Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

“Genesingsgebed”

with 30 comments

Ek wag op ‘n antwoord van die NG Kerk oor geloofsgenesing – na aanleiding van ‘n artikel op die Kerkbode se webblad: “Genesing: die wil van God“.

Ek het die redakteur van die Kerkbode, Johann Symington – een van die mees meelewende mense wat ek ooit die voorreg gehad het om te ontmoet – gevra of die NG Kerk geloofsgenesing (of, soos die skrywer van die artikel sê, “genesingsgebed” – nié “gebedsgenesing” nie!) onderskryf.

Symington het my versoek na die NG Kerk se Direkteur: Kommunikasie, dr Kobus Gerber, verwys. Ek weet nie hoekom Symington dit gedoen het nie; as redakteur van die kerk se amptelike koerant behoort hy sekerlik te weet wát die kerk onderskryf en wat nié, maar daar het jy dit nou.

Soos ek sê, ek wag nou dat Gerber my sê. Of die kerk geloofsgenesing (of, soos die skrywer van die artikel sê, “genesingsgebed” – nié “gebedsgenesing” nie!) onderskryf of nie.

In afwagting vra ek toe maar ‘n paar kerkbankers en ‘n dominee of twee wat ek toevallig ken en hulle verseker my dat die NG Kerk inderdaad glo dat die ingrype van “God” genesing – fisiese genesing?; jaá, fisiese genesing!; letterlik, nie figuurlik nie?; jaá, létterlik, nié figuurlik nie! – bring.

Noujatoe. Die plaaslike dominees en kerkbankers smaak my weet beter wat die NG Kerk glo en wat nié, as wat die NG Kerk se geleerde leiers en amptenare weet. Dalk moet dié leiers en amptenare… maar wag, ek moet my storie klaar vertel:

Ek woon onlangs ‘n event by waar kanker survivors geld insamel vir kankernavorsing en waar survivors mekaar – en almal wat hulle hoor – motiveer met persoonlike verhale van ongelooflike mensemoed en deursettingsvermoë. Dit was, met enkele uitsonderinge, soos ek hieronder vertel, ‘n massiewe sukses en ‘n inspirerende ondervinding. Ek salueer hierdie dapper kanniedoods en ek onderskryf hulle lewenstoewyding.

(Ter bevestiging van die inligting wat ek van plaaslike leraars en kerkbankers gekry het wil ek net sê dat hierdie event meestal bygewoon is deur lede van die NG Kerk. En lede van die NG Kerk se “Susterkerke” en “Dogterkerke”. Ai, toggie, tog.)

Iemand het by dié geleentheid ‘n allerverskriklike lied gesing – amper soos die goed van Black Sabbath toe Ozzie nog jonk was en ek ‘n rebelse tiener wat die musiek gehaat het maar die uitdrukkings wat dit op pa en ma se gesigte gehad het geniet het – oor ‘n “houtkruis”. Die woord “houtkruis” het sowat 1000 maal voorgekom en ek kon “bloed” en “spykers” ook nou en dan hoor en klaarblyklik is dit ‘n “loflied”! oor iemand wat met spykers aan dié houtkruis vasgespyker is dat die bloed spat. En daar was kínders is die skare! Christene. Wat kan ‘n mens sê?

En toe vertel ‘n survivor haar storie en sê dat sy bly is dat “God” haar kanker gegee het want nou, nádat “God” haar weer genees het, is sy ‘n beter mens.

J-í-r-r-r-r-r-r-r-e-J-i-é-s-s-s-s-s-ú-s-C-h-r-í-s-t-u-s-G-ó-t-t-t!

Kán jy jou dit indink!?

Ma-nou-toema’.

Genesing. Van kanker. Ek deel in hierdie survivors se blydskap.

Die survivor het ‘n roerende toespraak oor haar persoonlike stryd gemaak en gesê dat, in haar geval, die chemo-terapie aanvanklik nié gewerk het nie en die bestralingsterapie daarna aanvanklik óók nie, maar later tog wel. Want “God” het haar genees. Wat, is ons mense “God” se fools? “God” se speelgoed? “God” se ligte vermaak? Fôk “God”. Die Moslems het nét die regte woord vir “God” – “Al-Quddoos (القدوس –  “The Most Holy”.) Dít, dat “God” die ding gedoen het, terwyl daar doktors wat haar met toewyding behandel het in die skare gesit het! Praat van iemand in die gesig vat!

Die survivor het ook gesê “God” het inderdaad sekere kankerpasiënte “na ‘Hom’ toe gevat” – as sterretjies. Opdat dié wat in die donker agterbly lig kan hê.

J-í-r-r-r-r-r-r-r-e-J-i-é-s-s-s-s-s-ú-s-C-h-r-í-s-t-u-s-G-ó-t-t-t!

Kyk, mý kontensie is nou dít: “God” – “Al-Quddoos” – maak kanker gesond in daardie gebiede waar vooraanstaande onkoloë en spesialis mediese dienste geredelik beskikbaar is en die mense wat deur “God” genees word het feitlik áltyd goeie mediese versekering. Die alternatief is Lagos en “profeet” Joshua en ‘n pynlike dood en ‘n begrafnis deur Jannie Pelser. En dan word jy “‘n sterretjie”.

My pot se deksel is juis dít: Dat “God” mense siek maak (oukei, oukei, dat “God” tóélaat dat mense siek word – jissis, godiote is weird); wag dat hulle in angs biddend smeek om genees te word; hulle aanvanklik ignoreer (“néé” is óók ‘n antwoord! – jissis, godiote is weird); wag totdat hulle én hulle vriende en familie en inbellers na Sê Wie op RSG biddend smeek dat hulle genees moet word… en dan maak “God” ‘n paar gesond (uh-uh, “God” laat nie toe dat hulle genees word nie; “God” genéés! Boet).

Jís-sís, godiote is weird!

Maar my pot se heel beste passende deksel is dít: Hóékom wil hierdie godgelowige siekes genees word as die alternatief hulle terstond aan die boesem van hulle Here sal besorg!? Godsk!, as ék geglo het, sou ek allermins gesmeek het vir genesing en enige iemand wat gebid het om my die vinnigste moontlike pad paradys toe te ontneem met my laaste krag geblíksem het!

Jís-sís, godiote is weird!

Maar oor hierdie rondfôkkery van “God” met sy armes van gees: Wie de fôk dink “Al-Quddoos” ís hy?

En presies hóé fôkkin stoepit ís godiote?

Written by Nathan Bond

February 8, 2009 at 08:13

Posted in Religion must go!

30 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Jy praat seker uit ervarings van jou eie wye deelnames aan leë blik gedrag uit, nè ou Hans Matthysen?

    Con-Tester

    April 9, 2009 at 08:46

  2. DW, jy is soos ‘n leë blik wat net ‘n lawaai kan maak.

    Hans Matthysen

    April 8, 2009 at 20:48

  3. Liewe Hans

    Papa en mama se vir Hans :” Jy is so ‘n mooi voorbeeldige seun wie se hartjie so lief is vir Liewe Jeeesus . Mama en papa is so trots op jou dat jy vir liewe Jeeeesus so lief het.”

    Hans : “ Dankie papa en mama , wat sal ek sonder liewe Jeeesus kon doen . Sonder liewe Jeeeeeesus was ek tot niks in staat nie .

    Die buurman “ is jy gefok in jou kop of is jy ‘n holnaaier , jy is daai foking soort wat na ‘n man kyk as in ‘n stripclub is. Kom foking by man. “

    DW

    March 27, 2009 at 13:16

  4. DW, jou kommentaar is maar altyd negatief en dit wil voorkom asof jy nie eers geloof in jouself het nie (geen posetiewe denkenie).

    Hans Matthysen

    March 23, 2009 at 21:21

  5. Hans ,

    Is jy foking dof ?

    DW

    March 13, 2009 at 13:39

  6. Ek dink you geloof is dan in jouself, dus is daar wel geloof.

    Hans Matthysen

    March 13, 2009 at 00:04

  7. ’n Mens kan maklik positief wees sonder geloof. En sonder om andere heeltyd te boelsjit.

    Con-Tester

    February 27, 2009 at 09:01

  8. Geloof en gebed, is ‘n vorm van, om posetief te wees. Wanneer ons posetief is, is posetiewe resultate baie meer moontlik as wanneer mens negatief is. Dit is deel van die kennis en wysheid van God. Hierdie “shows” wat by kerke opgesit word, waar mense kwansuis genees word, is “Simon die towenaar” (Hand. 8) manewalse. Hulle is daarop uit om baie geld te maak, uit die wat hulle mislei.

    Hans Matthysen

    February 26, 2009 at 23:52

  9. Bewilderbeast! Middag.

    Ek weet eerlikwaar nie of God ingegryp het en of my seun net gelukkig was nie.

    Daan Van der Merwe

    February 13, 2009 at 12:15

  10. Sienner

    Doen julle boob-jobs ook onder gebed?

    Gods nou- nou bid jy vir ‘n “C” en dan kry ky ‘n paar Dolly’s

    http://images.google.co.za/images?sourceid=navclient&rlz=1T4GZHY_enZA244ZA244&q=dolly+parton&um=1&ie=UTF-8&ei=30SVSYPJAoS4MfmkzYoM&sa=X&oi=image_result_group&resnum=1&ct=title

    DW

    February 13, 2009 at 12:02

  11. My kinda church, dr Siener!

    Nathan Bond

    February 12, 2009 at 16:57

  12. By V.A.K.T.A.P. (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en die Allerhoogste Party)het ons vele genesings gedoen. Ons het selfs ledemate laat terug groei. Ons het ook vele Afrikaner mans gehelp om hulle penisse te verleng met gebed.

    Groete
    Dr. / Ds. / Siener van Zyl

    KAK (Kerk vir die Afrikaner Kultuur)’n lid van VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en Allerhoogste Party)

    Vaktap

    February 12, 2009 at 15:55

  13. Wat doen jy Jak?
    Hierdie forum in nou nie ‘n plekkie waar Sondagskool- pieknieks gereël word nie. Ook nie om Jannie – ek- bid –jou -gou –gou –gesond- Pelser se toere na TB Joshua te bemark nie.
    Wat help dit jy skryf ‘n ordentlike brief aan Dr Crafford , Jannie Pelser , die Pous , die Kweekskole , die moderator Stephan Joubert , Isak Burger , Moreletapark en noem maar op. Dit is hierdie “heiliges” wat mense soos Johannes en Daan besoedel het.

    Jy het op hierdie “godverlate” forum uitgekom. Maar jy vra :” So wat is jou bydrae om van die “gevaar” ontslae te raak …. ”

    Nathan het afskrifte van die meeste van my briewe oa, aan bg. heiliges en instansies plus nog baie meer.
    Ja ou jak , al my eiers is nie op die blog nie .

    DW

    February 12, 2009 at 10:06

  14. Daan. Ek is jammer oor jou seun se ongeluk, en bly hy’t dit oorleef. En dat hy so goed herstel het dat hy nou weet KZNatal is waar decent rugby gespeel word.

    Ek vra nou jou logiese brein: As jy NIE ernstig gebid het nie (en ek neem aan jy het), wat dan?
    Wat sou jou goeie, ordentlike, almagtige, alwetende, gawe en genadevolle God gedoen het?

    bewilderbeast

    February 11, 2009 at 23:47

  15. Jak. Ek hoor jou as jy se “get a life” of soortgelyk.
    Maar die ding is dit IS BELANGRIK om teen godsdiens te preek! Jy hoef nie ‘n fundamentalis te wees om deel te wees van die skade wat godsdiens veroorsaak.
    Gewone “ordentlike” kerkgangers gee indirek hulle seen op die malles wat “armies” oorlog toe stuur om teen muslims (bv) te gaan veg. Gewone “ordentlike” kerkgangers mag nie met die pous stry nie as hy se kindermishandeling is OK. Gewone “ordentlike” kerkgangers bly stil as “sterker” gelowiges die wetenskap wil ondermyn. Gewone “ordentlike” kerkgangers mag nie stry nie as malles smeek dat “oordeelsdag” gouer vorentoe gebring deur n armegeddon tipe ramp aan te moedig.

    Stilbly is gemaklik, en rustig, en kalmer, en beminsaam. En miskien ook “meelewend” (what’s that?).
    En vreeslik gevaarlik.

    bewilderbeast

    February 11, 2009 at 23:38

  16. So wat is jou bydrae om van die “gevaar” ontslae te raak DW behalwe om te kak en te kerm en hier op ‘n godverlate blog wat weinig lees aan die vloek en die skel te gaan? Dink jy nie dis ewe pateties nie? Ek dink so.

    Jak

    February 11, 2009 at 22:48

  17. Daan , gaan speel eerder Golf , of gaan werk aan jou voorgee. Dalk is jy beter in Golf as in Godsdiens.

    Daan ek wonder nou net…… as jy ‘n golfbal in die water slaan , kan jy bid en vir Jesus vra om hom te laat dryf en uit te rol tot in die gat …. (maar onthou jy mag nie kroek nie )

    DW

    February 11, 2009 at 11:48

  18. Nee, DW. Beslis nie.

    Daan Van der Merwe

    February 10, 2009 at 16:05

  19. Nee , Jak

    Die gode en 3 Christelike gotte wat 1 maar 3 is, is oulike stories. Amper so iets soos Trompie en sy bende of Fritz Deelman se boeke of Shakespeare .

    Wat is nou lekkerder as om ‘n nice fiksie storie te lees, soos die 6 dag skepping of toe Mohammed met sy perd opgevaar het – nogal sonder ‘n space suite , of dat die aarde op pilare staan, of dat donkies kan praat, of dat ‘n ene Jesus op ‘n wolk opgevaar het hemel toe en sit op ‘n stoel langs sy papa .

    Jy sien ou Jak , as mense vir jou vertel dat die mannetjies op die maan perderdrolle eet en dit as die waarheid vertel , en nog meer dat hulle met die maanmannetjies praat dan is daar ‘n skroef los, behalwe nou as jy ‘n inwoner van Groendakkies is .

    Jy kan brûe bou soos jy wil , maar as malles in die samelewing rondloop en hulle sotlikhede in koerante , oor die TV , in publikasies en advertensies verkondig is die samelewing in gevaar . Dis hoekom die Benny Hinn’s TB Joshua’s , Moreletapark , Isak Burger -ek bid – jou- OOK – gesond, die Jehova’s , Die Doppers , Jannie Pelsers – ek -vat –jou- gou- na- TB toe, met moord kan wegkom.

    Dis hoekom die David Koresh’e , Jim Jones’s, Branch Davidians, die Gatekeepers die Katolieke en Protestante der miljoene mense hulle lewens gekos het.

    Godsdiens is nie gevaarlik nie – dis ‘n fokking gevaarlike game!!!!

    Om ‘n bruggie te bou en oor te stap , of om jou ore toe te druk – sorry pel – try iemand anders.

    DW

    February 10, 2009 at 15:48

  20. Ek hou daarvan as die slang sy eie stert begin raakbyt…!

    Dit herrinner aan die geval toe die kinders van Moab en Ammon saam met die inwoners van die gebergte Seïr teen Juda opgeruk het en hulle mekaar uitgewis het…. en dit nadat koning Jósafat hom tot God om hulp gewend het.

    (2Kronieke 20:22) En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die HERE ‘n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is.

    (2Kronieke 20:23) Die kinders van Ammon en Moab het naamlik opgetree teen die inwoners van die gebergte Seïr om uit te roei en te verdelg; en toe hulle met die inwoners van Seïr klaar was, het hulle mekaar in die verderf gehelp.

    (2Kronieke 20:24) En toe Juda op die wagkop by die woestyn kom en hulle na die menigte kyk, lê hulle daar dood op die grond; en niemand het vrygeraak nie.

    (2Kronieke 20:25) Daarop het Jósafat en sy manskappe gekom om die buit in te samel en hulle het by hulle ‘n menigte goed en klere en kosbare voorwerpe gekry, en het soveel vir hulle gebuit dat hulle dit nie kon wegdra nie; en hulle was drie dae lank besig om die buit in te samel, want dit was groot.

    Gebed is maar net eenkant van die saak…. wag laat ons begin sing …..!

    johannes coetzee

    February 10, 2009 at 13:56

  21. DW: Hoe bedoel oom dan nou?

    Jak: Nee ek lees jou maar so. Jissis! Party van julle teem darem erg oor die gode. Nes ‘n kllomp ou vrouens met natgepiste bloomers. Lyk my julle het die gode meer nodig as die godbefoktes.Dis hoekom ek sê bou ‘n brug en kom daaroor. Daar is méér in die lewe as dit.

    Jak

    February 10, 2009 at 08:40

  22. DW jy het moerse issues ou perd. Sorteer dit uit, bou ‘n brug en kom daaroor. Jy klink veel erger as die godbefoktes.

    Hoe bedoel oom dan nou?

    DW

    February 9, 2009 at 18:55

  23. Julle ouens raak nou bietjie kras. Beskaafdes praat van naief! Gelowiges is bloot naief! BAIE naief! En ek het dit al voorheen gesê – ek, en ek dink die meeste wat hier deelneem – was ook daar: het eens “opreg” geglo en gehandel. Dis goeie mense, opregte, “gelowige christen” mense. Ek WEET jul wil skreeu WAANSINNIG ONNOSEL! Ek skaam my dat dit my soooooo lank geneem het om te “bekeer”! HOE kon ek die klomp skape(sic) so naiewelik gevolg het? Amper sê ek f#k, natuurlike seleksie het my ‘n brein gegee tot hier toe!

    Fredericke Adonis

    February 9, 2009 at 16:05

  24. DW jy het moerse issues ou perd. Sorteer dit uit, bou ‘n brug en kom daaroor. Jy klink veel erger as die godbefoktes.

    Jak

    February 9, 2009 at 14:31

  25. Nathan Bond vra (February 8, 2009 at 8:13 am):
    “En presies hóé fôkkin stoepit ís godiote?”

    Dr Crafford skryf :
    “…Wat is ons gevolgtrekking? Gelowiges het mag tot genesing ontvang

    … maar hierdie mag kom slegs deur gebed, deur nederige, gelowige afhanklikheid van God

    ….Ons het nie almag ontvang om links en regs genesing uit te deel nie. God is die Geneser. Sy Naam is “Jahwe Rofeka”

    ….wat beteken “Jahwe jou Geneser”.

    …. Ons is slegs die instrumente deur wie se gebede Hy ander mense wil genees… ”

    Nathan , ek kan nie vir jou presies sê hoe foking onnosel hulle is nie , maar wat hulle wel is , is dat hulle fokking onnosel is of is meesters van kakpraat om die 10 des en kollektenote te laat bly inkom.

    Hierdie mense is niks anders as blatante leuenaars , swendelaars en geestesversteurde besetenes wat teer op die leed en hartseer van mense.

    DW

    February 9, 2009 at 11:44

  26. Daan , skryf ;” maar as jy is sal ek jou aanraai om ernstig te bid.”

    Jannie Pelser – ek – bid -vir Ruben -gou -gou -gesond.

    Karl Marx – religion the opium of the masses.

    Daan , ek is baie bly jou kind is gesond.
    Dink jy hy sou herstel het sonder mediese hulp ?

    Gebedsgenesing is niks anders as kakpraat.

    DW

    February 9, 2009 at 11:20

  27. My seun was op 20 jarige ouderdom (sewe jaar gelede) in ‘n ernstige motorongeluk betrokke. Dit was ‘n kop-aan-kop botsing en die bestuurder is kort na sy opname in die Klerksdorp Hospitaal oorlede.

    Ek en my vrou is Klerksdorp toe en ek het geskrik toe ek hom gesien het. Hy het ernstige breinbeserings opgedoen en sy kop was aansienlik groter as normaal.

    Hy is met ‘n helikopter na Eugene Marais hospitaal gevlieg. Toe ons met die kar by Eugene Marais kom, was hy steeds in die teater.

    Na die operasie het die breinchirurg met ons kom praat. Ek sal nooit sy woorde vergeet nie:

    “Ek het gedoen wat menslik moontlik is.” Hy het vir my gekyk en gesê: “Mnr Van der Merwe, ek weet nie hoe godsdienstig jy is nie, maar as jy is sal ek jou aanraai om ernstig te bid.”

    My seun het herstel. Hy is getroud en het drie kinders. (Die laaste twee is ‘n tweeling, so hy het darem nie heeltemal ‘n vark van homself gemaak nie. Al breinskade wat hy oorgehou het, is dat hy ‘n fokken Shark supporter is.)

    Hierdie spel natuurlik nie “gebedsgenesing” nie. Nie eers amper nie, maar soos ek sê, ek sal die chirurg se woorde nooit vergeet nie.

    Daan Van der Merwe

    February 9, 2009 at 08:54

  28. A different kind of “healing prayer” fails, but Mr Potatohead is “the glue used by God to bring the Eastern Cape farming community together” — or so claims one of his fawning minions. So where’s the rain, then? Or is the request for some relief from widespread hardship somehow not “spiritual” (whatever that might be) enough?

    Con-Tester

    February 9, 2009 at 08:31

  29. My friend DW often says he’d like to see “God” replace a lost limb.

    Me too!

    The only time I’ve seen prayer heal a sick person was when “God” healed a common cold in 7 days. It took me, without prayer, a week to shed the symptoms.

    Nathan Bond

    February 8, 2009 at 14:34

  30. Nathan Bond vra (February 8, 2009 at 8:13 am):

    En presies hóé fôkkin stoepit ís godiote?

    Gereelde bydraer Hans Matthysen maak dikwels die punt dat ons gewone maatstawe nie van toepassing is op sulke “geestelike” (watookal dit mag wees) vrae nie omdat hulle blykbaar te beperk is. As dit wel so is, dan moet ons aflei dat ’n heelwat langer en omvattender maatstaaf nodig sal wees om op jou vraag antwoord te kan verskaf.

    On a slightly different tack and as you hint at, I have always marvelled at the forbearance and restraint of the community of medical professionals who don’t issue a hearty horselaugh – or, more appropriately, a snort of derision – whenever their successes are ascribed to some nebulous skydaddy of ineffable whimsicality. These people “of faith” are in any case dishonest, primarily with themselves. After all, they don’t pray when their cars won’t start, nor for petrol in them; they go to a garage, and one must wonder why. Yet, they will pray for medical intervention when they or a loved one are not well. Oh yes, I forgot: cars are material, not “spiritual” (whatever that might be).

    Con-Tester

    February 8, 2009 at 12:35


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: