Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

‘n Dominee moet askies sê oor die Pous

with 5 comments

Johann Symington trap rooi rosies plat

Die bekende Afrikaanse geestelike, Johann Symington, moes rooi rose se lesers om verskoning vra omdat hy glo aanstoot gegee het in sy November Tussen My en Jou-rubriek “Hoekom is ek nie die Pous nie?”.

Interessant.

Ek voel vir die Pous níks. “Die Pous” is die belaglikste “amp” denkbaar: iemand staan ampshalwe tot mense soos ene “Jesus” glo sowat 2000 jaar gelede tot mense gestaan het. Fôkkin ridiculous.

Ek dink nie dis moontlik om die Pous te erg te beledig nie. Ek stem, met voorbehoud, saam met Koos Kombuis wat onlangs gesê het die Pous is ‘n poes omdat die Pous kak goed oor gays sê.

Maar ek is nie verbaas nie oor Symington se verskoning aan rooi rose-lesers – “aan al die lesers, veral Rooms-Katolieke lesers…”

Net na Ratzinger se “kroning” noem ‘n gereformeerde Afrikaner Benedictus “ons pous” wat Europa se “Christelike wortels” sal herstel en die kontinent teen, onder andere, “die bedreiging wat Islam inhou” sal beskerm. (Litnet, Lank lewe ons pous!, 26/4/2005.)

Die vermaarde rubriekskrywer, Etienne Britz, wat sterk deur die eksistensie-filosofie beïnvloed is, skryf ‘n dag of wat later dat “ons ontheiligde wêreld ‘n pous met buitengewone intelligensie, vaste geloof en ‘n liefdevolle gesig nodig het”. (Uithoeke, Die Burger, 28/4/2005.)

Benedictus XVI se vroeë nalatenskap, Dominus Iesu, wat hy op 5 September 2000 as kardinaal uitgereik het, bevestig die “vir-ons-of-teen-ons” politieke rymklets van die 21ste eeu, aan die teologie ontleen. In sy kroningsrede tooi “God se Rotweiler” hierdie amptelike verklaring, dat “ons”, die Katolieke Kerk, die enigste weg tot saligheid is, in ‘n ekumeniese kleed – dat daar één kudde en één herder behoort te wees.

Dit is ‘n wekroep wat wye aanklank oor denkgrense heen vind, selfs al het Benedictus, as kardinaal, Anglikaanse en ander Protestantse kerke “gebrekkig” genoem.

Die Vatikaan se onverbiddelike aanslag word ook onder gereformeerdes verwelkom: Die Burger prys Johannes Paulus II in ‘n hoofartikel (Stil broers, 9/4/2005) as ” ‘n man van integriteit wat g’n duim sou wyk van sy waardestelsels nie” – asof toewyding ‘n waardestelsel regverdig – ‘n waardestelsel wat grootliks deur Benedictus, onafskeidbaar aan die gestorwe pous se dogmatiese sy sedert 1982, gevestig en gehandhaaf is, en nou vars opgedis word in die naam van behoudendheid.

Die bepaalde ekumeniese “ons” in Benedictus se oorblyfsel uitsprake, dat alle paaie na die Paradys deur Rome loop, is juis in die smeltkroes van die Christelike sjibolet ideologie gesmee. Dit dui aan dat die hokke van verdelende, onfeilbare waardes steeds bo die kombers van vreedsame naasbestaan verkies word. Dit is geen wonder nie dat die pous se uitgesproke behoudende geloofsoortuigings Christene van uiteenlopende belydenisse blykbaar verenig in ‘n verworwe apokaliptiese stryd teen sonde, en teen die tradisionele voorkeurvyand, Islam.

Dit is ironies dat die politieke sukses, buite Europa, van die toegeëiende magskreet “vir-ons-of-teen-ons” deur Benedictus gebruik word om ‘n afvallige kudde te probeer verenig.

Maar helaas, die keiser is kaal. Benedictus was, volgens destydse berigte, geskok oor die verwerping van die toegewyde Katoliek, Rocco Buttiglione, as ‘n Europese kommissaris. Die redakteur van die Amerikaanse Katolieke weekblad, America, die Jesuïet Thomas Reese, het op 6 Mei 2005 bedank en verklaar dat die Vatikaan se onwilligheid om vraagstukke soos homoseksualiteit en vroueregte selfs te bespreek die kerk tot ‘n “intellektuele ghetto” verdoem. Gewone mense, Katolieke; gelowiges, is stadig maar seker besig om tradisie en dogma met gesonde verstand te vervang. Dit blyk nou dat eksegetiese verbeeldingsvlugte en hermeneutiese jakkalsdraaie godsdiens nie langer kan verskans teen doodgewone kômmin sens nie .

Die oorwegend Katolieke Italië het die laagste geboortesyfer in Europa, met die oorwegend Katolieke Ierland ‘n kortkop agter. Die gelowige menigtes veronagsaam kennelik die bisarre pouslike dekrete oor seksuele verhoudings en geboortebeperking.

Benedictus hou vol dat vroue nie verorden kan word nie, en sy verbod op voorbehoedmiddels en aborsies verdoem vroue tot ewige ondergeskiktheid – ook in skadelike huwelike wat nooit ontbind kan word nie. Veral Westerse vroue neem hierdie walglike diskriminasie nie meer vir lief nie. Dit is een van die redes waarom dit vir my vreemd is dat rooi rose-lesers “aanstoot geneem het” oor Symington se lighartigheid.

Nog ‘n tradisioneel Katolieke land, Spanje, het op 21 April 2005 in die voetspore van België en Nederland gevolg en ‘n wet aanvaar wat gay huwelike wettig en gays bemagtig om kinders aan te neem.  Benedictus se Vatikaan het dié wet ten sterkste veroordeel en Katolieke Spaanse amptenare aangesê om te weier om gay huwelike te voltrek, selfs al kos dit hulle hul poste. Maar Spanje se destydse sosialistiese Premier, Jose Luis Rodriguez Zapatero, was vasbeslote om Spanje ‘n sekulêre staat te maak – hy wou egskeidingswetgewing vereenvoudig en selfs aborsiewetgewing hervorm. Benedictus hou egter steeds vol om sosiale wetenskap se ontluikende insig te misken en verdoem homoseksualiteit as ‘n “geneigdheid tot intrinsieke morele boosheid”, een van die venynigste uitsprake nóg teen gays.

Dit is juis die Vatikaan se onverbiddelike houding oor homoseksualiteit en ongehude priesters wat vergrype soos die kindermishandelingskandaal help baar het. Amerikaanse vervolgingsamptenare is deurlopend gekortwiek deur die Vatikaan se beskerming van verdagtes. Dit is daarom allermins verassend dat ‘n CNN/USA Today/Gallup meningspeiling ná Benedictus se verkiesing aangedui het dat bykans 75% van Amerikaanse Katolieke eerder aan hul eie gewete sou gehoor gee oor “moeilike morele vraagstukke” as aan die pous se leringe.

Die verbod op kondome in ‘n wêreld waar 6000 mense in Afrika suid van die Sahara elke dag met die MI Virus besmet word is gewoon onverantwoordelik en bepaald wreed. Om die verbod boonop ‘n pseudo-navorsingsklankie te gee – dat die MI Virus 450 maal kleiner as ‘n spermsel is en maklik deur die “net” van ‘n lateks kondoom kan dring, is bedrog wat tot die dood lei: moord.

Immoraliteit en relativisme, waaraan hy ‘n besondere hekel het, is nie Benedictus se grootste probleme nie. Dit is die wetenskap wat Benedictus se mag bedreig. Die teologiese sofisme wat God se laaste denkbare funksie uit die laaste loopgraaf verdedig gaan eensklaps verydel word sodra die wetenskap menslike kloning en stamseltegnieke vervolmaak het.

‘n Verbod op geboortebeperking en aborsies, die miskenning van gay- en vroueregte en die ontmoediging van veilige seks word reeds deur moderne Europeërs verwerp. Daar is dus hoop dat waansinnige leringe soos ‘n maagdelike geboorte, ‘n opstanding uit die dood, ‘n hemelvaart, transsubstansiasie, saligverklarings en ‘n ewige lewe binnekort verwerp sal word.

Josef Kardinaal Ratzinger het die naam Benedictus gekies omdat hy hom vereenselwig met die rol wat St. Benedictus van Nursia, die sesde eeuse stigter van die Benediktynse orde, in die kerstening van Europa gespeel het. Hy streef ook die ideale van Benedictus XV, “wie se lewe Europa se Christelike wortels oproep”, na. Die naam Benedictus, reken Ratzinger, staan vir ‘n verenigde Europa en herinner sterk aan die Christelike wortels van die Europese kultuur en beskawing.

Tog kan Europa, die bakermat van vernuwing en uitnemendheid, die mensdom juis moontlik na ‘n godlose toekoms lei. Benedictus XVI se behoudendheid, oftewel onverkwiklike fundamentalisme, mag dalk juis die katalisator wees om daardie beter toekoms kort voor lank te vestig.

Bronnelys:

1. America, News briefs, May 6, 2005.

2. BBC, A Profile on Pope Benedict XVI, April 19, 2005, 1830 GMT.

3. BBC, A pope with uncompromising views, April 20, 2005, 0016 GMT.

4.  BBC, Vatican condemns Spain gay bill, April 22, 2005, 1224 GMT.

5. Bloomberg, Pope Benedict XVI Greets Thousands in His First Papal Audience, April 27, 2005.

6. Christianity Today, Ratzinger’s New ‘Impossible Job’, April 25, 2005.

7. CNN, Benedict XVI calls for unification of Christians, April 21, 2005, 0936 GMT.

8. The Guardian, Christian Europe RIP, April 21, 2005.

9. The Independent, Why the cardinals chose the Rottweiler, April 22, 2005.

10. Hans Küng, Crisis In The Catholic Church – The Pope’s Contradictions, Der Spiegel, 13/2005.

11. Mary Jo McConahay, Benedict’s first big challenge, salon.com, April 20, 2005.

12. New York Times, Pope explains reasons for picking name, April 28, 2005.

13. Philip Jenkins, The Next Christendom – The Coming of Global Christianity, New York: Oxford University Press, 2002.

Written by Nathan Bond

January 16, 2009 at 16:14

Posted in Religion must go!

5 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Irma skryf :”…alle pouse en die meeste gereformeerdes ook poese. En die GKSA is die grootste een van hulle almal…”

    Korreksie ,

    Alle pouse en ALLE FOKING Gereformeerdes is poese.
    Jissis die foking doppers – gods – die pous – die foking doppers – jissis- nee wie die grootste poes is, is moeilik om te hê – . Weens direkte ondervinding van die sekte gaan ek subjektief wees en die Doppers as die grootste kontlike poese bekroon.
    Ek hoop die skynheiliges in die Engel factory op Potch neem kennis van die bekroning,
    en dan tog , die foking NG Kerk – die foking Baptiste , 7 dag fokkers . Nee gods hulle is almal fuctup!!!!!

    DW

    February 7, 2009 at 13:00

  2. Irma se:”En ek wil graag vir Koos Kombuis sê: die pous was ‘n poes laaaank voordat hy uitsprake gemaak het oor gays – jy moet hoor wat hy van vroue sê! Mind you, as dit die toets is, is alle pouse en die meeste gereformeerdes ook poese. En die GKSA is die grootste een van hulle almal ”

    Irma
    Jy sê dit so pragtig hierbo. Ek is sommer lus en stuur vir jou ‘n bos blomme . Die GKSA is die heel sotlikste van die Susters Sektes.
    Kyk hier. http://blogs.beeld.com/ViewComments.aspx?mid=271&blogid=22

    DW

    January 19, 2009 at 16:46

  3. Hey Nathan.

    Ja, jong, ek is ook al oor die vingers getik (veral deur my ma) oor my taalgebruik. En ‘n oud-dosent van my – wat let wel deels verantwoordelik is vir hoe ek vandag dink – het my berispe omdat dit nie pas by ‘n feminis nie. Wel, screw dit. Die punt is juis dat mens tot op so ‘n punt van bevryding moet kom dat jy jou nie meer kan worry oor kleinlikhede nie.

    Die waarheid is dat daar woorde is wat presies mens se disgust verwoord en ander nie. Daar is ‘n wonderlike quote uit Carol Shields se boek Unless:

    “Sincerity? No. Sincerity’s over. Sincerity’s lost whatever edge it had. It’s fine, fine matter but wasted on the press who wouldn’t recognize a bar of willed innocence if it came wrapped in foil. Nor will I ever again be pointlessly, endlessly polite.”

    Ek dink dat die skok oor taalgebruik net nog ‘n manier is waarop mense probeer om jou “op jou plek” te hou. En ek laat dit nie meer toe nie.

    Irma Kroeze

    January 19, 2009 at 07:48

  4. Irma

    Ek praat vroeër vandeesweek met ‘n kollega – vir doeleindes van duidelikheid moet ek hom as ‘n bruin man identifiseer – wat my huiwerig vertel hoe hy dit onmoontlik vind om in “die wit setlaars van Jan van Riebeeck se tyd af” se god en se Bybel te glo.

    My reaksie was dat ek nog nooit kon begryp hoe indigenous peoples in “God” kan glo nie. (Selfs nie in my gelowige jare nie!) En ek kan vorijirre nie begryp dat vroue godgelowig kan wees nie.

    Ek wil ook graag iets sê oor die gebruik van die woord “poes”:

    ‘n Gewaardeerde korrespondent (wat nie op hierdie blog skryf nie) het my al baie maal skerp berispe oor my taalgebruik. Nadat hy my redes vir die gebruik van bepaalde woorde gelees het – en aanvaar het – het hy steeds kapsie gemaak oor vloekwoorde wat na vroulike geslagsdele verwys.

    Ek het ‘n weersin aan hierdie woorde soos ek aan die godsdiens het, maar ek hou by my oortuiging dat my taalgebruik my weersin aan die godsdiens moet reflekteer.

    Persoonlik het ek groot waardering dat jý – ‘n vrou; ‘n vlýmskerp individu; ‘n educated mens – bereid is om “poes” te gebruik waar géén ander Afrikaanse woord die bepaalde minagting kan weergee nie.

    Dankie!

    Vir al my lesers: Lees hier en hier hoekom ek vloektaal gebruik oor die godsdiens.

    Nathan Bond

    January 17, 2009 at 06:41

  5. Ek dink onmiddelik aan Oscar Wilde: “A thing is not true because a man dies for it”. As jy onverbiddelik glo in iets wat bullshit is, is dit steeds bullshit en jy’s ‘n idioot. En ek wil graag vir Koos Kombuis sê: die pous was ‘n poes laaaank voordat hy uitsprake gemaak het oor gays – jy moet hoor wat hy van vroue sê! Mind you, as dit die toets is, is alle pouse en die meeste gereformeerdes ook poese. En die GKSA is die grootste een van hulle almal …

    Irma

    January 16, 2009 at 22:00


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: