Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Ateïste soos…

with 31 comments

“Ateïste soos Nathan Bond verdien geen gratis blootstelling nie, maar gaan voort om God se bestaan te bevraagteken om dit te kry. Sluwe taktiek wat inderdaad werk. As Christen is dit my job om my naaste lief te hê, maar ek stuur ateïste summier in hul moer. Jesus Christus het bestaan, chinas.”

Só sê Frank Botha. Op sy… wel, op sy, soos hy dit self stel, op sy daaglikse dósis.

Wat is dit met Christene en “chinas”?

So. JC het bestaan. Goeie punt. En toe sterf hy. JC is dood…

Dis Vrydagaand. Jesus se hart gaan staan. Hy hou op om asem te haal. Dit beteken dat sy weefsels nie meer suurstof kry nie. Sy selmetabolisme begin staak, met een belangrike uitsondering: proteolitiese ensieme hou nog vir ‘n tyd aan om te werk. Hierdie ensieme breek selintegriteit af, veral die integriteit van die selwande. Selle begin dus disintegreer.

Die menslike spysverteringskanaal bevat byna ‘n kilogram bakterieë, wat ook voortgaan om hul ding te doen wanneer die gasheer sterf. Hulle vorm gasse wat die dermkanaal opblaas, soms tot so ‘n mate dat die kadawer se buik kan oopbars. (Dit is hoekom jy soms in CSI episodes sien dat die coroner die slagoffer se buik prik.)

Vir ‘n menslike hart om ‘n gestaakde sirkulasiesisteem eiehandig weer aan die gang te kry is ‘n saak van onmoontlikheid – iemand móét aktief KPR toepas om die hart te help om weer die bloed aan die vloei te kry. Geen gestorwe persoon, wie se hart reeds gaan staan het, se hart kan genoeg energie opwek om ‘n volwassene se nagenoeg 70ml/kg bloed, wat tot stilstand gekom het, weer aan die sirkuleer te kry nie. Die energie wat nodig is om weer die sirkulasie aan die gang te kry is goed bekend uit verskeie eksperimente. Geen menslike hart kan soveel energie opwek nie.

Wanneer die inhoud van die bloed se tri-ammonium fosfaat finaal verminder as gevolg van die agteruitgang van die hart se pompvermoë verdwyn kognitiewe vermoëns en die opgepotte herineringe wat in die hippocampus gedeelte van die brein gebêre is na waar dit vandaan kom – in die niet. En dís finaal!

Hier’s ‘n nuusflits: Jesus het gesterf. Om en by 30AE. Hy is nog steeds dood. Morsdood. En dis finaal. Sy atome is natuurlik gehersurkuleer – elkeen van ons mense wat vandag leef het waarskynlik ‘n biljoen van Jesus se destydse atome in ons lywe. (Ook ‘n biljoen van Mohammad s’n.)

Jesus is dóód. Hy leef nie meer nie. Enigiemand wat jou anders probeer wysmaak liég soos ‘n tannetrekker.

‘n Wónderwerk? Ag, kóm nou, tóé!

Written by Nathan Bond

September 26, 2008 at 12:50

Posted in Religion must go!

31 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Nathan, Hy het opgestaan in ‘n liggaam wat uit baie lede bestaan, soos ek jou al voorheen gewys het. Hy het een brood geneem, wat Hom as een mens simboliseer en Hy breek dit in baie stukkies. Daar weer om te simboliseer, dat Hy nou in baie lede woon en tog nog een liggaam het. M.a.w. ‘n liggaam wat uit baie lede bestaan. Ek lieg nie soos ‘n tannetrekker nie omdat wat ek jou hier wys, is waar.

    Hans Matthysen

    November 7, 2008 at 01:10

  2. Wouldn’t the irony be just too preciously delicious if their god turned out to be black and female?

    Con-Tester

    October 2, 2008 at 18:00

  3. Beslis Johannes beslis , ek kan nie wag om van jou te hoor in 2011 nie veral op 23 Okt 2011 !!!

    DW

    October 2, 2008 at 14:03

  4. Daan en DW en Nathan

    My seun het ‘n T-shirt die baie treffende woorde : “Ek hou jou dop”

    “Ek hou jou dop”

    2011-groete

    johannes coetzee

    October 1, 2008 at 11:44

  5. Bierpens skryf
    ek kan vir jou uit die bybel uit aanhaal dat daar ruimte wesens met vlieende pierings op die aarde was en dit kruis verwys met baie ander gelowe en rots tekeninge van die selfde tydperk.
    … jy het nie die kennis om dit aftepul nie…

    Bierpens , ek kan nie met jou stry nie , voorwaar ek het nie die INTULEK om met jou te skry nie.

    Wel , ja ek moet bieg , ek is baie skaam om te erken dat ek wel die Bybel al gelees het. Maar wat nog erger is, en fok ja dit is so , het ek ook vir ‘n groot deel van my lewe geglo dat die kak wat in die Bybel staan die waarheid is .

    Maar vertel my meer van die vlieëndepierings . Jy weet daar is mense wat die maan gepla is wat vandag nog steeds in die goeters glo. Is jy ook een van die lunatics.

    DW

    October 1, 2008 at 08:25

  6. Bierpens sê: “Ek kan vir jou uit die bybel uit aanhaal dat daar ruimte wesens met vlieende pierings op die aarde was en dit kruis verwys met baie ander gelowe en rots tekeninge van die selfde tydperk…”

    Ek wonder al lankal of die Bybel nie maar net een van Mulder se X-files is nie.

    Nathan Bond

    October 1, 2008 at 08:21

  7. DW – Die outestament kan kruis verwys word tot bewese mediese wettenskappe, maar jy sal dit nou nie weet nie…

    Self ‘n dik, dikvellige dilseksies witman soos ek weet dit, dan is daar nog so baie ander “Bybels” wat dieselfde kruisverwysings met mediese wettenskap het, maar jy is salig onbewus daarvan ook…

    Jy Weet DW ek wonder hoe diep jou intulek nou werklik strek… Ek kan net sowel uit Wikipedia uit aangehaal het en dit kruis verwys het met home medical advisor… die antwoorde sal die selfde bly…

    maar hoedehel sal jy dit nou weet… ektwyfel jy het ooit moeite gedoen om die bybel te lees… ek kan vir jou uit die bybel uit aanhaal dat daar ruimte wesens met vlieende pierings op die aarde was en dit kruis verwys met baie ander gelowe en rots tekeninge van die selfde tydperk..

    Dan kan ek vir jou spykerskrifte gee wat jy self kan ontleed en dit weer kruisverwys met die vorige… jy sien DW, jy is niks anders as ANGUS BACHUS nie. jy staan en skree oor iets wat jy geen kennis het nie dan wil jy he ek moet jou ernstig opneem… Eish…

    Jy weet in die kosmiese heelal staan jy pateties kleinmet jou beperkte kennis… so moenie probeer om die outestament af temaak as snert in die konteks va die argument nie… jy het nie die kennis om dit aftepul nie…

    bierpens

    September 30, 2008 at 23:28

  8. Mooi man , ons almal gaan mos ** hemel toe – ja man ja .

    ***Behalwe die wat nie in Jesus glo nie , die wat nie uitverkies is , die wat lou van geloof is , die wat louwarm van geloof is die wat in die fokking duiwel glo en natuurlik die wat in die valse kerk is en ja sektes ook en katolieke ook.

    Die res is almal X tine mits hulle in die ware kerk is .

    Dankie Jeeeeeeeesus . Prys hom fok die duiwel.

    DW

    September 29, 2008 at 16:24

  9. DW

    Jou ou koppie is ook maar sag. Jy het my al 4 keer gevra wat ‘n Christen is, en ek het jou al 4 keer geantwoord. Ek weier om dit ‘n vyfde keer te doen.

    Ek het ook ‘n aantal kere vir Johannes gevra of hy ‘n Christen is. Na ‘n moerse gesukkel het hy geskryf dat hy nie ‘n Christen is nie maar ‘n Bybeliet. Ek weet jy het dit ook gelees maar verbaas dit my nie dat jy vergeet het nie.

    Jy sien ou Dee Wee, dis nog ‘n verskil tussen jou en my.

    Jy gaan tekere soos ‘n besetene en al wat jy kan uitbraak is Elsa Meyer, “Anus” Angus, die 3 gotte wat eintlik 1 got is maar 3 is terwyl hulle darem 3 gotte is wat tog maar 1 is wat eintlik 3 is mmar 1 is. (net soos ‘n hond wat sy blaf verloor het).

    Ek daarenteen, het vrede met Elsa Meyer en wat sy glo. Ek het vrede met wat Angus en sy volgelinge glo. Ek het vrede met wat Bierpens glo. Ek het vrede met wat Mal Johannes glo. Ek het vrede met wat jy, Nathan, Con Tester, Bewilderbeast, die Pous, Thabo Mbeki, George W Bush, Robert Mugabe, Isak Burger, Victor Matfield, Bill Gates en Tom Cruise glo. (of nie glo nie.)

    Nie-Christene se opinie/minagting/vervloeking/bespotting van die Christelike geloof skeel my net so min as die muis wat gisteroggend in die tuin deur my kat gevang en opgevreet het.

    Daan Van der Merwe

    September 29, 2008 at 15:07

  10. Daan Van der Merwe 29 Sep 08 at 5:40 am
    DW

    Johannes is nie ‘n Christen nie. Hy is ‘n Bybeliet. Vra hom self.

    Jy sien DW, dis jou probleem. Jy lees nie behoorlik nie en, soos reeds 38 keer gesê, laat jy toe dat jou vermoë om redelik te dink, genegeer word deur jou haat vir die kerk, wat jou natuurlik net so rasend waansinnig maak soos Mal Johannes.

    Daan
    Ek verstaan glad nie wat jy probeer sê nie.
    Bedoel jy nou dat as Elsa Meyer sê dat sy god se stem kan hoor ek dit soos soetkoek moet opeet?
    Bedoel jy dat ek saam met die Calviniste Hervormingsondag gedenk?
    Bedoel jy nou dat ek Genesis as letterlik moet verstaan?
    Bedoel jy nou dat ek pielstyf moet kry as ‘n baba gedoop word ?

    Wat de fok probeer jy sê Daan ?

    Ek sou eerder dink dat jy net so mal soos Johannes is – om in die 3 gotte wat een is maar 3 is wat een is en wat op 3 trone sit wat een is , te glo.( Mind you , is dit 2 trone – waarop sit die HG? Fok , die 3 gotte sit op 2 trone wat een is –jissis , dan praat jy van malles Daan!!!!!)

    DW

    September 29, 2008 at 08:41

  11. Bierpens skryf —die nuwe testament is nie die papier werd wat dit opgekryf is nie…

    So ook nie die OT nie.

    DW

    September 29, 2008 at 08:29

  12. Daan

    Christene – dis nou julle uitverkore skapies van die 3 gotte , fok julle is snaaks.
    Wat maak jou ‘n Christen ?

    Is die Pous ook ‘n Christen volgens jou ?

    Hoe meer ek julle skapies van liewe Jeeeesus so sit en lees , hoe meer kan ek sien dat die 144 000 ‘n letterlike getal is , want fok my , hoe meer godidiote hoe meer sektes.

    Ek was altyd onder die indruk dat as jy glo dat Jesus jou “verlosser “is dan is jy ‘n Christen —— Johannes glo jy dat Jeeesus jou verlosser en saligmaker is en dat hy op die kruis vir jou sondes gesterf het.

    Maar nou blyk dit dat as jy in Jesus glo , ook sy wederkoms , dan is jy nie ‘n Christen nie .
    Dat Johannes kakpraat is gewis , maar dit is niks minder of meer as waarin jy glo nie , behalwe nou ‘n ou datumpie. ( Dat Protestante oor ‘n Katolieke kalender soveel kan gal braak is lagwekkend.)

    Jy sien ou Daan , jy en Johannes het dit verkeerd , volgens liewe Jeeeeesus en die Bybil self is hy al 2000 jaar laat, so what the fuck , of jy aan die 2011 kak glo of nie ,julle mis beide die skip.

    Glo net broers , glo net en julle sal gered word. (Waarvan julle gered moet word weet die fok alleen)

    DW

    September 29, 2008 at 08:26

  13. More Bierpens!

    Miskien moet ek sê “mede-bierpens” want ek is self so 12 liter oorgewig.

    Ek hoop Nathan sal my my vermetelheid vergewe, en dis seker al ‘n bietjie “mosterd na die maal”, maar van my kant af, baie welkom op die blog. Ek geniet jou bydraes alhoewel ek natuurlik nie altyd met jou saam stem nie.

    Vir my gaan dit eintlik hier meer oor geloof in ‘n Bonatuurlike Mag of nie. As ek verkeerd is sal ek bly wees as Nathan my sal reg help, maar ek het dit dat hierdie blog dit ten doel het om geloof en godsdiens in die algemeen te beveg, en nie ‘n spesifieke geloofsbeskouing nie.

    Jesus was gedurende sy leeftyd as “Yeshua” bekend. Is dit ‘n big deal? En dis nou nie ‘n agressiewe (kaksoek) vraag nie.

    Daan Van der Merwe

    September 29, 2008 at 08:14

  14. DW

    Johannes is nie ‘n Christen nie. Hy is ‘n Bybeliet. Vra hom self.

    Jy sien DW, dis jou probleem. Jy lees nie behoorlik nie en, soos reeds 38 keer gesê, laat jy toe dat jou vermoë om redelik te dink, genegeer word deur jou haat vir die kerk, wat jou natuurlik net so rasend waansinnig maak soos Mal Johannes.

    Daan Van der Merwe

    September 29, 2008 at 05:40

  15. Why Christianity is man made ….

    “On February 23, 303, Diocletian ordered that the newly built church at Nicomedia be razed. He demanded that its scriptures be burned, and seized its precious stores for the treasury.[156] The next day, Diocletian’s first “Edict against the Christians” was published.[157] The edict ordered the destruction of Christian scriptures and places of worship across the Empire, and prohibited Christians from assembling for worship.[158] Before the end of February, a fire destroyed part of the imperial palace.[159] Galerius convinced Diocletian that the culprits were Christians, conspirators who had plotted with the eunuchs of the palace. An investigation was commissioned, but no responsible party was found. Executions followed anyway, and the palace eunuchs Dorotheus and Gorgonius were executed. One individual, Peter, was stripped, raised high, and scourged. Salt and vinegar were poured in his wounds, and he was slowly boiled over an open flame. The executions continued until at least April 24, 303, when six individuals, including the bishop Anthimus, were decapitated.[160] A second fire occurred sixteen days after the first. Galerius left the city for Rome, declaring Nicomedia unsafe.[159] Diocletian would soon follow”

    …. So all had to be re done ….

    Bierpens

    September 28, 2008 at 05:22

  16. Ok … ek wou net my eie image beskerm, maar dalk moet ek maar my cover blaas en na vore kom… iets soos uit die closet kom.

    Soos ek se dit is jammer jy dink ons is net chemiese masjien want jy mis great deal op dinge wat jy nooit sal kan beleef nie.

    Jy sal nooit tot jou volle reg kan evolve as mens nie en ook nie jou ingeboude talente kan uitleef nie. Jy sal nooit jou brein se opgesluite funksies kan ontsluit nie, jy sal die res van jou lewe vas gevang wees in jou sak vol bene en vleis…

    …. Dit is regtig jammer dat die Mens gemaakte Blikgedrukte Christelikke bestaan, julle sover van die spoor afgooi … dit was absoluut die doel van die skrywers van die doktriene om mense hulle erfnis te ontneem …

    Jy sien Nathon in die gelowe van die wereld is daar ‘n waarheid opgesluit en geen een van al die gelowe het al die waarhede in een nie, maar deur die eeue het mense die wisselwerkiing van planete en invloed op die wesens wat met hulle skakel verstaan… Die laaste 2 000 jaar is die kennis van die mense vervreem en dit word aan ons terrug verkoop as Wetenskap, maar niks wat die mens nou uitvind was nie al reeds gewees nie.

    Dit is die hele rede van die Sonvloed … die mens moes die kennis wat hulle van Lucifer gekry het van afstand doen, maar hulle wou nie ophou om met die werking van die heelal intemeng nie, toe babeleer alles en die kennis van die tyd word vernietig…

    Dit is hoekom die groot vloed net beperk was tot een deel van die aarde, want oor die spektrum heen het die vertakkings van die volkere hulle onderwerp aan die wette wat aan hulle afsonderlik opgele is…

    Maar ek dink ek sal later meer daaroor uitbry …

    Bierpens

    September 27, 2008 at 21:20

  17. Bierpens

    Jammer, my ou, maar hier gaan jou bubble… Homo sapiens sapiens het geen “doel” bloot omdat die spesies ge-evolueer het nie.

    Ons is nie deur die een of ander “god” ontwerp en gemaak nie. Ons leef vir 70 jaar of so en dis dít. Om teen die feite in te “glo” maak nie ‘n verskil aan die werklikheid nie.

    Ons kan natuurlik heerlike, vol lewens lei! En daarvoor het ons nie gode en dywils en feëtjies en kabouters nodig nie.

    Nee, ek dink nie ek sal jou e-pos nie; ko’ ons praat ma’ hie-so oppi blog.

    Nathan Bond

    September 27, 2008 at 19:59

  18. Nathon

    Thanks ek het jou aandag … die nuwe testament is nie die papier werd wat dit opgekryf is nie…

    Ek wil he jy moet besef, dat jy ‘n punt het, maar jy verloor mense deur blanko teen God opte staan… al wil jy nie glo nie, mens se plan op aarde is beplan … as dit nie was nie is ons niks nie…

    As jy nou al die gelowe om jou kyk dan sien jy tog dat deur mens te wees jy ‘n groter doel het om te vul as om te spyker en te suip.

    Ons is op aarde geplaas vir ‘n doel… jy moet ophou teen die doel veg en gaan uitvind wat dit is… en ons kan baie meer vermag op aarde as ons ons onderwerp aan die doel… deur nie te glo nie ontneem jy jouself die reg op astrale reise. Heldersien … toekoms wiesies … dit is alles tallente wat jy mee gelos is … jy mis uit op dit omdat jy dink ons is net ‘n biochemiese masjien..

    as jy wil email ek sal jou meer vertel…

    Bierpens

    September 27, 2008 at 17:02

  19. Bierpens

    Ek sukkel om te begryp wat jy sê. Vertel bietjie wat jou standpunt oor die godsdiens is. En ek wil graag weet of jy meen dat die Ou Testament meer geloofwaardig is as die Nuwe.

    Nathan Bond

    September 27, 2008 at 16:52

  20. Daan

    Ek kan nie anders as om saam met die aanslag teen jou te stem nie… my redes verskil miskien, maar ek kan nie anders om te giggel dat my vetmagie dril van lekker kry nie…

    Mens gemaakte blik gedrukte Christelikke bestaan… Dit wat jy voor staan word in die bybel verbied… joune myne en die muslim sinne, maar jy wil dit mislees… eish…

    Nou sit julle met kinders soos DW en Nathon wat agterkom julle praat bollie en dan rebeleer hulle, nou gryp jy na die nuwe testament, die een wat jou God jou teen waarsku, en jy probeer jouself verdedig..

    Dit is juis die nuwe Testament wat die mense teen die geloof rebeleer, maar nie die Paygon gedrog sal julle bedien… eish…

    Ek vra jou daan… gee my die Hebrew woord vir Jesus … Kom ons kyk of jy jou geloof ken?

    Bierpens

    September 27, 2008 at 15:34

  21. DW – Moenie Godsvresend met Godsidoot verwar nie …

    Ek stem saam alles in die nuwe testament is mens gemaak…, maar as dit is waar jou kennis vashak gaan jy met ‘n bittere spyt wakker word… as dit te laat is…

    Ja Jesus het die mense verwar… ek neem jou haat in die geloof nie kwalik nie, maar jy moet nie dat hulle jou deurmekaar maak nie …. Die hive effek is groot en deur dit te ontken sny jy jouself los daarvan…

    Bierpens

    September 27, 2008 at 15:28

  22. Daan

    Godidiote , fokken stupid , mallles ens is terme wat sinoniem met die Christene geloof is .

    Die grap is dat jy dit aan Johannes as Christen broeder ook toedig. Johannes gebruik tekste om sy kak uit te lê , maar jy ou Daan jy gebruik ook tekste om die kak waarin jy glo te verduidelik , so ook die Katolieke , die Southern Baptists , die fokking Doppers , die Apestole , 7 de dag akkedisse kakers en baie meer.

    Wat jy nie wil verstaan is dat jy in ‘n sekere tradisie geïndoktrineerde groot geword het. Jou tradisie verklaar net vir jou die kakpraat van die Bybel beter sodat jy dit as die waarheid kan glo , en ander tradisies soos Johannes se 2011 ( wat heelwaarskynlik Bybels kan wees ) as ‘n spul kak afmaak.

    So beskou die 7 de dag akkedisse die NG Kerk bv as Bybels onkorrek en die NG kerk, die Doppers, en die 7 de dag akkedisse beskou die Roomse Kerk as die 666 , of die Beast en Anti Christ, julle ken mos die storie… of hoe?

    Wat jy egter vergeet , is dat die Christelike geskiedenis besmet is met verwyte , veroordelings , dwaalleer of noem dit maar net wat jy wil.

    JM Vorster – ‘n foking Dopper – skryf die volgende potkak op die Doppers se web.
    “””Die standpunt van Hauerwas (2002:341 ) dat die kerk nie ‘n “sosiale etiek het nie” maar “‘n sosiale etiek is”, is in die omlyning van die taak van die kerk ten opsigte van homoseksualiteit van besonder belang.

    Hoewel hy anders oor die hantering van homoseksualiteit oordeel, is die klem wat hy lê op die kerk as voorbeeld van morele saamleef van mense in hierdie opsig waardevol. As ‘n algemene vertrekpunt kan dus gesê word dat die kerk as “sosiaal-etiese voorbeeld” die samelewing moreel opbou sodat die waardestelsel van die gemeenskap die Skriftuurlike etiese perspektiewe weerspieël.

    Die kerk is per slot van sake, in getuienis en as ‘n voorbeeldige vorm van samelewing, ‘n morele opinievormer.
    Wanneer die algemene vertrekpunt verder verfyn word, kan die volgende gesê word: Die taak van die kerk is eerstens om ‘n duidelike prinsipiële getuienis die samelewing in te dra.
    Juis in hierdie tyd, wat die vrug is van jarelange sekularisering van seksualiteit met al sy negatiewe en pynlike gevolge vir mense en verhoudinge, moet die Skriftuurlike beginsels duidelik onderstreep word.

    Die Rooms Katolieke kerklike tradisie is hierin inderdaad ‘n voorbeeld. Ongelukkig het die stem van die Protestantisme in die samelewing vanweë onderlinge verskille oor die saak van seksualiteit grotendeels irrelevant geword en blyk dit dat in sommige kringe telkens slegs ‘n etiese onderbou gegee word vir die verdere sekularisering van seksualiteit.

    Daan ,as jy nie kan verstaan wat in hierdie stuk staan nie is jy ‘n foking dom godidioot. Godsdiens en die Kerk is waglik . Dit het geen plek in die 2008 nie . Punt.

    DW

    September 27, 2008 at 10:33

  23. Daan

    Gaan een van ons twee nog die ander een “oortuig”, of wat?

    Ek geniet ook die wyer net van idees deesdae op hierdie blog.

    Ek vermoed jy stem saam hiermee: alhoewel sommige bydraes erg irriteer – en verskillende bydraes irriteer verskillende mense – is al die bydraes eintlik nodig.

    “21 Mei 2011” verteenwoordig ‘n bepaalde lees van die Bybel; ‘n bepaalde aanslag; ‘n bepaalde begrip, of dan, “wánbegrip”.

    Die “1-got-3-got” aanslag is ‘n brutale, tussen die oë (in your face) aanslag op verregaande begrippe.

    Met hierdie blog het ek één énkele doel voor oë: om mense te laat dink oor wat godsdiens mense dwing om te moet aanvaar.

    Ek meen dat as ons “God” kan uitwys vir wat dit is, en veral vir wat dit nié is nie, dan begin ons vordering maak.

    Nathan Bond

    September 27, 2008 at 08:08

  24. More Nathan

    Ek het die grootste begrip vir jou frustrasie, meer as wat jy besef. Ek sê dit met respek.

    Ek wil dit net nog ‘n keer op rekord plaas: Christene, myself ingesluit, is nie “fôkkin mal” nie en ons is ook nie “dom onnosele idiote” nie. Ek (en jy) ken (weet van)Christene met twee keer meer breins as jy. En daarmee sê ek NIE jy is dom nie. Inteendeel.

    NS. Baie geluk met die groei van deelnemers op die blog. Ek geniet die nuwe stemme. Dis ‘n welkome afwisseling van die “21 Mei 2011” stront en die “1 got wat eintlik 3 gotte is maar darem net 1 got is terwyl dit ook 3 gotte is en die 1 got 3 gotte is maar eintlik 1 got is en die 3 gotte …kef, kef, kef.”

    Daan Van der Merwe

    September 27, 2008 at 07:29

  25. Hi Nathon

    Met permissie wil ek graag vir Frank hier aanvat…

    Frank het baie respek vir jou as mens die weet jy, maar ek het jou gewaarsku teen jou one liner Preke…

    Die feit is Nathon, ek verskil seker van jou oor geloof, maar ek stem saam met jou oor eending… Christendom is ‘n probleem in ‘n vrye regverdige demokrasie, want net hulle is reg…

    Ek glo aan die tien gebooie… ek het my redes, maar die bloed offer van ‘n kind is ‘n Pagon gebruik wat gekoppel was aan Bahl. So ek self is spyt ek het die eerste gebod verkrag toe ek my geloofsbeleidenis afgele het …

    Bierpens

    September 26, 2008 at 18:45

  26. Frank

    Ek het vanmiddag, nadat ek jou bydrae van 26 Sep 08 om 1:20 pm hierbo gelees het, ‘n lang respons vir jou geskryf. Want ek dink dis belangrik. Ek skryf omdat hierdie dinge belangrik is.

    Maar nou vra ek jou om nie de moer in te raak vir my nie, maar om my manier van dink te probeer begryp in hierdie bondige reaksie. (Ek het die lang reaksie abandon.)

    Jy sê: “Dankie vir die Biologie les. Dat Jesus gesterf het is ‘n feit, maar Hy het opgestaan en sit aan die regterhand van God. Die Bybel sê so.”

    Ek hoor: “Jy’s reg, Nathan, Jesus hét gesterf. En ja, Nathan, jy is reg oor die biologie van die dood.”

    En dan hoor ek: “Maar desnieteenstaande lééf Jesus!”

    En ek hoor ook : “Want ‘n voorwetenskaplike manuskrip sê so.”

    En, Frank, ek wil SKRééU!

    Hy’s dóód, maar hy lééf. Want die Bybel sê so.

    Dan sê ek: Christene is fôkkin mál! Hulle is domonnosele idiote!

    Ek soek nie baklei nie, Frank. Ek pleit amper by jou om my frustrasie te probeer begryp!

    Nathan Bond

    September 26, 2008 at 16:30

  27. “As Christen is dit my job om my naaste lief te hê, maar ek stuur ateïste summier in hul moer.”

    Nog ‘n voorbeeld van hoe “christene” se logika weel te wense laat.

    So jy het jou naaste lief solank hulle dieselfde as jy dink? Wat van Moslems, Hindus en Jode. Of is hulle OK omdat hulle darem ook maatjies in hulle verbeelding het?

    Leon

    September 26, 2008 at 15:27

  28. Frank Botha, the passage from your blog that Nathan has cited above is self-contradictory. It completely undermines your assertions about what it supposedly means to be a (self-styled) christian [sic].

    But that’s par for the course with the deeply schizoid way of thinking that religion leaves in it’s wake, following the negation of individuality.

    Con-Tester

    September 26, 2008 at 15:16

  29. Nathan

    Kry jou feite reg bru… Jesus het op Vrydag 1 April 33 AD gesterf. Al die feite kan jy in http://www.timehasanend.org kry.

    Meer nog, Hy het opgestaan en kom weer op 21 Mei 2011

    (Openb 22:7) Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.

    Mnr Bond…. jy kan stry en baklei, en spot en joke. Maar daars een “bond” wat staan… en dis die Verbond. Die Ou en Nuwe Verbond, twee kante van dieselfde Verbond.

    Beslis nie ‘n “dubbele agent”…!

    johannes coetzee

    September 26, 2008 at 14:29

  30. Ek gaan nie my geloof op jou afdwing nie. Jy het vrye wil om te glo wat jy wil. Ek gaan jou ook nie keer om comments op my blog te los nie, ongeag of ons konsensus bereik, al dan nie. It takes all sorts to make te world go ’round, mnr. Bond. Selfs jy as ateïs is welkom op Daaglikse Dosis. Use it, don’t use it.

    Frank Botha

    September 26, 2008 at 13:30

  31. Nathan.

    Dankie vir die Biologie les. Dat Jesus gesterf het is ‘n feit, maar Hy het opgestaan en sit aan die regterhand van God. Die Bybel sê so. Maar jy glo nie aan wat die Bybel sê nie, dus is hierdie comment eintlik sinneloos. Maar nietemin dankie vir die repliek en sterkte met alles vorentoe.

    Frank Botha

    Frank Botha

    September 26, 2008 at 13:20


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: