Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Klaas Hendrikse se beker yswater

with 12 comments

Julian Müller dink oor Klaas Hendrikse

13 Maart 2010. Julian Müller maak my gereeld moerig. Sy goed is vir my vertorend en verdollend vaagskerp –  opslagbal-analise en wydloper-afloop; filosofiese coitus interruptus. Oor Müller se goed voel ek soos Churchill oor Rusland: “… a riddle wrapped in a mystery inside an enigma”. Maar ek meen Müller maak oom Koos van Parow-Oos en tant Gail van Vanderbijl net so moerig. Dis nou eenmaal die vloek wat rus op iemand wat uit sy pad gaan om self te verstaan wat hy dink. Dis dapper; dis vreesaanjaend. Want jy het nie die vaagste benul hoeveel vuur die drake wat op dié pad skuilhou kan spu nie.

En nou het Müller ‘n ding oor Klaas Hendrikse se anti-teïsme geskryf wat my hoendervleis gee. Wat ‘n beker yswater op Oudtshoorn in Februarie oor my kop omkeer. Lê die antwoord wat ek soek op hierdie pad? Te vroeg is dit opgewonde om te raak, sou die Jedi-meester Yoda gesê het.

Maar ek ís opgewonde. Hier is die skakel na Dít wat ons nié dink en hier volg die teks, as jy dit sommer hier wil lees. Laat weet asseblief wat jy dink!

Dit wat ons nié dink

Wat maak ‘n mens daarvan as ‘n Nederlandse dominee sê dat vir hom God gebeur en nie bestaan nie? En boonop nog deur die kerk vrygespreek word en toegelaat word om met sy bediening voort te gaan!

Die uitsprake van ds Klaas Hendrikse, wat bekend staan as die ateïstiese dominee van Nederland, is behoorlik ‘n knuppel in die hoenderhok.

Hendrikse verduidelik sy eie posisie as ateïsties omdat hy nie ‘n teïs is nie. Hy is teen teïsme en in dié sin ‘n ateïs. Hy maak dit egter duidelik dat daar vir hom ‘n onderskeid is tussen ‘n ateïs en ‘n godloënaar, wat  hy nie is nie. Dit is ook veelseggend dat die ring (klassis) van Zierikzee in die oorweldigend konserwatief-Protestantse provinsie Zeeland, na ‘n ondersoek, bevind het dat Hendrikse kan voortgaan met sy werk as dominee.

Hendrikse sê “God bestaan nie”, maar “God gebeur”. En hierdie gebeur van God vind veral tussen mense plaas. Volgens ‘n berig in Beeld (5 Februarie 2010) het hy gesê: “God is vir my geen wese nie, maar ’n woord vir wat tussen mense kan gebeur.

Soos ek vir Hendrikse verstaan, wend hy ‘n poging aan om weg te beweeg van teïstiese taal oor God en daarom die woord “bestaan” bevraagteken. Dit is ‘n vraag of sy voorstel van “gebeur” ons help tot ‘n nuwe verstaan wat bevrydend is van die verknegting van die teïsme.

In die teïsme is God ‘n aparte wese wat eenkant, iewers sy eie bestaan voer. ‘n Wese met eienskappe soos almag, goedertierenheid en geregtigheid. Van dáár af, vanuit sy eie domein maak hy met ons kontak en onderhandel met ons oor ons saligheid of verdoemenis. Hierdie God is konsekwent manlik en sterk. Die verskil tussen die deïstiese en teïstiese godsbeeld is dat in eersgenoemde die godheid onbetrokke en veraf sy eie bestaan voer en die heelal soos ‘n klokwerk opgestel het wat volgens sy eie wetmatighede afloop. Die teïstiese godsbeeld, daarteenoor, plaas God steeds buite en ver, maar Hy is ‘n God wat betrokke is en in verhouding met die mens tree.

Ons het oor geslagte en eeue so deurdrenk geraak van teïstiese godskonsepte dat ons dit byna onmoontlik vind om in enige ander kategorieë oor God te dink en te praat. En as jy dit waag word jy maklik verketter.  Ons het eenvoudig begin om God gelyk te stel aan ons selfgeproduseerde begrippe/taal/dogma oor God.

Beide die deïsme en die teïsme is gebore uit die konstellasie-wêreldbeeld. Daardie antieke siening wat die ganse heelal in drie lae opgestel het, met God op die boonste verdieping, ons op die ondermaanse, of middelste en die bose in die dieptes onder die aarde. Tot en met die bevindinge van Kopernikus en Galileo was dit die enigste en gangbare wêreldbeeld. Binne so ‘n konstellasie kan nie eintlik anders oor God gedink word as in teïstiese konsepte nie. Die metafoor is ‘n drieverdieping huis. God woon op die boonste en tree soms met die onderste verdiepings in interaksie, soos in Psalm 2 beskryf word.

Met die ontwikkeling van die wetenskaplike wêreldbeeld waar daar nie meer ‘n bo en onder in die heelal is nie en waar daar bewyse is van ‘n evolusionistiese ontwikkeling oor miljoene jare, word dit toenemend moeilik vir die denkende mens om aan ‘n teïstiese God te glo. Wat is die uitweg?

·         Sommige verwerp God geheel en al (godloënaars)

·         Sommige verwerp die nuwe idees en hou net krampagtig vas aan ‘n letterlike verstaan van die Bybel.

·         Sommige verwerp die teïsme en word ateïste (Hendrikse).

·         Sommige sê hulle weet glad nie en is agnostici.

·         Sommige verloor alle belang by die vraag en word agnoste (agnosme is ‘n nuwe opkomende kulturele tendiens waar die vraag na die bestaan van God mense eenvoudig nie meer interesseer nie.)

Die uitweg kan dalk in ‘n ander rigting lê. As ons by ‘n punt kan uitkom waar ons nie a-teïsties dink nie, maar post-teïsties.  Gelowig, maar verby die teïsme en nie in stryd en in reaksie daarop nie. Miskien bedoel Hendrikse dit so, maar dan is dit jammer dat hy homself as ‘n ateïs bestempel, want dit skep baie verwarring.

Ek sou myself aan die ander kant  ‘n post-teïs wou noem. Dit beteken dat ek doelbewus aanvaar dat daar ‘n era met denkwyses en taal oor God verbygegaan het. Natuurlik word ek nog daardeur beïnvloed en is dit bykans onmoontlik om nie reste daarvan in my eie denke en taal saam te dra nie. Ek dink nog, praat nog en sing nog in die ou taal en word selfs daardeur aangespreek. Maar aan die ander kant weet ek dat ek onherroeplik aanbeweeg het en nou gefasineer en geïnspireer word deur nuwe denkraamwerke oor God.

En dan ontdek mens dat daar Bybelse uitsprake oor God is wat die post-teïstiese verstaan van God ondersteun. Dit het nooit dogma geword nie en dit was miskien nie so dominant in die vorming van ons wêreldbeeld nie, maar dit was al die tyd daar.  In kerklike dogma is allerhande filosofiese eienskappe aan God toegedig, maar die Bybel praat bloot van God as Liefde en Gees. En het iemand al die diepte van die betekenis van Paulus se uitspraak in Atene (Handelinge 17:28) deurgrond?: “Want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.” Dit klink na taal wat pas by ‘n post-teïstiese verstaan van God.

Vir baie Christene is die panenteïsme, waarvolgens alles in God is en God in alles, ‘n uitweg uit die vasgeloopte teïsme. Dan word God die immer Moontlike, die Een wat is en wat was en wat kom; die Een wat om elke hoek en draai kan verskyn in enige gedaante of gebeure, maar wat nooit voorspel en vasgevang kan word in ons gedagtes en formulerings nie. Die God, oor wie ek nie meer kan praat asof “hy” ‘n manlike koning of generaal is nie, maar die God wat nooit verder van my af is nie as my eie gedagtes en woorde.

Soos dit treffend verwoord word in Stef Bos se Lied van God:

Ik ben de wolken en de wind

Het vuur dat eeuwig brand

Ik ben de stroming

De zee

Ik ben het grenzeloze land

Onvoorspelbaar

Ik ben niet wat je denkt

Er is teveel van mij gemaakt

Wat ik helemaal niet ben.

EINDE

Hel, ek hou veral van “(ek weet) dat ek onherroeplik aanbeweeg het en nou gefasineer en geïnspireer word deur nuwe denkraamwerke oor God”!

Panenteïsme het my nog nooit op en af laat spring nie – dit maak van “God” selfs meer as oom Koos en tant Gail se kosmiese David-Copperfield-Derren-Brown befokte herder.

Maar dié gebeurtenis-god; dis ‘n ding waaroor ek kan dink, man!

Written by Nathan Bond

March 13, 2010 at 06:55

Posted in Religion must go!

12 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Gots Hans
    Jy skryf ;Julian Muller het my nog nooit beindruk nie.

    Dink jy regtig ek het gedink Julian het jou beindruk?
    Johannes en Gerhard beindruk jou beslis meer as Julian.

    DW

    August 16, 2010 at 09:03

  2. Even if we are evolution based outcomes of our collective experiences, is it possible that the ever increasing additions to the list of new input, the data from which we infer patterns, comes with a pattern of it’s own?

    If indeed so, can we perceive this pattern to be a personal omnipotent God?

    Perhaps an unyielding Personality that enforces the unbreakable rules of the Universe.

    Balanced Truths

    August 15, 2010 at 20:38

  3. That would immediately bring to mind the concept of choice, the theist’s favourite escape clause.

    True, we have choices, we make them every day.

    The consequences of our choices are what leads to experience, which teach us and forms us into evolved minds, minds that can make more informed choices.

    So, I assume, my question is… When consequences are brought into existence by the very choices we make to avoid them – is it possible to perceive a Personality in this?

    Balanced Truths

    August 15, 2010 at 20:31

  4. The YinYang is a very good symbolic representation of the panentheistic view.

    Black and White.
    Good and Bad.
    Love and Hate.
    Positive and Negative.
    Creation and Destruction.
    + and –

    Perhaps what happens between people can be boiled down to what happens between protons and electrons. Perhaps we need the Hicks matrix to enable the rest to make sense.

    The dual nature of the YinYang symbolises the oscillating balance between antagonistic forces.

    However we may, individually, perceive these interactions, we learn from our mistakes, which we perceive to be bad. And vice versa from our triumphs.

    We are products of our experiences and we, as minds, evolve along the path of dealing with the consequences of our individual actions.

    I can agree with this vague definition of God when I observe experiences that guide individuals when they suffer the consequences of the very actions they chose precisely in order to avoid this, or that, lesson.

    Perhaps, with enough insight, this could be testable and quantifyable.

    Balanced Truths

    August 15, 2010 at 20:02

  5. Where is the sense in this, what does it mean and how can this concept of God be employed to bring better understanding and less confusion and politics?

    Balanced Truths

    August 15, 2010 at 19:22

  6. Julian Muller het my nog nooit beindruk nie en ek kan verstaan wat Klaas Hendrikse bedoel. Wat hy sê, maak ook vir my sin.

    Hans Matthysen

    March 16, 2010 at 22:34

  7. Muller en kie kan nie meer die 6 dag skepping maagdelike geboorte en opstanding inboesem nie.

    Hulle weet net so goed soos ek dat dit ‘n kakstorie is. Om nou ‘n nuwe god te gaan soek maak die godkakpraatstorie net meer belaglik.

    Wat is so moeilik om ‘n lyn deur god te trek huh Julian ? Fok vandag se liberalis is more so konserwatiewe fundamentalis.

    Maak maar soos Julian en gaan bely saam met die gemeente die maagdelike geboorte en opstanding solank die 10des net inkom om brood en kakpapier te koop al weet hy dis ‘n kakpraat storie

    Hoe lank gaan die wêreld nog met die hoogheilige skynheilige godidiote soos Julian Muller sit?

    DW

    March 15, 2010 at 16:46

  8. Julian Müller skryf:

    Vir baie Christene is die panenteïsme, waarvolgens alles in God is en God in alles, ‘n uitweg uit die vasgeloopte teïsme. Dan word God die immer Moontlike, die Een wat is en wat was en wat kom; die Een wat om elke hoek en draai kan verskyn in enige gedaante of gebeure, maar wat nooit voorspel en vasgevang kan word in ons gedagtes en formulerings nie. Die God, oor wie ek nie meer kan praat asof “hy” ‘n manlike koning of generaal is nie, maar die God wat nooit verder van my af is nie as my eie gedagtes en woorde.

    On-fokken-gelooflik. Enigiets – maar enigiets – is oukei as dit kom by die illusie se “werklikheid” teen rede te beskerm. Alhoewel die idees agter Müller se bostaande beskrywing glad nie vir my vreemd is nie, beklemtoon dit weereens mooi die saggies strelende maar absoluut betekenislose bóg wat teoloë sonder skaamte bymekaar kan vleg. Wat verduidelik Müller se geneurie in die opsig nou eintlik!? Ons weet nog steeds nie waaroor ons praat met hierdie “god” ding nie, of wat se egte verskil dit maak. “God” is en bly ’n naam vir ons onkunde.

    Klaas Hendrikse se opvatting van “god” as die volledigheid van interaksies in die wêreld smaak my na ’n ou wat sy koek gelyktydig wil hê en eet. “God is nie soos ’n persoon nie, hy is die wese van dit wat die verloop van ons plekke in die heelal asook onder mekaar uitmaak.” Dalk. Maar weereens moet mens vra wat dít nou eintlik beteken. Watse praktiese verskil of insig kan díé opvatting lewer wat onself en die wêreld beter en/of meer verstaanbaar kan maak? Totdat iets of iemand ’n kragtige en oortuigende verklaring daarvan verskaf, sal ek maar eerder ’n “godloënaar” bly want ek sien geen voordele in die beskouing nie – in teendeel, is dit verkeerd dan het ons weer ’n klomp moeite gemors op ’n kulspul.

    Con-Tester

    March 13, 2010 at 14:49

  9. Ek is opgewonde oor Hendrikse se idee dat “God” dit is wat tussen mense gebeur. Ek is onbeïndruk met Müller se post… “toasties”.

    Nathan Bond

    March 13, 2010 at 09:33

  10. Stem 100% saam met Savage. Hoekom moet mens in iets, ‘n god of ‘n gees (spook?) glo? Los die gode tog uit en verlos ons van die bose, ek bedoel die teïste. Of is hulle nie dalk dieselfde nie? Bedoelende nou die Bose en die Teïste.

    Gert du Plessis

    March 13, 2010 at 09:27

  11. Dít is wat ek van Julian Müller nie hou nie: Hy kom tot by fyndraai (“God is vir my geen wese nie, maar ’n woord vir wat tussen mense kan gebeur”; Hendrikse se regterhaak) en dan rol hy om en gaan slaap (“Gelowig, maar verby die teïsme en nie in stryd en in reaksie daarop nie”; sy volbal vir ‘n ses tot op die treinspoor wat ‘n goeie boulbeurt opneuk).

    Om weg te kom van die “God delusion” (sic) moet jy “God” koebaai soen. Alles wat vir teoloë te swaar raak om saam te sleep kry altyd die voorvoegsel “post” en word net nóg swaarder.

    Julian, as jy wil beweeg, beweeg, anders bly jy maar net waar jy is, met al hoe swaarder bagasie wat dit al hoe moeiliker maak om te beweeg.

    Nathan Bond

    March 13, 2010 at 09:06

  12. “Want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.”

    Nonsens! Ons lewe, beweeg en bestaan a.g.v. Natuurkragte wat op ons en ons omgewing inwerk.

    Wat ek nie kan kleinkry nie is hoekom iemand in “iets” wil glo? Waarom nie maar net aanvaar dat ons in wese eksistensialiste is, en dat geen god nog ooit enige bydrae tot hierdie Heelal gelewer het nie, en dit nooit ooit sal doen nie.

    Maak nie saak waarin jy “glo” nie; as jy dit nie kan bewys nie, is en bly dit net ‘n postulaat . En wie wil nou sy lewe om ‘n postulaat bou? Maar my postulaat verskil van jou postulaat en myne is die regte een, ek weet. En my knopkierie is groter as joune, so te moer met jou en dis hoekom ek jou oor die kop slaan totdat jy my postulaat aanvaar!

    Savage

    March 13, 2010 at 08:16


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: