Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

“Dit was die duiwel”

with 65 comments

“Dit was die duiwel”!?
En “Gód”!? Waar was dié!?

Rapport (in ‘n embarrassing erkenning oor die aard van sy deursneeleser) haal die ma van die twee kinders wat verlede week tragies gesterf het toe hulle uit die gesin se 4×4 geval het en die pa hulle doodgery het, op sy vóórblad aan: “Dit was die duiwel”.

Dit was die duiwel wat die bakkie se deur oopgemaak het.

Wáár de bliksem was “Gód”!? Hoekom het “Gód” nie die bakkie se deur weer tóégemaak vóórdat die kinders uitgeval het nie? Ék sou dit gedoen het as ek kon! En jý!?

“Duiwel” 2; “God” 0.

Kan ‘n leraar; ‘n dominee; ‘n pastoor; ‘n priester; ‘n teoloog; kan iémand, iéwers, asseblief die dik laag stof op die teodisee-argument gaan afblaas en vir die sóveelste maal oor die eeue heen nóg ‘n suursousie aanmekaarflans in ‘n nuttelose, vrugtelose, vergeefse, futiele poging om “God” se teenwoordigheid in die gesig van so ‘n enorme persoonlike tragedie te probeer verklaar?

Is dit nie absoluut wónderlik dat “God” nie bestaan nie!?

Dink net, dominees, hoe ‘n kak job julle sou gehad het om dié fôkken wetter te verteenwoordig as “God” meer as net ‘n kak idee was!?

Wat kan ‘n mens móóntlik vir die Van der Merwe-egpaar sê? Wat nié banaal klink nie; ís nie?

Om erns met die lewe te hê is om álles wat gebeur te ervaar in die werklikheid van die angs van die rommeling van paniek uit die foutlyn van bestaan. Anders is die lewenservaring vals. Wat ook al gebeur moet ervaar word met volle visie, met vrees, met pyn, met verdriet, met vreugde, met passie. Ons moet ons verlustig in die dringendheid van die lewe se kortstondigheid. Dit is die erkenning van die noodsaaklikheid van verganklikheid wat verganklikheid ‘n wyle uitstel en ‘n groteske ruimte vir vreugde skep.

Hoe dit ook al sy, Jan-Hendrik en Patrys, dít kom uit die diepste plekke van my hart.

Written by Nathan Bond

May 24, 2009 at 10:30

Posted in Religion must go!

65 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Too fuckin’ hee-larious. 40+ months delayed, but still worth a chuckle. Your website is a rich source of both amusement and worry. That would be worry over humanity’s future at the mercy of delusional inertia of the cultural sort bolstered by wishful baloney.

    Con-Tester

    March 22, 2013 at 18:44

  2. Die taalgebruik van baie ouens hier spreek boekdele oor hulle karakter en persoonlikheid. Lekker om te argumenteer of God bestaan, maar as jy regtig vir antwoorde begin soek kom jy dalk soos ek oor en word deur die waarheid plat teen die grond vasgeslaan. In die Bybel staan “ek is die weg, die waarheid en die lewe.
    Guess what, die waarheid het ek gekry en dit is die waarheid. Ek het Jesus persoonlik gesien. Nie in ‘n droom of ‘n visie nie, want ek was wakker en besig om te loop. Dis die waarheid, Jesus is die waarheid, en so ook is God werklik.
    Charl@crossforge.co.za

    crossforge Charl Marais

    March 22, 2013 at 11:35

  3. Johannes, om wederomgebore te word, moet ‘n dood intree en dit is sekerlik nie die dood wat jy in gedagte het nie. Mens kan dus natuurlik dood gaan en tog is daar ‘n ander dood. Van watter dood word na verwys in Rom. 6 v 23?

    Hans Matthysen

    October 14, 2009 at 22:22

  4. Johannes, van watter dood word daar verwys in Rom. 6 v 23, aangesien daar meer as een dood is?

    Hans Matthysen

    September 3, 2009 at 21:19

  5. Is dit nie te skreeusnaaks pragtig nie hoe elke gelowige wat hierso skryf sommer weet dat net hy, en hy alleen, met die Egte Waarheid vertroud is, en al sy makkers van dwaalleer beskuldig?

    Con-Tester

    August 28, 2009 at 13:31

  6. Con-Tester, Johannes antwoord my vrae of weerlê my standpunte nie omdat hy nie kan nie. Die waarheid staan alleen.

    Johannes, dit is duidelik dat jy nie glo, wat Jesus self gesê het, as ons die volgende vers in ag neem.
    Mat 10:28 En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
    Dit wil voorkom of mense jou behoort te vrees met jou valse boodskap.

    Hans Matthysen

    August 26, 2009 at 21:25

  7. Met ander woorde, Hans Matthysen ken die presiese feite en almal wat met hom daaroor verskil het dit mis. Lekker, man.

    Weereens, is dit nie te skreeusnaaks pragtig nie hoe elke gelowige wat hierso skryf sommer weet dat net hy, en hy alleen, met die Egte Waarheid vertroud is, en al sy makkers van dwaalleer beskuldig?

    Gelowiges is, een en almal, maar lekker dol en lief vir kááákpraat. Hulle kan eers onder mekaar ooreenstem oor wat hulle nou glo en nie glo nie.

    Con-Tester

    August 22, 2009 at 20:24

  8. Con-Tester, Johannes glo duidelik nie in Jesus Christus nie en ontvang seker ‘n loon, soos ‘n huurling en daarom is daar nie ‘n loon aan hom verskuldig, wanneer hy van die tydelike na die ewige verwissel.

    Hans Matthysen

    August 21, 2009 at 22:34

  9. Ek sien jy staan jou man, Hans Matthysen.

    Lekker, man. Hou só aan. Een van dié dae glo mens jou dalk.

    Con-Tester

    August 7, 2009 at 21:26

  10. Johannes, jy het nog nie die genadegawe ontvang nie omdat jy nog “dood” is, in misdade en sonde. Jesus het vir die sondaars gekom (Kol. 1 v 24) en jy neem dit nie aan nie terwyl jy nog weet, wat die loon is.
    Geen wonder jy glo nie wat Jesus self, in Mat. 13 sê nie.

    Hans Matthysen

    August 6, 2009 at 21:16

  11. Gert hier is ‘n link na meer inligting daaroor http://www.timehasanend.org

    Lees daarmee saam die volgende twee Bybelstudies

    We Are Almost There by die volgende link:

    http://www.familyradio.com/graphical/literature/waat/waat_temp.html

    To God be the Glory by die volgende link:

    http://www.familyradio.com/graphical/literature/frame/

    Mag God elkeen van ons genadig wees totdat Hy op 21 Mei 2011 met Sy Oordeelsdag begin. Want vir die daaropvolgende 153 dae tot en met 21 Oktober 2011, wanneer God hierdie teenswoordige heelal met vuur gaan verteer, gaan dit nie baie nice wees hier op aarde nie.

    johannes coetzee

    July 16, 2009 at 09:02

  12. :-} Con, you never cease to amaze me.🙂

    Daan Van der Merwe

    July 5, 2009 at 06:27

  13. Eintlik was dit “Semper necessitas probandi incumbit qui agit.” So jy kry 2 uit 6.

    Con-Tester

    July 4, 2009 at 11:14

  14. No ways DW. Dis 5 basiese, moerse, fundamentele, onversoenbare verskille. Dis JUIS die verskil tussen kakpraat en die heilige, goddelike, absolute, onaanvegbare waarheid. Hie, hie, hie…

    Con, jy is reg. Soos die Romeine gesê het: “Semper neccisitas probandii ilie qui agit.”

    Daan Van der Merwe

    July 4, 2009 at 06:11

  15. Johannes, jy kan nie net gedeeltes van die Bybel lees en ander gedeeltes ignoreer nie.
    Mat 13:49 So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei
    Mat 13:50 en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

    Hans Matthysen

    July 3, 2009 at 20:40

  16. Presies Daan

    Net 5 ou dingetjies oor verskil julle , die res van die kakpraat is dieselle.

    DW

    July 3, 2009 at 20:33

  17. Hy wat beweer moet bewys – dit is hoe dit werk. Jy beweer herhaaldelik hardop maar jy’t niks bewyse nie, en as jy dan sê jy skuld dit nie, is dit myns insiens basies ’n erkenning dat jy dit nie het nie want anders sou jy dit al gewys het.

    Ek sou sê dít is vordering – net ’n klein treetjie vorentoe, maar nogtans vordering.

    Con-Tester

    July 3, 2009 at 16:53

  18. Daan

    Dis nogal mooi opgesom.

    Eks dankbaar jy, wat nog steeds jouself nog onder die gesag van ‘n kerkstruktuur bevind, kan onderskei dat ons nie dieselfde dinge verkondig nie.

    Nou hoop ek net liewe DW kom dit ook agter. Daar is darem een ding wat in sy guns tel en dit is dat hy homself nie onder die krag van dwaling, wat deur God oor alle kerke en kerkstrukture gestuur is, bevind nie.

    Die Heilige Gees is vanaf 26 September 1994 besig om Sy finale oes buite die kerke en sonder die medewerking van hulle strukture, hulle leraars, hulle opsieners en hulle geld in Sy koninkryk in te bring. Hy bevind hom dus buite hierdie afvallige instellings waar die Heilige Gees steeds besig is om mense tot inkeer te lei.

    Waar die Heilige Gees werksaam is. is daar hoop. Maar vir diegene wat hardnekkig vasklou aan hulle kerke en kerkstrukture eerder as om aan die Bybel, die Woord van God gehoorsaam te wees is daar geen hoop nie. Bloot omdat God nie meer in hulle midde is om te red nie.

    johannes coetzee

    July 3, 2009 at 10:07

  19. Johannes, weereens is jy onkundig wat die hel betref. Daar is die wat die waarheid ken en dit bewandel en hulle erflating is die Koninkryk van die Hemele.
    Daar is die wat die waarheid deelagtig geword het en dit verwerp. Hulle het ‘n ewiglike helse ontnugtering.
    Daar is hulle wat nooit by die ware evangelie uitkom en is dus dood tot in ewigheid.
    Die oplossing vir elke mens is; soek en jy sal vind. Onthou tog om kinderlik te bly (nie kinderagtig nie).

    Hans Matthysen

    July 2, 2009 at 22:17

  20. Con-Tester, ek het ook al baie vir jou gesê, dat ek jou geen bewyse skuldig is nie. Die bewyse van God, is iets wat jy self moet soek en met die regte gesindheid kan vind.
    In die winter verkies ek eerder warm lug as koue lug.

    Hans Matthysen

    July 2, 2009 at 22:08

  21. DW Vra “Hoe verskil sy kakpraat van jou kakpraat oor dieselfde gotte ? Gods , dit ruik dieselfde!!!!!”

    Kak man! Ek praat nie kak nie.

    Waar sê ek:

    1. Op 21 Mei 2011 kom die “moeder van alle aardbewings” en ek weet nie wat se kak nog alles nie.

    2. God het op 21 Mei 1988 die kerk uitgespuug.

    3. Diakens is opsieners van ‘n gemeente.

    4. Dat ampsdraers van die hedendaagse kerk met die afstammelinge van Levi vergelyk kan word.

    5. Dat die klip in Mattheus verwys na die aftakeling van kerklike strukture.

    Ag nee, DW! Whregtig!!!

    Daan Van der Merwe

    July 2, 2009 at 01:24

  22. Sorry Na-t

    daar gaan nie so iets soos die hel wees nie dude… het ek dit nie al helder en duidelik vir jou en jou lesers op hierdie einste blog uitgespel nie..? Vir wat klou jy nou nog aan die ou kerk leringe vas…?

    Die Bybel is tog duidelik daaroor “die loon van die sonde is die dood”… ‘n mens kan nie dooier as dood wees nie…

    (Rom 6:23) Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

    Gert hier is ‘n link na meer inligting daaroor http://www.timehasanend.org

    johannes coetzee

    June 28, 2009 at 15:34

  23. Nee Hans Matthysen, ek verstaan dit baie goed. Ek glo dit nie weens ’n hele klomp redes wat ek al talle kere aan jou verduidelik het, hoofsaaklik ’n totale gebrek aan glowaardige bewyse. Jy dink blykbaar dat jou idiotiese “verklarings,” ontduikings, “ander werklikhede” en bybelsprokies my besware sommer maklik uit die weg geruim het. Dit is nie so nie, hoor? Want jy’t nog nie een enkele ene daarvan met enigiets behalwe warm lug aangeraak nie. Nie een nie. En as jy dít wil betwis dan is jy nog meer verdwaal as wat ’n ou nou sou gedink het.

    Con-Tester

    June 28, 2009 at 15:23

  24. johannes coetzee, moet tog asb. nie jou onophoudend banale “2011 is die einde van die wêreld” geneurie met enige werklikheid buite jou eie kop verwar nie. Nes Hans Matthysen, het jy nie ’n enkele bewys nie vir die potjie stront wat jy so lekker evangelies verkondig.

    Con-Tester

    June 28, 2009 at 15:23

  25. Johannes!

    As jy sulke vieslike naamspelings maak gaan God jou straf dat jy kák! Jy gaan vir ewig brand! En vir mý en Con-Tester vir ewig geselsskap hê! Versigtig wees!

    Nathan Bond

    June 28, 2009 at 08:55

  26. Con-Tester, dit is jou sienning omdat jy dit nie verstaan nie of nie wil verstaan nie. Jy beskou dit blykbaar jou taak om Christendom aan te val omdat jy so baie tyd daaraan spandeer en nou waar jy jouself tandloos vind, is dit nou eintlik nie jou taak nie.
    Daar is werklikhede van die lewe waarin jy nog heel onkundig is.

    Hans Matthysen

    June 27, 2009 at 22:08

  27. Con-t

    Moenie die kerkstruktuur (waaraan Hans krampagtig vasklou) met die Bybel verwar nie. Op 21 Mei 2011 sal jy sien hoe daai “feëtjieverhale” waarvan jy melding maak voor jou oë ‘n werklikheid word….en ek is bevrees dit gaan nie net ‘n potjie stront wees nie, dit gaan groot, ja baie groot poef wees….

    (Jer 8:2) And they shall spread them before the sun, and the moon, and all the host of heaven, whom they have loved, and whom they have served, and after whom they have walked, and whom they have sought, and whom they have worshipped: they shall not be gathered, nor be buried; they shall be for dung upon the face of the earth.

    johannes coetzee

    June 25, 2009 at 10:04

  28. DW jy kan die twee nie vergelyk nie.

    Hans is nog ‘n lidmaat van een of ander gemeente waar daar opsieiners is wat oor hom gesag uitoefen. Opsieners wat interme van die voorskrifte van die Bybel uit die gemeente as ouderlinge of diakens (opsieners) tot kerkleiers verkies is. Soos die kerkleiers in die dae Ou Testamentiese kerk-era as priesters slegs uit die Levitiese geslag kon kwalifiseer om as priesters in die tempel diens te doen, netso kan slegs lidmate wat deur die gemeente ingevolge die Bybelse voorskrifte ( I Tim 3 voorskrifte )as opsieners kwalifiseer. Soos wat die Ou Testamentiese kerk-era ten einde geloop het toe die voorhangsel van bo tot onder oopgeskeur het toe die ware Lam en Hoëpriester aan die kruis gehang het, netso het die Nuwe Testamentiese kerk-era op die dag voor die herdenking van die pinksterfees op 21 Mei 1988 ten einde gekom.

    Noudat die Nuwe Testamentiese kerk-era vanwee die kerke en kerkstrukture se hoerery op 21 Mei 1988 ten einde geloop het is die enigste gesag waaronder die ware gelowige homself bevind steeds die gesag van God, maw die Woord van God(die Bybel).

    Die Family Radio dudes het geen opsieners wat ingevolge die voorskrifte van 1 Tim 3 oor hulle luisteraars gesag uit oefen nie en nog minder het hulle ‘n aanduiding wie na hulle radio uitsendings luister. Al wat Family Radio doen is om die waarheid te verkondig naamlik dat die God van die Bybel die kerke en kerkstrukture wereldwyd uitgespuug het en dat hulle tans onder die gesag van hulle vader die duiwel staan wat homself as God voordoen. Satan het dus ooreenkomstig 2 Thess 2 ‘n voorwerp van aanbidding geword.

    Diegene soos arme Hans is dus niksvermoedend besig om Satan te aanbid, en lag satan se dienaars van geregtigheid al die pad banktoe….!

    Letterlik en figuurlik.

    Jerusalem (die Nuwe Testamentiese kerke en kerkstrukture) word dus nou deur God as Babilon verklaar, die moeder van die hoere… aldus Openb 17 en 18.

    Die Bybel, maw die Woord van God, maw God self is die enigste gesag waaronder die luisteraars van ‘n radiostasie soos Family Radio hulself kan bevind. Vry van enige kerkstruktuur wat hoor hulle probeer gesag uitoefen.

    Vry bru, vry….!!!

    Ek is vry…!

    Arme Hans en Daan en for that matter vele ander sogeneemd belydende lidmate van kerke en kerkstrukture struggle nog met daai dudes wat deur hul gemeentes as opsieners verkies is. Hulle klou nie net krampagtig vas aan hulle gesagsposisies nie maar weier soos die Ou Testamentiese kerkleiers dat die kerk-era op 21 Mei 1988 ten einde geloop het. En so sal hulle teen die Waarheid (die Woord) baklei tot en met die 21ste Mei 2011 wanneer die Messias met Sy final oordeel gaan begin.

    21 Mei 2011 die begin van Judgment Day…

    johannes coetzee

    June 25, 2009 at 09:56

  29. Ek is nuut op hierdie webwerf en weet nie wat op 21 Mei 1988 gebeur het nie. Johannes jy of iemand, laat weet bietjie asb. En 21 Mei 2011 puzzle nog steeds die hel uit my uit. Moet mens nie die opsies en termyne en aandele op die beurs bietjie begin rondskuif nie? Man kan dalk ‘n pond maak, maar dan moet mens eers weet van hierdie 21 Mei-geval. Seblief man, moenie al die geheime vir jouself hou nie.

    Gert du Plessis

    June 24, 2009 at 17:00

  30. Dis nou wragtag interessant! Waar hoor jy van hierdie 21 Mei 2011 storie? Skaam jy jou nie om sukke snert te loop en verkondig nie.

    Gert du Plessis

    June 24, 2009 at 16:50

  31. Hi Dirk

    Jy haal die woorde so uit my mond.

    DW

    June 24, 2009 at 14:29

  32. Bedoel jy nou as die Katolieke nie daar was nie sou Jesus ‘n “God” van hoër aansien gewees het as die Katolieke se valse evangelie van die 3 gotte wat 1 is maar 3 is wat 1 is?

    Jy is heeltemal reg , ek is maar dom as dit by verstaan kom van die 3 gotte wat 1 is maar 3 is wat 1 is.

    Aitsa ! , en dan die ware evangelie waarvan jy so praat .Glo die ware evangelie ook in die 3 gotte wat 1 maar 3 is wat 1 is.

    Kan jy nie vir Jesus uitnooi om vir ons self die ware evangelie te kom vertel nie . Jy weet dit sal baie maklik wees veral nou in die elektroniese era. Ons kan tot DVD maak en hom op YouTube sit.

    Hans in watter kerk is jy , of loop jy ook kerk soos Johannes oor die Radio?

    DW

    June 24, 2009 at 14:27

  33. Nie dat dit eintlik my taak is om jou stories te weerlê nie want dis jou plig om jou beweringe te staaf, maar ja, Hans Matthysen, baie maklik: jou bybel is ’n klomp feëtjieverhale wat bra min toepassing op die werklikheid het. Jou beweringe daaroor is maar net nog een potjie stront in letterlik miljoene sulkes.

    Con-Tester

    June 24, 2009 at 08:52

  34. Con-Tester, kon jy weerlê, wat ek jou al in die Bybel gewys het? Mens moet elke gees beproef, want in Mat. 24 v 24, word ons gewarsku teen die vals Christusse.

    Hans Matthysen

    June 23, 2009 at 21:43

  35. Johannes, moet nie laat jy mislei word nie, want daardie dinge het al plaasgevind, alvorens daardie geslag verby gegaan het. Lees net verder Mat 24:34 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.

    Hans Matthysen

    June 23, 2009 at 21:38

  36. DW, dit was juis die Romeine (Katolieke) wat van Jesus ens. probeer ontslae raak. Sonder hulle sou die ware Christendom sterker gestaan het. Jou gebrek aan kennis en insig, in hierdie verband, is die oorsaak dat jy, in die opsig, baie dom is.

    Hans Matthysen

    June 23, 2009 at 21:25

  37. Oor 700 dae gaan ek nie in my broek kak wanneer Got (watter ene van die fokken 3. Oeps, jammer 1+1+1=1)ons opfoeter nie. Ek gaan my natpis van die lag wanner daar fokkol gebeur. Dit gaan nog snaakser wees as ek Johannes se verduidelikings vir die non-event moet lees.

    Dirk

    June 22, 2009 at 20:39

  38. Dis altyd vir my te lekker vermaaklik om te sien hoeveel verskillende verdigsels gelowiges uit dieselfde kamstig onfeilbare bron kan wurg. En dan wil hulle onder mekaar ook nog daaroor baklei.

    Con-Tester

    June 20, 2009 at 10:46

  39. Skynheilige Hans skryf :” Jesus het baie las gehad van die Skrifgeleerdes en die Fariseërs, tesame met die Romeine (Katolieke) en wat nog verder uit hulle uitgespruit het. “

    Gods Hans , is jy werklik so dom. As dit nie vir die katolieke was nie het jy nou moontlik van die ware evangelie van Thor vertel.
    Maar jy is reg die kak wat uit die Katolieke gespruit het is werklik kak. Dit is dit waaraan jy glo- Pure KAK.

    DW

    June 19, 2009 at 15:03

  40. Hoe verskil sy kakpraat van jou kakpraat oor dieselfde gotte ? Gods , dit ruik dieselfde!!!!!

    DW

    June 19, 2009 at 14:59

  41. Daan

    Daars nog net 700 dae oor… wag dus maar en kyk. Tot dan toe hou aan Bybel lees soos julle getroue kerkgangers mos maar gewoond is om te doen.

    johannes coetzee

    June 19, 2009 at 14:19

  42. Ai, Johannes. Ek kan nie glo een man kan soveel kak kwytraak nie.

    Daan Van der Merwe

    June 17, 2009 at 20:18

  43. Hans ek het gecomment maar dit lyk my Nathan is besig om my comments te ban….?

    Anyway…as jy dink dat God nie die strukture en instellings wat deur Hom daargestel is sal afbreek nie dan leef jy in \’n droomwereld.

    (Mat 24:2) En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.

    Elke \”klip\” wat afgebreek sal word is \’n heenwysing na elke kerkstruktuur (of gemeente) wat gedurende die kerk-era tot stand sou kom. Toe die Heilige Gees die kerkstrukture op 21 Mei 1988 uitgespuug het en hulle onder die gesag van Satan (wat homself maar al te graag as God voordoen en deur ministers of righteousnes werk)is elke \”klip\” afgebreek, dit wys beslis nie heen na die fisiese klippe waarmee die tempelgeboue gebou was nie… kyk hoe staan klaagmuur en ander tempelfondamente wat die argeoloe in Jerusalem oopgegrawe het vandag nog.

    Nee die afbreek van elke klip wys heen na die einde van die kerk-era op 21 Mei 1988. Maar soos die Jode in hulle sinagoges na Pinksterdag op 22 Mei AD 33 hardnekkig in hulle sinagoges in eie krag aangegaan het so sal die kerkleiers van vandag hardnekkig in eie krag aangaan tot en met die begin van Judgment Day op 21 Mei 2011.

    Na die begin van die Oordeelsdag op 21 Mei 2011 gaan hierdie aarde nooit weer dieselfde wees nie…dan gaan dit die begin van die letterlike verwoesting van hierdie aarde en heelal wees.

    Gaan kyk maar wat gebeur het met daardie glorieryke tempel wat Salomo gebou het en Israel gedink het dat God dit nooit sou afbreek nie….! Ek dink jy behoort te weet waar in die Bybel om daardie voorbeeld te vind.

    johannes coetzee

    June 17, 2009 at 12:00

  44. En jou antwoord daarop sal sekerlik wees dat jy nie ryk en roem soek nie. Nogtans, sulke belangrike kennis moet nie vir lank in een kop sit nie want dalk doen jou god iets stjoepits en dan sal dit verlore gaan. Kan ons dit bekostig?

    Con-Tester

    June 16, 2009 at 23:13

  45. Nou toe Hans Matthysen, verbaas my en gaan sit neer op papier al jou wonderlike kennis oor wat die lewe in ons is want omtrent elke wetenskaplike en filosoof – nee, elke mens – sal jou ewig dankbaar wees vir dit. Jy sal onmiddelik vir jouself ryk en roem verseker.

    Con-Tester

    June 16, 2009 at 12:06

  46. Nou kan jy meer!?

    Ek en Hans Matthysen stem oor iets saam!

    Well said, my dear sir! Well said.

    Geen “god” of “duiwel” is nodig nie. En, “good” mense doen gereeld “evil” en “evil” mense doen soms “good”.

    Die Amerikaanse fisikus Steven Weinberg, sê: “With or without religion, good people can behave well and bad people can do evil; but for good people to do evil—that takes religion.” (From address at the Conference on Cosmic Design, American Association for the Advancement of Science, Washington, D.C., April 1999.)

    Nathan Bond

    June 16, 2009 at 08:27

  47. Johannes, Jesus het duidelik nie verwys na die kerkstruktuur, wat God, deur Hom, daar gestel het.
    Jesus het baie las gehad van die Skrifgeleerdes en die Fariseërs, tesame met die Romeine (Katolieke) en wat nog verder uit hulle uitgespruit het.

    Hans Matthysen

    June 15, 2009 at 20:51

  48. Roland, should you have directed your question to me, I would think that, to love others as you love yourself, is good and to treat them otherwise, is evil.

    Hans Matthysen

    June 15, 2009 at 20:40

  49. Con-Tester, jy bedoel seker; as jy nie weet nie, dan weet niemand. Shame.

    Hans Matthysen

    June 15, 2009 at 20:33

  50. Hans

    Ek wonder net na wie Jesus as die addergeslag verwys het….was dit nie die kerkleiers van Sy dag wat nie kon sien dat Satan deur die Ou Testamentiese kerkleiers (ministers of righteousness) gewerk het nie…? Wie was die leuenaars..? Die kerkleiers of Jesus Christus ….?

    (Joh 8:44) Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.

    Vandag is ons bykans 7700 vanaf die begin van die tyd van Groot Verdrukking wat op 21 Mei 1988 begin het en 700 dae voor die begin van Judgment Day wat op 21 Mei 2011 gaan begin…. vandag verklaar die Bybel, maw die Woord van God, maw Jesus Christus Self die volgende..

    (2Th 2:3) Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf

    (2Th 2:4) die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

    As die Bybel verklaar dat die kerkleiers van die Nuwe Testamentiese kerk salig onbewus is daarvan dat Satan as ‘n voorwerp van aanbidding in die kerke geword het.

    Wonder ek net wie vandag die waarheid en wie die leuen vertel…? Dis tog duidelik sigbaar dat die laaste afvalligheid in kerkgeledere ingetree het en dat die volgende Skrifgedeelte in vervulling gegaan het

    (Mat 24:15) Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—

    Die gruwel van die verwoesting (Satan) staan duidelik sigbaar in die heiligdom (kerke en kerkstrukture)…..!!!

    johannes coetzee

    June 15, 2009 at 09:52

  51. Define first what you mean by “good” and “evil.” You should find that it is, on the whole, not quite so cut-and-dried as those terms suggest. Moreover, it should become clear that any such definitions will involve a significant amount of pragmatism and that you will always find exceptions or objections to any ethical posits. That is precisely what one would expect to be the case if there is no absolute frame of reference from which to gauge these matters.

    Con-Tester

    June 13, 2009 at 12:28

  52. Give me some insight as to your perception of good and evil, its origin – what makes good good and what makes evil evil. Educate me, do not counter me by trying to defute God, Allah, etc. Simply explain to me good and evil

    roland

    roland

    June 12, 2009 at 08:33

  53. Nee Hans Matthysen, niemand weet wat die “lewe in ons” is nie. Nie eers jy nie. Ja, nie eers jy nie. Om dit “siel, ’n geestelike wese” te noem is net om ’n naam te gee aan dit wat niemand weet nie en om voor te gee dat jy iets belangriks weet. Die naam beantwoord net mooi niks nie.

    Con-Tester

    June 11, 2009 at 22:20

  54. Con-tester, die lewe in ons, is ons siel, ‘n geestelike wese en dan het ons elkeen, ‘n gees.

    Hans Matthysen

    June 10, 2009 at 21:39

  55. DW, lees maar Hand. 1:2 tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het;
    Hoe het Jesus, nadat Hy nie meer in Sy vlees teenwoordig was, deur die H G, aan hulle bevele gegee?
    Seker ‘n visioen of profesie. Dit blyk ook, dat baie nie die visioen van die wolke mooi verstaan nie omdat hulle nog op ‘n natuurlike wyse, dinge, bedink.

    Hans Matthysen

    June 10, 2009 at 21:26

  56. Johannes, omdat jy almal oordeel, is dit duidelik, dat jy nie die woord van die waarheid, reg sny. Hou op dwaal en leuens te verkondig asb.
    2Ti 2:15 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

    Hans Matthysen

    June 10, 2009 at 21:15

  57. DW

    Ek kan nie verstaan dat jy jou aan kerkgangers se kommetaar steur nie, die Bybel is tog baie duidelik dat die hele wereld se kerkgemeenskap tans onder ‘n krag van dwaling is wat deur God (die God van die Bybel) Self gestuur is. Vanaf 21 Mei 1988 toe God die hele kerkstruktuur uitgespuug het was hulle aan hierdie krag van dwaling onderwerp…

    (2Th 2:11) En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

    johannes coetzee

    June 10, 2009 at 11:25

  58. hans :Con-tester, 1 Kor. 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

    Gods !! maar Jesus vaar op met gate in sy hande en voete . is daar ander reels vir Liewe Jeeeeeeeesus dan?

    DW

    June 5, 2009 at 16:05

  59. Twak. Jou god maak ons dan uit vlees en bloed, so s/hy’s besig om vir jou te jok met dié “behae” stories.

    In elk geval, wat is ’n “siel,” Hans Matthysen? Want dit klink na nog ’n dwaasheid wat jy sommer gerieflik uit een of ander donker grot uitgesleep het.

    Con-Tester

    June 5, 2009 at 14:25

  60. Con-tester, 1 Kor. 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
    God het behae in ons siel, dus, is die tydperk van ons aardse bestaan, of dit nou kort is en of dit nou lank is, irrelefant. Omdat jy menslikerwyse dink, dink jy ons aardse bestaan, is die alfa en omega. Ag shame. Miskien kan jy die woord “ongelik” in die woordeboek naslaan, dan sal jy moontlik sien, dat God en die duiwe,l niks met die saak te doen het.

    Hans Matthysen

    June 4, 2009 at 21:42

  61. Nee, Hans Matthysen, dis nie ons persepsie wat beroerd is nie, maar joune. Jy wil hê jou god het alles – maar alles – gemaak, maar s/hy is nie vir die lyding en ellende wat elke dag in die wêreld gebeur verantwoordelik nie. Baie van dit, soos bv. die twee kinders wat doodgery is, het geen glowaardige “vrye wil” of “mense se aksies” verdediging nie. Dit is glad nie om te sê dat mense nie slegte dinge doen nie, maar as ek ’n geweer maak wat ek laat rondlê en ek sê vir my kinders hulle kan met enigiets in die huis speel maar die geweer los hulle uit en een van hulle tel die geweer op en skiet twee van my ander kinders daarmee dood dan het ek duidelik skuld en verantwoordelikheid. Hoe nie so nie? En as ons almal skynbaar jou god se kinders is, hoe is h/sy ewe skielik onskuldig?

    Con-Tester

    May 28, 2009 at 17:22

  62. Soos ek al voorheen gesê het; julle persepsie van God is maar beroerd.
    Wat met die bakkie se deur gebeur het, het niks met God of die duiwel te doen en indien julle dit nog nie besef nie, ons gaan almal een of ander tyd sterwe. Hoe, waar en wanneer, is nie werklik so belangrik nie. Dit is als deel van ons aardse bestaan.
    Ek moet sê, julle gaan soos ‘n klom dommes tekere.

    Hans Matthysen

    May 27, 2009 at 21:23

  63. Rick

    Guess what? They’re not smarter than you!

    It may be a brain surgeon, a rocket scientist… but, hey, they’re not smarter than you! They are, after all, exceptionally naive.

    One of the smartest things we humans are capable of, is rejecting the generally accepted, even in the face of social dictate, for lack of evidence.

    The dumbest thing…

    Nathan Bond

    May 26, 2009 at 23:00

  64. Bogenoemde skrywe is weereens ‘n voorbeeld van hoe god al die glorie kry, en dat arme satan al die kak moet opvreet. Die arme satan…

    Ek gesels onlangs met n goeie vriendin en vriend van my om n goeie bottel Chianti oor geloof. Die vriendin is ‘n twyfelende Katoliek wat soos baie gelowiges op kersdag kerk toe gaan. Die vriend is n Jood (in sy geloof en finansiele uitkyk). Die Jood is ‘n wydbelese man wat nie besonders sterk voel oor sy geloof nie, maar wat die samehorigheidsgevoel daarvan geniet. So ook geniet die Katoliek die samehorigheidsgevoel wat op kersdag in die kerk geniet word.

    Toe ek hulle naderhand uitvra oor die gebrek aan bewyse vir god se bestaan, was die Jood se antwoord eenvoudig: “Wel, jy kan nie die teendeel bewys nie.”

    Die Katoliek se antwoord op my vraag was dat sy kanker oorleef het. It obviously being a sensitive issue, I decided to drop the issue there and then despite fuming on the inside because of these ludicrous claims given to me. One wonders where the fuck god was when the cancer started spreading in this poor woman? Yet this idiot, god, gets the credit for her miraculous recovery.

    The sad part is that both these people are undoubtably smarter than I am. Still they believe in this utter rubbish. Ek raak sommer moedeloos.

    rick

    Rick

    May 26, 2009 at 18:32

  65. Ja-nee. Sowaar onteenseglike bewyse van die duiwel se bestaan (en ook God s’n). Siesa, jou lelike slang. Jou ou stoute kabouter. Vir wat staan en gooi jy nou god se klein kindertjies onder ‘n 4×4 in? Sies. Skaam vir jou. Mag die here jou vergewe. O god is groot. Amen.

    En dan gaan Die Burger se lamppaal plakkate seker more lei: “Dit was die duiwel.” En die voorblad seker ook. En al die ander kommin tydskrifte.

    Morne Alberts

    May 24, 2009 at 12:00


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: