spandeer op 2012 vergeefs is. Dalk slat Liesbet jou nog tot ridder vir jou waarskuwing!

    Nathan Bond

    August 27, 2008 at 12:47

  6. As die Bybel dan so onbetroubaar is as wat julle meen, waarom enigsins daaroor debat probeer voer…?

    21 Mei 2011 is naby genoeg om te sien wie reg en wie verkeerd was…?

    Een ding het ek vanuit my persoonlik ervaring met die Bybel agtergekom..

    (1Pe 2:7) Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword; en: ‘n Steen des aanstoots en ‘n rots van struikeling—

    (1Pe 2:8) vir dié wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is, waarvoor hulle ook bestem is.

    DW jy is korrek, daar is baie van “ons” gelowiges wat dink ons is gelowig… net omdat hulle ‘n Bybel op hulle bedkassie het.

    Totdat die “Boek” gelees word en die Outeur daarvan die leser deur Sy Gees en in Sy Waarheid begin leer….!

    Ek was een van die “worsmasjien gelowiges” wat deur my kerk onder die wanindruk gebring is, dat as jy met jou mond bely het dat jy Jesus Christus as “saligmaker” aangeneem het alles “a okay” is….! Ek was aangeneem en voorgestel, en was selfs ‘n diaken…! My Bybel het op die spreekwoordelike “bedkassie” gelê en stof opgaar…! Ek het al die papierwerke ter ondersteuning van my “saligheid” gehad. Al die doopseëls, katkasasies seëls, al die wynlisensies, die lidmaatskap bewyse ens. ens. ens. gehad….!

    Totdat ek die dag begin Bybel lees het, en ek agtergekom het alles is nie so eenvoudig as wat die kerke aan ons opdis nie…!

    Ek sing vandag ‘n ander deuntjie…!

    Jy sien bru… die kerke en kerkstrukture (waarvan ek tot so onlangs as 5jaar gelede deel was) is in presies dieselfde siituasie as wat die volk Israel hul bevind het … tot Jesus hulle as die “addergeslag” uitgewys het…!

    Dit het my laat wonder… kan dieselfde situasie nie dalk weer gebeur nie?

    Ek moes ontdek dat die “moeder van die hoere” waarvan God in Openbaring 17 en 18 praat, niemand anders kan wees as die totale “christen” kerkstruktuur kollektief is nie.

    Dit was vir my die grootste verrassing in my lewe…!

    My vriend jy kan miskien die betroubaarheid van “godsdiens”, die “kerke” (as ‘n Goddelike instelling) ens. ens. aanvat. Jy kan daarvan ‘n bespotting maak… (wat hulle vandag inderwaarheid is). Maar die Woord van God (die Bybel) sal nooit vergaan…!

    Die probleem kom wanneer ons ons eie “suurdeeg” by voeg sodat dit beter kan smaak. Sodat dit nie so hard op die oor is nie.

    2011 kom nader en dan sal ons weet…!

    Intussen … spot maar voort, dis juis die gespot waarmee God soms ook ‘n “boodskap” kan versprei. God verkies egter om die Waarheid deur Sy ware diennaars te verkondig.

    Of iemand ‘n ware gelowige is, sal net God en die dienaar (soms) self weet…?

    God kan selfs pratende “donkies” inspan…! Wie weet dalk is ek maar een van daai dom “donkies”?!

    Ten minste kan ons (soms) sinvol met mekaar praat… dis nou as jy “donkietaal” verstaan..?

    johannes coetzee

    August 27, 2008 at 11:15

  7. DW! More.

    Ek dink aanmekaar daaraan. En hoe meer ek dink, onder andere danksy jou, hoe meer wèèt ek dat ek ‘n gelowige is.

    Daan Van der Merwe

    August 27, 2008 at 11:08

  8. Daan

    Het jy al daaraan gedink dat jy – net soos Johannes – ook maar net dink dat jy ‘n gelowige is.

    DW

    August 27, 2008 at 08:38

  9. Ek weet darem nie van die kopiee van kopiee van kopiee nie.

    Daar is natuurlik weer teoriee en teoriee. Volgens Wikipedia is al 27 boeke van die NT tussen 45NC en 140NC geskryf. Die Ou Testamentiese geskrifte tot die tyd van Dawid is gebaseer op oorlewerings wat oor meer as 1 000 jaar strek. Maak dit nie die NT meer geloofwaardig as die OT nie?

    Hoe dit ookal sy, ek sal nooit droom om die Bybel, OT en NT, as gesag op hierdie blog aan te haal nie, tensy die aanhaling gemaak word aan deelnemers wat wel die gesag van die Bybel aanvaar. Selfs deelnemers soos die Bybeliet, gelowige(?) ongelowige (?) Johannes. (Ek dink nie hyself weet of hy gelowig of ongelowig is nie).

    Daan Van der Merwe

    August 25, 2008 at 19:54


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: