Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Ek wiid darem nie

with 6 comments

Ek reken Gretha Wiid se idee wat Mevrou in stiletto’s en ‘n broekie met skommelende borste oor die wasbak laat tande borsel gaan my “geestelike lewe” baie beter doen as een van Angus, God se aartappelboertjie, se gebede. Of een van die NHN se seminare.

En Rapport – die gróótste Afrikaanse weekblad in die wêreld! – skiet haar summier af!

Wiid se eisegese van Mattheus 6:6 – “Gaan na jou binnekamer… Sluit die deur” – is net so laf soos enige van Buchan se uitsprake oor “só sê die Bybel”.

Tog pryk Buchan op Rapport se voorblad en stook die koerant sy vuur dat die vlamme geel van die maan af gesien kan word.

Maar oor Wiid sê Rapport: “… die sogenaamde huweliksberader en seksopvoeder wat eersdaags die Worthy Women-konferensie gaan aanbied en reeds begin bekend staan as die vroue-Buchan, (maak) haar skuldig… aan presies dieselfde voorskrifte en opdragte (as wat Buchan verkondig).”

En dan: “Ag nee wat.”

Nè!? “Dieselfde voorskrifte en opdragte”… en die een word afgeskiet en die ander nié?

Rapport is uiters inkonsekwent.

Seker maar in diens van die rande – dieselfde beginsel wat Buchan en Steve Hofmeyr op die voorblad sit. Want sien, ons vals taboes op onbevange seksuele genot bepaal aan die een kant dat ons darem nie “só” is nie… en dat ons Sondag na ‘n ete by die buiteklub die stoom uit mekaar kan “ken”.

Pleks Wiid en Buchan Hooglied begin “interpreteer” – die helfte is ons nie vertáál nie!

Wiid; Buchan; die “gemeenskapskerke”; Trinity Broadcast Network; die “hoofsstroom” kerke; die NHN: Dieselfde poeding, net ‘n ander sous en dié sousie verskil ook maar net oor die hoeveel sout wat daarmee saam geneem moet word… “ons weet min, daarom kan niks onmoontlik wees nie en daarom maak ons plek vir God/Energie/Teenwoordigheid/Watôkal wat ons lewens kan vervul.”

Written by Nathan Bond

July 26, 2009 at 19:25

Posted in Religion must go!

6 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Excuse me! It’s all very well to tolerate Agnes, but we can’t have a WOMAN starting up a rival band! Next thing you mofs would want a Mrs Pope and a Miss Mohamed (PBUher)! Please. The good book is quite clear: Old, white beard, kinky, jealous, murderous. A woman can NOT hack that. Sorry.

    bewilderbeast

    August 21, 2009 at 15:45

  2. DW moenie jou eie crap probeer toe smeer met myne nie. Ek sal my eie rap moet vat as ek dit moet face.

    Erken en aanvaar nou maar eenmaal dat jy nie jou eie kinders sal toelaat om dit wat jy as beskaafde mens hierbo kwytgeraak het, te lees nie.

    En ek wil my verstout om te sê dat jy nie die guts het om die nie onder ‘n skuilnaam te doen nie…

    DW rethink dude rething…

    johannes coetzee

    August 4, 2009 at 14:44

  3. Johannes skots; Ek wonder net of jy jou kinners sou toelaat om hierdie tipe kommetaar wat van jou afkomstig is te lees?

    Johannes ,jy kak op jou eie stoep . Ek kan my maar net indink wat jy vir jou familie op die 22 de Oktober 2011 gaan vertel.

    DW

    July 30, 2009 at 15:20

  4. DW

    Nathan kon dit wat uit jou binneste soos ‘n stroom lewende modder uitvloei nie beter verwoord het nie.

    Ek wonder net of jy jou kinners sou toelaat om hierdie tipe kommetaar wat van jou afkomstig is te lees?

    Jy beweeg my om met niks anders as om met ‘n “sies” te reply nie…

    johannes coetzee

    July 29, 2009 at 10:42

  5. Vader in u hande gee ek my gees oor .

    Nee fok net as jy dink jy het al alles gehoor dan kom die goddelike naai -metode .

    Jissis , ek weet nie hoe die Dopper omies van die Sinode die spyker kaskenades gaan verteer nie. Imagine , die bokramgeswete doppers van Potch vat hulle tannies na ‘n seks shop toe om die nuutste visnet sykouse , deurtrekkers , buttplugs , vibrators , nursie pakkies en tril vergroot pille te koop !!! Gods ek lag my dood .

    Jissis , dink net , daar stap die dopper dominee in die seks shop , met sy afgerolde mou wit hemp , grys skoene en ‘n belt wat spartel om oor sy pens te pas en om sy broek op te hou. Ja en Mevrou Dominee met haar crimplene rokkie . plastiek roos op die bors, bolla op die kop met ‘n breinaald deurgesteek , en I love Jesus hangertjie om die nek.

    En daarna stap hulle na CUM se winkel toe om Angus se Aartappelboekies en DVD ‘s te koop!!!

    So terwyl die oom en tannie mekaar verlei met die butt plugs en visnet sykouse kan hulle Angus se Sex like potatoes DVD kyk. Nee jissis fok tog.

    Dalk moet Wiid en Angus ‘n moerse piekniek op sy plaas hou en ‘n goddelike orgie op die warm bonnets trek terwyl Steve Liefling sing . Die heilige gees kan ook kom saamspeel en al die maagde wat graag kinders wil hê op die verhoog kom bevrug. Prys die Jirre.

    DW

    July 28, 2009 at 08:56

  6. Just goes to show – as if more confirmation was necessary – how deeply religion is pervaded by misogyny, and also how divisive it is. These stupid knuckleheads are happy to swallow every drop from a man (make of my phrasing what you will), but when a woman starts getting a bit too “equal timey” for their liking, their paranoia jumps all the way to Defcon 5.

    Sheesh, what a fucked up set of priorities they have.

    Con-Tester

    July 26, 2009 at 21:48


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: