Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Flip Schutte het ‘n mooi gesindheid

with 13 comments

Flip Schutte bestuur ‘n motorhandelaarsagentskap. Hy is ‘n teoloog. Hy het drie doktorsgrade. Hy het “nie-tradisionele” sienings oor die godsdiens. Hy is nie kwaad vir die kerk nie. En hy het ‘n mooi gesindheid. Hy wil nie opslae maak nie. Hy kan saaklik redeneer. Hy het ‘n tegemoetkomende houding. Neels Jackson en Adrio König sê dié mooi goed oor Flip.

Neels Jackson van die Kerkbode, ek meen Beeld, is Flip se pryssanger. Van Jackson se ander kliënte is die Burger siamesies Coenie en Isak, en die Voortrekkerleier Piet Strauss.

König meen Schutte meen almal hoef nie presies soos hy (Schutte) te glo nie. Solank elkeen se geloof net help. Dit maak ‘n gesprek baie makliker.

En dan sê König: “‘n Mens moet kies. Daar is die rykdom van die Evangelie, en daar is die willekeurige armoede van radikaal-kritiese teoloë.”

Kom ek vertaal: Jy moet glo soos die belydenis sê jy moet glo of jy kan in jou moer gaan. (Maar Adrio het ook ‘n mooi gesindheid. Adrio sal nie “moer” sê nie.)

Fôk dít!

Ek het ‘n kák gesindheid. Ek is de bliksem in oor die kerk mense se lewens opfôk. Ek wil opslae maak. Ek het ‘n moerse onverdraagsame houding.

Luister hiér, Neels; Adrio… en jý ook as jy wil, Flip: Ek kyk jou vierkant in die oë en sê jou reguit, in jou gesig, dat jy fôkkin delusional is as jy meen daar’s ‘n “God” en dat jy mense links en regs belieg en bedônner met jou kakstories oor ‘n “Skepping”, ‘n “Sondeval”, ‘n “Maagdelike Geboorte”, ‘n “Nederdaling ter helle”, ‘n “Opstanding”, ‘n “Hemelvaart”, ‘n “Wederkoms” en ‘n “Ewige Lewe”. Jy praat jou kop se kák, man!

Fôkkin “mooi gesindheid”. Dis om van te kóts!

Wat’s volgende? ‘n “Mooi gesindheid” jeens georganiseerde misdaad? Ek dink nie iemand behoort ‘n gesin se motor te kaap en hulle te vermoor nie, maar ek kan saaklik redeneer oor die aangeleentheid en ek het ‘n tegemoetkomende houding.

Flip, met jou “tegemoedkomendheid” is jy besig om die kak wat die kerk verkondig vleuels te gee, man.

Ek verwys elders na Sam Harris, die skrywer van The End of Faith, se “konsentriese sirkels van dalende redelikheid”. Harris meen dat enigiemand op hierdie kontinuum noodwendig beskerming bied aan iemand anders wat nader aan die middelpunt van ekstremisme is. Dit beteken dat duidelik meelewende gelowiges, soos basaartannies en kooromies, wat in presies dieselfde “God” glo as Pat Robertson en James Dobson en D. James Kennedy en Jannie Pelser en Isak Burger en Piet Strauss en Angus Buchan, noodwendig aandadig is aan vergrype soos, byvoorbeeld, die ontkenning van wetenskaplike gegewes, die vertrapping van gay regte, die vervolging van rubriekskrywers en onderwysers en DJs en rolprentmakers omdat hulle aspris, goedgelowig, skerp of diepsinnig is, en Dominionisme.

Om die grens van redelikheid oor te steek en “God” (God, Allah, Vishnu, Watôkal) as ‘n werklikheid te aanvaar, is om ‘n ruimte te help handhaaf waarbinne afgryslike monsters gedy. Of jy nou in die nok van die sirkel staan, of op die rand. Of jy nou passasierstralers in wolkekrabbers parkeer of groen en rooi jelliepoeding oor ‘n basaartafel bedien.

As die vergrype van die godsdiens ooit getemper of geneutraliseer gaan word, sal die aftakeling van die buitenste konsentriese sirkel af moet begin – daar waar die gewone meelewende kerkbankers hulle van die fundamentalistiese middelpunt en goedkoop godsdienstige propaganda disassosieër, maar inderdaad presies so waandenkend (delusional) is soos hulle medegelowiges in die middel. Wanneer hierdie “goeie” gelowiges hulle rol in die vergrype van die godsdiens besef kan ‘n nuwe hoofstuk in die mens se vooruitgang moontlik aanbreek.

Written by Nathan Bond

December 17, 2008 at 23:07

13 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Hoekom het die mens nog nie verander na twee duisend jaar van die verkondeging van christus nie?Niks het verander nie. Solank ek die bybel lees en probeer verstaan met die intellek bly dit net n storieboek.Elke mens is god en besit die god potensiaal. Die mens is op pad na perfeksie en dit geskied via evolusie. Ons is die produkte van evolusionere kragte en magte en in dit sien ek god aan die werk.Jesus se aan thomas ‘laat hom wat soek nie ophou om te soek nie want as hy gevind het sal hy ontsteld wees en as hy ontsteld is sal hy verwonderd staan en hy sal vrede he en oor alles heers.Iemand skryf en ek haal aan”The reason we have a difficult time dealing with God or being God, is we are not allowing ourselves to harmonize with it or being in harmony with creation. When you allow yourselve to sing the song of creation, you are god because it is within you.

    willie burger

    May 6, 2011 at 10:11

  2. DW, huurlinge is nie gesante van God nie.
    Dit is vir my duidelik, dat jy nog nie by Christus uit gekom het nie, want jy ploeter in wette en dinge, wat vir die tyd van barbare van toepassing was. Jesus het ‘n nuwe bedeling gebring en dit blyk dat jy, soos baie, in die ou dinge vasgeval het.

    Hans Matthysen

    March 14, 2009 at 14:32

  3. Marthie skryf

    “Wat vertel dit jou van sogenaamde Christene wat oodele uitspreek sonder om eers hulle huiswerk te doen.”

    Ek dink eerder jy het nie jou huiswerk gedoen voordat jy hier kom galbraak nie.

    Het jy nog nie agtergekom dat dit die wese van jou geloof is nie.

    Die mens leer dit van god. God se gesant , die dominee ,het die volste reg om te veroordeel en te vervloek want hy kry die opdrag van god.

    Kill People Who Don’t Listen to Priests

    Anyone arrogant enough to reject the verdict of the judge or of the priest who represents the LORD your God must be put to death. Such evil must be purged from Israel. (Deuteronomy 17:12 NLT)

    Kill Nonbelievers

    They entered into a covenant to seek the Lord, the God of their fathers, with all their heart and soul; and everyone who would not seek the Lord, the God of Israel, was to be put to death, whether small or great, whether man or woman. (2 Chronicles 15:12-13 NAB)

    Kill False Prophets

    If a man still prophesies, his parents, father and mother, shall say to him, “You shall not live, because you have spoken a lie in the name of the Lord.” When he prophesies, his parents, father and mother, shall thrust him through. (Zechariah 13:3 NAB)

    Kill False Prophets

    1) Suppose there are prophets among you, or those who have dreams about the future, and they promise you signs or miracles, and the predicted signs or miracles take place. If the prophets then say, ‘Come, let us worship the gods of foreign nations,’ do not listen to them. The LORD your God is testing you to see if you love him with all your heart and soul. Serve only the LORD your God and fear him alone. Obey his commands, listen to his voice, and cling to him. The false prophets or dreamers who try to lead you astray must be put to death, for they encourage rebellion against the LORD your God, who brought you out of slavery in the land of Egypt. Since they try to keep you from following the LORD your God, you must execute them to remove the evil from among you. (Deuteronomy 13:1-5 NLT)

    2) But any prophet who claims to give a message from another god or who falsely claims to speak for me must die.’ You may wonder, ‘How will we know whether the prophecy is from the LORD or not?’ If the prophet predicts something in the LORD’s name and it does not happen, the LORD did not give the message. That prophet has spoken on his own and need not be feared. (Deuteronomy 18:20-22 NLT)

    DW

    March 3, 2009 at 13:19

  4. Bewilderbeast, ek dink nie, dat ek, die punt mis nie. What is more humane than revealing the fruits of the spirit towards all. (Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.)

    Hans Matthysen

    March 2, 2009 at 20:34

  5. Aren’t we missing the point that dominees don’t HAVE TO read anything other than the bible? It says everything, no more reading required.
    I had to wipe spittle off my shirt and spec lenses after listening to a Yank-accented (SA) preacher in a uber-rich church bellowing “Human rights?! There’s NO SUCH THING as human rights! GOD disposes! GOD decides!”
    Collection plate was full.

    bewilderbeast

    January 22, 2009 at 21:39

  6. Nathan, ek dink julle is in die minderheid wat so dink.

    Marthie, jy kan nie eintlik finger wys nie, want julle “oordeel” ons Christene ook vreeslik. Ek stem daarem saam met jou, dat die man eers die betrokke boek moet lees voordat hy iets daaroor kan sê.

    Hans Matthysen

    January 22, 2009 at 11:07

  7. Geen produk nie…

    Nathan Bond

    January 14, 2009 at 21:54

  8. Die Christelike Maatskappy in sy moer? Ek weet darem nie.

    Daan Van der Merwe

    January 14, 2009 at 16:35

  9. Marthie

    Dr Schutte vat die Christen Meesterverhaal aan – Skepping – Sondeval – Soendood. Dominees kan nie anders as om te oorreageer nie, want as hierdie meesterverhaal in die hek duik – en glo my, dit duik in die hék! – dan is die Christelike Maatskappy in sy moer. En glo my… die Christelike Maatskappy is in sy moer.

    Nathan Bond

    January 14, 2009 at 15:45

  10. Ek is nou nog woedend omdat ds. Karel le Cornu in die kerk op n preekstoel soos n besetene te kere gaan oor n artikel wat oor dr. Schutte in die Beeld geplaas is. Hy noem homself n man van God, maar spoeg vuur sonder om homself te verwerdig om dr. Schutte se boek te lees en dan sy mening uit te spreek. Wat vertel dit jou van sogenaamde Christene wat oodele uitspreek sonder om eers hulle huiswerk te doen.

    Marthie Kemp (gebore Kunneke)

    January 14, 2009 at 15:28

  11. Dit wil voorkom, dat om nie in God te glo, is om ‘n kak gesindheid te hê, om te dink jy is iets terwyl jy nietig is. Neewat, ek besef ek is nietig en my geloof in God word net sterker wanneer ek ‘n Goliat voor my sien. God is in die mens en daarom wil ek altyd ‘n mooi gesindheid teenoor elke mens openbaar, waar dit moontlik is.

    Hans Matthysen

    January 12, 2009 at 17:50

  12. Says Tufts philosopher Daniel Dennett: “I… have my doubts about the effectiveness of… sophisticated (theological) theorizing. A few pages of Tillich or Hartshorne and I find my eyes glazing over. If even a professional philosopher like me tends to grow impatient with the mountain of subtleties one has to climb to convince oneself that one has understood these theologies–let alone been persuaded by them–I doubt if they are anything more than a sort of reassuring elevator-music-made-of-words to those religious folk who don’t actually despise them as high-falutin’ “intellectual” attempts to obfuscate the Revealed Truth of whatever text they hold holy.” (Correspondence with Pastor Jack Good (Retired) following Dennett’s July 12, 2003 NYT article.)

    Nathan Bond

    December 18, 2008 at 13:35

  13. Theologians – i.e. those who would convince you that they have knowledge of the unknowable – and religious apologists of various stripes don’t have anything of substance, and it seems as if they know it, too. That is why they frequently put so much emphasis on the need to respect tradition, as if the tradition they wish to defend is (a) defensible and (b) worth defending. If they actually had something compelling, there’d be little need for all this agonisingly affected politeness, hopscotching around the point, embellishments with a glut of feel-good irrelevancies and insistence on solemn respect by others for their noisome intellectual impostures. I have on occasion debated religious issues with senior theology students and in all cases two overriding thoughts quickly came to the fore in my mind: “Get to the bleedin’ point, already!” and “How is all this other stuff you’re telling me in any way relevant to the argument?

    Theologians will probably say that I don’t understand the subtleties of theology. They may well be right in that view. My own view, admittedly subjective, is that an affinity for, and a facility with, various carefully selected fallacies of argumentation are a central part of the theological curriculum. Verbosity – the more inscrutable, the better – also seems to occupy a rather prominent place in the theologian’s bag of discursive tricks. As Martin Gardner once wrote in the context of postmodernists, “In the meantime, it would be good if [they] learned to speak clearly.”

    Is it impolite to say so? I certainly hope so.

    Con-Tester

    December 18, 2008 at 10:53


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: