Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Enige God?

with 7 comments

‘n Korrespondent en dinkebroer, Jan Lessing, het vandeesweek hierdie brief aan Beeld gestuur. Ek het jan se toestemming gevra om die teks hier te publiseer. Beeld het inderdaad die brief gepubliseer. Só skryf Jan:

Ek woon reeds 27 jaar hier in  Pretoria, en nou in 2008, het ek nog nooit enige god se teenwoordigheid aangevoel nie.

Ek het geensins gesien hoe enige god VIGS-wesies of VIGS-moeders in Afrika gesond maak of versorg nie.

Ek het nog nie waargeneem hoe enige god arm verwaarloosde en verdrukte mense help met kos en water nie.

Ek het nog nie verneem dat enige god ‘n arm gelig het teen die cholera epidemie vanuit Zimbabwe nie.

Ek het nog nie verneem hoe enige god die situasie in Dohar gaan oplos nie.

Ek het nog nie verneem hoe enige god die situasie in Somalië gaan oplos nie.

Ek het wel verneem van godsdienstige oorloeë in verskeie dele van die wêreld.

Ek weet nie wat enige god enigsins kan doen aan die toestand van die wêreld nie.

Ek het nie gesien dat enige god help met die verligting van tsunami slagoffers se situasie nie.

Ek sien die wêreld is in ‘n resessie. Dis ‘n menslike fout. Wat kan enige god daaraan doen?

Kan enige god ingryp in die toestand in Zimbabwe?

Dis maar net sekere vrae. Daar is nog baie meer.

My uitgangspunt is dat ons nie op enige god moet staatmaak nie, maar self moet inklim en regmaak.

Ons mense moet hierdie probleme self regmaak. Want daar is nie enige god nie.
As daar een was dan sou hierdie probleme mos eenvoudig wees. Maar daar is geen god nie.

Dis menslike probleme, en mense moet dit oplos.

In die epos waarin Jan toestemming gee vir die publikasie, skryf hy vir my:

Ek is net gatvol vir die toestand van die wêreld en vir die verwagting van mense dat ‘n god sal ingryp om dit reg te maak.

En as hy nie ingryp nie, dan is dit seker maar sy wil.  En niemand mag sy wil ken nie.

Dis ‘n onleefbare situasie saam met ‘n sodanige god.

Die enigste leefbare situasie vir my is om te aanvaar dat geen god bestaan nie, en dat ek misstof gaan word.

En dat as ek wil bydra tot die verligting van die swaarkry van mense, dan moet ek dit persoonlik doen.

Maar ek is net een mens, en ek is op pensioen. So, my middele is beperk. En my frustrasie is groot.

Ek sien op TV ‘n kort flits dat al die mense wat vandag lewe net 10% uitmaak van al die mense wat ooit gelewe het.

Dit beteken vir my dat van al daardie 90% van mense wat ooit geleef het, nog geen stem vanuit die dode gehoor is nie.

Niemand het nog ooit enige bewys gelewer van ‘n stem of klank of teken vanuit die dode nie.

Waar is hulle almal heen?

Nathan, het jy ‘n antwoord?

Sorry, Jan. Ek het nie.

Written by Nathan Bond

December 13, 2008 at 09:16

Posted in Religion must go!

7 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. DW, ek glo defnetief nie dieselfde as die klomp wat jy hierbo genoem het en dat jy dit nie lankal agter gekom het nie, is nogal vir my vreemd.War or Peace?

    EXO 15:3 The LORD is a man of war: the LORD is his name.

    ROM 15:33 Now the God of peace be with you all. Amen.

    Ek het op die webwerf gaan kyk wat jy hierbo meld en wil net vir jou sê; Ek is ook ‘n man van oorlog teen die bose en tog is ek ‘n man van vrede met almal.

    In die Bybel is daar geen weerspreking nie, net onverstaanbaarheid by sommige wat dit lees. As iemand dus deurmekaar is, blyk dit jy te wees.

    Hans Matthysen

    January 22, 2009 at 21:35

  2. Hans

    Hier is ‘n link , gaan sort out jou foking gotte se kakpraat. Jy mors my tyd, want jy weet fokol van jou eie geloof af.

    http://www.infidels.org/library/modern/jim_meritt/bible-contradictions.html

    DW

    January 16, 2009 at 13:46

  3. Ek kan ook vir jou verduidelik hoe ek vir Trompie verstaan .

    Hoe verskil jou “verstaan van Godsdiens “ anders is as die van Jannie Pelser , Julian Muller , Pienk Piet en Isak Burger weet net jy.

    Christene soos jy is so deurmekaar soos kots in ‘n tuimeldroër .
    Hans , skielik val dit my by , jy is uitverkies en het geen erfsonde nie . Daarom verstaan jy Hans se voorafopgestelde Godsdiens presies.

    Maar dat jou “God’ – gotte -werklik is, is waar. Jou God (gotte) is net so werklik soos Zeus , Thor en Liewe Heksie.

    DW

    January 16, 2009 at 09:12

  4. DW, reageer tog net sinvol op wat ek skryf, want dan kan ek met jou gesprek voer. Ek het al geskryf hoe ek die “3 gotte” verstaan en jy het nie daarop ‘n teenargument gebied nie. Los nou die kinderagtigheid en wees nou meer volwasse in jou reaksie asseblief.

    Hans Matthysen

    January 15, 2009 at 22:03

  5. Hans

    Ek het geen probleem as jou 3 gotte wat een is op die regterkant van die ander 3 gotte wat 1 is sit nie – fok ‘n mens se bene raak moeg- maar my probleem is dat hulle net sit en fokol doen.

    DW

    January 15, 2009 at 08:05

  6. Jan, jou persepsie van God blyk beroerd te wees en dan wil dit voorkom of jy nog “blind” blyk te wees. Net blinde mense voel. Jesus sê ons moet Hom nie by die dooies soek nie, maar wel by die lewendiges en Hy het gaan sit aan die regter hand van God. Dit wil vir my voorkom asof jy baie gelees het en tog niks verstaan het nie, soos daardie een ou in die Bybel. Miskien het jy ook ‘n Phillipus nodig, wat die waarheid, wat jy in die Bybel gelees het, te openbaar.

    Hans Matthysen

    January 14, 2009 at 22:41

  7. Jan, die antwoord is eintlik maklik.

    Maar jy mag dit nie se nie.

    bewilderbeast

    December 20, 2008 at 10:15


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: