Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Die varkhokke van die verlore seun

with 4 comments

Nadat die nuusredakteur van die Kerkbode, Jean Oostuizen, onlangs in By aangedui het dat dit ó tog so laf is om te dink dat daar régtig, égtig ‘n ark en ‘n Sondvloed was, skryf die predikant, dosent, Christelike koerant- en boekredakteur en Uitvoerende Hoof van die Bybel-Media Groep, dr Pieter Fourie dat die Bybel inderdaad veel méér is as ‘n geskiedenis- of wetenskapboek. (“Bybel eerder geloofs- as geskiedenisboek”, By, 20/12.)

Ai, toggie, hoor ek die versugting by Fourie, kán dit wees dat daar nog dommerds is wat meen daar was ‘n groot skip en iemand met die naam Noag toe die hele wêreld onder water was? Dink sulke arme drommels werklik dat geoloë nog die beendere van Genesis 6 se jagse reuse gaan opgrawe? Dat die aarde regtig in ses dae van 24 uur elk ontstaan het? En – die kersie op die room op die melktert op die Clemintina van der Walt bordjie – dat die varkhokke van die verlore seun nog ontdek sal word?

Dat die Bybel heimlik faal as moontlike gesag op watter gebied ook al, maak nie eens ‘n skrapie op godgelowiges se “wapenrusting van God” nie. Inteendeel, die saamgeflansde fabels word terstond “veel méér as ‘n geskiedenis- of wetenskapboek”. Die Bybel is… wag daarvoor: “‘n geloofsboek”.

Wat is die Gees-geïnspireerde uitvloeisel van dié aardskuddende insig?

Dat Fourie hom besig hou met die die verkondiging van die geloof in Jesus Christus.

Dit gaan oor “God”, dommie!

Terwyl dr Adrio König van Tshwane, Gauteng se “radikaal-kritiese teoloë” en ds André Jansen van Aalsmeer, Nederland se “vrysinniges” die oë rol en mekaar beterweterig in die ribbes pomp oor die naïewe dorpsidiote wat nog sús en nog só dink, verskans hulle die opperste valsheid, die grootste leuen van die mensdom: “God”.

Wat ‘n interessante aanslag! Byna briljant: Kom ons verblind die goedgelowige kerkbankers vir die gróót Perdedrol met die vlamme van die klein perdedrolletjies wat ons in die openbaar verbrand.

Perdedrolle is nogals nie vye nie, selfs al het tyd dit al ‘n groenerige kleur gegee.

Written by Nathan Bond

December 20, 2008 at 11:34

Posted in Religion must go!

4 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ons moet die bybel verstaan deur middel van metafore, beeldspraak, simbolisme en gelykenisse.Wat is die storie agter die storie? Daar was nie n verlore seun letterlik nie. Ek is die verlore seun.Ons moet onsself plaas in die plek van die verlore seun ens, DIT GAAN OOR GEESTELIKE GROEI. dIE MAN jESUS PRAAT IN RAAISELS oNS MOET DIE GEESTELIKE BETEKENIS VERSTAAN EN DIT VAN TOEPASSING MAAK OP ONS LEWENS.

    willie burger

    May 6, 2011 at 14:04

  2. DW, as jy regtig wou weet, sou jy dit al gevind het en die wonders van God, is nie te koop nie.

    Hans Matthysen

    January 13, 2009 at 21:20

  3. Hans

    Hoe moet ek die boodskap verstaan dat ek dit soos jy verstaan. Moet ‘n mens baie slim wees , iets spesiaals in jou koffie gooi of dalk verbode middels rook of snuif.
    Hierdie ware wynstok waarvan jy praat , waar kan ek dit koop? Is daar ‘n kraantjie aan wat jy kan oopdraai en dan daaruit drink? Hoe werk ‘n wynstok ?

    DW

    January 12, 2009 at 17:35

  4. Nathan, dit is nie die Bybel wat faal nie en tog wel hulle wat nie insig het om die boodskap te verstaan. Jesus Christus en die Apostels, wat in die verbond van God bly, is altyd onderworpe aan verswelging en vervolging, deur die “wêreldvloed”, bestaande uit “Skrifgeleerdes”, “Fariseërs” ens. Ek stem dus saam met jou, dat daar nie werklik ‘n fisiese ark was nie, want as jy na die mates van die ark gaan kyk, dan kon daar bitter min diere daarin gaan. Wat God deur Jesus Christus tot stand gebring het, naamlik die ware wynstok, het gerank tot in al die uithoeke van die aarde.

    Hans Matthysen

    January 12, 2009 at 12:20


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: