Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Ek lááik godsdiens!

with 8 comments

Ek lááik godsdiens!

Die godsdiens is darem ten minste goed vir één ding: dit laat my baie gereeld skaterlag.

Vandag het die noeste geloofskrywer, dr Bernhard Ficker van Somerset-Wes, hierdie juwééltjie gebaar: “Dink maar wat met Kain en sy destydse post-moderne siening gebeur het toe hy God se instruksies wou herinterpreteer en volgens sy eie subjektiewe interpretasie wou toepas.”

‘n Post-moderne Kain! Nou’t ek als gehoor. Tot later vandag. Of môre.

Nou die dag wanner het dr Stephan Joubert Immanuel Kant ‘n middeleeuse filosoof gemaak. En nou’s Kain ‘n post-modernis. En ék, so het ‘n uiters vernaamlike godgeleerde my laas jaar gesê, is die wêreld se enigste oorblywende logiese positivis.

Kain ‘n post-modernis! En dít om te verduidelik dat die formidabele prof Amanda Gouws God se arme aartappelboer onbillik beoordeel as sy sê Angus I’ve not been to Bible College, I’ve been to Agricultural College, but I haven’t been to Bible College Buchan “gebruik ‘n fundamentalistiese interpretasie van die Bybel.”

“Watse interpretasie verwag sy moet Buchan dan gebruik?” wil Ficker weet. “‘n Interpretasie dat dit wat daar in die Bybel staan, nie eintlik daar staan nie?”

Godsk! Wát sal ek sónder godiote máák? Ek slaan my oë op na die berge, wáár sal my lag vandaan kom? My lag is van die HERE wat godiote en gelowiges gemaak het.

Written by Nathan Bond

September 25, 2008 at 18:35

Posted in Religion must go!

Tagged with

8 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. But…, but…, but… it’s not my religion! Mine is totally, completely different! It is good because it is entirely in accord with god’s law! I absolutely know this!”

    Julle mense is laf want julle weier sommer om die verband te sien.

    Con-Tester

    October 1, 2008 at 09:57

  2. Daan
    Gods , dis seker beter so . Die anderdag bid ‘n godidioot in die Spur , fok , ek kon nie anders as om vir hom te lag nie.

    Ek sal vir jou ook lag as jy in ‘n restaurant bid!!!!

    Johannes
    Bid jy ook in ‘n restaurant voordat jy eet .

    DW

    September 29, 2008 at 08:48

  3. Net by die huis. In ‘n restaurant betaal ek mos vir die kos!

    Daan Van der Merwe

    September 28, 2008 at 03:44

  4. Daan bid jy voordat jy eet?

    DW

    September 27, 2008 at 10:57

  5. Leon

    Jy is voorwaar ‘n gelukkige jongman om kampus toe te kan ry. Ek het gedurende my studentejare in die vroeë 1970’s in Maroela gebly en moes maar elke dag ‘n lift bedel by een van die ander manne.

    Vra gerus vir Nathan my kontakbesonderhede dan reël ons een dag vir ‘n kruisskuif of T-bone daar by die Oos Woude.

    Daan Van der Merwe

    September 27, 2008 at 10:20

  6. Sweet Daan ek ry amper elke dag daar verby, ek is ‘n arm student so ek vat enige freebies wat na my kant toe kom…

    Leon

    September 26, 2008 at 15:29

  7. Leon

    Ek dink nie jy kan baie intelligent of gesofistikeerd wees as iets so onbenullig en niksseggend jou dag maak nie.

    Ek dink enige man verdien beter. As jy ooit in Pretoria kom, kontak my. Ek sal jou by Eastwood Tavern stick vir ‘n rump steak met ‘n goeie bottel rooiwyn. (Hulle het nog ‘n paar bottels 1993 Roodeberg Cabernets.)

    Daan Van der Merwe

    September 26, 2008 at 13:21

  8. HAHAHA! Jou “gebedjie” aan die einde het my dag gemaak!

    Leon

    September 26, 2008 at 11:54


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: