Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Laat Kersfees vanjaar ‘n dóél dien!

with one comment

Kersfees skep ‘n besonderse geleentheid om ons wêreld ‘n beter plek te maak.

Die Burger (hóé ‘n koerant wat sy hoofartikel kolom – sy hóófartikel kolom! – elke Saterdag aan ‘n Sangoma afstaan wat oor gode en dywils skryf ernstig opgeneem kan word weet núgter!) berig dat die Christianview Network wil hê dat kinders geleer moet word dat Kersvader dood is, want Kersfees gaan nie oor die man met die wit baard in die rooi jas nie.

“Ek sien uit na die dag wanneer, soos met die antieke Romeinse gode in Europa, Kersvader ook vergete en gediskrediteer is,” sê mnr. Philip Rosenthal van dié netwerk.

Rosenthal glo nie in die Romeinse gode nie!?

Sies! Ateïs!

Ek dink Kersfees is die ideale geleentheid om vir kinders heerlike geskenke te gee en vir hulle te leer dat “God” – in al sy verhalende vorme: “Vader”, “Seun” en “Spook” – nie bestaan nie.

Soos Penn Jillette van Penn & Teller sê, hy ken ôk vir Jesus – hy speel poker in Vegas.

Ko’s vertel ons kinders van al die pragtige stories van Jesus en Prometheus (‘n Titaan wat die gode op hulle moer gegee het) en Apollo en Theseus en, ag ál die ander héérlike stories uit die ryk mitologiese skatkis! Maar kom ons maak seker ons kinders besef – so teen die tyd dat hulle die Tandemuis en Kersvader natuurlik afsterf en besef Sneeuwitjie het toe nié uit die dood uit opgestaan nie – dat “God” en “Satan” en “Jesus” ook maar net storiekarakters is. In stories wat ons almal inderdaad ietsie kan leer! Maar tog maar net stóriekarakters.

Written by Nathan Bond

December 13, 2008 at 07:24

Posted in Religion must go!

One Response

Subscribe to comments with RSS.

  1. Nathan, ek herdenk die geboorte van Jesus Christus, nie net jare gelede nie, maar ook in my lewe en in my begin. Ek wil dat Sy karakter elke dag deur my lewe en het dus ‘n goie nut vir kersvees en die kers tydperk.

    Hans Matthysen

    January 14, 2009 at 22:51


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: