Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Ag, jissis tog, Arch!

with 55 comments

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu oor die Gasa-geweld: “Die God van Israel én van Palestina – die God van die heelal – huil, want Hy is ‘n God van geregtigheid en liefde.”

Ag ássebliéf tog, Arch!

Wáá kom jy aan die kák dat “God” – “die God van Israel én van Palestina ‘n God van geregtigheid en liefde” is!?

Dié “God” se bloedspoor van geweld en haat trek soos ‘n ewigdurende tsunami om ons aarde!

Soos ek al sóvele kere gesê het: Van Kain en Abel tot die jongste nuus word die ongenaakbaarste geweld in die naam van hierdie “God” gepleeg.

Hoekom?

Want dié bliksem is die Vader van Geweld!

“God” húíl!?

Pleks die fokker iets aan die saak dóén! Pleks van te sit en tjank.

Sjympies!

Assebliéf tog, Arch! Get real!

Written by Nathan Bond

December 29, 2008 at 08:05

Posted in Religion must go!

Tagged with ,

55 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Dit help nie om te vloek oor die bybel nie. Die opstanding,wederkoms,wegraping van 21Mei 2011 is alles vals en is nie volgens die bybel nie.Die hele christendom is op ‘n dwaal spoor.1Kor.15:51-52.het niks met ‘n wederkom te doen.Dit verwys na die geestelike opstanding op die derde dag wat staan vir die laaste ooreel of laaste basuin, wat die woord is. Want deur die woord van die waarheid wat uit verborgenheid bestaan gaan jy geoordeel word.Ons is nou in daardie derde dag. Toe daar gese is dat die Messiah op die derde dag gaan opstaan vewys dit nie na ‘n letterlike dag nie maar na ‘n tydperk. Die Messiah speel die rol van die Bruid. Dit was ‘n vooruitwysing na sy bruid.

    Gerhard

    July 7, 2010 at 10:54

  2. Johannes, lees Psm. 49 en sien dat hulle wat ontslaap is in die ewige dood en hulle wat nie ontslaap nie is in die ewige lewe. Jy is besig om die punt te mis en ek gaan nie elke vers wat jy aanhaal, omdat daar so baie is, vir jou verklaar nie.

    (1Co 15:51) Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,

    (1Co 15:52) in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

    Nathan, hierbo is vir jou ‘n voorbeeld van die ware boodskap.

    DW, ou Jannie Pelser blyk ‘n groot gees te wees, in die AGS Kerk, wat van hulle bestaan, bely, dat die apostels dood is. Nou is hy blykbaar ‘n apopstel en die vraag ontstaan dus, waar kom die skielike apostel vandaan? Ek het op ‘n advertensie van hom gereageer en dieselfde vraag aan hom gestel. Dit blyk dat die e-pos adres wat verskaf is, foutief was aangesien ek geen reaksie van sy kant af gekry het nie.

    Hans Matthysen

    February 16, 2009 at 21:45

  3. This ongoing Theatre-of-the-Absurd between contributors DW and johannes coetzee reminds me of a South Park episode titled “The Biggest Douche in the Universe”:

    John Edward: Look. What I do doesn’t hurt anybody. I give people closure and help them cope with life.
    Stan: No, you give them false hope and a belief in something that isn’t real.
    John Edward: But I’m a psychic.
    Stan: No dude, your a douche.
    John Edward: I’m not a douche! What if I really believe that dead people talk to me?
    Stan: Then you’re a stupid douche.

    I’ll let the reader decide who’s who in this little parable.

    Con-Tester

    January 20, 2009 at 22:36

  4. Ja fok hoe kon ek dit mis .
    Die gelykenis van die plat aarde , die gelykenis van die pilare van die aarde , die gelykenis van die vloed ,die gelykenis van die maagdelike geboorte – opstanding- en wederkoms en die gelykenis van die befokte aardbewing van 21 Mei 2011.

    Jy wil vir my die geestelike betekenis van die teksverse gee – Jirre Jissis wie se foking geestelike uitleg !!! Daai foking radiostasie doose s’n , Jannie Pelser s’n of die foking pous s’n. Jou foking kop fluit Sarie Marie deur jou poepol man.

    Laat daardie foking god van jou dit self vir my gee. En fok hom ek soek dit skriftelik . Ek het genoeg van sy kak gehad .Kan jy nie sien hy is ‘n foking dom doos nie.

    Jy skryf ;”en daarvan hou die mens (vanwee sy opstandige rebelse natuur) maar net mooi niks nie.”
    Fok man moet nie vir my se dat perdedrolle vye is nie.

    Hoe kan jy die foking 3 gotte van jou ernstig opneem en datums aan haar wegraping koppel as sy/hulle nie eers weet hoe lyk die foking aarde wat sy/hulle in 6 dae geskep het nie.? Geen wonder die 3 doos gotte was moeg na die skepping nie.

    Wat is nou so moeilik vir die 3 gotte om te kon sê die aarde is ‘n planeet en wentel om die son. Huh , fok kinders weet dit vandag. Maar jy kom hier met ‘n elle lange apologetiese verduideliking om jou foking doos gotte se gat te probeer red .

    Moet nou net nie op die 22 Mei 2011 sê dat die befokte aardbewing geestelik of metafories plaasgevind het nie en dat jy geestelik in die hemel is , en metafories op ‘n wolk opgevaar het.

    Jou kak Johannes (en jou foking gotte se kak ) is geboek op die 22 Mei 2011. Tot dan geniet jou dwelmverslawing .

    DW

    January 20, 2009 at 21:10

  5. DW

    Nee glad nie die Bybel praat nie kak nie, nie teen die agtergrond dat die Woord bepaal dat God met ons deur gelykenisse praat nie en dat God ons oë en ore vir die Waarheid van Sy Woord open wanneer Hy sou goeddunk…

    (Mat 13:13) Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.

    (Mat 13:14) En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.

    En tweedens dat Hy ons uitdruklik in die Bybel nie met woorde spreek wat menslike wysheid leer nie, maar dat die Heilige Gees ons leer wanneer ons Sy opdrag uitvoer deur geestelike dinge met die geestelike te vergelyk….

    (1Kor 2:13) Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.

    Deurlopend is die mens dus (vanaf die sondeval) van God se genade afhanklik om aan ons die geestelike betekenis van Sy Woord te leer…. en daarvan hou die mens (vanwee sy opstandige rebelse natuur) maar net mooi niks nie.

    Gedagtig aan bogenoemde twee beginsels (en ook ander beginsels van hoe die Woord van God soos dit in die Bybel geskrywe staan) behoort ons dus die geestelike met geestelike dinge te vergelyk as ons tot enige Waarheid wat in die die Woord verskuil is wil kom. Ons behoort dus Skrif met Skrif te vergelyk, omdat die Woord Sy eie interpreteerder is. As jy wil kan ek dalk poog om vir jou die geestelike betekenis van een of twee van die teksverse te gee….deur enige van bogenoemde gedeeltes te vergelyk met ander gedeeltes in die res van die Bybel…?

    Ek sal biekie na jou link na die website wat jy vir my gegee het gaan kyk en mettertyd vir jou terugvoer gee.

    johannes coetzee

    January 20, 2009 at 15:18

  6. Johannes

    Ou Niek , is net so ‘n storie soos Liewe Heksie en die Spook van Donkergat. Hy betaan net in die verbeelding van gelowiges soos jy. Net so bestaan die gotte ook net in die uithoeke van jou verbeelding.

    Maar ja ek moet sê , ja ou Niek , gesien in die lig van opperste fiksie , is ʼn groter realiteit as jou aardbewing van 21 Mei 2011.

    Al rede hoekom jy van aardbewings en doomsday praat is omdat jou dom gotte in haar boek –die Bybel- en haar onnosele profete gedink het dit kom van die ‘bonatuurlike” .

    Sien :
    http://www.seismo.unr.edu/ftp/pub/louie/class/100/plate-tectonics.html

    Ek het jou vroeër gevra of die aardbewing van N na S en O na W op die aarde gevoel sal word. Maw – die hele foking aarde ruk en bewe .

    Wel Johannes , die Bybel sê mos die aarde is plat en staan op pilare . Gaan die pilare ook verkrummel?

    1 Sammuel 2:8 – “…for the pillars of the earth are the Lord’s and he hath set the world upon them.”

    Job 9:6 – “He shakes the earth from it’s place and makes its pillars tremble.”

    Revelations 7:1 – “And after these things I saw four angels standing on four corners of the earth…”

    Matthew 4:8 – “Again, the devil taketh him up into an exceeding high mountain, and sheweth him all the kingdoms of the world, and the glory of them.”

    Verduidelik asb vir my bg tekste. Dit maak vir my fokol sin , behalwe as jy glo die aarde is plat , staan op pilare , glo in die duiwel , en dat die aarde 4 hoeke het.

    Dink jy nie die Bybel praat kak hier nie ?

    DW

    January 20, 2009 at 12:27

  7. DW

    Jou opmerking “Anders is ou Nick jou voorland” is duidelik nog die letsels van die die “gogga maak vir baba bang” gospels van die kerke wat jy oorgehou het. Wanneer God op 21 Oktober 2011 (5-maande na die wegraping op 21 Mei 2011) met hierdie heelal “klaarmaak” dan gaan ou Niek en diegene wat deel van sy koninkryk uitgemaak het algeheel vernietig word en sal daar vir ewig nooit weer aan hulle gedink word nie. Dit sal wees asof hulle nooit bestaan het nie.

    Dink jy vir een oomblik dat God ‘n plek genaamd hel gaan instandhou waar ou en niek en sy gesante en diegene wat nooit gered is of gaan word nie vir ewig gaan “brand”….? Nee my vriend, dis wat die meeste kerke en kerkstrukture hulle lidmate mee in die duister gehou het en steeds hou. Die woord hel is sinoniem met die woord graf of dood. Die Bybel is tog duidelik dat die loon van die sonde die dood is. Wanneer ‘n ongeredde dood is is hy dood. Hy kan nie dooier as dood wees nie.

    Die ou niek storie gaan dus nie meer af nie…dit wil vir my voorkom of ou niek vir jou ‘n groter realiteit is as die aardbewing wat op 21 Mei 2011 gaan plaasvind….?

    Die verrassing van alle eeue is dat ou niek tans ‘n voorwerp van aanbidding in die kerke is, hulle grootste vrees naamlik dat ou niek oor die ongereddes sal reageer het alreeds op 21 Mei 1988 waargeword. Die volgende woorde wat vir ons in die Skrif aangeteken staan het in vervulling gegaan…

    (2Th 2:3) Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf

    (2Th 2:4) die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

    Die seun van die verderf is niemand anders as ou niek wat vandag ‘n voorwerp van aanbidding in die kerke en kerkstrukture is nie. Hy het mos die vermoee om homself as ‘n engel van die lig voor te doen, en werk hy soos in die dae van Jesus deur “ministers of righteousness” en wel soos deur die volgende Skrifgedeelte bepaal:

    (2Co 11:14) En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.

    (2Co 11:15) Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.

    DW dankie vir jou besorgdheid, ek is nie van voorneme om iets onverantwoordeliks aan te vang nie… ek hoop immers om op 22 Mei 2011 vir ewig met die Skepper van die teenswoordige en ook die toekomstige hemele en aarde verenig te wees.

    johannes coetzee

    January 20, 2009 at 09:11

  8. Johannes skryf : “Die guns wat jy my vra is egter nie haalbaar nie omdat ek op die 22 Mei 2011 nie hier gaan wees nie. “

    Jissis Johannes , moet net nie iets onverantwoordeliks aanvang na middernag die 21 Mei 2011 nie. Vir jou mag die teleurstelling groot wees want die moerse aardbewing gaan nie kom nie .

    Johannes , is jy seker jy is uitverkies ? Anders is ou Niek jou voorland.

    DW

    January 19, 2009 at 12:59

  9. Chris (hopelik nie ‘n skuilnaam nie…?)

    Nee ek het nog nooit sulke “voorspellings” gedoen nie. Dit is dus my eerste (en laaste) ervaring. Elke ou moet maar sy “huiswerk” aangaande hierdie dinge self gaan doen…! Ek staan egter verslae om te sien hoeveel inligting in die Skrif aangeteken is wat handel oor tyd…. Ek het vrede in my hart oor wat ek in die Bybel nagevors het en nou uitbasuin.

    Enige spottery oor hierdie aangeleentheid skeel my min. Inteendeel die gespottery daarrondom help in ‘n sekere sin om die Waarheid by die hoorders daarvan uit te bring. Dis immers God wat wat die hoorders daartoe lei om die Waarheid wat in Sy Woord (die Bybel) aangeteken is te gaan bestudeer en hom dan daarvan te oortuig… is dit nie? Geen mens het die vermoee om ‘n ander van enige iets te oortuig nie.

    Die guns wat jy my vra is egter nie haalbaar nie omdat ek op die 22 Mei 2011 nie hier gaan wees nie. My vertroue in nie in “godsdiens” nie maar in dit waartoe die God van die Bybel my oortuig het.

    Daar is perfekte haromnie tussen die wetenskap en die Woord van God omdat Hy die Skepper daarvan is.

    Dankie vir jou “hulp” … jy klink amper soos een of ander kerkling wat my van sy kerk se evangelie wil oortuig…?!

    johannes coetzee

    johannes coetzee

    January 19, 2009 at 09:57

  10. Johannes, het jy nog nie jou les geleer oor eindtydvoorspellings nie? Daar was al derduisende doemprofete voor jou. Ek lees nou onlangs weer ‘n laaang lys van beroemde voorspellings. Een doos, hier in die 1850s rond, het al sy volgelinge na die heuwels toe uitgelei. Het hulle regtig gedink dis veiliger op die heuwels? Die beste is hierdie ouens se verduidelikings nadat die apokalips nie plaasgevind het nie. Dan rasionaliseer hulle te lekker. Johannes, sal jy my een guns doen. As die son normaalweg opkom op 22 Mei 2011, sal jy dan lank en ernstig gaan nadink oor jou godsdiens? Sal jy dan die moontlikheid oorweeg dat jy mislei is? Sal jy dan begin kyk na wetenskaplike verduidelikings van die heelal en die mens? Ons sal nie “gloat” en vir jou lag nie, maar jou eerder help op die pad van a-godsdienstige, wetenskaplike ontdekking.

    Chris

    Chris

    January 15, 2009 at 01:15

  11. DW

    Hoemeer spotters hoemeer vervulling van ondermeer die volgende woorde soos deur God in Sy Woord die Bybel uitgespel:

    (Jes 28:22) Gedra julle dan nou nie soos spotters, dat julle bande nie vaster word nie; want ek het van die Here HERE van die leërskare gehoor ‘n verdelging wat vas besluit is, oor die hele aarde.

    (2Pe 3:3) Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel

    (2Pe 3:4) en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.

    (Jud 1:17) Maar julle, geliefdes, moet die woorde onthou wat tevore gespreek is deur die apostels van onse Here Jesus Christus,

    (Jud 1:18) dat hulle vir julle gesê het: In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel.

    Sal tot dan toe steeds poog om my bru te waarsku…

    DW enige debat met jou bly egter steeds meer sinvol as met meeste van die ouens in die “drukgang” van hul kerke of hul kerkstrukture….

    johannes coetzee

    January 14, 2009 at 17:01

  12. Johannes

    Baie dankie .Jy het dit duidelik gestel , met voorbeelde uit die Bybel . (fok weet hoe jy daaraan kom maar whatever)

    So ek wag vir die aardbewing op die 21 Mei. Ek hoop jy het jou antwoorde reg vir die 22 de Mei 2011, want dan begin jou kak amptelik. Tot dan kan ons maar net spot.

    DW

    January 14, 2009 at 09:33

  13. DW

    Die hele aarde dude die hele aarde….almal gaan weet.

    Ten van jou vraag oor hoe en wanneer die wegraping gaan wees…stel ek voor jy lees I Kor 15. Vir jou en ander lesers se gerief gee ek ‘n uittreksel…

    (1Co 15:49) En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.

    (1Co 15:50) Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

    (1Co 15:51) Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,

    (1Co 15:52) in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

    Oor wat tydens die laaste 5 maande tot en met die 21 Oktober 2011 gaan gebeur …. wil dit voorkom of ‘n groot deel van die wereldbevolking uitgewis gaan wees. Diegene wat steeds nie wil glo dat dit die begin van die einde is nie (soos diegene wat hulself nog onder die gesag van kerke bevind sal steeds wil glo dat daar nog hoop is, maar dan gaan hulle prediking wees soos volg:

    (Rev 9:5) En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek.

    (Rev 9:6) En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.

    Hulle sal die dood (in Christus) soek maar omdat die genade tyd van God verby is sal die dood (die dood in Christus) van hulle af wegvlug…..!

    Dit beteken nie noodwendig net omdat jy nie meer onder die gesag van die kerke is dat jy ‘n “beter kans” tot redding het as enige iemand anders nie. Die Skrif is tog duidelik dat God nie ‘n aannemer van die persoon is nie. Dit beteken net dat jy nie soos enige kerkganger onderwerp is aan die “krag van dwaling” wat deur God oor die kerke gestuur het is nie.

    (2Th 2:11) En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

    (2Th 2:12) sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

    Hoop dit help.

    johannes coetzee

    January 13, 2009 at 10:00

  14. Johannes

    Siende dat ek nie “onder die kerk se strukture “ is nie (ek het die kerk in 1986 gegroet ) , en dat die 3 gotte gesê het ons moet daaruit pag gee het ek seker ‘n beter kans om saam met jou weggeraap te word as die dominees en kerkgangers , hoe sou jy dink?

    As ek en jy so saam met liewe Jeeeeesus op die wolk ry sal ons kan sien hoe die drolle op aarde lekker kak terwyl ons mooi liedjies vir liewe Jeeeeeesus sing . Fok ek hoop daar is catering op die donders wolk.

    DW

    January 10, 2009 at 18:49

  15. Johannes

    Die aardbewing – af te wel moeder van alle aardbewings soos jy dit noem , gaan dit op een plek voorkom , soos onlangs in Kalifornië of gaan die 3 gotte ‘n groter show vir ons gee. Bv. een befokte aardbewing wat die hele wêreld gaan ruk , van Noord tot Suid en van Oos tot Wes. Hiermee bedoel ek dat elke mens dit op aarde gaan voel .

    Ek wonder net watse kak jy gaan kwytraak as daar teen Julie 2011 nog nie ‘n ‘moeder van alle aardbewings gekom het nie.

    Maar vertel ons ʼn bietjie wat na die aardbewing gaan kom en wanneer die wegraping gaan plaasvind. Bv. wanneer gaan jy die tydige met die ewige verwissel, datum, uur en plek asb. Het jy ‘n spesiale wegrapings pakkie om jou teen die kosmiese strale te beskerm, of kan jy ook interplanetêre travelling doen soos Mohammed en sy perd destyds vanaf Jerusalem ge- travel het. Is jy seker jy is nie ‘n Moslem nie, want julle glo in die selfde kak.

    DW

    January 10, 2009 at 18:38

  16. DW

    Jys lees reg, 21 Mei 2011 begin dit met die moeder van alle aardbewings…!

    Dis nie toevallig dat dit presies 7000jaar na die vloed wat in die dae van Noag (4990 VC)plaasgevind het, gaan gebeur nie.

    Met netmeer as 27maande vanaf die begin van die Einde kan ‘n mens nie anders as om maar net weer die “trompet” te blaas nie…!

    Nie dat ek verwag dat die mens (veral diegene wat hulself nog onder die gesag van enige kerk of kerkstruktuur bevind) hul daaraan gaan steur nie?

    Dis net eenvoudig asemrowend om te sien hoe fyn die inligting aangaande die “tyd van die einde” in die Bybels verskuil is.

    As die eerste dag van skepping Dag 1, die tweede dag van skepping as Dag 2 genommer word, en ons met daardie partoon sou voortgaan dan was die dag waartydens God die ark agter Noag-hulle toegesluit het Dag 2199904. Hierdie dag val in die jaar 4990VC wat ook die jaar was waartydens die Sondvloed plaasgevind het. Hierdie dag identifiseer met die volgende teksverse in die Bybel:

    (Gen 7:11) In die ses honderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen;

    (Gen 7:12) en die stortreën was op die aarde veertig dae en veertig nagte lank.

    (Gen 7:13) Op daardie selfde dag het Noag en Sem en Gam en Jafet, die seuns van Noag, sowel as die vrou van Noag en die drie vroue van sy seuns saam met hulle in die ark gegaan.

    Indien ons van daardie dag af 7000jaar X 365,2422 = 2556695,4 dae sou bytel land ons op Dag 4756599,4 wat identifiseer met die 17de dag van die 2de maand van die Hebreeuse Kalender (bekend as 17 Iyyar) van die jaar van onse Heer 2011. Dit is dieselfde dag as die 21ste Mei 2011 van ons moderne Gregorian-kalender.

    (2Pe 3:3) Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel

    (2Pe 3:4) en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.

    (2Pe 3:5) Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,

    (2Pe 3:6) waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het.

    (2Pe 3:7) Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.

    (2Pe 3:8) Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.

    21 Mei 2011 is die begin van die einde, die begin van die laaste 5maande van die bestaan van hierdie goddelose generasie waaraan God ‘n einde gaan bring. Genadiglik gaan die Skepper van die heelal ‘n finale einde bring op die 21ste Oktober 2011

    Is dit toevallig dat 21 Oktober 2011 identifiseer met die laaste dag van die Fees van Tabernakels (Ook die einde van die maand waartydens die Jode hulle Finale Einde van die Jaar oesfees gevier het)….?

    Hoe dit ookal “geskrywe staan”, die mens sal maar normaalweg voortgaan en wel soos dit ook geskrywe staan in die volgende Skrifgedeelte:

    (Mat 24:38) Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het,

    (Mat 24:39) en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

    (Mat 24:40) Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat.

    (Mat 24:41) Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat.

    (Mat 24:42) Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.

    (Mat 24:43) Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie.

    (Mat 24:44) Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.

    Vir diegene wat God glo, maw diegene wat glo dat wat in die Heilige Skrifte “geskrywe staan” waar is( soos dit in enige nogmale Bybel vertaal is) sal die dag nie soos ‘n dief in die nag kom nie:

    (1Th 5:4) Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.

    (1Th 5:5) Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.

    Die hartverskeurende van alles is dat veral die sogenaamde deursnee christen die Bybel nie eers lees nie, nevermind nog glo wat daarin “geskrywe staan”…

    Geniet die laaste oorblywende nou 862 dae van die laaste van laaste dae met die oog gerig op die Koning van die heelal wat beslis weer gaan kom, hierdie keer gaan Hy nie weer kom op ‘n donkie kom nie…!(Rev 19:11) Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.

    (Rev 19:12) En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.

    (Rev 19:13) En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.

    My gebed vir veral ons ou afrikaner volkie (en ook die ander volkere)is:

    (Luk 18:13) En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig!

    En in die woorde van Daniël 9:4-19

    johannes coetzee

    January 8, 2009 at 09:49

  17. AS

    I write in Mumbai: “India and Pakistan only exist as separate countries because Hindus and Muslims believe different things about absolute nonsense.”

    Dis inderdaad “ALLES godsdiens”.

    Nathan Bond

    January 6, 2009 at 07:48

  18. I’m concerned that no one challenged Daan’s erroneous statements: 1) “Die spanning tussen Indië en Pakistan kom oor baie jare en sal bly voortduur tot die aarde vergaan. Dit het NIKS met godsdiens te doen nie, maar oor grondbesit.” Daan, dit het ALLES met godsdiens te doen – leer bietjie geskiedenis: 14 August, 1947, saw the birth of the new Islamic Republic of Pakistan. At midnight the next day India won its freedom from colonial rule, ending nearly 350 years of British presence in India. During the struggle for freedom, Gandhi had written an appeal “To Every Briton” to free their possessions in Asia and Africa, especially India. The British left India divided in two. The two countries were founded on the basis of religion, with Pakistan as an Islamic state and India as a secular one. 2) “Dieselfde met die Jode en die Palestyne…” – ALLES met godsdiens te doen, Daan: The United Nations Partition Plan for Palestine or United Nations General Assembly Resolution 181 was a plan approved by the General Assembly on November 29, 1947 to terminate the British Mandate of Palestine by August 1, 1948, and facilitate the creation of two states, one Jewish and one Arab (i.e. predominantly Muslim). 3) Die Amerikaanse Burgeroorlog word hoofsaaklik aan 5 oorsake gehang. Die prys van katoen is ‘n baie klein deel daarvan. Slawerny was die groter issue, en dit was ‘n issue as gevolg van GODSDIENS, Daan: Led by Mark Noll, a body of scholarship has highlighted the fact that the American debate over slavery became a shooting war in part because the two sides reached diametrically opposite conclusions based on reading the same authoritative source of guidance on moral questions: the King James Version of the Bible. There were many causes of the Civil War, but the religious conflict, almost unimaginable in modern America, cut very deep at the time. Noll and others highlight the significance of the religion issue for the famous phrase in Lincoln’s second inaugural: “Both read the same Bible and pray to the same God, and each invokes His aid against the other.” ALLES godsdiens! Nathan, my bet for blame is on two thirds religion, one third everything else that pisses people off. Beers on the bet!

    Amused Skeptic

    January 5, 2009 at 23:40

  19. Johannes

    Help my net ‘n bietjie reg .

    Bedoel jy die moeder van alle aardbewings gaan op 21 Mei 2011 die kak uit die aarde skud.

    MAW , na die aardbewing op 21 Mei 2011 begin die sports.

    So as die aardbewing nie op 21 / 22 Mei 2011 gaan kom nie, wat dan ?

    Kom ons gee die 3 gotte kans tot op die 1 ste Junie 2011 om die show met ‘n moese aardbewing te start, hoe voel jy , is dit billik ?

    Psssssst .. , Gods! ek hoop die 3 gotte wat 1 is kom na die party toe , ek hoop hoop hulle ken van ruk en rol.

    DW

    January 5, 2009 at 17:09

  20. Con-Tester

    I do not know Epstein’s book and a cursory Google gave me no info either. Please mail me more info!

    Nathan Bond

    January 5, 2009 at 16:22

  21. Johannes

    Dink jy nie julle ouens moet alles verkoop en die geld spandeer om Barack Obama en Nicholas Sarkozy en Gordon Brown en Vlad Putin en Hu Jintao en Taro Aso te vertel dat hulle nie nodig het om vir die toekoms te beplan nie!?

    Die grootste wonderwerk is juis aan die Bybel toe te skryf: Dat die Bybel mense geredelik tot kwylende idiote kan reduseer.

    Nathan Bond

    January 5, 2009 at 16:20

  22. Nathan

    Hierdie jaar AD 2009 is om presies te wees 13021 jaar vanaf die jaar van skepping wat gedurende 11013VC plaasgevind het. Die 6000jaar denke is ou “kerk” denke… breekweg bru breekweg hulle leringe stink soos hulle onnerbroeke.

    Ja DW nou meer as ooit, vandag is daar om presies te wees 865 dae oor na 21 Mei 2011 wat die begin van die einde gaan inlei met die moeder van alle aardbewings…!

    johannes coetzee

    January 5, 2009 at 13:35

  23. Nathan Bond wrote (31 Dec 08 at 2:04 pm):

    The ‘diamond business’ is a pet peeve of mine and I have, to my shame, never made the connection…

    This “connection” would, I presume, be the parallels between the gem-quality diamond trade and religion: a keenly defended though thoroughly artificial and propped up sense of inimitable worth based on little more than lies, deceit, hype, puffery and a wholly fictitious tradition, propelled by a select group of deeply self-interested people. Industrial diamonds do find practical use, however, so the analogy is not quite D-grade.

    I take it that you have read Edward Jay Epstein’s The Death of the Diamond? In that book, Epstein’s prognosis, as suggested by the book’s title and viewed with twenty-five years’ retrograde perspective, was clearly too optimistic. Perhaps there’s another clear-cut allegory in there somewhere to heed for those of us who oppose religion.

    Con-Tester

    January 5, 2009 at 12:34

  24. Hellow Johannes

    Lekker 2009 vir jou.

    Glo jy nog steeds die 2011 kak?

    DW

    January 5, 2009 at 09:02

  25. Laurie

    Wat de fok is ‘n goeie godsdiens?

    Die allah god en die 3 gotte van liefde moet maar hulle dinge in GAZA doen. Fok kordon die hele Israel/ Palestina af en laat hulle mekaar uitmoor. Daar is geen oplossing solank die tempel en klaagmuur bestaan.

    As ek my sin kry dan NUKE ek die hele tempelmount poer in sy moer. Van die godsdiens kak in Palestina het ek nou genoeg het …om nie eers te praat van die kak wat Gaum beweer nie. …’n goeie Godsdiens nogal !!!!

    Bloei julle fokkers bloei…..

    DW

    January 5, 2009 at 09:00

  26. En presies wat is hierdie “ware boodskap”, Hans?

    Nathan Bond

    January 3, 2009 at 13:54

  27. Nathan, julle glo wat julle wil en bly nog by swak redenasievoering, wanneer dit oor God en die wil van God gaan. Julle dwaal in die dogma wat julle geleer het, toe julle op ‘n stadium in julle lewe, gelowig was. Ek sê weer, wat God deur Jesus en die ander apostels verkondig het, is nie altyd wat deur baie gelowiges gelewe word nie. Die Christelike geloof word en was al baie keer gekaap, en vir verkeerde doeleindes gebruik. Julle self het blykbaar nog nie eers die ware boodskap ontdek en nou ploeter julle self in die modder, soos julle voorgangers.My wense vir julle in die nuwe jaar is, dat julle uit die modderpoel sal opvaar, in ‘n stroom, helder soos kristal.

    Hans Matthysen

    January 3, 2009 at 12:36

  28. Johannes

    Is jy seker, jong!?

    13,000 jaar?

    Nie 12,998 nie?

    Of 13,005 nie?

    13,000 jaar?

    Nathan Bond

    January 2, 2009 at 17:58

  29. Nathan

    Die vrugte stelery het 13000jaar gelede plaasgevind, kry jou feite reg. Die 6000jaar is ‘n ou kerk doctrine waaraan nie net die kerk lyk my vasklou nie….

    Toemaar dude oor minder as 870 dae begin die einde van die mensdom se gesanik oor alle wat nie meer lekka is nie…! So van snare voos geslaan gepraat…?

    johannes coetzee

    January 2, 2009 at 13:01

  30. Daan

    “Vir elke voorbeeld van godsdienstig-aangedrewe geweld op Nathan se lysie kan ek twee voorbeelde gee van nie-godsdienstig-aangedrewe geweld.”

    ‘Nie-godsdienstige-aangedrewe geweld’ is ‘n term wat versigtig benader moet word. Wat presies bedoel jy hiermee? Indien jy met die term verwys na geweld wat deur nie-gelowiges gepleeg word, verwys ek jou graag na ‘n gedeelte in Richard Dawkins se ”The God Delusion”. Dawkins tref onderskeid tussen geweld wat enersyds deur ateiste gepleeg word, en andersyds, in die naam van ateisme gepleeg word. Dawkins gebruik die voorbeelde van Hitler en Stalin. Laagenoemde twee was beslis wrede karakters gemeet aan enige standaarde. Die twee was ook ateiste. “So what?” se Dawkins. Beide het ook snorre gehad! So ook Saddam Hoessein.

    “What matters is not whether Hitler and Stalin were atheists, but whether atheism systematically influences people to do bad things. There is not the smallest evidence that it does.” (Dawkins, 2006, p.309).

    ‘Nie-godsdienstige-aangedrewe geweld’ word nie deur mense gepleeg omdat hulle nie godsdienstig is nie. Daardie aanname is verkeerd. Eers wanneer geweld in die naam van ateisme gepleeg word kan dit met godsdienstig-aangedrewe geweld vergelyk word.

    Groete

    Rick

    Rick

    January 2, 2009 at 12:21

  31. Daan

    Jy reken dus dat godsdiens verantwoordelik is vir een derde van alle geweld op aarde?

    Kom ons vernietig hierdie massiéwe bron van geweld! Wat sê jy?

    Nathan Bond

    January 2, 2009 at 08:19

  32. Rick! More.

    “Dus, of geloof teenwoordig of nie is, daar sal altyd kak en goed wees! Is dit wat jy probeer se?”

    Inderdaad!

    Ek het met my eerste bydrae 5 maande terug toegegee dat godsdiens verantwoordelik was vir heelwat ellende soos die kruistogte en die Spaanse Inkwisisie.

    Vir elke voorbeeld van godsdienstig-aangedrewe geweld op Nathan se lysie kan ek twee voorbeelde gee van nie-godsdienstig-aangedrewe geweld.

    Vir jou ook, ‘n baie voorspoedige 2009.

    Daan Van der Merwe

    January 2, 2009 at 07:28

  33. Klaas

    Jy’s helemaal reg, maar ek praat uit die paradigma van die godgelowige denke: Vir die gelowige – met wie ek praat – is “God” baie eg. “God” is die ou wat die krediet kry vir tant Pop se genesing van kanker… “God” moet dan ook die blaam kry vir, byvoorbeeld, Jos.

    Nathan Bond

    January 1, 2009 at 13:18

  34. Nathan, jy doen “God” eintlik eer aan deur te sê dit is sy bloedspoor van haat en geweld wat soos ‘n tsunami deur die wêreld loop. Die ou bestaan nie. Die God-hersenskim is die produk van (a) ewolusionêre biologie — ons is God-bedraad om hopelik beter te oorleef en (b) sosialisering — jou ouers en jou samelewing dwing jou om te glo. Dit vat rasionele denke en guts om hierdie sterk kettings te breek.

    So plaas die blaam waar dit hoort: Dis mense se bloedspoor, of dan mense wat in ‘n God glo se bloedspoor. Ek weet jy satiriseer dit self deur “God” in aanhalingstekens te sit, maar miskien moet jy dit duideliker uitspel.

    Klaas uit Oz uit

    Klaas

    January 1, 2009 at 12:08

  35. Religion is the archetype of a quasi-monopoly on manipulative subterfuges — a veritable De Beers of deception and connivery. That believers can in general not see this is a monument to its singular success“, says Con-Tester.

    The “diamond business” is a pet peeve of mine and I have, to my shame, never made the connection…

    Diamonds are worthless by abundance. Diamonds have value only because De Beers has the chutzpah to say it has value and the capital (and monopoly) to make it so.

    Yeah, yeah, I know it’s an simplism. But it’s a marketing simplism – and therefore very “real”.

    It’s like Pick n Pay (a favourite store of mine, I should say at once) being the cheapest. (Generally speaking; basket by basket – or trolley for trolley as a former Checkers boss used to say. And you don’t have to park for a second time…) Ask any “housewife”.

    It’s not so! But the marketing says it is so and therefore it is so.

    You can scream “religion is fucking great” until the cows come home… and religion will remain a crock.

    Saying it is so does not make it so.

    Yet, unfortunately, when the delusion is shared…

    It’s like Rick says – we have a responsibility. Let’s answer to it!

    Nathan Bond

    December 31, 2008 at 14:04

  36. Then, of course, there’s the jarringly odd way in which religion pretends to promote harmony and unity among people: “Yes, we most certainly can all be as one! (Just as long, that is, as we all agree to abide unconditionally by my terms – and fuck you, we’ll write you off, maybe even hurt you a little, if you don’t.)” Goodness knows, it’s all around us.

    Religion is the archetype of a quasi-monopoly on manipulative subterfuges — a veritable De Beers of deception and connivery. That believers can in general not see this is a monument to its singular success.

    Con-Tester

    December 31, 2008 at 13:07

  37. Daan

    Skitterend man!

    “noord van die Limpopo, sal daar altyd slagting wees, godsdiens of te not.”

    Dus, of geloof teenwoordig of nie is, daar sal altyd kak en goed wees! Is dit wat jy probeer se?

    Wanneer Nathan dan herhaaldelik sy lys van voorbeelde uitpluk wat die booshede van godsdiens so duidelik uitbeeld (die vervelige lys van Jos-sis, Kruistogte, moffies (ai, die moffies!), en Uganda), is dit nie dan ons verantwoordelikheid om weg te doen met die snert (godsdiens) nie?

    Tester, you are being over critical! Religion ain’t all bad?! Yeah right, apparently Bob Mugabe also ain’t all bad….

    Op ‘n ander noot. Ek wens alle lesers in blink 2009 toe!

    Groete

    Rick

    Rick

    December 31, 2008 at 12:53

  38. But Rick, don’t you see? It’s not my religion that’s to blame! It’s all those other heretics and their unfaithful kindred who always start the trouble!

    Con-Tester

    December 31, 2008 at 08:41

  39. Dankie vir die link, Rick. Dis inderdaad tragies.

    Ek is nie van nature pessimisties nie, maar in sub-Sahara Afrika, noord van die Limpopo, sal daar altyd slagting wees, godsdiens of te not.

    Ek kan maar net hoop en bid dat dit Afrika suid van die Limpopo, nog lank gespaar sal bly……

    Daan Van der Merwe

    December 31, 2008 at 06:22

  40. Nathan

    Ek het hierbo slegs enkele voorbeelde gegee van moord en doodslag waar godsdiens nie ‘n rol gespeel het nie.

    “It ain’t just religion yaknow”, is dus nie ‘n gesannik nie, maar die waarheid. Pis die waarheid jou af?

    Jy sê: “I can find no single reason to tolerate the idiotology (sic) religion.”

    Dis fine. Dis jou goeie reg. Ek dink nie daar is gelowiges wie van jou verwag om verdraagsaam teenoor godsdiens te wees nie.

    My skoonma kon dit nie verdra dat ek en my swaer Saterdagmiddag ‘n bottel whisky uitgedrink het nie. Shame! Fok haar. Sy het in elk geval geen geld wat my vrou eendag kan erf nie.

    Daan Van der Merwe

    December 31, 2008 at 06:10

  41. Rick

    December 31, 2008 at 00:26

  42. Daan

    Hope you don’t mind me responding in Liza’s cant – ain’t not in the mood to do much thought translating just at the moment.

    To be direct, Daan, this wailing “It ain’t just religion yaknow” pisses me off. Cause it is, yaknow. Religion. And I’ve responded to this tendentiousness arrogating as “argument” more times than I care to remember. And that pisses me off too. Go read Dis nie waaroor godsdiens gaan nie again!

    I write, in It’s religion, stupid! that to tolerate religion because it is not the exclusive vehicle of evil, identifies religion as a vessel of evil and denies us the opportunity to eliminate at least one known crucible of evil.

    Interestingly, the Top 10 Religious Stories of 2008 have been named recently, such as they are.

    The first three stories relate to Obama, McCain and Palin wooing believers to vote for them. The idea, I would venture to guess, is that if they already believe in “God”, you can make the suckers believe anything, even that McCain has a plan.

    4 and 6 deal with those sinning fucking gays and that the church don’t want ‘em.

    5 is about Benny Dick visiting the States and talking about priests who fucked choir boys.

    9 deals with “Faith Based Organsisations” having to cut back because of the global economic downturn.

    7, 8 and 10 are about violence induced by religion.

    Not a single positive about religion within a country mile!

    Religion sucks, Daan. And it ain’t the business end of a 68.

    The prominent Princeton theologian, Elaine Pagels, notes that religion and politics are inextricable, originating from the same emotional source. Patriotism is about the abstruse emotions associated with fatherland, father, country, place, family, kinsmen. Patriotism is a ready fountainhead for political passion and political conviction – and especially conviction about war – issues deeply connected with religious impulses. Religion is a ready political expedient.

    Subsequently, there are very many conflicts of the fiercest kind that are fought solely over questions of religious matters. And this while religion lays claim to peace and goodwill.

    In an email discussion with Con-Tester, he remarks: “Religion is by its nature divisive because it polarises people according to a set of essentially culturally derived prejudices. It emphasises the differences rather than the similarities.”

    Irma skryf op ’n Dun Draadjie” –

    Die probleem myns insiens is nie dat daar sleg in die geloof is nie, die probleem is dat geloof daai slegtigheid regverdig, toelaat en aanmoedig. Die kern van die Christelike geloof (wat die een is wat ek goed ken) is eksklusiwiteit – die klomp gaan hemel toe en daai klomp gaan hel toe. En eksklusiwiteit is ALTYD gebaseer op haat van “die ander”.

    A ready crucible for violence – justified violence, mind!

    I can find no single reason to tolerate the idiotology (sic) religion.

    Nathan Bond

    December 30, 2008 at 18:04

  43. Nathan! More.

    Ek wou al lankal hierdie punt opper.

    Dink jy nie dat jy godsdiens as inspirasie tot geweld ‘n bietjie oorskat nie?

    Die spanning tussen Indië en Pakistan kom oor baie jare en sal bly voortduur tot die aarde vergaan. Dit het NIKS met godsdiens te doen nie, maar oor grondbesit. Dieselfde met die Jode en die Palestyne.

    Amerika se inval van Irak het eweneens niks met godsdiens te doen nie. Die Yanks beskerm Israel en soek alternatiewe oliebronne buite Texas en California.

    Destyds het die Amerikaanse Burgeroorlog ook niks met godsdiens te doene gehad nie. (Beide die Noorde en die Suide was oorwegend Christene!) Dit het gegaan oor die prys van katoen.

    Kyk na die Franse Rewolusie. Godsdiens was hoegenaamd nie ‘n faktor nie. Dit was juis die Atheistiese filosowe soos Voltaire en Jean-Jacques Rossouw wie se sosiologiese stellings een van die groot oorsake van die rewolusie was.

    Honderdeduisende vrouens (en onskuldige kinders, Nathan) van die adelstand is wreed vermoor. Sure, die peasants is oor baie jare uitgebuit en ek kan aanvaar dat die Franse edelmanne hulle afgepis het, iets verskrikliks.

    Daan Van der Merwe

    December 30, 2008 at 08:49

  44. die vraag bly inderdaad nog al die eeue met ons – en op sy regmatige plek in die middel van my teologie, geloof en lewe Nathan.

    Laurie Gaum

    December 29, 2008 at 15:48

  45. Dankie Laurie, vir die standpunt oor die Teodisee-vraagstuk.

    Ek spreek dit aan oor die 2004-tsunami in Liefs die wetenskap.

    Na my mening is daar twee aspekte wat “God” se bestaan tot ‘n verdwynende klein moontlikheid reduseer: Die teenwoordigheid van lyding – Epicurus se vraag is na al die eeue nog steeds nie beantwoord nie – en die oorweldigende bewys teen ‘n Skepping. Epicurus en Darwin sê dat “God” nie is nie.

    Nathan Bond

    December 29, 2008 at 15:34

  46. Jou teodisee-vraag bly natuurlik valid.

    Laurie Gaum

    December 29, 2008 at 15:26

  47. Tutu gebruik geestelike taal want hy is ‘n geestelike wat in ‘n geestelike paradigma operate. Dis baie belangrik om hierdie taal te gebruik in die konteks wat hy hier probeer aanspreek, want dis mense wat hulle van beide kante op eksklusiwiteit beroep en so godsdiens in die proses misbruik. Terug op 1 van Irma se punte: Ook ander groepe – nie net godsdienstiges – trek grense vir wie “in” of “uit” is – problematies stem ek saam en in wese teen progressiewe geloof wat “die ander” as toetssteen vir die integriteit van geloof sien.

    Laurie Gaum

    December 29, 2008 at 15:24

  48. Laurie

    Ek het matelose respek vir Tutu se meelewenendheid, maar sy verwysing na ‘n “God van geregtigheid en liefde” – en met betrekking to Gasa! – is belaglik en lagwekkend!

    Dis juis een van die groot probleme wat ek met die godsdiens het: dat dit andersins intelligente, meelewende mense van tyd tot tyd tot idiote reduseer.

    As “God” is soos Tutu sê “God” is, waarom doen die bliksem nie iets aan lyding nie?

    Oor “Sy Almagtigheid” se perverse sin van geregtigheid? Oor daai vrugtestelery “6000 jaar” gelede?

    Ek sal vir die “Sleg Moer” ‘n vrugtemandjie koop. Dink jy dit sal help?

    Nathan Bond

    December 29, 2008 at 15:09

  49. Ek stem heeltemaal met jou saam oor daai eng interpretasie van “naasteliefde” veral in 80’s SA Irma. En ek ken dit om “die ander” in christelike geselfskap te wees! Ek beskou egter progressiewe ateiste, agnostici, Christene, Moslems, Jode, Buddhiste, humaniste ens. (waar hulle almal mens-vriendelik is) as my kamerade saam met wie ek sal stry en werk vir geregtigheid en liefde. Implisiet hierin sal wees dat ons mekaar se geloof of nie-geloof respekteer. Daar is mense wat hulleself gelowig noem soos Tutu wat myns insiens ‘n geweldige aanwins vir die samelewing is en wat juis vanuit ‘n geloofsraamwerk opereer.

    Laurie Gaum

    December 29, 2008 at 13:55

  50. Religion is an insult to human dignity. With or without it, you’d have good people doing good things and evil people doing evil things. But for good people to do evil things, it takes religion. ~ Steven Weinberg

    Laurie

    Irma skryf op die draad ‘n Dun Draadjie:

    Die vraag is nie of daar goed of sleg in geloof is nie. Die vraag is of daar goed of sleg in geloof is wat nie in elk geval deel is van mensheid nie? Dit is nie noodsaaklik vir “naasteliefde” dat jy aan ‘n geloof behoort nie. Mense het dit of hulle het dit nie. En die kans is goed dat mense wat nie aan ‘n geloof behoort nie baie meer “naasteliefde” sal betoon as die wat wel aan so iets behoort. Hoekom? Want hulle kry nie die haat in saam met die sedeprekies oor hoe hulle vir hulle “naaste” moet lief wees nie.

    Digression: ek verpes die woord “naasteliefde” veral nadat ek jare gelede ‘n preek gehoor het oor wie jou naaste is. Dit was 80’s SA en julle kan seker raai wie dit nie in die uitgelese groepie gemaak het nie…

    Die probleem myns insiens is nie dat daar sleg in die geloof is nie, die probleem is dat geloof daai slegtigheid regverdig, toelaat en aanmoedig. Die kern van die Christelike geloof (wat die een is wat ek goed ken) is eksklusiwiteit – die klomp gaan hemel toe en daai klomp gaan hel toe. En eksklusiwiteit is ALTYD gebaseer op haat van “die ander”. Miskien word dit eers vir mens duidelik as jy vir ‘n slag “die ander” is.

    Ek kan geen enkele voordeel sien in die delusion wat godsdiens is nie, Laurie. Miskien kan jy ‘n voordeel voorstel?

    Nathan Bond

    December 29, 2008 at 13:34

  51. jy dink nie daar’s ook “slegte” ateisme of agnostisisme nie?

    Laurie Gaum

    December 29, 2008 at 12:13

  52. Laurie

    Ek verwys jou na my skrywe The Curate’s Egg

    Nathan Bond

    December 29, 2008 at 12:05

  53. jou embarrassment word op prys gestel Nathan, maar jy bly in die blaming game teenoor godsdiens en God, terwyl diegene wat soms in diens van godsdiens en God staan verantwoordelik gehou moet word vir die dwaashede wat hulle aanjaag. Indien jy godsdiens en God bly uithaal, ontneem jy mense hulle verantwoordelikheid om aan die waardes van “goeie” godsdiens – en daar is! – verantwoording te doen, nie?

    Laurie Gaum

    December 29, 2008 at 11:35

  54. Laurie

    Inderdaad slaan ek dieselfde snaar!

    Na Jos en die opbou van militêre mag op die grens tussen Indië en Pakistan en wat in Gasa gebeur… hóé kan ek stilbly!? Hóé, Laurie!? Hóé!?

    Elkeen van hierdie gebeure is die direkte gevolg van mense wat verskil oor absolute snért! Oor gode! Allawêreld! Hóé kan ek stilbly!? Hóé kan die wêreld stilbly!?

    Ek is nie kwaad en suur nie; ek is bang – tot die dood toe bang. En moerse embarrassed namens mense wat in “God” glo.

    Oor Gasa het aartsbiskop Tutu wrágtag die wind om ‘n “God van geregtigheid en liefde” op te roep!? Jíssis!

    Hoe skreeu Penn Jilette: “Elvis didn’t do no drugs!”

    Yeah. Right.

    Nathan Bond

    December 29, 2008 at 11:12

  55. Jis Nathan, waa-voor is jy so kwaad en suur? En jy slaan dieselfde snaar darem voos!

    Laurie Gaum

    December 29, 2008 at 10:08


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: