Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Die herrie oor die “herrysenis”

with 15 comments

Die NGK “debatteer” die “opstanding”

21 Maart 2010. Rapport berig vandag dat Kerkleiers verskil oor Jesus se herrysenis.

Ek dink onwillekeurig aan Mattheüs x.xxxv: “Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder… tussen moderator en aktuarius.” (My invoeging in kursief.)

Dat daar in die tweede dekade van die 21ste eeu nog oor die aard van die dood “gedebatteer” kan word laat ‘n mens sprakeloos!

Ek het reeds oor die “Opstanding” geskryf: “… nothing beats the Resurrection for trumpery.

Ek is  reeds deur die “moderator” geïgnoreer oor sy verspotte gelofie dat ‘n mens nie eintlik rêgtig-êgtig in sy moer is as hy doodgaan nie – klik hier. (En die huidige moderator is die omie baas van die Voortrekkers – hy word toegelaat om met kínders te praat en hulle koppies met hierdie onsin te besmet. En dan praat ons van Katolieke priesters!)

Wat is dit nou met “herrysenis”!? Klink dit vir die dommerds wat dit debatteer beter, darem nie so sotlik soos “opstanding” nie!?

Ek het reeds oor Jesus se dood geskryf: “Hier’s ‘n nuusflits: Jesus het gesterf. Om en by 30AE. Hy is nog steeds dood. Morsdood. En dis finaal.”

Ek het niks om by te voeg nie.

Die kerk lieg oor die aard van die mens. “Fisiese liggaam” en “geestelike – én ‘Geestelike’ liggaam”… watter onbevange snért!

As die mens sterf, is dit verby. Punt. Lééf dus met oorgawe vir vandag en môre in die lig van gister se lesse, maar lig, sonder die bagasie van gister.

Die kerk liég.

Godsk!, maar andersins intelligente mense kan hulle darem met kak ophou!

Fôkkit!

Written by Nathan Bond

March 21, 2010 at 08:59

Posted in Religion must go!

15 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. As julle nie eers probeer verstaan, wat ek vir julle probeer wys sodat julle die teendeel of iets anders kan bewys, dan is dit duidelik dat julle net een dimensioeneel is. Shame!

    Hans Matthysen

    April 5, 2010 at 21:42

  2. STE (Meerkat)

    Ek stim!

    ErickV

    April 1, 2010 at 07:53

  3. Hans, ek is gelukkig om bietjie tyd op hande te hê, so ek antwoord maar op al jou ‘posts’. Ek gaan nie eintlik op (🙂 ) in hierdie Paasfees-ding nie. Die paaseiers en goed is lekker, ‘must admit’ en ek hoef nie meer te soek daarvoor nie.

    Jou vorige post – moenie kommentaar verwag nie. Ek is heeltemal verby Bybelversies en as ek dit sien, dan ‘scroll’ my ‘mouse’ outomaties reguit verby. Dis buite my beheer.

    Bybelversies, Hans, beteken net soveel as ‘n aanhaling uit ‘n mooi gediggie. Dit sê en bewys niks.

    screw-tin-eyes

    April 1, 2010 at 06:20

  4. Hans, drie bybelversies is “sinvolle kommentaar” net in jou eie snaakse droomwêreld.

    Con-Tester

    March 31, 2010 at 22:48

  5. Geen sinvolle kommentaar op wat ek geskryf het en dit laat dus veel te wense oor, aan julle intellek.

    Hans Matthysen

    March 31, 2010 at 22:30

  6. Who’d’ve ever thought it!? Bread cartel meetings about its price-fixing shenanigans preceded by prayer. In the NG Kerk, nogal. This doughy lot and their half-baked morality will no doubt get a bit crusty about any suggestions that they’re milling themselves into a floury and “loafsome” position.

    Con-Tester

    March 24, 2010 at 11:42

  7. gods

    DW

    March 24, 2010 at 08:40

  8. En sy het klaar die monopolie vir die vroue stemme. Lyk my sy is nou agter die mans se stemme aan wat glo ‘n vrou se plek is onderdanig aan die man in die huis, maak nie saak wat nie, want dis god se wil.

    McBrolloks

    March 23, 2010 at 13:56

  9. Geboë hoof voor “God” = stemme.

    Nathan Bond

    March 23, 2010 at 13:38

  10. Ek het gedog Hellen Zille is slimer as dit. Of glo sy ook in hierdie kak? Ek het gedog sy staan baie meer vir vrouens regte, en behoort beter te weet. Maar dan praat ons mos nou van ‘n politikus.

    McBrolloks

    March 23, 2010 at 13:26

  11. Biddag wys Kaapstad is slaggereed vir skouspel
    2010-03-23 00:04

    Theuns van der Westhuizen en Jana Breytenbach
    Kaapstad

    Die sowat 43 850 Christene wat gister die Kaapstad-stadion volgepak het om na die evangelis Angus Buchan te luister en ook vir die stadion te bid met die oog op die Wêreldbeker-sokkertoernooi, het gewys Kaapstad is slaggereed vir dié skouspel.

    Duisende Christene het van 11:00 na die Kaapstad-stadion gestroom vir die Jesus vir Kaapstad-saamtrek – een van verskeie biddae in Wêreldbeker-stadions landwyd – waar Buchan die groot trekpleister was.

    Onder die hooggeplaastes was me. Helen Zille, die Wes-Kaap se premier.

    Alles, ook die vervoerreëlings na en van die stadion, het glad verloop en daar was geen misdaadverwante voorvalle nie, het die burgemeester, mnr. Dan Plato, gesê. Gister was die stadion se derde en grootste proeflopie vir die Wêreldbeker-toernooi.

    Buchan het Psalm 37 as teks gebruik en gesê verskillende geleenthede klop tans aan Suid-Afrika se deur. Suid-Afrikaners het nou die geleentheid om aan besoekers te wys hoe God mense se lewe verbeter en ook hoe verskillende geloofsgroepe in vrede kan saamwoon.

    Die tweede deel van sy preek het gehandel oor die rol wat die man in die gesin speel. Mans is die leiers in die gesin en as hulle ’n dienende gesagsposisie inneem, sal gesinne makliker herstel.

    “Kinders sal dan na God gryp en nie na dwelms nie, want hul pa doen dit nie.”

    Mnr. Graham Power, bekende Kaapse sakeman en organiseerder van die eerste groot Christen-byeenkoms in Kaapstad nege jaar gelede, het bely hy leef sedert die eerste saamtrek in Februarie 1999 vir Christus en het innerlike vrede.

    Die saamtrek het sedertdien gegroei tot ’n wêreldwye biddag waaraan 350 miljoen mense verlede jaar deelgeneem het.

    Dít was die eerste golf van geloofsherlewing. Die tweede golf begin nou onder die vaandel van “Onbeskaamd Eties”, wat onlangs van stapel gestuur is. Daarna kom ’n derde golf wat ten doel het om Afrika te hervorm tot die “Lig vir die Wêreld”.

    Power en mnr. Steve Johnston van die “Onbeskaamd Eties”- veldtog het gesê hulle daag alle Suid-Afrikaners uit om hulle in die openbaar te verbind tot die veldtog, wat ’n etiese samelewing bevorder.

    Vroeër het kom. Mzwandile Petros, Wes-Kaapse polisiekommissaris, ’n beroep op Christene gedoen om betrokke te raak in die stryd teen misdaad in die Wes-Kaap.

    – Die Burger

    McBrolloks

    March 23, 2010 at 13:25

  12. Julle is almal deurmekaar. Die volgende is hoe dit gebeur het:
    God het homself gestuur om ‘n jong meisie te verkrag sodat hy homself kan opwek en dat later homself aan ‘n kruis te laat sterf sodat hyself later kan opvaar na die hemel sodat hyself aan die regterkant van homself en hyself (die heilige gees) te kan sit want aldrie is homself.
    As julle dit nie verstaan nie, kan Hans, wat verskriklik gebreinspoel is, aan julle verduidelik.

    ErickV

    March 23, 2010 at 11:23

  13. Wat? Jesus praat met my daagliks in my kop. Hoe kan hy dan dood wees?

    VAKTAP

    March 23, 2010 at 09:10

  14. Job 14:12 so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.
    Die mens, Jesus, sal nie weer opstaan nie, maar Christus het wel en dit is wat meeste mense nie verstaan nie. In Mat. 22 v 42, verwys Jesus self na die Christus.
    Mat 22:42 en sê: Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy? Hulle antwoord Hom: Dawid s’n.
    Jes. 9 v 5, wys ons, dat ‘n kind (naamlik Jesus die seun van die mens) is gebore en ‘n seun (naamlik Christus die seun van God) is gegee.

    Hans Matthysen

    March 22, 2010 at 19:34

  15. Uit berig: “Die aardse lewe word met die tydelike asem (gees) van die verganklike lewe geleef; die hemelse lewe word met die ewige Asem van God (Gees) in die onverganklikheid geleef.

    Dit is met hierdie Asem van God wat Jesus uit die dood opgestaan het/opgewek is,” skryf Ernst.

    “Nóg in die Bybel nóg in enige amptelike kerklike geskrif word gesê dat Jesus fisiek-liggaamlik uit die dood opgestaan het en daarom vir altyd nou so is of lyk.”

    Ek dink die laaste 3 woorde moet wees: ” ‘n lyk is ” 🙂

    Dit maak dan sin, reg.

    screw-tin-eyes

    March 21, 2010 at 09:34


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: