Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Om oor “God” te dink

with 44 comments

Hoe dink ‘n mens oor “God”?

Ek praat van Oom Koos van Parow-Oos en Tant Gail van Vanderbijl se “God”. Ek praat van die “God” wat in kerke Sondae aanbid word. Ek praat nie van “God” as die goeie, mooie, skone; verhewe in die lewe in die algemeen nie. (Dís in elk geval nie “God” nie; dis die goeie, mooie, skone; verhewe in die lewe in die algemeen.)

‘n Geleerde koerantman sê vir my: “Die eis vir ‘n bewys van God se bestaan is irrasioneel.”

‘n Geleerde predikant sê vir my: “Ek beskou God naamlik as die ‘ultimate reality’ en ook as die ‘most profound aspect of reality’. Ek glo dit nie omdat ek dit wil glo nie. Ek glo dit maar net. Ek dink ook nie jy glo dit nie omdat jy dit nie wil glo nie. Ek dink jy glo dit maar net nie.”

‘n Gespreksgenoot sê vir my : “… ek weet dat ek nie weet nie, omdat ek weet dat ek nie kan weet om dit wat ek nie weet nie te weet. Daarom weet ek dat ek nie hoef te weet hoekom ek nie kan weet waarom ek nie dit kan weet waarvan ek nie weet nie. En tog weet ek dat dit wat ek weet ek nie kan weet nie, nie is omdat ek nie kan weet nie, maar gewoon omdat ek nie weet nie.”

Nou hóé moet ek nou oor “God” dink as dit irrasioneel is om bewyse te wil hê oor sy bestaan?

Hóé moet ek oor “God” dink as ek maar net moet glo? As ek nie eens die keuse het om dit te wil glo of nie te wil glo nie?

Hóé moet ek oor “God” dink as ek “weet dat ek nie weet nie…”

Written by Nathan Bond

November 16, 2008 at 18:05

Posted in Religion must go!

44 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. DW, dit is verblydend om te verneem dat jy nou agter gekom het, dat ek anders glo as meeste sogenaamde Christenne.
    Kak, kan nogal die aarde vrugbaar maak, waarop ‘n saaier moet saai.
    1Kor. 15:31 Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.
    Christus kom elke dag opnuut, in my lewe.

    Hans Matthysen

    March 4, 2009 at 23:25

  2. Hans skryf:”
    ….nadat Christus (die waarheid) aan my verskyn het, ….DW, My naam is opgeteken in die boek van die lewe en elke lid in die gemeente (Kol. 1 v 24) is ‘n bladsy in daardie book.

    Hans
    Jou bliksem , hoe lekker het jy my gevang . Jy is toe al die tyd ‘n ateïs wat maak of jy ‘n Christen is .Want wat jy hierbo skryf is so belaglik nie eers Christene kan sulke kak uitdink nie .

    Foket – dis ‘n goeie een – die wederkoms het al plaasgevind- Jesus –het –aan –jou verkyn.

    Het GOD nog nie computers nie …. lol dis ‘n snaakse God.

    DW

    February 3, 2009 at 07:58

  3. Johannes, die aarde by my, volgens Mat. 13, is geskud (aarbewings) en daar was oorlog in my, nadat Christus (die waarheid) aan my verskyn het, op die wolke van getuies, Heb. 12 v 1 (ou vertaling). Ek het reeds uit die graf van ‘n dooie geloof (wag nog vir die lewe wat Christus is) opgestaan en bevind my nou in die Hemel (Heb. 3 v 1). Ek is ‘n deelgenoot van ‘n hemelse roeping.
    DW, My naam is opgeteken in die boek van die lewe en elke lid in die gemeente (Kol. 1 v 24) is ‘n bladsy in daardie book.

    Hans Matthysen

    February 3, 2009 at 00:12

  4. DW

    Die teendeel gaan natuurlik ook waar wees… ‘n klomp rooi… nee wit gesigte wanneer daai aardbewing sy eerste kraakgeluide maak. Veral die bykans 2biljoen christen kerkgangers wat na 21 Mei 2011 se aardbewing en gepaardgaande rapture steeds hulle kerke se do-it-yourself gospels aan die oorlewendes probeer verkoop.

    5 maande van ‘n diepe besef dat die klomp hoenners wat nou verkondig dat 21 Mei tot 21 Okt 2011 die laaste 153 dae gaan wees van die bestaan van hierdie bose generasie.

    Ek gun dit nie vir my grootste vyande nie dude, vir niemand nie…! Genadiglik sal diegene wat weggevoer is die lug in salig onbewus wees van hierdie aller verskriklike tragedie wat gedurende die laaste oordeel op aarde afspeel. Maar die grootste gemoedsrus wat enige uitverkorene van dag kan hê is dat die God(e) van die Bybel finaal ‘n einde aan alles gaan bring wanneer Hy in dieselfde asem die nuwe hemele en nuwe aarde gaan skep…!

    Ai die mens darem, hoe maklik het ons ons eersgeboortereg nie verruil vir die kortstondige genot van ‘n pot lensie sop nie…! Dis sad, oooooooooooooo soooooooooooooooo saaaaaaaaaaaaad!

    (Openb 22:1) En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.

    (Openb 22:2) In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.

    (Openb 22:3) En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien.

    (Openb 22:4) En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.

    (Openb 22:5) En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.

    (Openb 22:6) En hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur.

    (Openb 22:7) Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.

    Soms wens ek ek het die vermoeë om die perd se kop in die water te druk om hom te dwing om te drink…!

    DW daars maar net ‘n skrale nou net meer as 900dae oor dan behoort ons te weet waar Dawid die wortels begrawe het….!

    johannes coetzee

    November 27, 2008 at 18:45

  5. Hans skryf aan Johannes
    … Nouja, jy sal seker nog baie mense nog mislei, want mense glo makliker ‘n leun as wat hulle die waarheid glo.

    En dan ook aan my.

    …..Ek het al ook gewys, dat volgens die Bybel, is God nie ‘n mens ens.

    Ja wat Hans

    Ek is nie hier om jou te ” bekeer “ nie. Ek kan net spot met die kak waaraan julle glo. Weet jy wat , ek moet met rooi wange erken dat ek dit ook vir jare lank geglo het. ( nou nie die 2011 kak nie)

    Wel voordat ek op die “ashoop” is, hoop ek net dat jy uitverkies is want anders ou maat is al jou efforts verniet . Ek hoop maar net vir jou en Johannes se part dat die gotte julle nie vir ‘n ride gevat het nie. Gods julle beter hoop julle name is in die boek opgeskryf.

    Het julle twee narre al gedink hoe kak dit gaan wees om eendag saam met my op die ashoop te gaan sit ,… want dan gaan ek julle spot laat die kak spat.

    Johannes ek is baie bly dat jy die Bybel gebruik om by 2011 uit te kom. Want op die 22 Oktober 2011 gaan jy geen verskoning hê nie .

    O fok ou broer , vanaf Mei 2011 begin jou kak en dit gaan voortduur tot lank na 22 Oktober 2011. Jissis , daai moerse aardbewing in 2011 waarvan jy praat , ek wil jou gesig sien as hy nie kom nie . Gods , ja ,dis jou baby daai .

    DW

    November 27, 2008 at 12:17

  6. Johannes jy skryf

    DW van watter aap-familie stam jy af….?

    Wel , ons stam nie van ape of nie , ons is ape minus 1 of 2 % verskille.

    DW

    November 27, 2008 at 12:00

  7. DW, jy bly maar in die duister, al het ek so baie dinge al geskryf sodat jy kan weet, dat ek reeds deel is van die liggaam van Jesus Christus. Hoekom sal ek dan nog op Sy koms wag?
    Ek het al ook gewys, dat volgens die Bybel, is God nie ‘n mens ens. Dit wil voorkom asof jy nie dink, wat jy lees nie. Ek het nog hoop vir jou, ashoop.

    Hans Matthysen

    November 26, 2008 at 21:30

  8. Johannes, jy het nog nooit op ‘n enkele vraag geantwoord. As jy dink mense moet aanneem wat jy hulle vertel, dan sal jy beslis hulle vrae moet be-antwoord.
    Ek het ‘n geruime tyd gelede jou daarop gewys, dat die beweging waaraan jy verbind is, ‘n kerk is. Jy het dit ontken en nou praat jy van hierdie “ewige kerk”.
    Nouja, jy sal seker nog baie mense nog mislei, want mense glo makliker ‘n leun as wat hulle die waarheid glo.

    Hans Matthysen

    November 26, 2008 at 21:19

  9. DW

    Ek dubble check daagliks bru… daagliks!

    Dink jy ek sal my op harold camping of die kerke of enige ander wetenskaplike soos darwin of enige van daai dudes se ewe “akkurate wetenskaplike” aap-teologie verlaat….?

    Wat my verstom is dat hoogs intellegente dudes soos julle, jul deur ‘n aap-teologie om die bos laat lei…? Dit gaan my verstand te bowe.

    DW van watter aap-familie stam jy af….?

    Die Bybelse evidence is net besig om alhoemeer heen te wys na 21 Mei 2011 tot 21 Oktober 2011 as die “laaste dag”.

    Selfs die skepping “sug”…

    (Rom 8:22) Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

    johannes coetzee

    November 26, 2008 at 10:37

  10. Johannes skryf :”… en gaan op 21 Oktober 2011 ten einde loop wanneer die God(e) van die Bybel hierdie heelal met vuur gaan verteer en dit vernietig asof dit nooit bestaan het nie…..en …..NS Daai Handleiding wat jy dink so “fuctup” is, het nog baie verborgenhede in wat ons nou eers beter begin verstaan, maar eers na 21 Mei 2011 tot 21 Oktober 2011 sal diegene wat uiteindelik gered word nie meer deur ‘n spieël in ‘n raaisel sien nie, maar van aangesig tot aangesig…

    Gods Johannes ,wat gaan jy op die 22 de Oktober se?
    Jissis ek kry skaam namens jou al.

    Dit sal nogal komies wees om van jou te hoor wie kak gepraat het , JY of die Fuctup Manual !!

    Is jy seker jou sommetjies is reg? Wil jy nie weer gaan oor-uitwerk nie , net om dubbel te check , jy weet .

    DW

    November 25, 2008 at 14:58

  11. “Eerstens red Hy ‘n klomp werfetters wat nie verdien om te bly leef nie deur Self te betaal vir hulle sondeskuld (hoekom weet ek nie… dit moet jy maar vir Hom vra…!).”

    Fok, ek weet ook nie, maar blykbaar is dit omdat iemand sy vrugte gesteel het. Kan jy nou meer?!

    Dis niks minder as n kakstorie nie!

    rick

    Rick

    November 25, 2008 at 13:06

  12. DW

    Daai storie wat jy aanhaal dat daar ‘n hel gaan wees waarin diegene wat nie tot saligmaking uitverkies is nie vir ewig gaan brand maar nie gaan vrek nie is ‘n tipiese valse kerklering wat op vrees gebaseer is.

    As iemand wat nie tot saligmaking uitverkies is nie van die dag van die sondeval af tot vandag toe doodgegaan het is hy dood en sal hy nooit weet lewend word nie. Die Bybel is tog baie duidelik dat die loon van die sonde die dood is. Wanneer jy dood is is jy dood. ‘n Mens kan tog nie dooier as dood wees nie…? Die kerke dink dalk so… maar ons weet tog dat hulle nie die waarheid praat nie. Maar as jy hulle wil aanhou glo kan ek jou seker nie verhoed nie.

    Die Waarheid is dat diegene wat die groot aardbewing wat op 21 Mei 2011 met die wegraping gaan agterbly, sal of tydens hierdie aardbewing gedood word, of gedurende die laaste 5 maande wat daarop volg gedood word. Die “laaste dag” waarvan die Bybel praat strek oor ‘n periode van 153dae (5maande) en gaan op 21 Oktober 2011 ten einde loop wanneer die God(e) van die Bybel hierdie heelal met vuur gaan verteer en dit vernietig asof dit nooit bestaan het nie.

    Dan is die finale oordeel oor hierdie bose generasie finaal verby en sal daar nooit weer daaraan gedink word nie. Die laaste vyand wat vernietig gaan word is die ‘dood’….!

    Waar die kerke aan die vrees teologie kom dat die God(e) van die Bybel, die God van Abraham, die God van Isak, en die God van Jakob ‘n plek wat hulle noem die hel (waar diegene wat nie gered word nie vir ewig gepynig gaan word maar nooit “vrek” nie) gaan ‘instandhou’ is die grootste klomp kerk-crap ooit en is uit die hart van een of ander mens gebore wat hom deur die misleiding van die Bose laat mislei het. Wanneer die God(e) van die Bybel met hierdie bose geslag klaarmaak dude bly daar niks van hulle oor nie, nie eers ‘n gedagte van hulle of hulle bose werke nie….!

    Die barmhartigheid van die God(e) van die Bybel vind ons tweeledig. Eerstens red Hy ‘n klomp werfetters wat nie verdien om te bly leef nie deur Self te betaal vir hulle sondeskuld (hoekom weet ek nie… dit moet jy maar vir Hom vra…!). Tweedens daarna vernietig Hy die res saam met Sy grootste vyand, die groot misleier. Die een wat homself tans as die God van die Bybel voordoen en ‘n voorwerp van aanbidding in die kerke is, die Satan en Kie (edms)beperk…! Die een wat probeer om oor die mens se grootste vyand, naamlik die “dood” probeer beheer kry maar dit nooit sal kry nie want God gaan selfs die gedagte aan dood op 21 Oktober 2011 geheel en al vernietig.

    Baie sal dit na 21 Oktober 2011 glad nie eers agterkom nie, want as die gedagte aan die dood saam met diegene wat daaronder gely het vernietig word, vir ewig vernietig word…. wie sal dan kan weet?

    Dalk selfs nie eers die God(e) van die Bybel nie…!? Nou weet ek sommer wat jou volgende vraag gaan wees? Dit kan net een van twee vrae wees…!?

    Dis ‘n lekker raaiselagtige vraag om aan te kou terwyl jy teen die Waarheid baklei…!

    Lekka dag

    NS Daai Handleiding wat jy dink so “fuctup” is, het nog baie verborgenhede in wat ons nou eers beter begin verstaan, maar eers na 21 Mei 2011 tot 21 Oktober 2011 sal diegene wat uiteindelik gered word nie meer deur ‘n spieël in ‘n raaisel sien nie, maar van aangesig tot aangesig…

    (1Co 13:12) Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

    Die Bybel is maar net die spreekwoordelike “punt van die ysberg” bru…!

    johannes coetzee

    November 25, 2008 at 09:45

  13. Johannes

    Hierdie gotte van jou sukkel ek regtig om te verstaan. Een van die 3 gotte van jou wat 1 is maar die hoofnar in die pakkie is , gotte die ,god ,wat 3 is maar 1 is , befok tot sy eie(s) of is dit nou fokking haar ,mind you, en stuur vir Paulus om nog siele by die heiden te gaan soek — foking 15 jaar nadat Jesus hier op aarde gefokof het , hoekom het die klein cont nie sy werk voltooi nie en die nuwe boodskap vir Paulus gegee ???????.
    Foket wat is Paulus ander as Calvyn , Russel , Smith en White ? …..hys net nog ‘n kakprater soos die ander na hom .

    Ek dink die gotte is hardup , met Paulus se boodskap kon Esau se nageslag , even Kain se nageslag , die Amalekiete , die foking Egiptenare , die Gypsies en tot Robert Mugabe skielik in diehemel kom. Foket ek kan sien dat die gotte desperaat raak , hulle getalle is maar min …even vandag nog .

    Hoekom Jesus te slapgat was om almal uit te nooi ( behalwe die wat nie uitverkies is nie ) weet nugter alleen . Dalk het hy en Maria Magdalena te veel te veel gaan “vas” op die berg !!!!!

    Hoekom kon sy – die 3 fokking gotte wat 1 is , maar nie net gesê het :”

    Haai julle fokers daar onder op die aarde , julle wie se vanne met ‘n K , P , L , M, en ‘n Z begin , en julle dose wat na 1988 kerk toe gaan is nie uitverkies nie. Julle drolle gaan kak , vir altyd , in die hel saam met satan.

    Die res van julle wat nie krom neuse , of dik lippe het nie is almal uitverkies ,solank julle mekaar net nie in die hol bykom nie, julle is my skapies en ek is julle herder.

    Ja en julle fokers wat lappe om julle koppe draai gaan ook kak. Saam met die wat dink my eie seun , die 3 gotte Liewe Jesus wat ook 3 is maar 1 is ,is ‘n doos.

    Kyk kom ek vertel julle reguit , ek het op die dag , -die latere Gregoriaansekalender ( moet nie warrie as julle nie weet wat dit is nie want hierdie kalende het ek vir die eindtyd saamgestel sodat almal kan weet ek fok nie rond nie ) , op die dag – 13 666 jaar dae gelede het ek die aarde geskape en op die 11 Mei 2011 gaan ek vir satan en al die bg. drolle van die aarde wat nie uitverkies is nie , toesluit in die onblusbare vuur en hulle gaan vir ewig en ewig kak van die hitte . Ek gaan hulle stadig doodbrand (maar hulle gaan nie vrek nie)soos my latere getroue dienaar Calvyn die wat gedink het hy praat kak dood gebrand het.

    So sê ek wat ek is , ons 3 ladies wat 3 is maar 1 gotte is , is die waarheid , watch my julle dom dose.“

    Hoekom moet hierdie gotte altyd ‘n dubbelsinnige verborge wegkruipertjie game speel. Hoekom is haar handleiding so fuctup. ( jy sal dit ongelukkig eers na 21 Oktober 2011 agterkom)

    DW

    November 24, 2008 at 16:35

  14. Reality and Its Rivals: Putting Epistemology First.” A delightful and cogent defence of empiricism and philosophical naturalism. Would that more people paid attention, especially to the cautions against unwarranted inference from personal experience and inadequate evidence.

    Education and Wishful Thinking.” As much as 80% of people fail to make the final transition in cognitive ability, “effectively that to abstract thought, the one that is essential to understanding multi-parameter or multi-causal systems.” A scary statistic.

    Con-Tester

    November 24, 2008 at 13:01

  15. Jiohannes , jy is reg , jy kan hom nie ‘n “ou” noem nie , dalk is die foking god van jou ‘n sy of ‘n haar.

    Het jou god ‘n penis of vagina? Of het sy/haar al boobjobs gehad

    DW

    November 22, 2008 at 09:29

  16. Hans skryf ,
    Johannes, jy het nie ‘n koeken “clue”, hoe mens die Heilige Gees ontvang, want anders sou jy dit met Bybelverse gestaaf het…..Ons moet God met verstand dien en nie soos ‘n papagaai wat net herhaal wat gehoor is, of dit nou sin maak of nie.

    Nou ja hier het ons dit , fok Hans hoe kan jy ‘n ding aanbid/aanglo wat nie bestaan nie , nie gesien kan word nie , nie gehoor kan word nie , maar tog eendag weer gaan kom , en dan nogal met jou verstand dien

    Kak man , jy is foking mal.

    DW

    November 22, 2008 at 09:27

  17. DW

    Wie is die ou wat jy “God” noem?

    Dis die God wat ek nie durf waag ‘n “ou” noem nie.

    Die Een wat die Bybel geskrywe het, hoekom vra jy my vrae wat ek jou alreeds geantwoord het…?

    Ken jy die ou grappie van die ou wat so suksesvol was met die verkoop van Bybels, maar wat gehakkel het…?

    johannes coetzee

    November 21, 2008 at 14:46

  18. Jissis Johannes

    Wie is die foking ou wat jy “God ” noem.
    Van watter foking god praat jy?
    Het jou Bybelse “God” dan nie ‘n donnerse naam nie?
    Hoekom noem jy die kont nie op sy naam nie?

    Mag die Tokolosie jou genadig wees.

    DW

    November 21, 2008 at 13:33

  19. Hans

    Ons verskil van mekaar en beide van ons is deeglik bewus daarvan. Totdat ek of jy of beide van ons tot ‘n ander oortuiging kom gaan enige gesprek tussen ons vrugteloos en ‘n mors van tyd wees.

    Kom ons aanvaar dit so respekteer mekaar se standpunte todat een van ons die “lig” sien.

    Vir solank jy jouself onder die gesag van enig kerkstruktuur bevind sal jy blootgestel bly aan die “krag van dwaling” wat deur die God(e) van die Bybel Self gestuur word.

    Tot dan toe gaan ek nie weer op enige van jou vrae of opmerkings reageer nie. Wanneer jy hopelik voor 21 Mei 2011 dalk agterkom dat die God van die Bybel wat die Ou en Nuwe Testamentiese kerkstrukture ingestel het, hulle ook afgebreek het en dat die kerk-era finaal vir ewig verby is, sal ek dalk weer meer sinvol met jou kan praat. Die kerk-era het amptelik op 21 Mei 1988 ten einde geloop… soos ‘n dief in die nag.

    God het begin om Sy laaste oes deur die monde van Sy “ewige kerk” (die bruid) in Sy koninkryk in te bring, steeds deur middel van Sy Woord (die Bybel), maar buite die afvallige institusie van die kerke en kerkstrukture (wat almal maar net besig is met hul eie do-it-yourself gospels).

    Mag God elkeen van ons genadig wees.

    johannes coetzee

    November 21, 2008 at 10:47

  20. Johannes, ek lees die vergesogte stories wat jy vir Nathan skryf en ek moet jou op die volgende wys; Migael en sy Engele, is niemand anders, as die een wat, soos Petrus en Paulus, maar vandag, oor die volk aangestel is. M.a.w. die leier van God se kerk, tesame met hulle (die Engele), wat soos in Moses se tyd, een oor tien aangestel is, en een oor ‘n honderd, en een oor ‘n duisend. Dit is die kerkstrukture wat God, deur Jesus Christus en Moses, gevestig het. Migael beteken “wie is soos God”. Dit is dus mense, wat ‘n goddelike lewe lei, wat as ‘n Migael en sy Engele aangestel word, oor die volk (lidmate aan die liggaam van Christus, wat die gemeente (church) is.

    Hans Matthysen

    November 20, 2008 at 21:05

  21. Johannes, jy het nie ‘n koeken “clue”, hoe mens die Heilige Gees ontvang, want anders sou jy dit met Bybelverse gestaaf het.
    Jy antwoord weereens ook nie die vrae, wat ek jou gevra het en jy gaan net aan op een trant, soos ‘n bandopnemer, om te herhaal, wat in jou brein vasgesteek het. Ons moet God met verstand dien en nie soos ‘n papagaai wat net herhaal wat gehoor is, of dit nou sin maak of nie.

    Hans Matthysen

    November 20, 2008 at 20:04

  22. Johannes

    Jou paragrawe hierbo is verseker verreweg die beste bydrae wat jy nog op hierdie blog gemaak het. As ek myself in jou skoene sit maak jy selfs sin.

    Maar…

    ‘n Bekende Bybelwetenskaplike sluit ‘n indrukwekkende artikel – Daniël en die meesterverhaal van die Christendom – so af: “Die boek Daniël pas geensins in by die meesterverhaal van die Westerse Christendom nie. Dit kan slegs deur middel van ’n totale herinterpretasie (eintlik ’n waninterpretasie) gedwing word om die meesterverhaal te ondersteun. ’n Mens moet van ’n apokaliptiese geskrif eers ’n profetiese geskrif maak. Voorts moet ’n mens die kodes wat die skrywer in sy teks geplaas het om lesers in die verstaan daarvan te begelei, totaal ignoreer. Deur die eeue het Christene dit wél gedoen, maar die wetenskaplike studie van die Bybel het ’n verandering gebring. Slegs Christene wat hierdie nuwere inligting ignoreer en ‘n fundamentalistiese Skrifbeskouing huldig, hang nog hierdie verouderde siening aan. Onder hulle tel natuurlik Hal Lindsey wat met sy boek The Late Great Planet Earth Christene op hol gejaag het met sy standpunt dat die wederkoms in 1988 gaan plaasvind — veertig jaar na die totstandkoming van die staat Israel.”

    Die boek Daniel voorspel nie die toekoms nie, Johannes.

    As jy naby ‘n universiteitsbiblioteek is, stel ek voor jy gaan lees Fundamentalism and Scholarship: The Case of Daniel, van Lester Grabbe, gepubliseer in Essays presented to Anthony Tyrrell Hanson for his seventieth birthday, edited by Barry P. Thomson, Hull University Press, 1987, 133-152.

    Ek vermoed jy sal Grabbe ‘n Skrifgeleerde of Fariseer noem. Dit is ‘n probleem. Want apologists, anders as scholars, ken die antwoord gewoonlik voordat die vraag nog gevra is.

    Nathan Bond

    November 20, 2008 at 18:57

  23. Nathan

    Alvorens ons tot enige gevolgtrekking of afleiding kan maak van wat ‘n bepaalde Skrifgedeelte beteken moet dit altyd teen die agtergrond van die res van die Skrif gelees word. As ons afleiding vanuit die Skrifgedeelte is dat Jesus nie weet wanneer die dag en die uur is nie beteken dit dat ons Jesus as God misken, en daarvoor is daar teveel Bybelse getuienis wat verklaar dat Jesus ook God is. Die Alfa en Omega, die Begin en die Einde… ens. ens. Vir Hom is alles dus soos ‘n oop boek, en leer hierdie Skrifgedeelte ons nie dat Jesus nie weet wanneer die dag en uur gaan wees nie. Die Skrifgedeelte moet ons dus iets anders leer… die vraag is dus wat leer dit ons?

    Die Skrifgedeelte moet daarom gelees word teen die agtergrond van ondermeer Skrifgedeelte soos Daniel 12:4 en 9 waarin aangetoon word dat hierdie eindtyd inligting wat in die Skrif geskrywe staan maar dat dit eers verstaan sal word wanneer die tyd van die einde aanbreek. Eers wanneer die tyd van die einde aanbreek sal baie die Bybel deursoek en sal kennis aangaande die tyd van die einde vermeerder. In die volheid van die tyd soos deur God vooraf bepaal sal Hy toelaat dat die mens dit wat nog altyd in die Skrif aangaande die tyd van die einde geskrywe staan beter verstaan.

    (Dan 12:4) “En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.”

    (Dan 12:9) “En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.”

    Vanuit ‘n deeglike studie van die hele Bybel het ons geleer dat dit nie alleen ‘n wetboek is waarin die wette waarvolgens God oor die mensdom regeer uiteengesit is nie, maar is ook ‘n boek waaruit die mensdom kan leer wat die tydlyn van geskiedenis behels. Ons lees in Prediker 8:5-7:

    “Hy wat die gebod onderhou, sal geen kwaad ondervind nie; en die hart van ‘n wyse sal die tyd en die regterlike beslissing belewe. Want vir elke ding is daar ‘n tyd en ‘n beslissing; want die boosheid van die mens druk swaar op hom. Want hy weet nie wat sal wees nie; want hoe dit sal wees—wie kan hom dit te kenne gee?”

    In hierdie teksverse is die frase regterlike beslissing en die woord beslissing sinoniem aan die woord wet. Daaruit leer ons dat die ware gelowige deur bestudering van die Bybel nie alleen meer van God se wette te wete kom nie, maar ook baie van God se tydlyn van die bestaan van hierdie aarde, te wete kan kom.
    Vir hierdie rede sal die ware gelowige baie te wete kom oor die tydlyn van geskiedenis, insluitende vele waarhede wat handel oor die tydsberekening van die einde van die wêreld. Vir diegene wat nie die Bybelse metode van Bybel interpretasie volg nie sal Christus egter wel soos ‘n dief in die nag kom. In ’n oogwink sal hulle deur die besef oorweldig word dat dit te laat is, en dat die einde van die wêreld aangebreek het. Geen verdere genade of barmhartigheid of redding is dan meer vir die ongeredde meer moontlik nie. Hiervan lees ons asvolg in I Thessalonicense 5:2-6:

    “…want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag. Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie. Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie. Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie. Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.”

    En ons lees in Openbaring 3:3:

    “Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie.”

    In hierdie teksverse leer God ons dat diegene wat die Bybel lees in twee groepe verdeel word. Daar is diegene wat tevrede is met hoe hulle die Bybel huidiglik verstaan vanuit hul verhouding met God. Hulle aanvaar dat die einde van die wêreld een of ander dag gaan aanbreek en dat die tydtafel aangaande die laaste dag aan God alleen bekend is. Hulle is daarom oortuig dat die mensdom hom nie daaroor behoort te kwel nie. Vir hulle sal die dag inderdaad soos ’n dief in die nag aanbreek. Sy koms gaan vir diegene wat só dink egter hul vernietiging beteken. Hoe hartverskeurend is dit nie!

    Aan die anderkant sal daar diegene wees wat tot die besef gekom het dat God baie inligting aangaande die tydlyn van geskiedenis in die Bybel verskuil het. Hulle sou daarom baie vanuit die Bybel geleer het aangaande die tydlyn vanaf die skepping van hierdie wêreld asook ’n groot hoeveelheid ander gebeurtenisse wat in die Bybel aangeteken is. Daarmee saam sou hulle baie geleer het oor die presiese tydtafel van die einde van die wêreld. Vir hulle gaan die tyd van die einde van hierdie wêreld nie onverwags kom nie.

    Vanwee die kerke en kerkstrukture se eiewaan en hooghartigheid (soos dit ook die geval met die skrifgeleerdes en wetsgeleerdes in die dae van Jesus se eerste koms die geval was) sal diegene wat hulself nog onder die gesag van ‘n kerkstruktuur bevind krampagtig vasklou aan die lering dat die dag en uur soos ‘n dief sal kom. Ja vir diegene wat hulle trust in hulle pastoor, dominee, rabbi predikant (what ever jy hulle ookal wil noem) wat steeds verkondig dat die dag soos ‘n dief sal kom, sal dit wel die geval wees.

    95% plus christene lees ongelukkig nie self die Bybel nie (hulle waak en bid dus nie). Terwyl die Bybel ons leer dat die dag en uur wel in die volheid van die tyd bekend sal word sal diegene wat hardnekkig vasklou aan die valse leringe van kerke sal hulle nie glo dat God die dag en uur in die Skrif verborge gehou het nie.

    Ons lotjie kan ook nie daarop roem dat ons sulke hoog geleerdes is nie, in teendeel my ervaring is dat dit maar doodgewone ouens en vrouens is wat for some reason begin Bybel lees het en toe begin agterkom het dat hierdie waarhede al die tyd in die Skrif geskrywe staan. Dit wat met die eerste koms van die Messias gebeur het naamlik dat die eenvoudiges (soos die skaapherders..) dit eerste gehoor het…! En toe daarna die wyse manne… die skrifgeleerdes en wetsgeleerdes het die bus gemis soos jy seker bewus is…!

    Dit wil voorkom of hulle (die skrifgeleerdes en wetsgeleerdes van ons dag nou bykans 2 biljoen christene in kerke met hulle vormgodsdiens at ransom hou sonder dat hulle gemeentelede dit agterkom) die bus weer gaan mis, dis nou as ek die Skrif reg lees…?

    johannes coetzee

    November 20, 2008 at 16:13

  24. Met al jou teksversies, Johannes, wonder ek of jy my dié een kan verklaar: “As for that day or hour, nobody knows a thing; not even the angels in heaven, nor the Son, except only the Father.” (Mark 13:32)

    Hoe weet julle lotjie dat dit 2011 gaan wees? Nie eers die Spook of Jesus weet nie, net Jy-Weet-Wie, en dié bliksem praat nie.

    Nathan Bond

    November 20, 2008 at 13:44

  25. Johannes

    As jy enigsins verstand het sal jy kan sien jou ” God “ niks meer as ‘n TOKOLOSIE god is nie .
    Hierdie kont van “‘n god” van jou is ‘n opperste doos.

    Party mense kan kak aanjaag want god het hulle uitgekies , maar ander mense wat nie deur die doos god van jou uitverkies is nie en hard en graag probeer of “god” te dien, maar hulle is nie uitverkies nie daarom gaan hulle vir ewig kak.

    As dit enigsins ‘n regverdige “god” is is is wensdenkery , dit seker daarom die aarde plat is soos die bybel en jou god dink.Die foking gotte van jou heeltemal bossie.

    Dis wat jou Bible Belt Amerikaanse ass-holes se:
    The Non-Elect Who Die Before the Day of Judgment

    A great many people, before the beginning of time, were not elected by God to become saved. Only God knows who they are. They live in this world for a period of time, and then they die. They die without realizing that their death was a shameful execution in the eyes of God and in the eyes of the heavenly principalities and powers. Each time they sinned, they shamed God and brought themselves further under the curse of God.
    Moreover, when they died, they may have had some sorrow that they could no longer enjoy the good things of this world. However, if they died in an accident or in their sleep, they did not even experience their loss. They did not realize that their death meant that it was absolutely impossible that they would ever receive the magnificent inheritance that could have been theirs because they were created to be sons of God.

    Wel jou radiostasie verkondig dieselfde kak (natuurlik kom dit uit die bybel) as wat die foking kerke moet verkondig .

    Jy sien wat die kerk sê en wat die radiostasie sê , is dieselfde kak en dieselfde sous.

    Hier is voorbeeld van die selfde kak wat jou radiostasie se en wat die Kerke se. Tot die foking sous is dieselfde.
    (Vir jou gerief het ek die tekste ook gepaste )

    DIE EWIGE VERKIESING VAN GOD
    Ons glo dat God, toe die hele geslag van Adam deur die sonde van die eerste mens in die verderf en ondergang gestort is,

    Hom betoon het soos Hy is, naamlik barmhartig en regverdig.

    God is barmhartig, aangesien Hy dié wat Hy uitverkies het, uit hierdie verderf trek en verlos; God het hulle, uit louter goedheid en sonder om hulle werke in die minste in aanmerking te neem, in sy ewige en onveranderlike raad uitverkies in Jesus Christus, ons Here. God is regverdig deurdat Hy die ander in hulle val en verderf laat bly waarin hulle hulleself gewerp het.

    Rom. 3:12; 9:16; Deut. 32:8; 1 Sam. 12:22; Ps. 65:5; Mal. 1:2; 2 Tim. 1:9; Rom. 9:29; Tit. 3:4-5; Ef. 1:4-5; Rom. 11:5; Hand. 2:47; 13:48; 2 Tim. 2:20; Rom. 9:11; 1 Pet. 1:2; Rom. 9:21; Joh. 6:27, 44; 17:9,12; Joh. 13:9; 15:16; Rom. 11:34-35; Joh. 18:20; 15:19; Tit. 1:1; Ef. 1:3; Joh. 10:29; Matt. 15:24; 20:23.

    Weet jy wat ou Johannes , ek wens regtig dat daai foking god –gotte – van jou regtig IS , want by die judgement day wil ek vir die foking gotte van julle Christene aankla van diskriminasie en hulle in die foking HEL vir ewig opsluit .

    DW

    November 19, 2008 at 13:41

  26. Nee jou foking moer

    Praat daai radiostasie dan van jou kak

    DW

    November 19, 2008 at 13:01

  27. DW

    Hier die verdere links waarin die “probable” uitgehaal is. Die Time Has an End is net om vir jou ‘n goeie basis te gee(ja ja ek weet die Bybel is die enigste basis…).

    http://www.familyradio.com/graphical/literature/waat/waat_temp.html

    http://www.familyradio.com/graphical/literature/glory/glory.pdf

    Die boodskap is besig om soos ‘n veldbrand te loop bru…. wilder as ‘n wild fire.

    johannes coetzee

    November 19, 2008 at 10:39

  28. Johannes

    Ek het baie kak nuus vir jou .

    Daai link wat jy met so baie selfvertroue paste praat van PROBABLE END OF THE WORLD en nie van DEFINITE END of WORLD.

    So ou dude , tsv al die kak wat jy hier gepaste het is jou eie Radio Kerk ook onseker .

    gaan kyk maar na die tydlyn en laat my weet wat beteken PROBABLE

    DW

    November 18, 2008 at 19:05

  29. Nathan dis daai “of kán jy nie!?” wat my laat wonder

    As jy nie tyd vir sy kak het nie sal jy ooki tyd hê vir myne nie.

    Dan sal jy maar “stukkie vir stukkie” moet leer soos en wanneer ek comment op die twak wat jy kwytraak.

    Ons het net een ding waaroor ons saamstem en dit is dat alle godsdiens se dae getel is…! Oor die res van dit waaroor ons met mekaar verskil sal geen kort paragraaf of twee enige verskil maak nie.

    Ek geniet jou “blog” net vir een rede… omdat ons so hemels breed verskil. En omdat ek weet waar ek met julle staan. Wanneer jou leser twee totaal opponerende standpunte lees moet ons maar wag en kyk om te sien wie waarheid en wie twak beet het.

    Intussen kan jy maar die langpad vat…. dit terwyl alles mooi netjies vir jou in die Bybel opgesom is.

    (Joh 21:25) En daar is nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het; maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie. Amen.

    Miskien moet jy maar eers gaan tydsmors op al die boeke wat die wêreld jou bied, in ‘n poging om die kaf van die koring te skei. Net om dalk kortvoor 21 Mei 2011 te ontdek dat alles vir jou mooi netjies in ‘n 500 bladsy boek opgesom was.

    Die Bybel is natuurlik die beste Boek waarop jy jou tyd kan mors…!

    Maar daaroor verskil ons soos jyself weet sonder dat ons ons tydmors met ‘n tipiese Hans vs Daan tydmors beating around the bush debatte.

    My uitnodiging staan steeds, ek sal dit vir jou stukkie vir stukkie in afrikaans vertaal en deurstuur….as jy wil!

    Maak ooooooop die bêkkie… daar kom die vliegtuigie… ooooop met die bêkkie….woerts in is hy…! *

    *My ma het my toe ek klein was so gevoer….! En ek het my kinners ook so gevoer…! Veral omdat sy geweet het ek het die kos nodig, en ek as baba geensins gedink het ek kos nodig het nie.

    johannes coetzee

    November 18, 2008 at 12:07

  30. Johannes

    Dink jy nou wragtag ek gaan deur 500 bladsye beur met hoofstukke soos: Evolution’s Absurdities; The Bible Reveals the Complete Truth; Only God Can Convince You; Prophecies Given and Fulfilled!?

    Ek het nie tyd vir Harold se kak nie! Vertel my in ‘n paragraaf of twee hoekom 2011! Of kán jy nie!?

    Nathan Bond

    November 18, 2008 at 11:07

  31. Nathan

    http://www.timehasanend.org

    Sit dit pragtig volledig uiteen. Beter as wat ek kan doen. As jy nie engels verstaan nie sal ek dit vir jou hoofstuk vir hoofstuk in afrikaans vertaal… en dan e-mail…!

    Daar is 38 wereldtale waaruit jy kan kies waarin ek dit vir jou kan stuur ook.

    johannes coetzee

    November 18, 2008 at 10:25

  32. Hans

    Diegene wat deur God in Gees en in Waarheid ‘n splinternuwe gees(of siel) by wedergeboorte gegee word, ontvang die Heilige Gees wat in die hart van die uitverkorene inwoon (tabernakel) en ontvang dus die geloof “van” Christus.

    Geloof (van Christus) kom deur gehoor (geestelike ore) , en gehoor deur die Woord van God. Die baie waarvan jy praat wat hoor maar nie hoor nie, en sien maar nie sien nie was in die dae van Jesus diegene wat in beheer van die Ou Testamentiese kerk (singagoge) instellings wat deur God opgerig en daargestel was. Vandag is die skoen aan die voet van die Nuwe Testamentiese kerke en kerkstrukture. Dis die meerderheid christene wat hulself onder die gesag van een of ander kerkstruktuur bevind wat nie kan hoor of sien nie. Dit oor hulle (wat hulle vertroue in hul kerke sit en nie die Bybel lees nie) oor wie die dag soos ‘n dief op 21 Mei 2011 gaan kom….!

    Diegene wat die kerkinstellings vandag beheer en bestuur is netso blind soos diegene wat die kerkinstellings in die dae van Jesus gerun het. Dis hulle van wie Jesus deurlopend uitgewys het as die addergeslag. Vandag is diegene wat in beheer is van die kerke en kerkstrukture niemand anders as die ‘addergeslag’ nie.

    (2Co 11:14) En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.

    (2Co 11:15) Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.

    Hans God het die kerke en kerkstrukture aan die Satan oorgegee. Die Satan is vandag ‘n voorwerp van aanbidding en wel ooreenkomstig dit wat 2 Thess 2 deur God geprofeteer word.

    Selfs diegene (ouens soos DW) wat niks met die Bybel uit te waai het nie kom dit agter….!

    Vlug bru vlug… berge toe! Jerusalem is omsingel… die Filistyne is op julle (kerkgangers)…!

    Jerusalem (die kerke en kerkstrukture) wat vir bykans 2000 die plek van aanbidding was, is nou niks anders as ‘n hoer nie. Openbaring 17 en 18 beskryf haar as die “moeder van die hoere” … die mystery Babilon.

    johannes coetzee

    November 18, 2008 at 10:19

  33. Johannes

    Jy het ook nog nie mý vraag beantwoord nie: Hoe kom jy op 2011 uit? Watter Bybelverse is verkrag in die proses?

    Nathan Bond

    November 18, 2008 at 10:04

  34. DW watter vraag van jou het ek nie geantwoord nie…?

    johannes coetzee

    November 18, 2008 at 08:54

  35. En jy, Hans Matthysen, laat my dink aan ’n ou wat dink hy’t ’n geslypte diamant beet maar wat nie kan raaksien nie dat dit nou eintlik sommer ’n ou stuk glas is.

    Con-Tester

    November 18, 2008 at 08:11

  36. Nathan, geloof, in God, kom deur die gehoor en wat een hoor, kom deur die gepredikte woord. Tog is daar baie wat hoor, en tog nie hoor nie en sien, en tog nie sien nie. Wat ek hoor en wat ek sien, is oorgenoeg bewys, van God se bestaan.

    Con-tester, jy laat my dink aan ‘n man, wat ‘n ongeslypte diamant optel en dit weer wegsmyt, omdat hy nie die waarde daarvan kan sien nie.

    Bewilderbeast, as jy Openb. 7 v 9 lees, dan sal jy sien, dat dit nie net 144 000 gaan wees, wat gered word nie.

    Hans Matthysen

    November 17, 2008 at 22:09

  37. DW, Johannes, is nie in staat om vrae te beantwoord.

    Johannes, as ek na 1 Th 5 v 2 gaan kyk, blyk dit, dat ons, wat nie die tye en geleenthede, van die dag van die Here, ken, nie die ouens gaan wees, wat sê; Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou. Dit wil voorkom asof julle, wat kastig weet, vrede en veiligheid vir julleself toe-eien, ‘n probleem gaan hê, omdat julle nie besef, dit kom soos ‘n dief in die nag.
    Jy meld ook Gal. 2 v 16 en nou vra ek jou ‘n vraag, wat jy al weer nie sal antwoord nie; wanneer het jy ‘n mate, van die gawe van Christus ontvang (Efes. 4 v 7), sodat jy geloof van Christus kan hê?
    Geloof sonder werke is dood (Jak. 2 v 20), so, watse werke het jy?

    Hans Matthysen

    November 17, 2008 at 21:45

  38. Johannes

    Hoekom antwoord jy gee vrae nie?

    DW

    November 17, 2008 at 17:47

  39. Ou Bees

    (Rom 9:15) For he saith to Moses, I will have mercy on whom I will have mercy, and I will have compassion on whom I will have compassion.

    johannes coetzee

    November 17, 2008 at 16:38

  40. So, johannes coetzee, one can think oneself into a stupor and then it’s OK. Because “God” is thinking about 6 600 000 000 people AND YOU? And what? Deciding who the lucky 144 000 will be?
    You should try and remember that talking shit is reserved by some people (I think the logical, sane people) for fun, and not for coercing people to do your bidding.

    bewilderbeast

    November 17, 2008 at 14:55

  41. Nathan

    Ek dink jy dink meer oor God as die 95%+ christene wat hulself nog onder die gesag van ‘n kerkstruktuur bevind.

    Hierdie ouens (kerk-christene) leef in die valse gevoel van vrede. Op hulle is die volgende woorde veral van toepassing

    (1Th 5:3) Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.

    Come to think about it. Diegene wat so baie teen of met die (bestaan van die) God(e) van die Bybel baklei moet nogal baie oor God “dink”….

    Ek moet erken dis vir my meer sinvol om met ouens soos DW gesprek te voer as om met ouens soos Dweperige Daan gesprek te voer. ‘n Ou soos Daan beroep hom op die naam van Christus terwyl sy optrede nie daarvan getuig nie.

    Daar teenoor hou ou DW geen gryntjie van dweperigheid voor nie en weet ‘n mens waar ‘n mens met hom staan.

    Ek dink byvoorbeeld dat DW meer oor die bestaan van God dink as Dweperige Daan. Dweperige Daan mag dalk voorgee dat hy baie aan God dink, maar dit bly net by dink…! Dalk dink DW so oor God omdat Daan so oor God dink..? Of dalk dink Daan oor God omdat DW nie so oor God dink nie..?

    Die vraag is “om oor “God” te dink”

    DW weet hy dink.
    Daan dink hy weet.
    Nathan weet nie dat hy dink nie,
    maar omdat hy ‘n dubbele agent is dink hy nie dat hy weet nie.

    Hou dus aan dink aan “God” totdat jy weet dat jy weet dat jy dink aan “God”…!

    As God egter aan jou dink sal jy eers begin dink dat Hy aan jou dink, daarna sal jy begin dink dat jy weet dat Hy aan jou dink, daarna sal jy weet dat jy weet dat Hy aan jou dink….!

    Ja… en dan sal jy oor God dink sonder dat jy dink jy weet dat jy aan Hom dink…!

    Not by the faith “in” Christ but by the faith “of” Christ.

    (Gal 2:16) Knowing that a man is not justified by the works of the law, but by the faith of Jesus Christ, even we have believed in Jesus Christ, that we might be justified by the faith of Christ, and not by the works of the law: for by the works of the law shall no flesh be justified.

    johannes coetzee

    November 17, 2008 at 09:58

  42. “Just believe!” – Desmond Tutu.

    Whatever issues from the lips or pen of a believer is incongruous in the view of the unbeliever, and vice versa. Even a lapsed believer, an apostate such as I, has a really hard time with the idea that a believer cannot entertain doubts or can suppress them completely. I’m not sure that there ever can be a reconciliation before there’s some kind of regulatory mechanism to prevent this shit being taught to children until they reach the age of consent. Either that, or a mandatory equal weight exposure to all the world’s major religions.

    Con-Tester

    November 16, 2008 at 22:46

  43. Nee, ek kan werklik net lag vir Gespreksgenoot. Ek dink nie die stelling ís verstaanbaar nie. In elk geval nie vir mý nie. Maar die ander twee stellings is net so laf, al is dit dalk meer verstaanbaar.

    Nathan Bond

    November 16, 2008 at 21:50

  44. Kan Gespreksgenoot se stelling dalk omgesit word in ‘n visuele vorm soos ‘n grafiek of iets? Sulke hoë grammatika pas nie in my klein kop nie.

    Sadrok

    November 16, 2008 at 21:21


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: