Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Onderhoud met die Heilige Gees

with 6 comments

Onderhoud met die Heilige Gees.

19 November 2006. Nathan Bond. Alle regte voorbehou.

(Nathan Bond is op die sterkte van sy 2004-onderhoude met God – oor Orkaan Ivan en die Kers-tsoenamie – ‘n onderhoud met die Heilige Gees toegestaan.)

NB: Baie, baie dankie vir die geleentheid om u ‘n paar kwellende vrae te vra oor gebeure op aarde… hoe sal ek u aanspreek: U Almagtigheid?

HG: Wel, my werk, soos Christus dit gestel het toe hy destyds op aarde was, is om te troos. Noem my “Trooster”.

NB: Trooster, my wêreld, die aarde, is baie deurmekaar. Alhoewel daar baie oorsake vir die aarde se probleme is, wil ek graag met u praat oor die feit dat mense so baie verkillende gode aanbid. En ek wil veral met u praat oor die verskynsel – ek wil dit selfs ‘n onrusbarende verskynsel noem – dat daar soveel vorme van godsdiens is wat aanspraak maak op u bepaalde leiding vir hulle uiteenlopende oortuigings.

Ek begin dus met hierdie vraag, Trooster: Gee u aan almal wat u mening vra dieselfde antwoord?

HG: Kyk, die saak is nie so eenvoudig nie. Mense hoor wat hulle wíl hoor. Jý, mnr. Bond, het al gesê dat dit wat gehóór word baie belangriker is as dit wat gesê word. Terloops, ék het daardie insig vir jou gegee.

NB: U bevestig dus… baie, baie dankie, Trooster, vir daardie insig, maar ek meen Noam Chomsky het dit al voor my agtergekom…

HG: Noam Chomsky. Ja, moeilike mens om te bereik, Noam Chomsky. Maar ek het jou gelei om hom raak te lees.

NB: Wel, dankie, weereens… U bevestig dus dat u antwoorde konsekwent is, maar dat mense die antwoorde verskillend interpreteer?

HG: Ja.

NB: Ontstel dié toedrag u?

HG: Ontsteltenis is nie juis ‘n emosie wat Ons ervaar nie. Ons besluit op ‘n bepaalde daad; ons tree op; ons neem waar; ons evalueer; ons reageer. Maar ons weet natuurlik van meet af aan hoe ‘n bepaalde strategie sal uitwerk. In die fynste besonderheid.

NB: As u verwys na “ons”…

HG: Ek, God en Jesus.

NB: God en Jesus neem dus deel aan die inspirasieproses?

HG: Inspirasieproses?

NB: Inspirasie – dis wat ons mense die insig wat u gee noem.

HG: O. Ja, God en Jesus neem deel aan die proses.

NB: Ek was onder die indruk dat u uitsluitlik verantwoordelik is vir inspirasie; dat dit die doel was waarvoor u aarde toe gestuur is toe Jesus daar weg is ongeveer 2000 jaar gelede.

HG: Ek is nêrens heen “gestúúr” nie! Niemand “stúúr” my iewers heen nie!

NB: U sien, Trooster, dit is een van die probleme wat ons mense ervaar. Die meeste van ons teoloë gee voor dat u, wel, selfs “‘n ander Jesus” is, wat ná Jesus se hemelvaart onder mense vaardig is om hulle leiding te gee oor goed wat moeilik verstaanbaar is.

HG: “‘n Ander Jesus”? ‘n Ánder Jésus? Wat jy wáár kry? Ek is my eie… my eie… my eie goddelikheid! ‘n Gelyke deel van die span!

NB: Ek…

HG: En wat se goed is teo… teo… wát?

NB: Teoloë. Mense wat spesiaal opgelei is om die Bybel te verstaan en mense te leer wat die Bybel eintlik sê.

HG: En wie leer hierdie teoloë om die Bybel beter te verstaan?

NB: Wel… Ouer mense wat voorheen geleer het om die Bybel te verstaan…

HG: En húlle? Wie’t húlle geleer?

NB: Wel, sien Trooster, dis júís die probleem… teoloë sê dat ú verantwoordelik is vir die insig wat hulle het oor die Bybel.

HG: Wel, já. Ek is.

NB: Wat my terugbring by my oorspronklike vraag, Trooster: Hoekom is daar soveel uiteenlopende gelowe op aarde as alle gelowige mense daarop aanspraak maak dat u hulle voorsê?

HG: Maar jy sien, mnr. Bond, ek sê nie voor nie. Ek ríg.

NB: Ríg?

HG: Ja!

NB: Ek is bevrees ek verstaan nie, Trooster. En dis vir my baie vreemd, dat ek nie verstaan nie, want ek praat júís met die één wese wat my moet help verstaan!

HG: Wat verstaan jy nie?

NB: Wel… as iemand sukkel om te verstaan wat bedoel word met… met… met, byvoorbeeld, die opstanding van Jesus – was dit ‘n fisiese gebeurtenis, of moet dit figuurlik verstaan word – behoort so ‘n mens nie vir u om leiding te vra nie?

HG: Ja. En hulle doen. Ek het nou die dag wanneer nog met Julian Müller daaroor gepraat.

NB: Presíés, Trooster! Presíés! Weet u hoeveel probleme Julian opgetel het met sy kollegas oor dit wat u vir hom gesê het?

HG: Ek het hom niks voorgesê nie! Ek het hom geríg!

NB: Ek wil baie graag nou-nou terugkom na daardie punt, maar vir die huidige wil ek net pertinent vir u vra: Het u vir, byvoorbeeld, Coenie Burger en Jannie Pelser en Stephan Joubert (dis name wat nou maar net by my opkom) dieselfde goed gesê oor die opstanding as wat u vir Julian gesê het? Het u vir Jurie le Roux dieselfde goed gesê as wat u vir Ferdi Mulder gesê het? Het u vir die kerkraad van Pierre van Ryneveldt dieselfde goed gesê as vir Sakkie Spangenberg?

HG: Ek sê nie; ek ríg!

NB: U rig. Ek is bevrees, Trooster, dat ek hoegenaamd nie verstaan nie. As u advies soveel uiteenlopende insig – en emosie – tot gevolg het… mense maak mekaar dóód, Trooster, omdat hulle verskillend op u advies reageer… sou dit dan nie beter wees as mense u liefs nié raadpleeg nie?

HG: Miskien.

NB: Verskóón my?!

HG: Goed. Jy’s verskoon. Dit was lekker om jou te kon ontmoet het. Kom loer gerus weer in. As jy moet. Ek moet waai.

NB: Nee! Trooster! Asseblief! Asseblief Trooster! Wag. Moenie gaan nie. Asseblief Trooster. Ek wil verstaan, Trooster. Asseblief moenie gaan nie…

Written by Nathan Bond

December 22, 2008 at 14:04

6 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Hmm, on second thoughts, maybe we should can the Steven Een-Klap-En-Jy’s-Pap Segal idea and get Vernon Koekemoer instead.

    Con-Tester

    December 23, 2008 at 10:28

  2. Excellent! Super, I like it!

    Perhaps there’ll be space for a cameo by Steven Segal as a sort of New Age Pontius Pilate with a ponytail and beads and bits of red string tied around his wrists, symbolic of his complicity in the slaughter. The man can, after all, adeptly wield a spear (not to mention thorny plants) and we’d save a bit on stunt doubles that way. I’ll see if he’d be available for this project but it’s hard getting hold of him. I’m told he spends inordinate amounts of time washing his hands.

    Now, if you arrange for the screenwriter to start cooking us up a script, I’ll begin organising our props, specifically a fleet of tankers for transporting all that fake blood we’ll be needing.

    Con-Tester

    December 23, 2008 at 10:17

  3. I agree that if we’re going to do this thing, it must be bloodier than Mel’s best efforts to date. Methinks Tarantino’s nefariousness will maculate the ofttimes quite risible blood gushing of the Passion.

    I had DeVito down for the role of God – he can easily double as a love interest. Shall we have a sheet-top scene with Linda Blair, begetting Lucifer? Kirk’s comic relief can be channeled as Gabriel – messenger to Mary and Mohammad.

    Picture this: Kirk Douglas in a loin cloth making big eyes at Charlize Theron’s Mary, “Yer gonna be preggies! Bitch!”

    The shifty character – I like – should go to David Caruso. Imagine cutting the confidant’s ear and Mel showing droplet spatter in slow motion rising, rising, falling, falling and splashing on a piece of left-over bread from the Last Supper, held by Nathan Lane’s John. And Caruso adjust his shades, turns his back and says, “Drink that, Whino!”

    Man, we’ve got summat awesome big ‘ere.

    Nathan Bond

    December 22, 2008 at 19:04

  4. Yeah, okay, but maybe Tarantino should share directorial duties with Mel Gibson, otherwise there’d be too much coffee-drinking interlaced with diner-philosophising at the expense of perfectly good bloodshed’n’carnage time. Danny DeVito could be the love interest and Kirk Douglas the comic relief. There’s a subplot going begging about a shifty character who runs a hotdog stand by day while selling out his chinas at night for menial amounts of silver.

    I think we’re onto something really big here.

    Con-Tester

    December 22, 2008 at 18:09

  5. Seeing as Bloody Sam ain’t no longer with us, may I suggest Quentin Tarantino for director?

    I see roles for the governor of Kah-lee-fôh-nee-aargh and John Travolta. Maybe we can script an outburst of plain old pisoffedness for Al Pacino.

    Move over L. Ron Hubbard, we’re a’wantin’ to pass.

    Nathan Bond

    December 22, 2008 at 17:05

  6. Trooster!?

    That gives me a plot idea for a sci-fi movie: There’s this bloke, see, and he sends his son back in time so that the son can be killed by the bloke’s enemies in a gruesomely Peckinpah scene. That way, the bloke makes it clear to his present-day enemies that they had better mend their evil ways or else, a message too cryptic for anyone to understand. Problem is, some of them think he’s a really schizoid nutter with Alzheimer’s and an antediluvian sense of justice so they band together and send their own liquid-metal killing machine back in time to pre-empt the pre-emption. Something goes wrong and the killing machine arrives as wispy wisps of wispiness and resurrects the son three days after he’d been done in. They all live happily ever after with much cheek-turning and such.

    We could call it The Consolator.

    Con-Tester

    December 22, 2008 at 14:55


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: