Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Terroriste en basaartannies

with 7 comments

Niemand behoort ‘n trotse ‘Jesus freak’ te wees nie, skryf Die Burger se formidabele Gerrit Brand op sy blog Veelskrywer.

Ook ek maak ‘n bydrae: “Ek kon nog nooit die verskil insien tussen die ouens wat Boeings in die Wêreldhandelsentrum parkeer het en tannies wat koeke bak vir die kerkbasaar… en vrééslik baie mense en groepe tussen dié twee randgroepe nie: Hulle álmal verhef sprokiekarakters tot die werklikheid; is ‘freakish’.”

Gerrit reageer met: “Nathan Bond, ou vriend, as jy regtig ‘nog nooit die verskil (kon) insien tussen die ouens wat Boeings in die Wêreldhandelsentrum parkeer het en tannies wat koeke bak vir die kerkbasaar’ nie, dan weet ek nou nie juis wat om vir jou te sê nie.”

Ja, selfs ek erken dat my stelling die asem wegslaan.

Of, dalk nié.

In God’s dupes (Los Angeles Times,15 Maart 2007) verwys Sam Harris, die skrywer van The End of Faith, na “konsentriese sirkels van dalende redelikheid”. Hy meen dat enigiemand op hierdie kontinuum noodwendig beskerming bied aan iemand anders wat nader aan die middelpunt van ekstremisme is. Dit beteken dat duidelik meelewende gelowiges, soos basaartannies en kooromies, wat in presies dieselfde “God” glo as Pat Robertson en James Dobson en D. James Kennedy en Jannie Pelser en Isak Burger en Piet Strauss en Angus Buchan, noodwendig aandadig is aan vergrype soos, byvoorbeeld, die ontkenning van wetenskaplike gegewes, die vertrapping van gay regte, die vervolging van rubriekskrywers en onderwysers en DJs en rolprentmakers omdat hulle aspris, goedgelowig, skerp of diepsinnig is, en Dominionisme.

Om die grens van redelikheid oor te steek en “God” (God, Allah, Vishnu, Watôkal) as ‘n werklikheid te aanvaar, is om ‘n ruimte te help handhaaf waarbinne afgryslike monsters gedy. Of jy nou in die nok van die sirkel staan, of op die rand. Of jy nou passasierstralers in wolkekrabbers parkeer of groen en rooi jelliepoeding oor ‘n basaartafel bedien.

As die vergrype van die godsdiens ooit getemper of geneutraliseer gaan word, sal die aftakeling van die buitenste konsentriese sirkel af moet begin – daar waar die gewone meelewende kerkbankers hulle van die fundamentalistiese middelpunt en goedkoop godsdienstige propaganda disassosieër, maar inderdaad presies so waandenkend (delusional) is soos hulle medegelowiges in die middel. Wanneer hierdie “goeie” gelowiges hulle rol in die vergrype van die godsdiens besef kan ‘n nuwe hoofstuk in die mens se vooruitgang moontlik aanbreek.

Ek dink “Jesus freak” is ‘n gepaste benaming vir ‘n Christengelowige.

Enige mens wat iets so onwaarskynlik soos “God” kan bedink en sonder selfs ‘n sweempie van falsifiseerbare evidence as realiteit aanvaar is “freakish” – conspicuously or grossly unconventional or unusual; bizarre; outré.

Daar is Mohammed freaks; Brahma freaks… Jesus freaks.

Freak: ‘n heel dienlike benaming vir ‘n gelowige. Noudat ek daaroor nagedink het.

Maar ek het ‘n beter omskrywing wat ek al geruime tyd gebruik: godioot. Lekker keelklank en Afrikááns – die patois van die Paradys.

Sien ook ‘n Ope Brief aan professor Julian Müller.

Written by Nathan Bond

November 8, 2008 at 07:55

Posted in Religion must go!

7 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Yes, Hans Matthysen, perhaps so, but the trouble is that you are evidently incapable of putting any kind of proof on the table.

    Still, your so-called “holy” book is quite clear on various acceptable murders, whether committed by your god directly or on his/her command. Unfortunately for you, your so-called “holy” book doesn’t tell the casual reader what to take seriously and what to laugh at. And there’d be lot to laugh at if it wasn’t for the large number of sad, feckless morons who know no better than to believe much of the same shite you do (and can’t prove).

    Con-Tester

    March 17, 2009 at 22:21

  2. Con-tester, jy het al deur en deur bewys, dat jy nie verstaan wat in die Bybel aangaan en daarom is dit wat jy hierbo skryf ‘n klomp choll.

    Hans Matthysen

    March 14, 2009 at 22:14

  3. Con-tester, jy het al deur en deur bewys, dat jy nie verstaan wat in die Bybel aangaan nie, dus is dit wat jy hierbo skryf ook maar ‘n klomp choll.

    Hans Matthysen

    March 14, 2009 at 22:11

  4. Die bybel wys vir ons dat moord nie goed of aanvaarbaar is nie? Rerig? Hans Matthysen, gaan lees weer ’n keer jou heilige boek en maak jou toegedrukte oë oop vir wat jou god in die wêreld verrig. Jou god vermoor dan aanhoudend sy eie skepsels en dalk ook selfs sy eie seun.

    Con-Tester

    March 5, 2009 at 23:44

  5. Nathan, julle is maar lekker dom as julle nie die verskill kan sien, tussen mense wat net goed wil wees deur hulle geloof in God en ekstremiste wat hul geloof misbruik om ongoddelike dade te regverdig.
    Christenne vertrap ook seker diewe en moordenaars se regte omdat die Bybel vir ons wys, dat dit nie goed of aanvaarbaar is nie.
    Julle het sekerlik nie bewys van God se bestaan omdat julle natuurlike dinge bedink. Julle insig is dus beperk en dus nie iets om oor te roem nie. Derhalwe het ek ook ‘n lekker Afrikaanse woord vir julle uitgedink, ja, julle is Adiote.
    Lees tog weer Openb. 7 weer sorgvuldig, want daar is nie net 144,000, wat in die Koninkryk sal ingaan. Julle het so baie te sê, oor die Bybel en die Christelike geloof, tog bewys julle weer, dat julle nie werklik weet waaroor dit gaan.

    Hans Matthysen

    March 5, 2009 at 21:19

  6. It’s like leaving the Borg. They’re all of ’em, 100 of 44000 or such. Yet paradise is at 7 of 9, to be sure, to be sure.

    Nathan Bond

    November 13, 2008 at 17:17

  7. To emphasise your point, one only needs to consider the terror with which those at the very outermost edge of the concentric circles regard actually LEAVING the circle.
    Something is extremely rotten when people with a vague, casual semi-belief in something DARE NOT say publicly that they have changed to not believing it.

    bewilderbeast

    November 12, 2008 at 23:47


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: