Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

GOD

with 22 comments

Written by Nathan Bond

October 29, 2008 at 12:47

22 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Nee hel Daan, ek wil darrem nie die ouens teregstel nie. Ek wil net nie he hullle moet die reg he om weerlose kinders aan skadelike idees bloot te stel voor hulle oud genoeg is om dit te herken vir die skadelike nonsens wat dit is nie.

    Shazee

    September 9, 2012 at 12:29

  2. Was vanoggend in die kerk. ‘n Groot maat van my wie twee maande terug selfmoord gepleeg het, se kleindogter is gedoop saam met twee ander babas.

    Ek het teen die einde van die preek saggies gegiggel (tot dermate dat my vrou my kwaai aangegluur het), maar ek kon nie help nie. Die predikant het sy preek afgesluit met die boodskap aan die ouerpare van die dopelinge dat hulle die kleintjies van kleins af moet leer dat “pappa ‘n groter pappa in die hemel het en dat mamma ‘n groter pappa in die hemel het”. En toe dink ek aan Con-Tester se term “Sky daddy”. 🙂 🙂

    En wat nog snaakser was, was die feit dat die doom die jong ouers aanhits om hulle kinders te indoktrineer met iets wat arme ou Shazee graag onwettig verklaar wil hê, en by skuldigbevinding strafbaar moet wees met die dood. 🙂 🙂 🙂 🙂

    Daan Van der Merwe

    September 9, 2012 at 12:05

  3. Otto Von Bismarck? Hy was net so doos soos Hitler. Fok hom.

    Daan Van der Merwe

    September 9, 2012 at 01:29

  4. Ek hoop jy is reg.

    Ek dink dit is Bismarck wat gese het dat nasionalisme die kindersiekte van die mensdom is.
    Hy kon net sowel van geloof gepraat het.

    Ons sal dit hopelik ontgroei, voordat dit tot ons einde beteken.

    Shazee

    September 8, 2012 at 19:32

  5. Maar natuurlik kan jy die wens uitspreek. Dis egter amper net so ‘n onrealistiese wens soos my wens om volgende Saterdag die 15 Miljoen Rand Lotto jackpot te wen.

    En natuurlik is jy reg dat mense graag onlogiese geloof/godsdiens beginsels WIL glo. Ek lewe elke dag daarmee saam. My vrou (met wie ek 36 jaar getroud is en vir wie ek baie lief is), AL my vriende en my kollegas.

    Maar “lighten up”. Kyk weer na daai YouTube van Borg en Crossan wat ek op die ander draad geplak het. Luister wat die dame an die begin sê. Dat daar “in Brittanje en Amerika ‘n duidelike swaai weg is van die Christelike geloof.”

    En ek glo dit gebeur in Suid-Afrika ook.

    Daan Van der Merwe

    September 8, 2012 at 15:12

  6. Ja Daan, ek glo jy is reg. Om godsdiens onwettig te maak sal nie gebeur nie. Ek weet dit.

    Dit is ook nie wat ek sou wou sien gebeur nie, net soos ek ook nie dink dit is enigsins produktief om dwelms en drankgebruik deur middel van wetgewing te probeer beheer nie.
    Dit skep bloot ‘n geleentheid vir kriminele om ryk te word. Kyk maar na die Amerikaanse “prohibition” as ‘n geskiedkundige voorbeeld.

    Mense sal enige onlogiese nonsens glo wat hullle wil.(En hulle wil klaarblyklik baie graag) Dit is hulle goeie reg, solank dit op niemand afgedwing word nie, en dit ook nie ‘n rol speel in openbare beleid nie.

    Ek dink net dat daar ‘n goeie saak gemaak kan word dat minderjariges beskerm behoort te word teen bewysbaar skadelike middels en idees, (waarvan geloof in ‘n opperwese onbetwisbaar een is) tot hulle oud genoeg is om ‘n ingeligte besluit te maak.

    Ek weet dit gaan ongelukkig nie gebeur nie, maar ek kan nog steeds die wens uitspreek.

    Shazee

    September 8, 2012 at 14:54

  7. Shazee!!! Dagsê.

    Jammer ek reageer nou eers op jou kommentaar hierbo.

    Nee, ek is bevrees dis nie so eenvoudig nie. Onthou, ons lewe in ‘n land van godsdiensvryheid en hierdie vryheid word verskans in die Grondwet. Natuurlik, die ANC het meer as ‘n 2/3de meerderheidstem in die parlement so hulle kan maklik die Grondwet wysig, maar ek twyfel baie sterk of hulle van hierdie magsposisie sal gebruik om godsdiensvryheid aan bande te lê.

    Ek dink nie hulle voel veel vir die Christene nie, maar die laaste wat hulle kan bekostig, is om die Moslems af te pis.

    Daan Van der Merwe

    September 8, 2012 at 06:33

  8. Thanks C-T, I have done some more research and went back with, what I thought, a logical and historical refutation of the male\female explanation for the glaring contradictions in the bloodline of jesus.

    I should have known better.

    Instead of rational and reasoned debate, I was met with extreme hostility and anger.

    So, once again, I have given it up for a bad job. It truly seems that ridicule is all that remains. I almost despair.

    Shazee

    September 1, 2012 at 13:38

  9. You could start with the Wikipedia entry on Jesus’ genealogy but I don’t know if it’ll help other than possibly pointing you at other sources of information. The usual explanation for the differences favoured by conservative bibliots is indeed that Matthew relates Joseph’s line while Luke does Mary’s.

    But does it really matter? Whatever genealogy you accept, it still doesn’t establish Jesus’ alleged divinity.

    What’s much more interesting is that if the explanation of the different Luke/Matthew lineages is correct then Joseph and Mary share a common ancestor…🙄

    Con-Tester

    August 31, 2012 at 20:15

  10. I am having an argument with a colleague about the contradictions in the genealogy of jesus as recorded by Matthew and Luke respectively.

    This dude got a brother who has Phd in theology nogal. He sucked the explenation from his rectum that one records the bloodline through the male line back to David and the other through the female line?
    It is complete unconvincing nonsense, but how to refute it logically and factually? Any ideas?

    Shazee

    August 31, 2012 at 13:09

  11. Daar is twee interresante artikels op NEWS24.

    Die een is getiteld – “The rise of Atheism” – wat ‘n simplistiese poging blyk te wees om die meeste skuld vir al die euwels van oorlog en onderdrukking op Ateisme te plaas.

    Die ander artikel is getield – “The logic of religion” – ‘n veel meer insiggewende artikel, na my mening in elk geval.

    Shazee

    August 30, 2012 at 07:30

  12. With my surfing on the internet and reading some books I came apon these statements:
    Morning Star = Venus
    Venus = Luxfor ( original name)
    Luxfor = Lucifer
    Lux = Unit of measurement of light.

    Revelation 22:16
    “I Jesus have sent mine angel to testify unto you these things in the churches. I am the root and the offspring of David, the bright and morning star.”

    Anybody for comment on the above?

    ErickV

    August 29, 2012 at 11:48

  13. Met sy ampertjies 90 jare van godiotie is ou Camping so vreeslik deur die kak dat hy sommer vergeet hoeveel keer hy sy eie naam gat gemaak het. Hy hou maar net aan met sy tjol en daar’s geen tekort aan dom wetters wat hom sal volg.

    Con-Tester

    August 27, 2012 at 18:39

  14. Ongelooflik. Hoeveel keer moet jy jou naam gat maak voor jy leer?

    Shazee

    August 27, 2012 at 17:42

  15. Harold Camping is ba-a-ack!! Now it’s October 21 2012, but it’ll be so quiet you’ll hardly notice. Or something.

    bewilderbeast

    August 27, 2012 at 16:43

  16. Een geslag, as dit onwettig gemaak word om kinders aan skadelike indoktrinasie bloot te stel voor hulle minstens 18 jaar oud is, soos met enige ander verslawende en potensieel skadelike middels.

    Shazee

    August 16, 2012 at 15:00

  17. “Gallup poll finds religiosity in SA is rapidly declining.”

    But of course it is! En nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Europa en Amerika.

    Maar godsdiens gaan nie oornag verdwyn nie. Dit gaan nog baie jare, waarskynlik nog ‘n aantal geslagte vat.

    Daan Van der Merwe

    August 16, 2012 at 04:49

  18. Ja CT, ek weet jy is reg. Dit is natuurlik ‘n funksie van indoktrinasie en verslawing.
    Dit is net hel frustrerend as ‘n mens sien hoe ‘n andersins intelligente persoon in sirkels begin redeneer as dit by godsdiens kom.

    Moontlik is Nathan reg as hy se dat al wat uiteindelik oorbly is om ‘n bespotting van die belaglike bygelowe te maak.

    Shazee

    August 13, 2012 at 14:37

  19. Myns insiens het mense se onvermoë om van geloof ontslae te raak aanvanklik bra min met intelligensie te doen. Omdat mense van heel kleins af gebreinspoel is met die strooi is dit ’n integrale gedeelte van hul dink prosesse se agtergrond. Onthou dat klein kinders omtrent enigiets en als sal glo wat hul ouers hulle leer, en al hoe meer so as hul ouers, onderwysers en predikante dit gereeld en herhaaldelik verstewig en nooit enige rede verskaf nie om die goed te bevraagteken.

    Dus word dit in mense ’n gewoonte om volgens die godsdienstige veronderstellings te dink, eerder as dat dit deeglik deurdink en ontleed word en so volgens sy eie meriete geëvalueer word.

    Meeste mense vind dit uiters moeilik om in die eerste plek bewus te word van hul gewoontes, en in die tweede plek om dit te beveg en te los. Rokers sukkel vreeslik om sigarette te los. So ook dwelmverslaafdes en baie dobbelaars. Gelowiges sukkel vreeslik om geloof te los. Elkeen raak onredelik as jy hul spesifieke dwelmmiddel van hulle weerhou, maar op sigself sê dit min oor hul intelligensie.

    Waar dit dan wel ’n probleem is, is wanneer hulle teen alle redelikheid en bewysbare feite aanhou om aan ongerymdhede te klou, soos ons dikwels op die blog te siene gekry het.

    Con-Tester

    August 13, 2012 at 13:46

  20. Dit sal wonderlik wees as ons minder godsdienstig word. Dit is interresant dat daar ‘n korrelasie blyk te wees tussen godsdienstigheid en intelligensie\opvoeding (education).
    Dit kan egter nie die hele storie wees nie. Soos ek al voorheen opgemerk het, ken ek persoonlik hoogs intelligente en opgeleide mense wat eenvoudig toeslaan soos ‘n plastiek pop se poepohol as dit kom by godsdiens en die logiese ontleding daarvan.

    Op ‘n ander noot: met die groot rugby wat so pas verby is het dit my opgeval hoe baie spelers met ‘n vinger na bo hulle dank wys as hulle ‘n drie gedruk het. Dit is blykbaar god wat hulle help “score” het. Dit laat my wonder of god ‘n Blou Bul ondersteuner is. Of dalk is hy ‘n Shark, of dalk ‘n Stormer of……

    Shazee

    August 13, 2012 at 11:53

  21. Gallup poll finds religiosity in SA is rapidly declining. Additional findings include:

    Volgens die navorsers is daar ’n omgekeerde verband tussen welvaart en godsdienstigheid.

    Hoe ryker ’n land is, hoe minder godsdienstig is die mense oor die algemeen, terwyl mense in arm lande weer meer geneig is om gelowig te wees.

    Nog interessante bevindings uit hul peiling is dat Afrika die mees godsdienstige vasteland is (89%, teenoor Wes-Europa se 51% en Noord-Amerika se 57%) en dat meer mans as vroue meelewend gelowig is (60% van mans teenoor 57% van vroue).

    Mense met hoër geleerdheid is ook minder godsdienstig as mense wat min of geen onderwys nie agter die blad het.

    Con-Tester

    August 13, 2012 at 08:39

  22. Ek sien die godsdienstige peanut gallery is verbasend stil vandat CT belowe het om hullle kommentaar op FSTDT te sit.

    Shazee

    July 22, 2012 at 21:33


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: