Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Wáá’s die wáter!?

with 58 comments

Die “Skepping“, die “Sondvloed” en die “Kerk”

Die nuusredakteur van die Kerkbode betoog in By dat die NG Kerk standpunt moet inneem oor die “Skepping” en die “Sondvloed“. ‘n Formidabele vrydenker blyk dié nuusredakteur te wees!

Dat daar oor ‘n “Skepping” gedink kan word in die tweede helfte van die eerste dekade van die 21ste eeu gaan die verstand te bowe. Amerikaanse howe, wat waarskynlik die deeglikste formele argumente hieroor aangehoor het, sê dat “Kreasionisme” snert is: Epperson v. Arkansas (1968); McClean v. Arkansas (1981); Segraves v. California (1981); Edwards v. Aguillard (1987); Webster v. New Lenox (1990); Peloza v. Capistrano (1994); Freiler v. Tangipahoa (1999); LeVake v. Independent School District (2001); Kitzmiller v. Dover Area School District (2005).

Maar die “nuusredakteur” het dit oor die “Sondvloed”, as voorbeeld, veronderstel ek, in sy By-artikel.

Daar was nie ‘n “Sondvloed” nie. Want wáá’s die wáter?

Die radius van die aarde is ongeveer 6,370km. Die aarde se volume is dus maklik berekenbaar: 1,082,696,932,000km3. Everest, die hoogste piek, is ongeveer 8.8km hoog en die aarde se volume by Everest se hoogte is 1,087,190,293,000km3. ‘n Eenvoudige aftreksom toon aan dat daar ongeveer 4,493,361,000km3 water moes wees om die aarde te kon bedek. Daar is egter slegs 1,300,000,000km3 water op aarde. Dis ‘n geslote sisteem. Waarvandaan het die vloedwater gekom? Wat het van die ekstra 3,193,361,000km3 water geword? Wáá’s die water?

Spul kak. Die “Skepping” en die “Sondvloed”. Dis hartseer dat daar nog in die tweede helfte van die eerste dekade van die 21ste eeu voorgestel moet word dat ‘n organisasie standpunt moet inneem oor dié sake. Hártseer. En fôkkin embarrassing.

Maar helaas, ‘n “Christen” kan al die ongemaklike, lagwekkende aspekte van geloof in “God” wegkerf, maar ‘n “Christen” moet die opstanding uit die dood van ene “Christus” as feit aanvaar of dis neusie verby – game over. En dié belaglikheid – die “Opstanding” is onsinnige snert. “Christene” is onnosel. Punt. En wat die onnoselheid so érg maak is dat “Christene” kiés om onnosel te wees! Selfs uiters intelligente “Christene” is onnosel omdat hulle kiés om onnosel te wees. Hiérvoor is géén verskoning nie!

O, ek het vergeet om te sê: Om 4,493,361,000km3 water in 40 dae bymekaar te kry moes dit 220 méter gereën het elke dag. Nogals redelike swaar neerslae. Hier waar ek woon reën dit ‘n milimeter en dan’s dit nuus…

Ek wonder hoe Noag se houtskuit hierdie “brandslang wateraanslag” oorleef het. Dit sou wees soos om ‘n brandslang op ‘n rubber eendjie in die bad los te laat.

Written by Nathan Bond

November 29, 2008 at 13:09

Posted in Religion must go!

58 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Daan

    Ek wens jou ‘n héérlike vakansie toe!

    Baie dankie vir al jou bydraes en as jy deesdae meer lees en meer lag is ek ‘n taamlik vervulde b(l)ogger!

    Nathan Bond

    December 13, 2008 at 07:39

  2. Baie dankie, Con.

    Daan Van der Merwe

    December 13, 2008 at 07:23

  3. Die ou wie op God vertrou het maar nogtans verdrink het nadat St Peter vir hom ‘n 4 X 4, ‘n motorboot en ‘n chopper getsuur het.🙂

    Daan Van der Merwe

    December 13, 2008 at 07:22

  4. Daan

    Koos van der Merwe? Nee, vertel!

    Rick

    December 12, 2008 at 15:25

  5. En van my kant, dankie ook Daan en beste wense vir jou en jou familie. Mag die vakansietyd vir julle almal lekker rustig wees.

    Man, maar hierdie jaar het gevlieg!

    Con-Tester

    December 12, 2008 at 08:23

  6. Rick!

    Baie dankie. Nee, ek vertrou op God en my .38 special ry saam. (Jy onthou mos die storie van Koos Van der Merwe wie verdrink het.)🙂

    Daan Van der Merwe

    December 12, 2008 at 08:00

  7. Daan

    Dankie. Geniet jou vakansie ook. Wees veilig waar jy gaan. Neem die nodige voorsorg en moenie jou veiligheid in god se hande oorlaat nie. Ek het maar min vertroue in hom! Maar dit weet jy al teen die tyd, ne?

    Mooi wense!

    Rick

    Rick

    December 12, 2008 at 04:38

  8. Nathan! More.

    My kantoor sluit more en ek weet nie hoe gereeld ek die vakansie by my laptop gaan uitkom nie.

    Ek wil jou graag bedank vir die blog en die geleentheid om my menings te pos. Ek het die meeste van jou artikels baie geniet en dit het my baie laat dink. Dit het my ook gestimuleer om wyd te lees oor verskillende onderwerpe.

    Jy het my baie kere lekker laat lag. (soos “Jesus ben Capenter” en “Adam en Eva se vrugtestelery”.) As ek van Angus praat, verwys ek deurentyd na hom as “die moerboer”.

    Aan jou en al julle manne, Rick, Hans, DW (more DW!!!), Johannes, Bewilderbeast, and last but not (certainly not) the least, Con, ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar.

    Daan Van der Merwe

    December 11, 2008 at 08:25

  9. Johannes skryf :”Ons het baie Family Radio luisteraars in die kaapstad omgewing.”

    Gods! Jy bedoel seker WARE CHRISTENE.

    DW

    December 11, 2008 at 07:34

  10. So by the way… ek besoek moontlik Kaapstad deur die loop van Desember. As jy dalk daai steak (en what eva wyn …) voor 2011 wil geniet, laatweet gerus? Ons het baie Family Radio luisteraars in die kaapstad omgewing.

    Los maar ‘n message met jou kontakbesonderhede op my e-mail adres. Dan kan jy sommer sien hoe lyk en operate ‘n ware “Bybelterroris”… sonder kerklidmaatskap…haha

    johannes coetzee

    December 10, 2008 at 12:16

  11. Nathan

    Oor godsdiens kan ek nie meer met jou saamstem nie en het jy in my meer as net ‘n “kampvegter”…! Maar wanneer dit by die Bybel kom staan ons lynreg teenoor mekaar…. en sal ek verkies om ‘n terroris te bly! ‘n “terroris” is putting it mildly… dude!

    Oral waar ek toegelaat word om ‘n dinamietkêrs of ‘n detonator of ‘n stukkie lont kan plant (enige stukkie van die Woord soos in die Bybel vervat) sal ek hom plant….!

    En dan sal ek maar wag totdat die Een wat eintlik die knoppies druk, die eerste knoppie op 21 Mei 2011 en die finale knoppie op 21 Oktober 2011 gaan druk … die Big Bang 2 (as ek die darwiniete se eie woorde mag gebruik…)

    Jou hoë agting vir die Bybel verbly my…. dit klink amper vir my of jou agting vir die Bybel meer is as die agting wat deursnee kerkganger onder die christendom het, vir die Bybel.

    Tot 2009… DV*

    *(dit het natuurliks niks temake met DW nie… haha)

    johannes coetzee

    December 10, 2008 at 12:04

  12. Nathan

    Ek waardeer jou respek vir en beskouing van die Bybel.

    Soos jy sê, die Bybel kan histories en wetenskaplik nie as onfeibaar geag word nie.

    Ek moet verder eerlik sê dat ek tot nou toe nooit aan die geskiedenis van Kain en Abel, Noag en andere, gedink het as deel van Hebreeuse mitologie, soos Noorse, Griekse en Romeinse mitologie nie.

    Ek dink dis moerse opwindend! Comme nous dissons on Francaise: “Je suis car je pense.”

    Daan Van der Merwe

    December 10, 2008 at 11:50

  13. Johannes

    Ek het in Januarie 2003 die pen teen die godsdiens opgeneem. My eerste skrywe was in Die Burger:

    Wie die Bybel as die onfeilbare Woord van God lees moet noodwendig ook aanvaar dat die aarde plat is (Gen. 11:4; Dan. 4:7-8; Mat. 4:8); dat die waarde van Pi presies 3 is (1Kon. 7:23); dat die aarde en lewe op die aarde in ses dae gepraatskep is; dat mense dekades lank in ‘n andersins onbevolkte gebied kan rondtrek sonder om ‘n enkele spoor na te laat.

    Die Bybelbrigade kan hulle ook verlekker in interessante vervoermiddels wat Harry Potter na sy asem sal laat snak: ‘n Vis en ‘n vlieënde perdekar met straalenjins (2 Kon. 2:11). My gunsteling Bybelwa is egter Farao se strydwaens wat Moses agterna gesit het – daardie waens wat deur die dooie perde getrek is (Eks. 9:6).

    Ek wonder of Mulder en Scully (X-Files) ‘n pratende donkie op lêer het? En, natuurlik, die room op die melktert – ‘n maagdelike geboorte.

    Laat ons eerbaar met die Bybel omgaan! Die Bybel is ‘n sieraad in die letterkunde, maar dit is ook slegs ‘n voor-wetenskaplike dokument wat mense se geloof en ongeloof uit die verre verlede verwoord – met die bepaalde kennis en insig van daardie tyd.

    Ek glo nie in God nie. Maar ek ag die Bybel hoër as die Bybelterroriste.

    Nathan Bond

    December 10, 2008 at 09:55

  14. Nathan

    My vorige post “Die Bybel is alles en is in volmaakte harmonie met die Bybel, met die Bybel as die oppergesag.”

    Moet eintlik asvolg lui: “Die Bybel is alles en is in volmaakte harmonie met die wetenskap, met die Bybel as die oppergesag.”

    Lekka jaar anyway..!

    johannes coetzee

    December 10, 2008 at 09:27

  15. DW dis oraait as jy dink ek is nie lekka in my “upstairs” nie… dis fine met my.

    Nathan ek naïef…! Ja as jy (en vele ander) so dink is dit ook fine met my. Die Bybel is alles en is in volmaakte harmonie met die Bybel, met die Bybel as die oppergesag.

    Ons weet ons verskil en daarvoor respekteer ek jou…! Kom ons wag dus maar op 21 Mei 2011, dis naby genoeg.

    Lekka jaar verder…!

    johannes coetzee

    December 9, 2008 at 22:01

  16. Johannes

    Jy ken die wetenskap duidelik nog slegter as jou Bybel.

    Die heelal het nie deur evolusie tot stand gekom nie, man. G’n niémand steek so ‘n kleim af nie! As jy nie weet nie, moenie uitsprake maak nie, toe!

    Koolstof-14 het ‘n halfleeftyd van 5,600 jaar. Na 8 halfleeftye bly daar slegs sowat 0.39% van die oorspronklike radio-aktiewe koolstof oor en kan betroubare metings nie meer gedoen word nie. Dié dateringsmetode kan dus doeltreffend gebruik word vir voorwerpe so oud soos 40,000 jaar.

    Vir ouer voorwerpe is daar ander dateringsmetodes.

    Die heelal en die aarde is ouer as 13,000 jaar, Johannes. Jy kan “gló” soos jy wil, maar moenie te verbaas wees as ek en vele ander dink jy is naïef nie.

    Nathan Bond

    December 9, 2008 at 16:52

  17. Johannes

    Dit lyk vir my dat jy my nie verstaan nie. Moet nie vir my probeer preek oor die kerke nie , ook nie oor Daan of wie de fok nog ,nie.

    As ek vir Daan iets wil sê dan doen ek dit reguit , soos ook vir die kerke , die Doppers in Potch , Piet Strauss, Jorrie Potgieter , Elsa Meyer , Jannie Pelser , die Riekert nar wat Saterdae op RSG praat , die Pous , Moreletapark NG kerk en noem maar op. Ek praat met hulle in duidelike taal .

    Ek wil van JOU weet hoe op aarde kan jy die kak glo wat op daardie radiostasie kerk se web staan ?

    Die studies waarvan jy praat is blote kakpraat gebaseer op fantasieë , – jy moet ‘n fantasie verabsoluteer om by ‘n volgende fantasie uit te kom en so fok jy voort om jou legkaart van fantasies te voltooi .

    Hoe kom jy verby p 470 en die grafiek wat dit duidelik stel dat dit slegs ‘n MOONTLIKHEID is ?

    Jy sien Johannes een fantasie lei na ‘n volgende een toe , en so fok jou verbeelding voort totdat kak vir jou absolute sin maak.

    Sielkundiges sal vir jou sê jy lewe in ‘n gekkeparadys – maw jy is foking mal.

    Johannes is jy gerem- soos in upstairs ?

    DW

    December 9, 2008 at 08:58

  18. Daan skryf.

    DW

    Sorry, ek wil nie en kan nie ‘n altaar aan die brand bid nie.

    Ek wil nie, want die Bybel sê ek mag God nie versoek nie. Dis juis een van my besware teen Angus Buchan.

    Dis reg Daan , moet ook nie iets van haar (die 3 gotte wat 1 is maar 3 is) vra in gebed nie , die gotte kan net die moer in raak , jy weet.

    DW

    December 9, 2008 at 08:37

  19. Johannes

    My fok , ek het van jou eie radiostasie se kakpraat gecopy en paste om vir jou te wys , inteendeel op twee verskillende plekke en twee verwysings , een grafiek op p 470, dat hulle van ‘n MOONTLIKE EINDE PRAAT.

    Is jy te vlak om agter te kom ,dat as hulle van ‘n MOONTLIKE einde praat , beteken dit ook dat die datum van die skepping ( die kakpraat op die linkerkant van die graph) ook hoogstens MOONTLIK korrek kan wees.

    Ek moet toegee , daai ouens is lekker slim , watch en mark my words , dit gaan hulle ontsnappings klousule wees op 22 Oktober 2011.

    Jy het nog nie die MOONTLIKE vir my verwoord nie. Die Moontlike is slegs ‘n spekulasie .
    Jy het ook nog nie vir my verduidelik( wat ek van jou die radiostasie se web gepaste het ) waar en watter kerke Jesus al ge-audit het nie.
    Is jesus tans op aarde , maar onsigbaar?

    Johannes kom jy nie agter dat jy kak gevoer word nie?

    PSSSS. Oooo ja , dit het my presies 10 sekondes gevat om die kak wat jou radiostasie praat te vind. ( as my 3 G vinniger was sou ek dit baie vinniger gevind het, jammer vir die ongerief dat dit so lank geneem het)

    DW

    December 9, 2008 at 08:28

  20. Nathan

    Enige wat volgens die koolstofdating metode getoets word kannie ouer as 13000jaar wees nie omdat koolstof nie voor die skeppingsjaar 11013VC bestaan het nie. Daarom raak die toetsingsmetode van enige iets wat oëneskynlik ouer is as 13000jaar onakkuraat… en die wetenskap weet dit…!

    Maar omdat hulle volgens hulle Darwinitiese geloof glo dat die aarde en hierdie heelal deur evolusie totstand gekom het en dus (volgens hul geloofsoortuiging) bijoene jare oud “moet wees” klou hulle (maar soos die kerke ) krampagtig vas aan hulle “geloof” van evolusie wat vol en vrot is van hul menslike wetenskaplike aannames…!

    Die wetenskap se “aannames” en die afleidings wat hulle daaruit maak is maar niks anders as ‘n geloofsoortuiging van wat hulle meen die waarheid kan wees…?

    Daar is geen ander meer akkurate metode van kalkulasie van die ouderdom van hierdie aarde en heelal as maar net die Woord van die God(e) van die Bybel nie bru.. die Bybel en die Bybel alléén.

    (Openb 22:18) Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.

    (Openb 22:19) En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

    johannes coetzee

    December 9, 2008 at 07:39

  21. Ag assebliéf tog man!

    Dié grafiek is 7x7x7x7x8 maal kák!

    Godsk! Is daar gewoon geen éinde aan die kak wat godiote vir soetkoek sal opvreet nie!? Wie de fok dink dié kak úit!?

    En wát het koolstofdatering met die saak uit te waai?

    Nathan Bond

    December 8, 2008 at 17:46

  22. Nathan

    DW is lyk my besig om die studies waarin die kalkulasie van die datums gegee word te bevraagteken. Die link wat DW gegee het waarin ‘n graph van die hele tydlyn geillustreer word is veral ‘n baie goeie opsomming van die tydlyn. Dalk kan jy biekie daar gaan loer…? Hier is dit weer

    http://www.timehasanend.org/public/intrgrph.pdf

    Die 13000jaar tydlyn is na my mening baie getrou aan dit wat in die Bybel vir eeue verskuil was. Dit verskil 7000jaar met die baie kort 6000jaar tydlyn waaraan kerke krampagtig vasklou en is ook volkome versoenbaar met dit wat die wetenskap deur die eeue heen ontdek het en steeds vandag ontdek. Nou kan ons verstaan waarom enige tydrame van argeologiese fossiele ouer as 13000jaar deur middel van koolstoftoetse geheel en al onstabiel en onbetroubaar is?

    johannes coetzee

    December 8, 2008 at 16:07

  23. Johannes

    ASSEBLIEF gee my die teksverse en die kalkulasie om die DATUM te bereken. Toe nou, dit is mos nie ‘n onredelike versoek nie!

    Nathan Bond

    December 8, 2008 at 15:27

  24. DW

    Ek dink ek het jou al op hierdie een geantwoord. Maar ek antwoord jou graag weer, hier is die opvolg link van die boek “We Are Almost There” waarin voortgebou word op die studie “Time Has An End” waaruit jy aangehaal het:

    http://www.familyradio.com/graphical/literature/waat/waat_temp.html

    Die datum is bekend dude…. vanuit die Bybel soos deur die God(e) van die Bybel in Daniel 12 as volg belowe is:

    (Dan 12:9) En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.

    DW omdat ons in die “tyd van die einde” inbeweeg het is die seëls wat die verborgenhede aangaande die tyd van die einde verseël het deur die God(e) van die Bybel ge-open en daarom is baie besig om dit (die Bybel) te deursoek en daarom is hulle wat die Bybel deursoek se kennis besig om te vermeerder…. soos asvolg belowe in die volgende Skrifgedeelte:

    (Dan 12:4) En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

    DW jy kan nou maar hoes, proes, kerm, klae, rebelleer, vloek, vervloek, spot, lag ens, ens…. jy doen immers moeite om die studiestukke deur te lees, iets wat diegene wat nog krampagtig aan hulle kerke se leringe vasklou (soos ou Daan die dweper) doodeenvouding net weier om te doen.

    Hoekom dink jy weier die meeste van die kerklidmate van kerke en kerkstrukture om hierdie studies te lees…? Omdat hulle hul kerke of godsdienstige instelling meer trust as die Bybel. Daarmee saam lees hulle nie die Bybel nie en nog minder vertrou hulle wat “geskrywe staan”…. dis hoekom dude, dis hoekom. Hulle leef almal in ontkenning soos jy…! Hulle is maar net besig met lippediens soos dit die geval was met die witgepleisterde grafstene waarmee Jesus die Skrifgeleerdes in Sy dae vergelyk het….! Ten minste is jy reguit en eerlik en weet ek waar ek met jou staan. Maar ouens soos ou Daan die Dopper of die Dweper….? Hulle klou for life aan hulle kerke se uitgediende afvallige leringe.

    johannes coetzee

    December 8, 2008 at 14:43

  25. DW

    Sorry, ek wil nie en kan nie ‘n altaar aan die brand bid nie.

    Ek wil nie, want die Bybel sê ek mag God nie versoek nie. Dis juis een van my besware teen Angus Buchan.

    Ek kan nie, want God sal dit nooit doen nie. God wil hê ons moet in Hom glo. Soos jy weet bestaan geloof uit kennis en vertroue. Waar daar net kennis is, kan daar nie sprake van geloof wees nie.

    Ek hoef nie te glo 3 X 3 = 9 nie want ek weet dit.

    NS. Glo jy nie dat Thor sy hamer uit Asgardt op die aarde gooi en dat dit donderweer veroorsaak nie? Waar dink jy kom donderweer anders vandaan? Moet net nie begin met hoëdruk- en laedrukstelsels en seismiese toestande en isotope en al daai wetenskaplike kak nie.

    Daan Van der Merwe

    December 8, 2008 at 14:06

  26. Johannes

    Op p 470 staan die volgende :
    11,013 B.C. (Creation year) to A.D. 2011 (possible Final Judgment year) = 13,000 + 23 years

    Nou my fok Johannes

    Hoekom is die gurus van jou nie so seker oor die datum nie?
    Praat die gotte dan nie met julle radiostasiekerk nie ?
    Hoekom praat hulle van POSSIBLE en nie van definitiewe/ versekere /besliste / nie.

    Soos ek gesê het jy het baie om te verduidelik op die 22 Oktober 2011.

    DW

    December 8, 2008 at 11:40

  27. Johannes

    Op hierdie graph , http://www.timehasanend.org/public/intrgrph.pdf, aan die regterkant , praat hulle van die PROBABLE end of the world.

    En dan die beste spook storie van alle tye – Jou radiostasie praat die volgende kak
    :”
    No One Knows the Day or Hour of Christ’s Return
    We are learning that Jesus has already come to begin the judging process in the world. Judgment has begun in all of the local congregations throughout the world. No one knew the day or hour when He came.”

    en die KAK

    “Remember, Christ has not come a second time in a visible form in which we can see Him with our physical eyes.

    He has come spiritually to begin the judgment process in the local churches.

    From everything we read in the Bible, His coming in a visible way, so that everyone will see Him with their physical eyes, will not occur until the very end of the world, which the Bible speaks of as the last day.

    Jissis Johannes
    Glo jy die kak , glo jy Jesus is op aarde en judge die congregations , soos ‘n onsigbare spook ?

    PROBABLE END OF THE WORLD. Nou toe nou nogal tussen 21 Mei en 21 Oktober 2011 .

    Hoe laat nou weer Johannes , hoe laat begin die kak op die 21 de Mei en hoe laat hou dit op , op die 21 Oktober 2011 ?

    NY tyd , Moscow tyd , Tokio tyd op die se foking tyd kom die gotte hulle gevrete wys ?

    Weet jy wat , ek het fokol vir die kakpraat.

    DW

    December 8, 2008 at 11:14

  28. Johannes skryf

    Eze 38:23) So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.

    Gods Johannes

    Hoekom wag sy ( die 3 gotte wat 1 is maar 3 is) so lank om iets te doen . Foket , dis al 3000 jaar + nadat die gotte die kak gepraat het…. en nog steeds geen teken van die Here nie.

    Al “Here “ wat ek ken is die sign op die pishuise se deure.

    DW

    December 8, 2008 at 10:29

  29. Ja Daan
    Fok vir Thor ook.

    Maar wag ‘n bietjie.

    Hoe kan jou verstand dan nie vir die gotte verklaar nie as julle Christen “God” dan voel ,ervaar, hoor en beleef ?

    Kom ons settle die “God” argument.

    Bid net vir my ‘n altaar aan die brand soos tydens Elia se tyd. Fokol meer !!!

    Ek is seker “God” sal brand om dit vandag weer te doen . Foket man , God maak verkoues in 6 dae gesond , wat is dit nou om ‘n altaar aan die brand te steek. Afterall , die wat honger het kan van die vleis eet wat ons gaan braai , en “God” hou self baie van die reuk van braaivleis , gaan lees maar in die Bybel.

    Jy kan bid ek sal dit afneem en op youtube sit.

    DW

    December 8, 2008 at 10:19

  30. Nee.

    (Ek neem aan jy praat van die sonde waarvan jou radiostasie, die kerk en die Bybel praat)

    DW

    December 8, 2008 at 10:10

  31. DW

    Dink jy daar is so iets soos sonde….?

    johannes coetzee

    December 8, 2008 at 09:09

  32. Ek moet toegee dat heelwat aspekte van die sondvloed, soos vele ander onderwerpe in die Ou Testament, nie vir my sin maak nie. Tog het ek in my bestudering van die skepping/evolusie debat op ‘n website afgekom waar ‘n wetenskaplike beweer dat daar wel bewyse is van ‘n vloedramp tussen 4 en 5 duisend jaar gelede.

    Ons weet dat daar histories geen gronde bestaan om die Bybelgeskiedenis voor koning Dawid te staaf nie. Geskiedkundiges verwerp hierdie deel van die geskiedenis as totaal ongeloofwaardig en net te veel gebaseer op Hebreeuse mitologie en legendes.

    So, ja, Nathan. Volgens jou definisie is ek inderdaad dom want ek glo in dit wat my verstand nie kan verklaar nie.

    NS. DW, geniet jou gholf tot net voor die 6de putjie. As julle dan in die reën klubhuis toe hardloop, moet ASSEBLIEF nie onder ‘n sambreel hardloop nie want dan gaan Thor jou hard bliksem.

    Daan Van der Merwe

    December 7, 2008 at 09:16

  33. Johannes

    Wat is so boos en gruwelik en aaklig en afskuwelik dat die gotte moet kom “red” ?
    (Noem net 5 van elk)

    Hoekom kan sy (die gotte) dit nie vanuit die jimmel dit regmaak nie?
    Fok man , as jy uitverkies is kan jy letterlik Satan wees , jy maak dit . As jy nie uitverkies is nie kak jy , verstaan jy dit nie . Die foking gotte is ‘n kak storie . Verstaan jy dit nie ? Is jy foking ‘n dom doos?
    Hoekom moet Jesus kom? Huh ? God weet mos wie maak dit en wie nie . Lees jy nie die foking Bybel nie ?

    Hoekom het Jesus kwansuis met Satan op ‘n berg gestaan en kak gepraat?
    Hoekom het Jesus nie vir Satan daar op die spot opgefok nie ?

    Hoekom het hoofnar god – (die gotte wat papa en mamma is )nie vir Satan opgefok toe sy (hoofnar gotte) met hom (Satan) oor Job gesit het en kak gepraat het ?

    Hierdie gotte is ‘n foking slapgat.

    22 Oktober is die dag Johannes , 22 Oktober 2011 !!!

    Maar weet jy wat , jou kak begin in Mei 2011 , dan gaan jy soos ‘n afkop hoender begin rondhardloop en deur daai dik swart boek met die baie bladsye blaai al laat jy laat die tarentale dwars vlieg ,maar dit gaan fokol help … fokol absoluut fokol.

    DW

    December 6, 2008 at 09:15

  34. Johannes

    Wáár staan dit dat ons in 2011 gaan vergaan? Moses 10:12? Be-lág-lik.

    Onthou, ons het rééds vergaan, maar Gordon the Garden Gnome het álles weer oorgemaak…

    Nathan Bond

    December 5, 2008 at 19:50

  35. Nathan

    Jys korrek diegene wat (onverdiend) deur die God(e) van die Bybel tot die ewige lewe uitverkies is, kan nie verloor nie…. hulle is meer as oorwinnaars. Dis waarom hulle die HERE Jesus al die eer gee…!

    As jy dink ek is delusional net omdat jy weier om ‘n boek wat daaroor handel te lees is dit jou goeie reg om so te dink. Dit verander egter niks aan die Waarheid daarvan nie. Anders sal ons maar ‘n wag en kyk benadering moet volg, 128 weke gaan soos niks verby… dan behoort ons mos te weet of dit ‘n lawwe idee was al dan nie?

    Wat sal tog die nut wees van ‘n sin of twee deur my oor hierdie onderwerp…?

    As jou lag vir jou groot vreugde verskaf, wie is ek om jou anders te oortuig…? As ek vir jou ‘n bron van vreugde is, lyk dit darem of jy “waarde vir jou blog” kry.

    Lekka naweek bru…!

    johannes coetzee

    December 5, 2008 at 16:23

  36. Johannes

    Ja, dis een van dáái dinge: as jy ‘n Christen is en geliefd, is dit tot die jirrijiesis se eer; as jy ‘n Christen is en bespot word, is dit tot die jirrijiesis se eer. Jy kan nie verloor nie!

    Jy het nog nie één keer vir my gesê hoe jy by jou datum uitkom nie. Ek gaan nie die waansinnige watsenaam se honderde bladsye lees nie; sê jy my in ‘n sin of twee waar jy aan jou lawwe idee van iewers in 2011 kom. Tot dan is jy delusional, Johannes. Jiesis was ten minste oor één ding reg: Verwonder julle nie, my broeders, as die wêreld julle haat nie. Alhoewel, ék haat nie; ek lag.

    Nathan Bond

    December 5, 2008 at 14:58

  37. Johannes

    Wel Johannes , jy hoef my nie nou te antwoord nie , maar die fok weet jy gaan die vraag oor Jesus op die 22 de Oktober 2011 antwoord.

    Deal ?

    DW

    December 5, 2008 at 14:39

  38. DW

    Na die algehele vernietiging van al wat boos en gruwelik en aaklig en afskuwelik en diese koninkryk sal dan nie eers meer ‘n gedagte wees nie dude. Gone verby en vergete…. asof dit nooit was nie.

    (Heb 8:12) Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.

    johannes coetzee

    December 5, 2008 at 14:38

  39. Nathan ek het nie ‘n probleem om in die openbaar “vergat” te word nie. Inteendeel as dit nie die geval was nie sou ek seriously onrustig gewees het. As Jesus dan nie alleen in die openbaar “vergat” was nie maar “vermoor” hoekom dan nie ook Sy volgelinge nie…?

    (1Jo 3:13) Verwonder julle nie, my broeders, as die wêreld julle haat nie.

    Rick jy vermy die issue… jou ekstreme voorstel dude? Wat van vryheid van spraak…? Of is jy en Nathan een(s)…?

    johannes coetzee

    December 5, 2008 at 10:08

  40. Johannes

    Jy beskuldig Rick daarvan dat hy sy standpunt van die dakke af verkondig terwyl hy wil hê, volgens jou, dat jy jou geloof in jou binnekamer moet beoefen.

    Ek kan nie vir Rick praat nie, maar ek herhaal mý standpunt: Hou op om jou snert in die openbaar te smous en jy sal nie “ê” van mý hoor nie.

    Maar as jy die snert van “God” en godsdiens in die openbaar verkondig, gaan jy in die openbaar vergat word.

    Nathan Bond

    December 4, 2008 at 17:42

  41. Johannes

    Ek sal toegee: OOr die algemeen was Jesus beslis ‘n aangename karakter. Daar is natuurlik sterk argumente teen se bestaan, sy sogenaamde ‘wonderwerke’ ens, maar dit daar gelaat.

    Ek het egter n probleem met jou absurde stelling dat ‘geweld nie vir julle n opsie is nie’. Ek verwys jou, tot vervelens toe, na die volgende: Kruistogte (so vervelig. ne?), inkwisisie, heksjagtogte, moderne geweld teen gays (die blerrie moffies!) en aborsie ondersteuners. Dan is daar natuurlik die aanhoudende geweld in Afrika state waar Christene en Moslems naby mekaar woon. Die lys raak beslis nie korter nie…..

    Hoekom moet ek jou nou skielik glo dat geweld nie vir julle n opsie is nie as jy steeds dieselfde riglyne gebruik wat die afgelope eeue gebruik word om geweld te regverdig?! Maar natuurlik, “dis nie waaroor geloof gaan nie, of dis nie wat ek goedpraat nie”.

    Whateva!

    Selfs al was die godsdiens vreedsaam (wat dit beslis nie is nie) sou ek steeds daarteen gekant gewees het, bloot omdat dit, enersyds, nie waar is nie, en andersyds, dit mense reduseer tot plein ‘stoepidgeid’.
    Daarmee se ek nie jy is n kak ou nie, maar jou argumente spreek vanself.

    rick

    Rick

    December 4, 2008 at 17:20

  42. Johannes

    Wel Johannes , jy hoef my nie nou te antwoord nie , maar die fok weet jy gaan die vraag oor Jesus op die 22 de Oktober 2011 antwoord.

    DW

    December 4, 2008 at 12:38

  43. Rick

    Come to think about it… So gepraat van “geloofsekstremisme” wat kan meer ekstremisties wees om jou wil op my af te dwing deur aan my voor te stel dat ek dit waarin ek glo agter geslote deure moet doen, terwyl jy jouself die reg aanmatig om dit waarin jy glo van die dakke af te verkondig….?

    En dit nogal onder julle eie vaandel van persvryheid? Ek gun jou jou standpunt wat jy so kwistig uitbasiun, ek wonder of jy regtig my my reg tot vrye spraak gun? Jou volgende move moet nog net wees om my van jou blog te ban…!? Maar daarvoor is jy te arrogant trots!

    Who is killing who dude… of sal is dit bru?

    johannes coetzee

    December 4, 2008 at 11:52

  44. Rick

    Die enigste verskil is dat ware volgelinge van die Woord (die Bybel) eerder sal poog om soos Jesus op te tree. Hy was by magte om in een oogwink van Sy vyande ontslae te raak, wat Hy gekies het om nie te doen nie, bloot omdat Sy Woord (die Bybel) dit so bepaal het en Hy netso onderworpe is aan Sy Woord as wat Sy uitverkorenes behoort te wees.

    Geweld is dus geen opsie vir ons nie… soos ‘n lam bru soos ‘n lam wat gelei word na die slagpale…!Met die vaste hoop en wete dat God uitkoms belowe. Die wraak laat ons aan Hom oor wat op 21 Mei 2011 tot 21 Oktober 2011 finale beslag gaan kry. En daarin verlekker ons ons nie, inteendeel ek wil berge toe vlug as ek maar net daaraan dink.

    Wanneer die Lam egter in ‘n Leeu verander …. dis dan wanneer ek net eenvoudig nie aan die verkeerde kant van die draad wil wees nie.

    Maar tot dan toe…. stil sal ons nie gemaak kan word nie…bru. Want dit waarna ons met verlange uitsien kan maar net in woorde asvolg beskrywe word…

    (Jesaja 11:6) Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ‘n klein seuntjie sal hulle aanja.

    Vrede vir ewig!!!

    Mag God elkeen van ons genadig wees.

    johannes coetzee

    December 4, 2008 at 07:43

  45. Johannes

    Jy het beslis die ”glo soos n kind” gedeelte onder die knie.

    Johannes, glo soos jy wil, maar doen dit agter geslote deure, want wanneer dit by geloofsekstremisme kom is daar eintlik bitter min wat jou en die Mumbaai-aanvallers skei. En dis scary, bru.

    Rick

    December 3, 2008 at 15:53

  46. Ja Rick want die Bybel verklaar dit so.

    Ja DW want die Bybel verklaar dit so….

    DW tov jou opmerking oor Jesus verwag jy seker nie dat ek jou moet antwoord nie…? een ding weet ek en dit is dat almal sal weet dat die God(e) van die Bybel die HERE is…

    (Eze 38:23) So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.

    johannes coetzee

    December 3, 2008 at 09:02

  47. Johannes

    Ek wil graag weet of die SLANG en SATAN dieselfde “persoon” is .

    Nou Johannes , toe water oor die aarde gespoel tydens die moerse wolkbreuk wat van outer space hier aangewaai gekom het , en Noag in sy boot geklim het , het Satan nie saam met die goddeloses verdrink nie?

    Ek wonder maar net hardop , ek vra jou nie hoor , maar as die gotte foking moerse wolke van outer space kan stuur om alles op aarde te kom opfok en om ‘n nuwe begin te maak , hoekom kon hy nie maar vir Satan ook laat versuip het nie , of even na ‘n ander galaxy 666 666 666⁶⁶⁶ duisend triljoen biljoen triljoen triljoen⁶⁶⁶ ligjare van die aarde af verban het nie.

    Ek wonder of Satan nie dalk in Noag ingevaar het terwyl Noag op sy boot rondgery het nie, want sien ou Noag het lekker gesuip toe hy sy voete aan wal gesit het. Het die bliksem al die tyd toe drank saam met hom op die boot gehad?

    Net as die gotte dink hulle stig kerke wat deel van die liggaam van Christus is dan kom Satan so wragtig ( 1988) en befok die gotte se liggaam van Christus weer.

    Fok …..die magtige Satan … eers fok Satan hulle in die jimmel op , toe dwing hy die gotte om die aarde te verwoes tydens Noag se tyd , toe fok hy weer alles op so erg dat die gotte besluit hulle moet self inspring en stuur die gotte liewe jeeeeesus aarde toe om die kak te kom uitsort. Toe die gotte weer haar oë oopmaak hang sy aan ‘n kruis en Satan dwing haar om vir hom in die hel te kom kuier – vir ‘n volle 3 dae lank. (Sy het seker gekak van die hitte daaronder)

    Net toe die gotte moerse kerke en katedrale klaar gebou het ,kom Satan en hy neem dit ook foking oor . Nou het die gotte net ‘n radiostasie kerk oor . Dit sal my glad nie verbaas as Satan binnekort die radiowaves ook opfok nie .

    Ek kan sien en calculate volgens die Bybel en ja dit is presies soos jy sê dat die gotte liewe Jeeeeesus ( prys hom fok die duiwel) in 2011 gaan kom. Maar of sy die guts gaan hê is natuurlik ‘n ander vraag. Ek is seker , en kan vir jou ‘n brief met ‘n polisie stamp op gee dat die gotte liewe Jeeeeesus weer gaan uit-chicken in 2011.

    Nou dat ons weet dat 2011 ‘n konkrete Bybelse feit is , sal jy saamstem dat as Jesus nie gaan kom in 2011 nie , sy ‘n foking slapgat is.

    Johannes , dink jy regtig daar is ‘n SLANG of SATAN? Ek bedoel soos in regtig egtig regtig waar, dink jy regtig so , regtig ?

    DW

    December 2, 2008 at 15:08

  48. Johannes

    Glo jy in die storie van Noag en die ark?

    Rick

    December 2, 2008 at 13:24

  49. DW

    Ek verstaan nie jou vraag wat jy aan my in jou laaste paragraaf hierbo oor die Slang en Satan gestel het so lekker nie.

    Kan jy dit asb net rephrase?

    johannes coetzee

    December 2, 2008 at 10:49

  50. Johannes

    Wat het jy teen Satan? Ek kan hom glad nie blameer dat hy gatvol geraak het vir die familie besigheid van die gotte nie.

    Hy het immers die guts gehad en vir god gaan vertel wat hy van die gotte se business dink. As jy vir 666 666 666 triljoen biljoen miljard triljoen ligjare, 24/7 lank , sonder ‘n smoke of tee breek moet musiek maak , en geen song mag herhaal nie , gaan jy nie ook gatvol raak nie.

    Ek dink Satan het besondere selfdissipline en professionaliteit aan die dag gele om die gotte solank sonder om ‘n beat te mis , te entertain. Maar foket , genoeg raak genoeg , of hoe sou jy dink?

    Toe die gotte haar moere strip en vir Satan uit hulle paleis jag toe strip 1/3 van die ander koorlede ook hulle moere en fokof. Hulle fokof sonder dat die gotte hulle 13 de tjeks of bonusse uit betaal want die gotte is te suinig of het nie geld gehad nie. Dis hoekom die gotte nie die arm mense wil help nie want hulle weet hulle moet die beursie skud.

    Toe Satan hier op aarde kom en hom lekker kom inrig toe kom die jaloerse gotte en probeer hom hier ook opfok. Altans jou gotte is nou nog so de bliksem in vir Satan , want blykbaar speel hulle net Jurie Els en Dawid se harp musiek daar bo inni jimmel. Die ergste is dat Jurie Els se plaat ( daar is nog net plate en nie iPots) ook vas hak en dit hoor ek maak vir die gotte eers de moer in.

    Maar ek verneem dat Satan , ten spyte van al die gotte se smeek praatjies en kak beloftes van weekend’s af vir die gotte elke keer ‘n vet toffie druk wanneer die gotte hom smeek om weer te kom musiek maak.

    Ek sê nou vir jou Johannes , ek het gaan kyk in die Bybel en jy 100 % reg oor 2011 . 100 % korrek . Jou berekeninge is presies op die sekonde korrek. Niks maar niks kan die gotte keer om nou te kom nie …..behalwe …..as Jesus nie gaan kom nie is hy te foking gat vir Satan .

    As die gotte Jesus nie kom nie gaan Satan almal opfok wat so baie kak van hom gepraat het.
    You better watch your words my mate !!!

    So by the way Johannes , die Slang waarvan jy praat is dit die selfde swaar as die Satan.

    DW

    December 1, 2008 at 14:46

  51. Johannes skryf
    :”waaroor die wetenskaplikes vandag nog laat wonder vanaf watter bron….?)

    Huh ?
    Gods stuur hulle na my toe , daar was geen foking “bron ” nie , dis ‘n kak storie. PUNT.

    DW

    December 1, 2008 at 13:29

  52. Johannes

    Jy is helemaal reg: ‘n Almagtige God kon dit gedoen het! Prys sy héérlike naam!

    As daar nou net ‘n “Almagtige God” wás.

    Nathan Bond

    November 30, 2008 at 18:25

  53. Nathan

    Het jy al die nuutste wetenskaplike navorsing oor “Deep Space Vapour Clouds” gelees. Die wolke bevat volgens baie konserwatiewe skattings genoeg water om ons ou aardetjie se huidige see inhoud “heelwat duisende miljoene kere” vol te maak.

    Dit was dus nie vir die Skepper van die heelal (die God(e) van die Bybel) onmoontlik om ons sonnestelsel deur een van daardie “Deep Space Vapour Clouds” te stuur nie. Dit verklaar ook hoekom ons duidelik die tekens van water (waaroor die wetenskaplikes vandag nog laat wonder vanaf watter bron….?) Dis heelwaarskynlik ook die rede waarom daar tekens van riviere (sonder waterbronne) op mars en op die ander planete in ons sonnestelsel sigbaar is.

    Lees gerus die boek “Adam When?” by die volgende link as jy wil sien hoe volmaak dit Woord en die wetenskap met mekaar in harmonie is. Hier is die link indien jy dalk sou belangstel

    http://209.10.202.163/graphical/literature/when/when_contents.html

    (2Pe 3:3) Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel

    (2Pe 3:4) en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.

    (2Pe 3:5) Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,

    (2Pe 3:6) waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het.

    (2Pe 3:7) Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.

    (2Pe 3:8) Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.

    Hierdie gebeurtenis van die vloed in die dae van Noag het plaasgevind gedurende die jaar 4990VC wat presies 7000jaar vanaf die jaar AD 2011 sal wees.

    Die jaar van die vloed in die dae van Noag was presies 6023 jaar vanaf die jaar 11013VC toe die Skepper God hierdie aarde en hierdie heelal geskep het….!

    (Gen 1:1) In die begin het God die hemel en die aarde geskape.

    (Gen 1:2) En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

    (Gen 1:3) En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.

    (Gen 1:4) Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;

    (Gen 1:5) en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.

    Die feit dat jy (Nathan) nou probeer om ‘n maatjie te vind in die “vrydenkende” nuusredakteur van die Kerkbode is eintlik baie lagwekkend. Dit beteken dat jy nou in der waarheid met die kerke en kerkstukture (die NG-kerk in besonder, waarvan die Kerkbode ‘n amptelike spreekbuis is) begin “meepraat” in hul “do-it-yourself” gospel.

    Nathan

    Die slang het al op 21 Mei 1988, toe die einde van die kerk-era aangebreek het sy eie stert begin raakbyt, en jy is nou maar net besig om hierdie waarheid verder te beklemtoon.

    Die kerke en kerkstrukture wat nou al sedert 22 Mei 1988 (die herdenking van Pinksterdag)sonder die meewerking van God die Heilige Gees funksioneer, is salig ombewus daarvan dat Satan in die kerke en kerkstrukture wêreldwyd, niks anders as ‘n voorwerp van aanbidding geword het nie. Hierdie is dus niks anders as ‘n sigbare vervulling van die profetiese woorde wat God in die volgende Skrifgedeelte ongeveer 1900 jaar gelede verklaar het nie:

    (2Th 2:3) Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf

    (2Th 2:4) die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

    Die blindheid van die christene van vandag kortvoor die tweede koms van die Messias is in presiese ooreenstemming met die blindheid van die kerkleiers van die volk Israel in die dae van Jesus se eerste koms vanaf 7VC tot 33 AD

    Nathan as jy belangstel sal ek vir jou die boek “The End of the Church Age and After” stuur… gratis en verniet. Maar jy kan dit ook gratis aflaai by die volgende link

    http://www.familyradio.com/graphical/literature/frame/

    As jy belangstel in ‘n afrikaanse kopie sal ek dit ook vir jou kan e-mail…

    johannes coetzee

    November 30, 2008 at 18:07

  54. Jean

    Dit is duidelik dat ek reg was: “Jean Oosthuizen, a brave journalist with broad shoulders…”

    Intussen: Doe so voort. Hou aan beitel aan die skandmuur.

    Nathan Bond

    November 30, 2008 at 10:56

  55. Jammer as ek jou kommentaar met ‘n mate van vooroordeel gelees het. Jy is reg, vooroordeel het ‘n geneigdheid om mens te verblind. Met die herlees van jou stuk moet ek erken dat ek my daaraan skuldig gemaak het.

    Jean Oosthuizen

    November 30, 2008 at 10:21

  56. Get a job.

    Johan Swarts

    November 29, 2008 at 22:45

  57. Sarkasme!?

    Ek het nog altyd gemeen dat iemand wat in die kerk dink en sy mening verwoord en openbaar maak ‘n formidabele (eintlik dapper) vrydenker moet wees. As jy die kompliment as ‘n belediging beskou, Jean, moet jy pasop dat vooroordeel nie verblind nie.

    Of… meen jy jy is nié ‘n vrydenker nie?

    Die “hartseer” verwys na die situasie dat dit hoegenaamd nodig is om ‘n 21ste eeuse organisasie te daag om oor fabels te besleg; nié dat iemand daarop wys nie. Pasop, Jean, dat vooroordeel nie verblind nie.

    Nathan Bond

    November 29, 2008 at 16:10

  58. ‘n Vriend het my na die inkrywing verwys. Waarom sou dit hartseer wees om standpunt in te neem oor beplaade sake waaroor mense (jy self ook) gereeld skryf?

    Vanwaar die vreeslike sarkasme? Dit is immers dieselfde “Jean Oosthuizen, a brave journalist with broad shoulders…” waarna jy hier verwys het nie waar nie?

    My skouers is nog presies dieselfde as toe. Kan jy dieselfde sê?

    Jean Oosthuizen

    November 29, 2008 at 15:53


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: