Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

‘n Operige Briefie aan Rapport se redakteur

with one comment

Me Albrecht

Jy is die beste Arikaanse koerantredakteur in die land – eintlik, dan, in die wêreld – en jy was dit reeds by By.

Jou eerste maande by Rapport het jou reputasie selfs blinker gemaak. Jy lees jou gehoor soos ‘n comic. Jislaaik!

Die Joost-storie was briljant. Dit het Rapport weke lank gestu. En me Van Emmenis se gevolglike bekendheid is nou ongetwyfeld die bron van verskeie toekomsige stories. Dat die egpaar Van der Westhuizen klaarblyklik dié storm oorleef het en Rapport gevolglik van winsgewende schmaltz ontneem, verbaas en irriteer jou meesters se aandeelhouers waarskynlik, maar dié uitkomste kan nou nie voor die deur van jóú ruim kantoor gelê word nie.

Op die Sondag onmiddelik na ‘n allerbelangrikste verkiesing wat die politieke dinamika in Suid-Afrika tektonies skuif, plaas jy Angus Buchan se ineenstroting op jou voorblad en verwerf jy wit Afrikaanse mans – en natuurlik ook hulle vrouens en hulle gesinne; jou eksklusiewe mark – se lewenslange toewyding. Bríl-jánt!

Ek blaai deur Rapport. Ek leer oor my mense. Op die voorblad. Op die brieweblad. Pollux.

Ek lees Rapport. Die hoofartikelblad. Nuus in Diepte. Zits (Jeremy). O – en Egmont Sippel se Afrikaans!!

Die pers-ghoeroe Piet Cillié sou trots gewees het op jou me Albrecht – en dít, geagte redakteur, is waaragtiglik die grootste kompliment wat ‘n koerantmens in hierdie land van ons kán kry: “In die lewe bestaan ‘n noue verwantskap tussen die gehalte van die pêrels wat jy aanbied, en die kaliber van die ontvangers daarvan. Hoe valser die pêrels, des te erger die swyne. Daarom het ek in my beroep die reël probeer volg om nie maar net aan die publiek te probeer gee wat hulle wil hê nie, maar ook ‘n goeie dosis van wat hulle behóórt te wil hê.

Maar… voor al die gode wat nog óóit op hierdie blougroen derde rotsie van die son af aanbid is: As jou voorbladlesers my mense – óns mense – is, sal jy daardie “goeie dosis” geometries moet laat groei of ons is almal in ons moer!

Nathan Bond

Written by Nathan Bond

April 27, 2009 at 07:49

Posted in Religion must go!

One Response

Subscribe to comments with RSS.

  1. Speaking truth to power! Thank you.
    Nou wonder mens of n redakteur deesdae n beter gehalte koerant MAG kweek?
    Of word dit nou “voorgeskryf” dat hulle die Murdoch-roete MOET volg?

    bewilderbeast

    April 30, 2009 at 16:54


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: