Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Evolusie kuier by Tuks se teologie

with 18 comments

27 Februarie 2010. Die webblad teo.co.za het pas ook Cornel du Toit se kommentaar op George Claassen se hoofrede by die opening van Tuks se NG- kweekskool vroeër vanjaar, gepubliseer. Klik hier om dit te lees.

Dit is verstandsverbysterend en gemoedsbekakkend om teologiese reaksie op onweerlegbare wetenskaplike feite te… ervaar: “Haai, julle ou’s! Hier’s ons! Ons is óók hier! Ons wil óók saamspeel! Tóé! Assebliéf, toe!”

Maar hulle grafies se skepkante is afgebreek en hulle emmertjies se bodems is weg.

Ek is nie ‘n groot tenniskyker nie, maar ek is soms gefasineer met die verloop van ‘n wedstryd tussen ‘n voorste speler en ‘n speler uit die lae plekke op die  rangorde. Die kampioen behou gewoonlik sy afslaan in ‘n minuut of só; die “opkomende ster” neem tien minute om syne te verloor; die telling is soms iets soos 6-0/6-0/6-0.

Cornel du Toit het ‘n uitstekende toespraak gemaak. Die man is kennelik ‘n meester op sy vakgebied.

Maar terughoue soos dié dui op ‘n kampioen aan die ander kant wat eintlik maar net die wedstryd agter die rug wil kry sodat die toernooi kan vorder:

‘n Terughou: “Bildung” (klik hier vir ‘n omskrywing van dié pragtige gewigtige woord); ‘n hou van die agterbaan: “tegnowetenskaplike artefakte”; ‘n handrughou: “Gadamer… kultuur in terme van dialoog en fusie”; nóg een: “transendentale subjek en sinteties a-prioriese oordele”.

Hy hardloop hom pê van die een kant op die agterbaan tot die ander en storm net toe en hol verbete terug om weer genadeloos eers links en dan regs gejaag te word: “Nadat die mens van kleintyd af deur intense kontak met die empiriese werklikheid taal aangeleer het en denkvaardighede ontwikkel het (Lakoff, Johnson), verhef Kant nou die volwasse denker tot Transenderende Subjek/Rede wat onafhanklik (!) van die empiriese werklikheid as skoon lei (Locke) logiese konsistente, sinteties a-prioriese oordele kan formuleer. Dit is soortgelyk aan geloofskonstrukte (metafisika) wat werk met die aanname dat die waarheid daarvan suiwer ‘van bo’ as openbaring op die mens afkom terwyl die inhoud daarvan deurspek is van aardsheid en menslikheid en sonder laasgenoemde ondenkbaar is. Selfs die ondenkbaarheid en onverstaanbaarheid van die Transendente stem presies ooreen met die werking en bepaalde skemata van die mensklike brein soos ons sal sien.”

Met drie wedstrydpunte teen hom slaan hy hierdie een in die net vas: “Maar die denkkwyse het uitgebrand (Verligting!) en moet omgedraai word. Dit kan tipeer word as ‘n immanente of horisontale transendensie wat die mens tipeer as ‘n transendenderende wese. Ons brein/bewussyn is transendent gestruktureer. Taal is transendent gestruktureer (metafoor). Ons verstaan van ruimte en tyd is transendent gestruktureer. Ewolusie is transendent gestruktureer (voortdurende nuwe interaksies met ‘n veranderende omgewing). Dit sou na vore kon kom in ‘n sekulêre spiritualiteit as beklemtoning van geïnkarneerde waarheid wat as aardse waarheid die menslike kondisie weerspieël. Dit word gekenmerk deur ‘n kenotiese teologie waar God as aardse vriend ons menslikheid deel.”

Hy sak van uitputting neer, maar die toeskouers is selfs meer gedaan.

The lady doth protest too much, methinks. (Hamlet. III.ii.224-5.)

Die  ouens met die pienk sokkies en die dik brille sê só hieroor: In this case, “protest” means more of “proclaim” than “argue against”. Gertrude says it when Hamlet asks her if she’s enjoying the play, in which the Player King and Player Queen act out what Hamlet believes was the murder of his father. On one level, she’s critiquing the play by saying the Player Queen has too much to say. On another level, knowing what Hamlet is doing, she’s critiquing her son by telling him very subtly that he’s got it wrong – at least as matters pertain to her.

Daar was nog min kommentaar op my vraag of die teolgie werklik iets – énigiets! – te sê het… klik hier. Ek meen van nee.

Die teologie gebruik algemeen obskure dog heerlike, pragtige, woorde (Daniel Dennett sê: I doubt if they are anything more than a sort of reassuring elevator-music-made-of-words to those religious folk who don’t actually despise them as high-falutin’ “intellectual” attempts to obfuscate the Revealed Truth of whatever text they hold holy) sistematies om ‘n eiesoortige kritiese begripsruimte te konstrueer waarbinne die ingelyfdes mekaar volgens bepaalde reëls met voorafgedefineerde clichés agter die ore kan streel.

Die teologie is gewoon ‘n gesuiwerde sandput waar maatjies spelend wag op mammies wat hulle nie weer gaan kom haal nie.

13 Februarie 2010. Die opening van die Teologiese Fakulteit van die NG Kerk by Tukkies, verlede week, is aan die skepping en evolusie gewy. George Claassen het die hoofrede gelewer en Cornel du Toit en Danie Veldsman het daarop gereageer.

Klik hier vir Claassen se hoofrede; klik hier vir Veldsman se kommentaar en klik hier vir Cornel du Toit se kommentaar.

My standpunt oor die wetenskap en die teologie is dat hulle niks vir mekaar te sê het nie. (Science vs Religion; Science and Religion; The things we do know; Liefs die Wetenskap; Irreducible idiocy; Evolusie kelder teologie; Dealing with reality; Charles Darwin en die Christelike geloofAn Abstract on Origin and Evolution.)

Veldsman eis vir die godsdiens ‘n plekkie by die “Estetika (en) Moraliteit” (asof die wetenskap hierdie aspekte van menswees nie by uitnemendheid kan onderlê nie – sien Dealing with reality) en sy slotwoorde bevestig my standpunt: “…om die skoonheid van ‘n roos of die prag van die sterrehemel in die Karoo te geniet, om vir jou lewensmaat te kan sê – ek het jou lief. Alles nie-wetenskaplik. Maar dit maak dit nie onwaar nie. Net soos om te kan bely: Ek glo in God, Skepper van die hemel en die aarde. Hierdie belydenis wat ‘n antwoord is op die uitnodiging wat kom vanuit die stroom van geskiedenis om in God te glo, jou lewe aan God toe te vertrou, bly die voortdurende taak van teologiese nadenke.”

Op risiko daarvan om die punt nou totentaal in die grond in te ry: Om my vrou te soen en om geloof in “God” te bely is onvergelykbaar en Veldsman – soos véle van sy denkgenote – gryp hier na grashalms wat nie bestaan nie om te verhoed dat hy en die teologiese idiologie (sic) in die abissale poel van ontersaaklikheid verdwyn.

Daar is nie plek vir ‘n god in die Evolusie nie. Daarmee saam stort die ganse geloofskaartehuis in duie. Punt.

Om in die 12de eeu ‘n professor van astrologie te gewees het, of ‘n raadgewende astroloog vir ‘n Christelike koning, was om werklik mag te gehad het. Nadat Kopernikus astrologie vier eeue later vernietig het kan ons vandag maar net heimlik lag vir hierdie kwylende onsin wat astrologie was, en, verbysterend, steeds is in, byvoorbeeld, vooraanstaande koerante en tydskrifte se Sterre Voorspel- bogblaaie.*

Die teologie is reeds op die vlak van die astrologie; Darwin het die teologie ontwei soos Kopernikus die astrologie ontwei het. Die teologie kan ons níks sê oor ons wêreld wat die wetenskap nie beter kan sê nie… Dit kan ons níks sê nie.

Ek skryf in An Abstract on Origin and Evolution: “ What can I reasonably hope to learn from (Christian) theology? Nothing, but that I should apply elsewhere. Founded in ancient oracles, loosely organised in the 1st century, entrenched in the 4th, adjusted in the 16th, refined in the 18th and propped in the 20th, theology is dead in the 21st. All that remains is the sorry sight of the believer pulling the dead body of Christ behind her after the way of a mother baboon…”

* 2004; Blainey, Geoffrey; A Very Short History of the World; Viking; Victoria; 57-58.

Written by Nathan Bond

February 13, 2010 at 06:29

Posted in Religion must go!

18 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Screw-tin-eyes, nie vergeet om na jouself in die spiël te kyk nie.

    Hans Matthysen

    May 19, 2010 at 21:02

  2. Blacky Swart, julle is almal kak bang om oor die Bybel te debateer, wat julle as ‘n sprokie afmaak omdat julle nie kan aanvaar, dat daar ander is, wat insig het, wat by julle ontbreek. Wat die Bybel betref, lê die onbevoegdheid by julle.

    Hans Matthysen

    March 9, 2010 at 07:53

  3. As far as my limited ability to penetrate Afrikaans scholarly articles (and du Toit’s dense prose in particular) extends, it seems to me that his defence for religion is a longwinded and bombastic affair that, paraphrased, boils down simply to this: “Science (and technology) hasn’t addressed all of mankind’s needs. Therefore, it is justified to bow to our ill-understood emotions that drive our beliefs towards mysticism and the ‘transcendental’.”

    If the above is correct, du Toit is defending religious belief on ultimately pragmatic grounds: man needs it because he isn’t satisfied with the answers we do have. Du Toit conveniently ignores several obvious objections and determinant factors. First, such pragmatism cannot be a good defence of belief: “I believe the world would be a better place if there were no Jews in it.” Second, he forgets that mankind is never more self-righteously cruel to its own kind than when acting from a firmly-held but unjustified and counterfactual conviction. Third, if science (and technology) doesn’t meet our every need, then that is probably the result of the clichéd dictum that “familiarity breeds contempt” coupled to each person’s innate search for ironclad guarantees of security in perpetuity: “So what if I’m safe at home and can buy food from the corner shop? Some bad people can come and take all of that away at any moment!” As individuals, we are more safely kept today as a result of the fruits of science and technology than ever before in humanity’s history, but that’s just not good enough because many sources of danger remain. Ergo, “God has a plan.”

    In short and despite du Toit’s laboriously voluble “defence,” “god” remains just a name for the probability that those things we don’t understand will not harm us too severely, if at all.

    But I am open to other readings of du Toit’s work in case I have missed the plot.

    Con-Tester

    February 27, 2010 at 20:40

  4. Ek het hierdie raakgelees die ander dag:

    Om ‘n gelowige se argument af te skiet, is soos om met ‘n .303 wat ‘n ‘scope’ het te gaan melkkoeie jag.

    Al probleem is, soos Blacky tereg noem, mens kan moeilik met hulle debateer, want die ‘delusional mind’ sien geen logika en erken geen ware feite.

    Hulle is die blindes wat verseg om te sien, want hulle wil nie.

    screw-tin-eyes

    February 17, 2010 at 13:23

  5. Blacky Swart skryf (Februarie 16, 2010 om 8:34 nm.):

    Dit is belangrik om daarop te let dat die vlak van gelowige reaksie so onbevoeg is dat debat nie werklik moontlik is nie.

    Knap gesê. Nogtans, ons bemoei onsself hier en daar waar redelik geskik ter wille van lesers wat stilletjies kom loer.

    Con-Tester

    February 16, 2010 at 21:41

  6. Leon Coetzee skryf ;Waar is julle eie wetenskaplike pitkos menere.

    Hoe praat jy met ‘n godidioot ? Jy stuur hom dadelik in sy foking moer in, soos in duidelik en reguit .

    DW

    February 16, 2010 at 21:14

  7. Leon
    Ek meen dat daar op hierdie blog “wetenskaplike pitkos” sonder weerga is. Klik byvoorbeeld op die skakels wat Nathan hierbo in sy pos verskaf.
    Dit is belangrik om daarop te let dat die vlak van gelowige reaksie so onbevoeg is dat debat nie werklik moontlik is nie. Daarom lyk dit vir my dat die “gesprek” vinnig in ‘n spottery ontaard.

    Blacky Swart

    February 16, 2010 at 20:34

  8. Leon Coetzee skryf (Februarie 16, 2010 om 3:34 nm.):

    Waar is julle eie wetenskaplike pitkos menere?

    Die duidelike tu quoque ontduiking op ’n kant, in watter verband en in watter tipe “wetenskaplike pitkos” stel jy belang, Leon?

    Con-Tester

    February 16, 2010 at 16:18

  9. Dis vir my interessant dat al die kommentaarlewers nie verder kan kom as beskuldigings, byvoeglike naamwoorde en stellings dat iemand anders se argumente vals sou wees nie.

    Waar is julle eie wetenskaplike pitkos menere?

    Leon Coetzee

    February 16, 2010 at 15:34

  10. Hans Matthysen skryf (Februarie 15, 2010 om 9:52 nm.):

    Ek Dit is nogal vreemd, dat julle nie agter kom, dat gelowe ook Evolusie ondergaan…

    Baie, baie snaaks dít, nè?

    Hans Matthysen skryf (Februarie 15, 2010 om 9:52 nm.):

    Christenne wat nie in Evolusie glo nie, verkeer nog in duisternis, wat die Christendom betref.

    Nie net die Gristene wat nie in ewolusie “glo” nie…

    Con-Tester

    February 15, 2010 at 22:04

  11. Dit is nogal vreemd, dat julle nie agter kom, dat gelowe ook Evolusie ondergaan en daarom juis glo ek ook in Evolusie, net soos julle. Christenne wat nie in Evolusie glo nie, verkeer nog in duisternis, wat die Christendom betref.

    Hans Matthysen

    February 15, 2010 at 21:52

  12. Ek het al gewonder of mens moet ophou om ‘random’ met toevallig te vertaal.

    Is dit nie beter om ‘lukraak’ te gebruik. Daar is vir my ‘n wesenlike verskil van random selection = toevallige seleksie, na lukraakte seleksie.

    Toeval is tog eerder ‘by chance’ ?

    Veldsman het vir my niks gesê behalwe dat hy voel die wedstryd behoort ‘n ‘ref’ te hê, want daar word onkant gespeel.

    ” ja, menere – van evolusie moet lees: Dawkins, Jones, Zimmer, Fortey, sou ek wou vra: waarom ontbreek die teologiese diepgang – om maar net selektief enkele name te noem – vanaf die Kappodosiese Kerkvaders, Anselmus, Thomas van Aquinas ens.”

    Interessant dat hy die bekende wetenskaplikes van eie tydse denke aanhaal vir die wetenskap, maar moet terug grawe na die diepe donker verlede vir mense wie se denkrigtings George kwansuis moet noem.

    Hy is seker te bang om name soos Kent Hovind, en sy maters te noem😉

    screw-tin-eyes

    February 14, 2010 at 08:20

  13. Nogtans, bravo!

    Con-Tester

    February 13, 2010 at 18:58

  14. Nathan, ek dink jy’s dalk ’n bietjie te positief teenoor die teologie…😉

    Elders skryf iemand soos volg:

    “The inundating verbosity of theological ‘arguments’ for (a, any) god’s nature and/or existence all struck me, after the unnecessary fat had been pared away, as little more than an overly contrived, inordinately convoluted, but ultimately sterile series of bogus semantic conjuring acts. In contrast, scientific arguments, though seldom easy, were always amenable to concise presentation.”

    Con-Tester

    February 13, 2010 at 18:55

  15. Veldsman se sêery – argumente is dit beswaarlik – is geyk. Ek het werklik sy kommentaar begin lees in ‘n gees van afwagting, want die idee dat evolusie die tema is by die opening van ‘n teologiese fakulteit het my beïndruk.

    Maar daar is nie ‘n sweempie oorspronklikheid te bespeur nie en nie ‘n snars feitelikheid in sy relaas nie.

    Ek verstom my aan die teologie se arrogansie om ‘n plek in akademia op te eis en toe te eien. Die teologie is ten beste ‘n onderafdeling van die letterkunde – dit gaan oor ‘n énkele boek per idiologie (sic)!, for crying in a bucket! En in die Christelike tradisie, ‘n saamgeflansde boek op die koop toe!

    In ‘n futiele en desperate poging om aan te dui dat die keiser inderdaad nié kaal is nie, verskyn die teologie op die stadsplein van akademia in ‘n ragfyn deurtrekkertjie wat elke onooglikheid van die makabere – huiweringwekkende; grieselige – lyf aksentueer.

    Die teologie gebruik algemeen aanvaarbare perspektiewe (Kritiese Realisme, Post-fondamentalistiese Rasionaliteit, Radikale Ortodoksie, Post-liberale teologie en Postmoderne Wetenskapsfilosofie, onder andere) sistematies om ‘n eiesoortige kritiese begripsruimte te konstrueer waarbinne die ingelyfdes mekaar volgens bepaalde reëls met voorafgedefineerde clichés agter die ore kan streel.

    In hierdie kliniese ruimte alleen kan die transendente – geloof in ‘n “enigste Skeppergod”, byvoorbeeld – epistemologies verantwoord word.

    In hierdie eksklusiewe ruimte word ‘n “teologie van taal” bedryf. ‘n Teologie wat onderlê word deur ‘n oortuiging dat daar agter taal iets is wat taal onderhou maar wat nie in taal begrepe is nie. Dat dít wat hóé ons dinge sê ten gróndslag lê, self nie gesê kan word nie…

    Om dít “God” te noem – of die politiek meer korrekte “transendente” – herinner aan Schopenhauer se kritiek van Hegel: “… a colossal piece of mystification which will yet provide posterity with an inexhaustible theme for laughter at our times, that it is a pseudo-philosophy paralyzing all mental powers, stifling all real thinking, and, by the most outrageous misuse of language, putting in its place the hollowest, most senseless, thoughtless, and, as is confirmed by its success, most stupefying verbiage…”

    Hierdie verdollende, vertorende vaagheid wat aan obskurantisme grens, ondergrawe die teologie, verdwaas (dumbs down) teoloë en verbyster gelowiges.

    Die teologie moet buite hierdie kunsmatige, vergewende ruimte kan staan… of die teologie moet val.

    En, in alle redelikheid, die teologie het reeds geval.

    Die banale skrywes, van desperate godsdiensapologete wat bestaansreg vir geloof ten alle koste wil vestig, is nes placebo Viagra wat by impotente gelowiges die belofte van ‘n trotse ereksie suggereur, maar helaas, wanneer die formidabele minares Rede suggestief glimlag, hang die “phallacy” maar steeds slap in die linkerliesie.

    Teologie is ‘n afgesloofte hawehoer wat haar vals kliewiets en sellulietboude ongesteurd aan die manne opdring: haar jarelange getroue kliënte kyk die pitsweerletsels simpatiek mis; laaities loer nuuskurig; nuwe kliënte oorweeg dat sy meer vergewend en minder intimiderend as die sexy meisies sal wees; net die werklike desperates neem kennis. Maar almal weet die ou girl se dae is getel. Die manne wat skrikkerig is vir die jong bokkies, en díe wat ‘n makabere toewyding vir die ouvrou voel, en die wat aan haar uitgesakte boesem die veiligheid van ‘n verlore moederskoot soek, klop nog aan haar deur. Maar die “glamour boys” het lankal die skrif aan die muur gelees. (Met apologie aan Frederik van Zyl Slabbert se orgasmiese verwysing na die Nasionale Party, drie jaar na die 1994-verkiesing.)

    Nathan Bond

    February 13, 2010 at 16:40

  16. Net een voorbeeld van Veldsman se drog redenasies:

    Veldsman praat: “As jy [George Claassen] sou meen om die nie-bestaan van God te bewys, oortree jy die grense van die empiriese en toetsbare. Dan maak jy jou skuldig aan onwetenskaplikheid.”

    Nee, Veldsman, geen wetenskaplike probeer die nie-bestaan van God bewys nie; al wat ons vra is dit: bewys vir ons die bestààn van God. Wetenskaplikes verklaar die werking van die natuur; evolusie, die kwantum, relatiwiteit, en nog baie meer (dìt is empiries en wetenskaplik). Dìt is waar julle totaal uit die bus uit val, want julle kan glad nie bewys dat daar enige god(e) is nie. En dan sê jy wetenskaplikes maak hulle skuldig aan onwetenskaplikheid. Sak Sarel!! (Of praat die god-meme hier vir jou?)

    Savage

    February 13, 2010 at 15:25

  17. Die kardinale verskil tussen die wetenskaplik-denkende persoon en die religieus-denkende persoon kan maar net nie deur laasgenoemde aanvaar word nie. Daar mòèt ‘n verskuilde agenda by eersgenoemde wees! Die gelowige kàn of wìl nie begryp dat die wetenskap gebaseer is op feitlike bewysbare beskrywings van die Natuur waarin ons lewe. In plaas daarvan om die taal waarin die wetenskap praat, naamlik wiskunde, te probeer verstaan, wend Veldsman en sy brigade hulle tot sulke absurde argumente waarvan sy rede deurspek is. Geen wonder hulle pas so lekker in by die filosowe.

    Savage

    February 13, 2010 at 13:00

  18. Skitterend opgesom!

    Gert du Plessis

    February 13, 2010 at 09:53


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: